Jump to content

As julle die harde pad wil vat in Aus (1)


Guest Mauritz

Recommended Posts

Guest Mauritz

Ons het besluit om die 'bullet te bite' en vir 'n jaar om Aus te toer. Nie net vir die pret nie, maar omdat ons nog nooit hier was nie - wil 'n plek kry waar ons kan vashaak en 'n lewe maak. Ons was gelukkig het PR gekry voordat ons ooit 'n voet in Aus gesit het.

Omdat daar so baie SA's in Perth is, besluit ons om daar te land, daar te begin en reg rondom Aus te toer met 'n Campervan. Ons het gelees oor hoe veilig dinge is, maar ek wil nie daaraan byt nie. Groot geword in die middel van die bos oorlog, uitkyk vir landmyne op die grondpaaie - baie moeilik om sommer net die pad te vat in 'n nuwe land en oor niks te worry nie.

Ek het 'n baie mooi vrou en ek kan nie net alles 'let go' en mak word nie - net om dalk deur 'n ta onkant gevang te word nie - nope, dit is nie in my bloed nie. Ek wil nie voorblad nuus in SA newspapers wees nie _ South Africans murdered in Australia of so iets nie. Ek het al my vuurwapens van ontslae geraak in SA. Hier in Aus is ek gewapen met 'n byltjie en 'n paar goeie messe wat oral saam met my gaan. Wat doen ek nou??? Ek het ook nie my goed geleerde waghondjies hier nie, so ek gaan koop 'n opregte Rhodesian Ridgeback vir $600 - glo my 12 jaar terug was dit baie, baie geld - so R3000. Die eerste nag in Wes Aus skraap hy 'n laaitjie van sy fiets af wat deur ons kamp ry in 'n Karavaan park. Ek dink so by myself, nou kan ek ten minste altwee oge toe maak as ek slaap. So hond, my Bokkie en ek in ons geel Campervan vat die pad Kalgoorlie toe.

Baie van die plase is so groot daar is nie heinings nie - partykeer loop jy troppe beeste of skape raak, maar hulle is so wild, sien omtrent nooit 'n mens nie. Ons trek enige plek van die pad af, ry lekker diep die bos in en maak kamp. As dit 'n baie nice plek is, bly ons sommer 'n paar dae.

So met die ryery praat ons met ander Aussies - hulle laat ons weet dat die boere nie omgee as ons op hulle grond oorslaap nie. Ek was maar versigtig - julle weet mos hoe dit in SA is - OORTREDERS SAL GESKIET OF GEM*ER WORD!!!!! In die begin het ek ons kamp gecamo en ons spore toegemaak met 'n lekker blare tak. Vandaar af worry ons nie meer nie - die Aussies vertel ons om net nie naby die watergate te slaap nie, want dan kan die vee nie drink nie en die boere raak dan kwaai.

As dit donker word dan sien 'n mens die Aussies in sulke groepies aftrek met hulle karavane. Daar is oral plekke langs die paai, met gewoonlik 'n watertenk en 'n toilet of iets. Partykeer is daar sommer so 20 karavane, campervans en dinge. Almal is baie rustig - ruil stories uit en gesels lekker. Mense van oral om die wereld wat deur die groot land toer.

As ons lekker vuil raak, slaap ons in 'n karavaanpark en stort lekker om die stof van onse lywe te kry. Oral op die kus loop die vis lekker dik en ons vang die campervan se vrieskas vol. Dan trek ons weer bos toe en kamp op 'n plek totdat al die vis opgevreet is.

Aus is vol riviere en daar is kampplekke orals. Ons kannie in die National Parks ingaan nie, omdat ons die rifrug by ons het. Ek gee nie om nie, want daar is nie veel in die National Parks wat daar nie in die ander plekke is nie.

Ek byt die veiligheid ding nog nie lekker nie. Elke aand voor ons kamp opslaan hardloop ek wye sirkels om die kamp en kyk vir enige tekens van ta in die omgewing. Ek het mos saam met die boesmans grootgeword en niemand kan 'n spoor van my wegsteek nie. Ek soek en soek elke aand, geen tekens van 'n siel in die laaste 50 jaar nie - niks nie. Voel of ons die eerste mense in party plekke ooit is.

Ek raak so stadigaand gewoond na 'n paar maande en begin vir die eerste keer die trip geniet en besef vir die eerste keer hoe ek my hele lewe lank oor my skouer gekyk het, met een oog oopgeslaap het. Sien vir die eerste keer hoe pateties dit is.

As enige iemand meer belangstel sal ek meer van die trip uitroggel met die tyd.

Pic van onse yellow submarine, plek waar ons oornag het iewers in Wes Australia - ons borsel darem nog tanne.

post-4082-1188691540.jpg

Edited by Mauritz
Link to comment
Share on other sites

Guest Die Carelsen's

Hallo Mauritz,

Baie dankie vir die stories. Vertel gerus meer. Ek en manlief geniet dit vreeslik om te lees. As ek mag vra hoekom het julle toe nooit in Wes Australie opgeeindig nie. Sien julle is nou in Queensland. Is dit nog steeds vandag so veilig om enige plek kamp op te slaan. Moet se ons gaan ons German Shepards die meeste mis, nie vir die sekuriteit alleen nie, maar vir die kameraadskap. My seuntjie is nou 2 en dis sy enigste maats wat hy ken.

Weereens dankie vir die lekker stories.

Tania

Link to comment
Share on other sites

Guest Mauritz

Hi Tania:)

Twee redes hoekom ons Wes Australia uitgesluit het.

Ons het besluit dat WA relatief afgelee is vir wat ons wou doen. Baie meer geleenthede in ons lyn naby en om die ooskus.

Voordat ons die hele trip kon doen het my agterent lekker begin jeuk - nie gewoond daaraan om so rond te l^e nie - wou net begin werk. Ek was mal oor Darwin (Kavango tipe klimaat) - lekker vol krokkedille ens. Nicolette wou weer heeltemal suid - mikrobioloog in die wynbedryf. Toe vat ons maar die middelweg en maak 'n begin in Toowoomba - so uur en 'n half wes van Brisbane.

Link to comment
Share on other sites

Hi again Mauritz,

Het jou storie baie geniet, ons het in Tsumbe gewoon vir 3 jaar, net so 2 blokke weg van die lughawe/airstrip. Die Rattels het baie verby ons huis gery of liewer gerommel, dit is onbeskryflik hoe hulle raas. Nie maklik om tevergeet nie. My ouma van Niekerk het lekker by die ouwe te huis gespoeg met 'n photo saam net die manne by een van die Rattels.

Jy kan jou stories onder Journalling skryf, ons sien uit op die volgende episode :ilikeit:

Link to comment
Share on other sites

Hi Tania:)

Twee redes hoekom ons Wes Australia uitgesluit het.

Ons het besluit dat WA relatief afgelee is vir wat ons wou doen. Baie meer geleenthede in ons lyn naby en om die ooskus.

Voordat ons die hele trip kon doen het my agterent lekker begin jeuk - nie gewoond daaraan om so rond te l^e nie - wou net begin werk. Ek was mal oor Darwin (Kavango tipe klimaat) - lekker vol krokkedille ens. Nicolette wou weer heeltemal suid - mikrobioloog in die wynbedryf. Toe vat ons maar die middelweg en maak 'n begin in Toowoomba - so uur en 'n half wes van Brisbane.

En julle kom drink nie eers koffie hier by my in Toowoomba nie!! tsk

Groete

L'mari

Link to comment
Share on other sites

nog n wenner Mauritz

Hoe lyk it-is dit nog mieliepap of het jy n lekker "damper " storie????

Link to comment
Share on other sites

Jussie Mauritz, lyk my jy kan lekker oor n vuur stories vertel. Laat my dink van n ou man wat ons by n naaweek se kamp gees stories vertel, toe ek nog by laerskool was. Hy het my so bliksems verskrik dat ek dink die gees daar saam met ons was..

Link to comment
Share on other sites

Join the conversation

You can post now and register later. If you have an account, sign in now to post with your account.

Guest
Reply to this topic...

×   Pasted as rich text.   Paste as plain text instead

  Only 75 emoji are allowed.

×   Your link has been automatically embedded.   Display as a link instead

×   Your previous content has been restored.   Clear editor

×   You cannot paste images directly. Upload or insert images from URL.

×
×
  • Create New...