Jump to content

Swags, Utes & other Aussie Stuff


Guest Mauritz

Recommended Posts

Guest Mauritz

Ek het in 'n vorige post swags genoem - so lank al hier dat ek vergeet het mense in SA mag dalk nie weet wat 'n swag is nie.

Om 'n swag te verstaan moet 'n mens eers weet wat 'n ute is - 'n ute is 'n lekker ou bakkie. Weet nie of die bakkies in SA nou verander het nie, maar die bakkies hier het sulke lekker bree bakke - jy kan al die kante afslaan of afhaal. Veral in die platteland ry elke Aussie met 'n vorm van 'n ute rond. Die jonger Aussie blokes wat op die land werk as jackaroos of een of ander plaas hand, koop sommer vinnig een - hulle maak mos lekker baie geld.

Deur die week of naweke in die binnelandse dorpe sien jy gewoonlik 'n ute met die bak se kante afgehaal en 'n swag vasgebind met 'n dun stringetjie tou. 'n Blue dog agterop, 'n toolbox met nog 'n toutjie vasgemaak en dalk 'n kas XXXX. Die Blue dog is 'n Australian Cattel Dog en julle sal honnerde van die hondjies hier sien.

Alles staan so oop agter op die bak, want niemand worry dat die goed gesteel gaan word nie.

'n Swag is 'n tipe 'n bedrol - nooit enige iets soortgelyks in SA gesien nie. Almal het swags hier. Gewoonlik 'n lekker dik matras in, 'n lekker dik ou kussing of twee en lekkerr warm beddegoed. Die swags is heeltemal weer bestand - kan vir jare in die son l^e. Die lekker deel is jy ry tot jy half dood moeg is - spring uit jou ute uit. Trek een toutjie, ruk die swag af. Maak een ou strappie los rol die ding oop - maak die een kant aan die ute vas en as jy wil die ander kant aan 'n pol gras - zip die ding oop en walla - jy is reg om te slaap. As dit warm is, zip jy die canvas dele heeltemal oop en jy kan na die sterre loer deur die muskietnet gedeelte.

As dit woes begin storm of reen, zip jy die ander dele toe en slaap dan sommer baie lekker.

Volgende oggend spring jy uit die swag uit - rol die ding op - gooi dit agter oppie bakkie - kan maar sous van die reen heeldag as jy ry - bly heeltemal droog.

Jy kry swags wat jy agter op 'n perd kan rondra, swags vir alle geleenthede. As jy 'n lekker ou warm lyf saam met jou vat, kry jy 'n dubble swag. Ek het een - vir my boog natuurlik - sy slaap altyd langs my - net ingeval daai hayena met sy AK47 dalk eendag sy luck gaan try.

My swag staan altyd reg in my shed, langs my boog en my koskas. My Aussie pelle daag partykeer uit die bloute op en wil gaan jag - dan vat dit my omtrent 45 sekondes om my boog te gryp, die swag agter op 'n ute te gooi, my koskas te laai. Teen daardie tyd is my ou jaghond al agter op die bak en ek het klaar 'n kas XXXX gegryp.

Vir die mense wat nie weet wat XXXX is nie dit is 'n tipe bier, maar omdat die Aussies nie lekker kan spel nie, skryf hulle dit sommer maar met 4 Xe.

As ek dalk iemand confuse het - dit is CATTLE DOG en nie wat ek ookal probeer 'skryf' het nie.

Link to comment
Share on other sites

Mauritz, ek moet jou komplimenteer. Jy het n wonderlike skryfstyl. Hoogs beskrywend en net plein lekker om te lees.

Hou so aan. Jy is al twaalf jaar hier-daar moet tog nog baie "lekker Ozzie stories" wees.

Link to comment
Share on other sites

Guest Mauritz
Mauritz, ek moet jou komplimenteer. Jy het n wonderlike skryfstyl. Hoogs beskrywend en net plein lekker om te lees.

Hou so aan. Jy is al twaalf jaar hier-daar moet tog nog baie "lekker Ozzie stories" wees.

Ek skryf maar soos ek dinge onthou - 'n paar van my skribbels is geskuif na journals toe - ek sal probeer om pics in te sluit soos ek aangaan.

Edited by Mauritz
Link to comment
Share on other sites

So lyk 'n swag:

DSC00022.JPG

:angry:

Edited by Annette
Link to comment
Share on other sites

Join the conversation

You can post now and register later. If you have an account, sign in now to post with your account.

Guest
Reply to this topic...

×   Pasted as rich text.   Paste as plain text instead

  Only 75 emoji are allowed.

×   Your link has been automatically embedded.   Display as a link instead

×   Your previous content has been restored.   Clear editor

×   You cannot paste images directly. Upload or insert images from URL.

×
×
  • Create New...