Jump to content

As julle die harde pad wil vat in Aus (4)


Guest Mauritz

Recommended Posts

Guest Mauritz

Ons is klaar met 80 mile beach - lekker dik gevreet aan daai bebaarde kabeljoue en viskoppotjies. 80 mile beach is net wat die s^e - 'n strand 80 myl lank. Ons ry maar aan en trek later sommer weer van die pad af - dink ons is seker nog steeds op die 80 myl strook. Ek wil nog 'n bietjie ander vis vang om die vrieskas propvol te maak - dit is mos tyd om weer binneland toe te skuiwe.

Ons maak kamp - sien pic - en ek en Hintza (rifrug) gaan hardloop ons 10km vir die dag (sal later meer daarvan vertel). Ons is terug en Hintza gaan slaap onder die Campervan - nie 'n ander siel in sig nie. Ek het mos met die Boesmans grootgeword, so ek is of heeltemal kaal, of net 'n speedo of so iets aan. Ek tel dryfhout op vir vanaand se hoender en witwyn potjie.

Skielik daag een van daai Volkswagen passionwagons met die pienk blomme op - 'n redelike ent van ons af, maar nie ver genoeg nie. Ek sien sommer probleme - ek is 'n Suidwester en ek het spasie nodig. Ek is glad nie vriendelik nie en tel my dryfhout op - loer na die passionwagon so uit die hoek van my oog uit. Tot my skok krul 'n spierwit lang harige been met 'n lang sokkie en 'n leer sandaal aan by die deur uit. Ek weet in ' spitsekonde wat gaan volg - as julle van suidwes is dan weet julle seker ook - spierwit been, sokkie, sandaal en kortbroek & Volkswagon - kan mos net 'n Duitser wees. Ek is natuurlik heeltemal verkeerd - geen kortbroek nie, maar 'n pienk G-string wat soos 'n verdwaalde stukkie dental floss aan die grillerige vent se benoude boude vasklou. Ek sluk amper 'n stuk dryfhout in.

Hy begin so nader skuifel - seker tog te bly vir geselskap in die afgelee land. Ek dink so by myself - Ag nee sies man, ek kan mos nie buk en dryfhout optel as die G-string met die mannetjie hier om my rondsluip nie - dit is mos nie veilig nie. Ek wonder waar my gevaarike waghond is - kan hom nie blame nie want hy het ver gehardloop en die see raas in sy ore.

Ek loop benoud en vinnig terug na die Campervan en toe ek naby Hintza is - hy is maar nog jonk, maar mooi geleer - toe fluister ek vir hom TSSSk TSSSk. Hy word toe wakker soos net 'n boerehond kan wakkerword as die hayenas met die Ak47 naby is. Hy spring op en gaan vir daai duitser.

Die Duitser skrik hom oor 'n mik - sy G-string lyk sommer nou nog pienker soos sy vel witter raak van bloedverlies. Hy spring om en hardloop vir daai passionwagon - daai stukkie dental floss sny nou sommer amper sy bekkenbeen deur soos dit op en af beweeg.

Hy verloor 'n sandaal en ek dink by myself - daar het ou Hintza nou iets om aan te kou vanaand.

Ek moes seker nie geworry gewees het nie - daar is 'n girlfriend met sulke Rasta hare wat nou die passionwagon bestuur dat die stof so staan.

As julle hier rondtoer - passop vir daai duitsers met die pienk g-strings - vergeet maar van dryfhout optel.'FDcv

post-4082-1188699643.jpg

Link to comment
Share on other sites

Dankie Mauritz! Heerlike post! Skryf nog asb!!

Groete

Tania

Link to comment
Share on other sites

  • 4 weeks later...

ek het nou eers op die post afgekom maar lekker gelag. Lank lank terug was ons in swaziland vir 'n naweek. daar langs die swembad gele onder die boom met klere oor die costume. My man het hard gewerk aan sy pens maar wil dit ook nie vir almal wys nie. 'n Ruk later kom die "lot" ook daaraan van 'n vreemde land praat nie afrikaans of brits nie en is spierwit. Die man trek sy hemp aan en my man kry so smile om sy gesig en se vir my dat sy pens is darem bietjie kleiner as die man sin maar hy bewonder sy moed om sy hemp uit te trek in hierdie swazi son. sy woorde was skaars koud, uit is die man se broek en toe my man sy gesig weer terug draai kyk in hierdie spierwit boude van die man in met die dental floss ....... dit was baie baie snaaks. my man het amper verstik in sy bier.

Link to comment
Share on other sites

Join the conversation

You can post now and register later. If you have an account, sign in now to post with your account.

Guest
Reply to this topic...

×   Pasted as rich text.   Paste as plain text instead

  Only 75 emoji are allowed.

×   Your link has been automatically embedded.   Display as a link instead

×   Your previous content has been restored.   Clear editor

×   You cannot paste images directly. Upload or insert images from URL.

×
×
  • Create New...