Jump to content

Die Boer en die Byl


Guest Mauritz

Recommended Posts

Guest Mauritz

Born & bred in Suidwes - gewoond om altyd 'n wapen in die hand te h^e - wat 'n vrees was dit om wapenloos na 'n vreemde land te gaan - die koalas daar is mos so gevaarlik. Omdat die hayenas vrouens en kinners eet in Afrika of wag totdat jy oud en weerloos is voor hulle jou kom haal met hul AK47's - het ek altyd gewapend rondgeloop in Afrika en vroulief geleer om dieselfde te doen. 12 jaar terug na 'n vinnige besluit, pak ons onse backpacks en vlieg via Air Singapore na die land van Oz. My double bladed boot knife en byltjie in die backpack en 'n gevaarlike pocket knife in my sak. Die Singapore vlug Kapt. hou die gevaarlike pocket knife voor by hom in die kajuit gedurende die vlug en gee die baie goed gemanierd terug na die vlug. Nou kan ons nie eers 'n naelveiltjie by ons dra nie.

Van die lughave in Perth met 'n bus na 'n Backpackers lodge in die stad. Die bus drywer vra hoekom wil ons daar gaan bly - die 'Abbo's' bly reg rondom die Lodge en dit is baie, baie, baie gevaarlik. Kom by die Lodge aan, sien geen Abbo's nie, maar tipe wit mense wat ek nog nooit in my lewe gesien het nie. Ringe en tattoos - jy kan jou hele klere kas aan hulle ophang.

Dieselfde aand dink ek om te gaan stap - eers alleen - wil kyk of die plek regtig so gevaarlik is. Double bladed knife en pocket knife goed versteek vat ek die pad. Sien 'n paar mense, almal baie vriendelik en gesels lekker. Geen teken van 'n hayena of enige iets nie - alles baie rustig. Later vind ek uit daar was so 5 jaar terug 'n probleem in die area en die bus drywer ry seker vandag nog draaie om die gevaarlike plek.

Vroeg oggend ure word ek wakker van 'n geraas by ons kamer deur - klink of ietmand die deur probeer oopmaak met 'n stuk draad. Ek soek na my CZ75 pistool onder my kussing - eerste nag sonder my baby. Ek voel my gevaarike double bladed knife onder die kussing. Teen die tyd is vroulief wakker en ek dink by myself - die ou messie is nie genoeg vir die hayena nie - so ek haal die gevaarlik byltjie uit die backpack. Plak myself voor die deur -ruk die deur oop. Reg voor die deur staan 'n lang wit gepigmenteerde siel met iets in sy hand. Ek het nie tyd om daarna te kyk nie. Gryp hom aan die keel - hardloop hom vas teen 'n muur - byl vlymskerp teen sy keeltjie. Water strale loop teen sy beentjies af.

Ek sien rooi en vra hom met 'n kille boere aksent, wat sy probleem is. Hy kan nie praat nie - sukkel om suurstof deur sy longe te kry. Na streng ondervraging vind ek uit hy is 'n Kanadese backpacker wat gesit en boom rook het (kon dit ruik toe ek wakker word) in die kamer langsaan. Hy het gesit en 'n ping pong ball teen die muur gooi - seker nice as die dingetjie so hop as jy op 'n trip is. Die balletjie rol toe uit sy kamer uit onder 'n kas in voor ons deur. Hy kry toe 'n draad hanger in die hande en probeer die balletjie uitkrap - toe spring die gevaarlike boer op hom.

Ek voel toe vreeeeeeeeslik sleg en gaan die volgende oggend omverskoning vra. Hy het toe sommer deur die dag sy backpackie gepak en verdwyn met ping pong ball en al.

Hoe was dit vir 'n eerste dag in die land van Oz????

Link to comment
Share on other sites

Join the conversation

You can post now and register later. If you have an account, sign in now to post with your account.

Guest
Reply to this topic...

×   Pasted as rich text.   Paste as plain text instead

  Only 75 emoji are allowed.

×   Your link has been automatically embedded.   Display as a link instead

×   Your previous content has been restored.   Clear editor

×   You cannot paste images directly. Upload or insert images from URL.

×
×
  • Create New...