Jump to content

As julle die harde pad wil vat in Aus (3)


Guest Mauritz

Recommended Posts

Guest Mauritz

Oppad terug Perth toe vanaf Kalgoorlie - klaar met die AWB. In Perth skryf ons 'n vinnige eksamen om ons WA bestuurslisensies te kry wat geldig is. Ons vat die lang pad Broom toe en het 'n nice tyd by Monkey Mia - sal dit en Broom los vir later.

Ons kom by 80 mile beach aan - heeltemal noord. Besluit om vir 'n slag in 'n karavaanpark te oornag. Ons stap oor die duin beach toe en die see lyk goed en die mense vang groot vis met sulke klein vistokkies en klein koffiemeul katrolle - glad nie soos ons Suidwesters vis vang nie. Hulle lyk soos 'n klomp fairies met hierdie kort towerstokkies. Die vis het so 'n baard onder sy keel, maar lyk amper soos 'n kabeljou - Threadfin Salmon vertel hulle my. Ons vat Hintza (ons rifrug) vir 'n stap en gaan slaan kamp op.

Ek kry my vistok reg, koop aas by die shop in die karavaanpark en stap alleen see toe. Ek stap verby al die ander happy campers en ek sien hulle kyk my so snaaks aan. Ek het nie 'n broek met 'n zip nie, maar kyk maar nog steeds, net ingeval. Stap maar aan en dink dit is seker omdat ek amper swart gebrand is en nie 'n hemp aan het nie - die Aussies lyk mos soos roomkoeke - spierwit en nog witter van die sunscreen, met bloedrooi neuse.

Ek is lekker ingedagte en sleep so stadigaan oor die kruin van die duin en dink aan hoe ek daai bebaarde kabeljou gaan fillet en 'n lekker viskoppotjie maak. Kyk op en so waar as wragtig - daar is geen see nie!!!! Al die bloody water het verdwyn en sover as wat jy kan sien is daar nie 'n druppel water nie.

Ek rook nie boom nie - ek het 'n vinnige XXXX agter die blad, maar wat gaan nou aan. Ek vryf my oge kyk weer - kyk terug na die karavaanpark - ek is definitief op die regte plek. Ek sien so 'n paar Aussies hulle koppe so sad skud - these bloody tourists, you know.

Ek is te trots om terug te stap sonder enige vis, so ek stap maar aan en probeer die een uitwerk - ons het hoog en laagwater en as die vis loop vang jy enige tyd - beter as die gety inkom. Wat gaan hier aan man - al die water is weg.

Kom baie later terug en gaan praat met die eerste man wat soos 'n man lyk - nie 'n roomkoek nie. Hy verduidelik hoe die getye hier werk - omdat die land so plat soos 'n pannekoek is - veral daarbo - verdwyn die water sommer vir kilometers as dit laagwater is - die getye is ook heeltemal anders.

Toe die gety inkom is ek reg - vang hierdie bebaarde kabeljoue sommer in sulke stringe. Baie later en luister nou mooi - my lyn breek. Ek draai my rug oppie water en sit 'n nuwe hoek en sinker aan, sit nuwe aas aan en draai om, om hoek en sinker 'n kilometer ver weg te slaan. Ek het eindelik so 3 km nodig want die water is weer weg. As julle my nie glo nie - wag tot julle hier uitkom en gaan kyk self. Die wat alreeds hier is, maak die trippie - ongelooflik.

As jy daar rondloop sien jy hierdie 4x4 wat al vir jare daar staan - mense wat 'n kans vat en onder die hoogwatermerk gaan rondry en skielik kom die water in - dit kom so vinnig - hulle moet dan hardloop, swem om uit te kom en jy kan maar vergeet van jou splinternuwe 4x4. Amper soos die soutpanne daar in Suidwes.

O ja, daai bebaarde kabeljou potjie is te lekker - julle moes sien hoe daai roomkoeke gril vir daai lekker stapelvoedsel.

Sluit 'n pic in van Hintza & ek (weet nie of dit sal werk nie) - gety besig om in te kom en as die water weg is, is dit weg tot verby die horison

post-4082-1188690577.jpg

Edited by Mauritz
Link to comment
Share on other sites

Ek neem aan jy het met al jou rondryery baie te doen gekry met die "Grey Nomads" Vertel tog.

Ek en my man beplan, as die laaste kind 18 is "die great escape!"

Link to comment
Share on other sites

Hoe wens ek dat Jan Stoof hierdie stukkie sal lees, hy se mos daar is geen vis in Suidwes. Ons het lekker vis gevang by myl 107 en sommer lekker by myl 72 gekamp vir 3 weke op 'n slaag, mossels en pippies gegrow by paljies. Warm gerookte angelvis en snoek gekoop in Swakopmont toegedraai in papier. :ilikeit:

Link to comment
Share on other sites

En kreef geduik naby die Boiler tussen Dolfyn- en Langstrand!!

Waar is Jan Stoof so by the way?

Sw

Edited by Suidwes
Link to comment
Share on other sites

Ek vergeet om te se daardie vet veggie bossie wat jy by die strand kry werk lekker vir die sonbrand, druk hom tot die sappies uitkom en smeer aan die brandplekkies.

Jy is reg oor die roomkoeke, plak lekker sunscreen, skin cancer is hoog. Koop vir Skoondogter 'n groot bysie, maar die mannetjie kry dit in die hande en smeer sunscreen ooral op die trappe en buite muur. Not happy Jan :angry:

Wat van Sara se gat ? Ek dink Jan Stoof is kwaad vir my

Edited by chester
Link to comment
Share on other sites

Join the conversation

You can post now and register later. If you have an account, sign in now to post with your account.

Guest
Reply to this topic...

×   Pasted as rich text.   Paste as plain text instead

  Only 75 emoji are allowed.

×   Your link has been automatically embedded.   Display as a link instead

×   Your previous content has been restored.   Clear editor

×   You cannot paste images directly. Upload or insert images from URL.

×
×
  • Create New...