Jump to content

Sit nog vas in Suid Afrika...

Annecke

Recommended Posts

Hallo almal. My naam is Annecke Redelinghuys - Ek het al my hand gewaag aan 'n boodskappie of twee op van die ander forums, maar het nie geweet ek kan myself hier voorstel nie. Ek en my 2 kids, 17 en 15 jaar woon in Pretoria, naby Loftus. Ek het al ons dokumentasie reeds bymekaar gekry en moet nou die visum loots, maar ek is onseker watter roete om te gaan. Ek het Hoerskool onderwys "geswot" en sal wil probeer om onderwys te gaan gee in Aus. Ek ken mense in Adelaide en het maar gedink om daar 'n nessie te probeer skrop. Ek los my hele lewe hier agter - soos almal wat maar oorgaan - Ek wil vir my kinders 'n nuwe toekoms probeer gee en het die besluit geneem omdat ek nie my kinders wil begrawe in SA nie! My seun is nou die aand (dit was nog lig - 18h00) "gemug deur 3 swart mans met 'n mes en sy bestittings afgeneem. Hulle het hom reeds 2 keer van sy fiets probeer beroof voor die skool? Ag, nee wat...Dis nie meer lekker nie. Om die waarheid te se ek wens ek kan more Aus toe. Die visa proses is so 'n langdradige proses.... Nou ja - daar is my lang treurige verhaal. Hou maar duimvas! An

Link to comment
Share on other sites

Hi Annecke

Welkom op die forum.

Ons gaan ook Adelaide toe as alles uitwerk, ons werkgewer moet eers aansoek doen om ons te sponsor, nog 'n laaaang pad.

Hoop om jou ook daar te sien, miskien gee jy nog vir my kinders skool. :D

Groete Wilna :ilikeit:

Link to comment
Share on other sites

Hi Annecke,

Welkom by die forum. Kyk uit op die forum wanneer die Pretorianers weer bymekaar kom. Ons trek altyd laer en almal kuier heel lekker.

Jy moet maar kyk of jy 'n sposor visa kan kry vir skool gee, dit is die vinnigste manier om daar te kom.

Sterkte en laat weet as daar iets is wat ons kan doen.

Groete

Tanja

Oi Tanja

Dankie vir die reaksie. Hoe gaan ek tewerk om 'n sponsor te probeer kry?

An

Hi Annecke,

Welkom by die forum. Kyk uit op die forum wanneer die Pretorianers weer bymekaar kom. Ons trek altyd laer en almal kuier heel lekker.

Jy moet maar kyk of jy 'n sposor visa kan kry vir skool gee, dit is die vinnigste manier om daar te kom.

Sterkte en laat weet as daar iets is wat ons kan doen.

Groete

Tanja

Oi. Vergeet om te vra - Hoe weet ek as die pretorianers weer bymekaarkom?

An

Hi Annecke

Welkom op die forum.

Ons gaan ook Adelaide toe as alles uitwerk, ons werkgewer moet eers aansoek doen om ons te sponsor, nog 'n laaaang pad.

Hoop om jou ook daar te sien, miskien gee jy nog vir my kinders skool. :D

Groete Wilna :holy:

Oi Wilna

Ekt vir Tanja ook gevra - hoe gemaak om 'n sponsor te kry?

An

Link to comment
Share on other sites

Annecke,

Welkom en ( amper ) welkom in Adelaide. Druk maar deur, dis alles die moeite werd. Ek is seker jy sal die nodige informasie hier op die forum bekom vir jou spesifieke lyn van werk. Laat weet, ek ken SA-ners wat al meer as 10 jaar hier is, sy vrou is al jare hier in die onderwys, sy kan dalk meer detail vir jou gee oor onderwys hier in Adelaide spesifiek as jy wil.

PM my dan "stel ek julle voor" as jy wil.

Groete en sterkte.

Marius

Link to comment
Share on other sites

Hi Annecke

Oor die sponsor.

Ons het maar aansoek gedoen en aansoek gedoen tot ons werk gekry het, dan sponsor die maatskappy (skool) jou om 'n visa te kry, gewoonlik die 457 Work sponsor visa.

Hoop dit help. Wilna :holy:

(Ek sien nou jy het reg gekom by jou ander onderwys topic.)

Edited by wilna
Link to comment
Share on other sites

Join the conversation

You can post now and register later. If you have an account, sign in now to post with your account.

Guest
Reply to this topic...

×   Pasted as rich text.   Paste as plain text instead

  Only 75 emoji are allowed.

×   Your link has been automatically embedded.   Display as a link instead

×   Your previous content has been restored.   Clear editor

×   You cannot paste images directly. Upload or insert images from URL.

×
×
  • Create New...