Jump to content

As julle die harde pad wil vat in Aus (5)


Guest Mauritz

Recommended Posts

Guest Mauritz

Vat julle terug Monkey Mia toe - 'n plekke tussen Geraldton en Carnarvon. Sien kaart: http://www.eastravel.co.uk/australia/map008.htm

Die plek is relatief afgelee en die wereld lyk baie soos my geliefde suidwes. Laat my dink aan boesman en springbok wereld, maar ek sien nie een van die twee nie. My hart trek maar nog steeds 'n punt suidwes toe. Die rede hoekom Nicolette by Monkey Mia wil uitkom - daar is blykbaar wilde dolfyne wat vir jou kom hallo s^e daar in die vlak water.

Kom daar aan - baie nice karavaanpark en alles - met 'n klein winkeltjie. Ek het so 'n klein backpack by my waar die kamera, wallet ens in is. Ek stap by die winkeltjie in en die vrou daar spring so vinnig op my ek kry haar so amper in 'n wurggreep. Ek moet my backpack buitekant los. Ek staan daar buite en is sommer lelik omgekrap. Nie is in Afrika waar hulle die melk uit jou koffie uit steel het iemand my gevra om enige sak buite te los nie. Waar het jy nou van dit gehoor - jou sak met duur kameras en dinge in kan mos daar buite gesteel word. Ek kyk rond, geen ta's nie en ek wonder wie steel hulle nou so deurmekaar dat hulle nou so reageer.

Ek sluip binnekant toe - reg as iemand weer op my wil spring. Ek vra vir die vrou watter tipe mense hulle hier kry, dat ek nou my besittings buitekant moet los. Blykbaar besteel die backpackers en die Aussie hippies hulle rot en kaal. Wys jou maar net, 'n mens kan net nie wegkom van die klomp wat so na peace jaag en dan altyd die biggest piece wil steel of gryp nie.

Ons ry so 'n bietjie rond daar en ek kom op hierdie vreeslike lomp en vet akkedis af. Ek kyk so na die ding en wonder of dit dalk 'n normale akkedis was wat een van die backpackers se pakkies steroid drugs opgevreet het. Enige skilpad in Afrika kan vinniger hardloop as die stupid ding. Ek is net bly dat hulle nie groukatte het hier in Aus nie, anners sou daar niks van die lomp gediertes oorgebly het nie.

Dit was voor die tyd van digital cameras, maar ek neem nog steeds 'n foto. Ek was 'n veldwagter vir 'n tyd op Waterberg in Suidwes en ek het die wetenskaplike name van elke boom, gras en gedierte geken. Ek het 'n paar Natuurverwaarders (Rangers) daar by die karavaanpark gesien - dink ek sal hulle vra watse stupid akkedis die is wat nie eers kan hardloop nie. Die ding moet vreeslik giftig wees om hier te kan oorleef.

Terug by die karavaanpark tree ek een van die natuurverwaarders in hulle office aan. 'n Aussie tannie in 'n kaki uniform - sy is so breed as sy hoog is en dit lyk of sy sal rol as jy haar 'n stoot gee.

Sy lyk soos 'n roomkoek en ek wonder hoe sy enige werk buite doen met haar sunscreen aan in die sand wereld. Ek beskryf die vet akkedis op steroids vir haar en sy kyk my aan met daai toe-soos-'n-kleios-se-gat look. Sy het nie 'n idee waarvan ek praat nie, nee sy het nog nooit so 'n akkedis in haar lewe gesien nie. Ek kan dit nie glo nie - het ek nou 'n nuwe spesies ontdek of is sy 'n regte verwarde natuurverwaarder. Ek gee moed op en besluit om die nodige navorsing later te doen.

Die volgende dag gaan swem ek vroeg rond met die dolfyne en iemand hardloop mal op die strand rond en gil op my. 'n Kort vet mannetjie s^e daar is groot haaie in die omgewing en ek moet uit die water uit. Dink hy nou ek is stupid of wat - ek weet mos waar daar baie dolfyne is, is die haaie maar skaars. Ek het mos lank geduik in Valsbaai saam met die White Sharks. Ek weet hy wil net sy bron van 'mak' dolfyne beskerm.

Later in die oggend staan almal op die strand en die dolfyne kom nader - die vet mannetjie voer hulle, maar niemand anners maggie. Ek neem 'n paar pics van Nicolette met die dolfyne en julle kom seker agter ek is maar vrek verveeld.

Stap later rond in die vlak water en sien hierdie groot pylsterte of vlermuise en ook 'n paar lekker groot haaie- van daai vlermuise wat vir Steve Irwin deur die hart gesteek het. Ek wens ek het my boog by my, dan ek een skiet en 'n lekker haainek potjie maak vanaand. Dit is blykbaar 'n resevaat so ek los dit maar.

post-4082-1188726687.jpg

Link to comment
Share on other sites

Miskien eendag kom ons daai regting dan kan ons ook mooi dolwyne sien. Is dit jou mooi vroutjie in die photo naaste aan die kamera? Het jy toe uitgevind wasse akkedis dit is, lyk meer soos 'n skinks vir my, sal in LD se studie boeke kyk, sy het reptiles en slange geswot by Tafe.

Ons het red belly black en bruin slange en goannas so 1mt lang in ons distrik. nog nie 'n slang gesien nie maar wel 'n green tree snake bak op die teerpad. (Ons is nie goeie maats nie)

Edited by chester
Link to comment
Share on other sites

Guest Mauritz

Yep, ek het opgekyk, maar ons praat nou van amper 12 jaar terug - ek het die wetenskaplike en common naam vergeet. Dit was naby familie van die blue tongue lizards en as jy kyk na die kar spore oppie pic dan is die akkedis nie klein nie - amper 30cm lank. Praat van slange - dit reen en die wind waai 'n hond uit 'n bos uit vandag - nie 'n dag vir 'n landscaper nie - dal gou 'n stukkie skryf oor slange in Aus.

Link to comment
Share on other sites

Dis 'n Shingleback. Baie algemeen hier oral in Aus. Dit is 'n groot, vet stadige ding en ja, dit is 'n tipe skink. Ons het een in ons agterplaas wat die stukkies oorskiet spek kry as ons lekker gekookte ontbyt maak oor die naweek..

Link to comment
Share on other sites

Join the conversation

You can post now and register later. If you have an account, sign in now to post with your account.

Guest
Reply to this topic...

×   Pasted as rich text.   Paste as plain text instead

  Only 75 emoji are allowed.

×   Your link has been automatically embedded.   Display as a link instead

×   Your previous content has been restored.   Clear editor

×   You cannot paste images directly. Upload or insert images from URL.

×
×
  • Create New...