Jump to content

Normale dag in die land van Oz


Guest Mauritz

Recommended Posts

Guest Mauritz

So lank in die land en het absoluut geen kontak met enige iemand in SA gehad nie. Per ongeluk op die site afgekom en 'n paar riller stories gelees oor wat nou aangaan daar in Donker Afrika - my bloed kook sommer en ek voel vir die mense wat dalk nie 'n keuse het nie en stuck is daar.

Vir die mense wat WIK EN WEEG - pak op en gaan voor jou koffie koud word en jou koekies gesteel raak. Moet nie eers dink nie.

Gisteraand was 'n harde gin & tonic aand en ek ry vandag hier deur die wonderlike ou South East Queensland om 'n job te gaan klaarmaak. Vir die wat wonder hoekom ek op 'n Saterdag gaan werk. Ek geniet wat ek hier doen so baie, daar is nie 'n versKil tussen 'n Sondag, Maandag of Dingaansdag nie. As ek iets wil klaarmaak oor die naweek en wil gaan jag deur die week dan doen ek dit sommer in oormaat.

Ek ry so half babalas om 'n fencing job te gaan klaarmaal vir 'n ou Aussie omie. Hy het my gevra om 'n 16 x 14 m, 5 voet hoog hondehok vir sy geliefde German Shepard te maak. Ek het $2400 vir die job gequote om julle almal 'n idee te gee. Weet nie wat die wisselkoers is nie, maar dit is 'n hele paar duisende rand vir 'n ou hondehokkie of hoe. As julle dink ek werk my dood, dink weer. Daar is 6 pale wat gegrawe moet word en 'n trench regrondom om deel van die heining te begrawe. Hier werk jy nie te hard nie - ek bel 'n Bobcat operator en hy kom sit op sy groot masjien en skraap al die onkruid af van die area (die ou oom wil lekker sagte gras groei vir sy hondjie). Hy verander sy tools op die masjien en grawe vinnig die 6 gate. Verander weer 'n tool en grawe vinnig die 60m lange trench. Alles klaar teen so $65/uur. Teen die tyd het ek die concrete mixer aan, my hemp uit en maak reg om die pale te concrete.

Terwyl ek so ry dink ek terug aan SA en vergelyk dit met wat om my aangaan. Geen ta's wat doelloos langs die pad rondsluip nie, om die waarheid te s^e absoluut geen mense nie. Die stone fruit boorde is aan die bloei - so dit is 'n sagte pienk so ver as jy kan kyk. Geen mier bedrywighede in die wingerde nie - net hier en daar 'n boer wat alleen snoei of sprei of iets. Geen maer brandsiek honde of perde nie.

Die dag is ongelooflik - ek wil eerder gaan jag of gaan visvang, maar die job moet eers klaarkom. Die hele plek is doodstil, sien 'n hele klomp Kangeroo's en Wallabies. Die magpies gaan mal en die black Cockatoos vlieg mal rond, beteken dat dit gaan reen in die volgende paar dae.

Dit is net ek op die pad, vroeg, vroeg oggend met 'n lekker babalas en as ek nie met SA kontak gehad het nie, sou dit net nog 'n normale dag gewees het. Vandag kyk ek met ander oge na alles om my en besef vir die eerste keer in jare hoe gelukkig ek is om hier te wees.

Ek is terug, lekker bruin gebrand. Ek en die ou omie het 'n XXXX gedrink op sy stoep en hy vertel vir my hoe g**vol hy is vir die politici in die land wat al hierdie mense van die Sudan inbring. Volgens hom kan hulle nie die taal praat nie, verstaan nie die sport nie - is nie geletterd nie - waat maak hulle hier. Elke keer as hy hospitaal toe gaan dan word hy behandel deur 'n SA dokter hier in Aus - hoekom bring die regering hulle nie in nie. Hy vloek die regering hier deurmekaar, word lekker rooi in die gesig en ek skud maar my kop soos ek saamstem terwyl ek aan die XXXX suie.

By die huis gekom hardloop my 3 kindertjies en my 4 groot honde om vir my die hek oop te maak. Alles lyk lekker rusting, die perde wei en die plek begin nou weer lekker groen lyk na die eerste reen.

Ek gooi nog 'n paar XXXX agter die blad en terwyl die son ondergaan, help ek my dogtertjie om ons 6 perde te voer.

More gaan ek nie werk nie - my kinders het my oor die kole gehaal. Dit is vadersdag en ek moet by die huis wees. More gaan ons die heeldag die perde werk en in die tuin inspring.

Life is great.

More kom van ons Aussie vriende oor vir 'n lekker ou braai more middag - mieliepap en die lot.

So mense wat wik en weeg - pak julle backpacks - verkoop al daai blenk goed wat ta vir solank al jaag en kom oor. Vat enige iets aan - julle het boere gene wat sal uitkom as dinge swaar raak. 'n Boer maak mos altyd 'n plan - so moenie worry nie. Hier is die Aussie slang goed te pas: NO WORRIES MATE.

Link to comment
Share on other sites

Mauritz,

Jy’t die saak goed raakgevat.

Die rede waarom van my familie in RSA nie wil skuif nie is hulle is te pa+ma-vas aan die een kant. Maar aan die ander kant gaan hulle verloor aan aardse goeters. Maar dis hulle saak.

Hier waar ek in Adelaide bly lag my bure hulle vrek as ek ‘n 2.5 hoe muur voor my huis bou (dis hoe hoog die muur voor my nefie se huis in Bromhof in Midrand is.)

Hier in my geweste in Adelaide is dit in elkgeval onwettig om ENIGE muur/heining voor jou huis te op te rig, ter wille van die estetiese karakter van ons woonbuurt. Dit sal seker ‘n geslag of langer duur voordat so-iets weer in RSA moontlik is.

Ek is ‘n onnie hier in Adelaide. Ek moet se, ons South Australian onnies sweet nogal om ons “honest dollar” geturn te kry, maar kyk na die perks – ons naweke is ons eie!

Wanneer my seun terugkom van sy meisie so ongeveer 10nm party aande, (dikwels loop hy alleen terug in die donker) vergeet hy om die voordeur te sluit, en dit bodder ons nie ‘n duit nie. Is so-iets in RSA moontlik?

Jy praat so van kangaroos en wallabies. Ons woon in n’ Koala Corridor hier in Adelaide naby die Hills. Onder meer mag bitter min Gum Trees wat kos vir Koalas kan voorsien afgekap word. In ons erf staan dan ook ‘n groterige River Red Gum en Koalas is gereeld hier in die boom in ons agterplaas wanneer die blare na hulle sin is.

Een nag work ek wakker van ‘n geluid wat klink soos iemand wat klippers op die dak gooi. Hoog de D@#&&%%# vlieg ek uit die bed en gaan stel ondersoek in. Maar ek sien niks. Toe hoor ek weer klippers val op die dak ek lig met die flits boontoe, en so wragtig, daar sit ‘n Koala!

Wat gebeur het is dat die Koala sit op ‘n tak bokant ons dak en vreet. En Koalas se derms werk mos soos ‘n gans sin, wat by hulle monde ingaan, kom gou weer agter uit, maar ‘n Koala se “Nommer 2” is mos ook baie soos ‘n skaap s'n, wanneer dit van ‘n hoogte val op iets soos ‘n dak dan dink jy dit hael of dat die buurt se kwajongens is besig omm kwaad te doen…

Geniet Vadersdag!

Dax

Link to comment
Share on other sites

Hi Mauritz,

Ek moet jou sê jy vertel 'n storie darem net soos 'n Suidwester kan! Welkom op die site.. ons oud Suidwesters word darem so stadig meer. Ek is nie in SW gebore nie maar met een getroud en het vir 5 jaar daar gebly van LÜderitz, Windhoek, Oshakati, Rundu en Katima.

Mooi bly

Sw

Link to comment
Share on other sites

Join the conversation

You can post now and register later. If you have an account, sign in now to post with your account.

Guest
Reply to this topic...

×   Pasted as rich text.   Paste as plain text instead

  Only 75 emoji are allowed.

×   Your link has been automatically embedded.   Display as a link instead

×   Your previous content has been restored.   Clear editor

×   You cannot paste images directly. Upload or insert images from URL.

×
×
  • Create New...