Jump to content

As julle die harde pad wil vat in Aus (6)


Guest Mauritz

Recommended Posts

Guest Mauritz

As julle die harde pad wil vat in Aus - moet nie soos ek maak en 'n Campervan koop nie. Koop 'n 4x4 en 'n tent met 'n swag of twee. Ek het maar 'n Campervan gekoop om my mooi vrou gemaklik te maak. Die ding het 'n queensize bed in gehad (nogal handig, veral as dit so miserable buite is), 'n ys- en vrieskas (240V, 12V en ook gas), 'n gasstoof, 'n wasbak en ewe 'n mikrogolfoond.

Omtrent al die Campervans oppie pad en ook van die ander voertuie het hierdie skerms voor die windscreens. Hulle is gewoonlik uit een of ander fyn draad gemaak en is daar vir 2 redes:

1. Beskerm jou windscreen op die grondpaai van klippe.

2. Hou hierdie vreeslike groot insekte wat so lekker splat van jou windscreen af.

Julle moet hierdie insekte sien - so groot soos vlermuise en as een jou windscreen splat, lyk dit asof een van tannie Lettie se pampoensop potte jou windscreen teen 200km/uur getref het.

In die pic is ek besig om hoenner te braai op een van die sidescreens vannie campervan. Ek kannie 'n ordentlike rooster koop nie en ek het ook nie 'n welder in my backpack om 'n lekker suidwes rooster te sweis nie. Gelukkig kon ek later 'n toeknyp rooster koop - ek het dit nou nog - 11 jaar oud. Vir julle wat fyn kyk - daar is 'n SA army seil opgeslaan in die agtergrond - nee nie vir die wind nie. Dit was nog early days en ek steek nog die lig van die vuur weg vir daai hayenas met die AK's. Die anner pic is van Hintza die boerehond (Rhodesiese Rifrug). Hy het deur Aus saam met ons getoer en ons het hom laas winter verloor - hy was deel van ons hele experience hier in Aus. Ek kan boeke oor Hintza skryf. Kyk later uit vir 'Hintza en Mandela'. Ons het nou 'n ander rifrug - 12 weke oud - haar naam is Sasha.

Die stukkie skribbel is eintlik oor die Aussie campers - die tipe wat aftree op 45, dan so rondtoer soos die seisoene verander. As hulle in Sydney bly, gaan hulle noord in die winter. As Darwin te warm begin word, migreer hulle weer af. Hulle is nie te sleg nie - daar is letterlik miljoene van hulle oppie paaie hier in Aus - die plek is mos lekker veilig.

Dit is omtrent 'n gedoente - elkeen van hulle doen dieselfde ding - vat hulle aftree geld en koop 'n 4x4 - gewoonlik 'n Toyota Prado of iets. LW, die ding gaan nooit van die teerpad af nie. Agter die toyota met die 2 gryses in, word daar 'n helse groot karavaan gesleep - heeltemal 5 ster - alles daarbinne in. Ek meen ek noem dit nie kamp nie. Julle sal dan sien - agter elke karavaan is daar 2 fietse op sulke raampies. In my 12 jaar hier en die jaar wat ons getoer het, het ek nog nooit enige van die gryses op 'n fiets gesien nie. Dink hulle hang hulle wasgoed oppie fietsrame.

Oppie dak van die cruiser is 'n splinternuwe tinnie - dit is nou 'n metaal bootjie - die deng blink so in die son dit maak jou oge sommer seer. Ek het ook nog nooit enige van die gryses in so 'n bootjie gesien in al die jare nie.

In Wes Australia het ons eenkeer so 'n omie by sy blik bootjie gesien. Net agter hom sien ons hierdie voet lange fin in die water. Hy staan so kniediep innie water, besig met sy blik boot. Ek kyk so na Nicolette, is hy nou stupid of wat, dalk is hy blind. Kan hy nie die m*erse haai sien nie. Ek dog, dalk het hy die haai van kleins af groot gemaak in 'n akwarium of iets - dalk ken die haai hom. Die hele storie irriteer my vreeslik - dalk gaan die haai hom enige tyd aan sy g@t hap en wat dan. Ek loop af na hom toe en vra vir hom baie rustig of hy die haai ken daar agter hom. Hy kyk my so stupid aan - watse haai - hy kyk toe om en hy verander toe in een van daai vissers in die Bybel wat oppie water kan loop. Ek gooi die haai met klippe en hy verdwyn in die diep water in.

Die ou oom is so bly dat ek sy lewe gered het, hy nooi ons na sy huis toe vir middagete. Gelukkig vertel hy voordie tyd dat dit die kerk se huis is en dat hy 'n Jehova is. Ek hardloop toe oppie water om weg te kom - floor daai Yellow Submarine om daar weg te kom.

post-4082-1188728815.jpg

Link to comment
Share on other sites

Hi Mauritz,

Ek stem 100% met die ander forumgangers saam, jy het 'n gawe man!! En gelukkig begrawe jy dit nie.

Ek het al tevore gesê, ek drink alles in wat ek kan, want ek is moontlik binnekort daar by julle! Jou ondervindinge berei 'n ou nogal goed voor, want dis nie die alledaagse onderwerpe nie - en na elke storie, weet ek meer!

Hou so aan!!

Groetnis

JJ

Link to comment
Share on other sites

Guest Mauritz

Nogals 'n weird experience - ek het nog nooit geskryf nie (net 'n Ingelse opstel in matriek). Ek het niks Afrikaans geskryf die laaste 12 jaar nie.

Ek het in die begin na die forum gekyk en gesien die frustrasies loop hoog - kan my net indink hoe dit moet wees om deur die red tape te kom met ons wonderlike landgenote in beheer.

Die idee is om daardie boere avontuur-gene te aktiveer - dieselfdes wat die boere die pad laat vat het toe hulle g@tvol geraak het vir daai Hollanders in die Kaap. Ek is bekommerd oor daai mense wat nog wik en weeg.

Ek het 'n vriend daar in Suidwes - sy vrou het werk gekry in Sydney - $75 000/jaar. Sy trek haar neusie daarvoor op. Ek raak sommer lekker sad as ek dan kyk wat party mense deurgaan.

Groete

Link to comment
Share on other sites

Gaan nou begin spaar vir daai karavan man. Jy sien-die ding is Mauritz, wanneer mens so effe ouer is- oor 45 dan sukkel mens om op die vloer te slaap. Ek wil graag toer deur Ozz maar ek wil dit doen "in comfort" en ek gaan defnintief die kinders se erfgeld gebruik. So veel as moontlik.

Wanneer Sasha reg is vir babatjies- gil die kant toe. My skoonsussie het n kampieon Rhodesiese Rifrug en hy bly sommer hier op die Gold Coast. Ongelooflike temperament. Ons moes hom een naweek oppas en hy ken nie houtvloere nie. Hy het botweg geweier om af die mat te klim en oor die vloer te loop. Ons moes hom dra!!!!

Link to comment
Share on other sites

Ek is seker jy het jou army training baie geniet :) dit was wonderlik hoe die jong manne oplieding gekry het en meeste het better manne geword daarvoor. Net jammer so veel is nie vandag by ons nie. Jou foto's is baie mooi en Jy skryf baie oulik, hou aan :ilikeit: sien uit na die volgende episode.

Link to comment
Share on other sites

Guest Mauritz

'n Paar jaar terug gesels ek met 'n vriend van my in Suidwes oor die Army. Vra vir hom of hy nog wilde drome kry - soos ek - hy reken dit sal nooit ophou nie. Vra vir hom of hy weer sal gaan as die geleentheid opkom - hy reken hy sal sy linker arm en linker t&stikel gee om weer terug te gaan. As ons m^ore opgeroep word, dan pak ek my backpack, boog en gevaarlike byltjie en swem op 'n ou trekker tjoep oor daai oseaan allie pad suidwes toe.

Link to comment
Share on other sites

Ek MOET dit sê, met trane in my oë - van lag!!!! :ilikeit::D

"Bliksem, jy's WILD - willer as die wiltuin!!!"

As ek eendag daar land, gaan ek vir jou kom kuier!!

JJ

Link to comment
Share on other sites

Join the conversation

You can post now and register later. If you have an account, sign in now to post with your account.

Guest
Reply to this topic...

×   Pasted as rich text.   Paste as plain text instead

  Only 75 emoji are allowed.

×   Your link has been automatically embedded.   Display as a link instead

×   Your previous content has been restored.   Clear editor

×   You cannot paste images directly. Upload or insert images from URL.

×
×
  • Create New...