Jump to content

Rykste Families


Guest Mauritz

Recommended Posts

Guest Mauritz

12 jaar terug het ons 'n Spaanse huis in Somerset Wes gehad - swembad tussen die berge ens. Die see was net om die draai - die wingerde oral om ons. Huis vol antieke meubels, Persian carpets en genoeg blink goed om 'n kraai gelukkig te hou vir die volgende 2000 jaar.

Vroulief is 'n Mikrobioloog en ek maak geld uit Crime uit - spesialiseer in diefwering. Iets wat almal moet h^e in ons wonderlike land. Ek maak dit baie mooi, sodat die huise lyk soos iets uit Spanje uit - 'n mens moet darem 'n mooi plek h^e.

Ons het alles gehad, maar jy moet alles so mooi oppas en toesluit. Te bang om erens heen te gaan. As jy in die berge wil gaan stap/hardloop, moet jy uitkyk vir ta. As jy in die aand wil gaan stap - ta is letterlik agter elke bos, dalk agter jou deur as jy terug kom.

Ek het in Suidwes grootgeword en daar gedink ek was die rykste mens in die wye wereld. Groot riviere met baie tiervis in. Jag van kleins af saam met die Boesmans. Sonsonderange soos geen ander plek in die wereld nie. See vol vis - kabeljou langer as ek. GEEN MISDAAD NIE.

Een dag besluit ek - hoekom moet ek werk om al hierde 'goed' te hou. Ses voet heinings met honde wat geleer is om dood te byt. Vroulief en ek dra altwee vuurwapens. Ons plek lyk soos 'n tronk. Ons worry oor versekering want al die blink goed kan enige oomblik deur die kraaie gesteel kan word en die antieke meubels dalk in Soweto beland.

My vriende kan ook nie hulle drinks op ons duur ivoor gegrafeerde tafels neersit nie. My waghonde byt die besoekers wat dronk raak en die donkies wil gaan water gee in my tuin.

Ons besluit eendag om alles te verkoop - ons is 26 jaar oud en al die mense wat na ons huis kom kyk, dink ons is in ons 60's - al die antieke en blink goed in die huis. Ek wil nie 60 jaar oud doodgaan as ek maar 26 is nie. Ek raak toe sommer heeltemal g*&vol - besluit om nou van ALLES ontslae te raak.

Pak 2 backpacks en kom oor aus toe - was nog nooit hier nie.

12 jaar later sit ek op 10 akker in 'n tipiese Aussie blikhuis wat ek besig is om uit graniet te bou. Ek loop 20 minute en jag feral pigs, vosse en hase met my boog. Ek ry 25 km en jag karp en deer met my boog. Geen teken van kraai of ta nie. Niemand nie - ek gooi my swag oop waar ek wil - slaap waar ek wil en geen worries nie. My dogtertjies ry perd alleen hier op die plaas paaie. My sheds en huis staan oop - my karre staan oop. Ek het 3 Irish Wolfhounds en 'n Rifrug van mense van liefde opvreet. My perde wei om die huis. Ek raak lekker vet van prons, haas en deer.

Geen blink goed nie, geen fancy tapyte wat die rooiwyn meer opsuig nie. Geen diefwering nie - geen meubels wat kan krap nie.

Ons is definitief een van die rykste families op die aardbol.

In my besigheid create ek wat ek wil - geen smart ta na wie ek moet kyk nie, wat my tools steel nie. Wat peace wil h^e nie - die biggest piece of course.

Nie veel van 'n verskil van my lewe in Suidwes nie. Geen koedoe biltong nie, maar die deer biltong is net so goed. Beesbiltong dieselfde.

Ek het nog nooit eers 'n bedelaar hier gesien nie - hoop dit bly so.

Link to comment
Share on other sites

Mauritz,

Ek sien so baie mense het jou boodskap al gelees - en niks te se gehad nie, want hulle voel seker soos ek - WOORDELOOS!!!

Groetnis

JJ

Link to comment
Share on other sites

UITSTEKENDE, UITSTEKENDE, UITSTEKENDE POST!

:whome::lol::ilikeit::ilikeit::ilikeit::ilikeit:

Ons is nou 27, besig om alles te verkoop en gaan AUS toe met 2 rugsakke. EK stem 100% met jou siening saam en my droom-situasie is soos wat jy jou lewe beskryf!

Baie dankie vir die post!

Groete

Werner

Link to comment
Share on other sites

Guest Mauritz
UITSTEKENDE, UITSTEKENDE, UITSTEKENDE POST!

:whome::lol::ilikeit::ilikeit::ilikeit::ilikeit:

Ons is nou 27, besig om alles te verkoop en gaan AUS toe met 2 rugsakke. EK stem 100% met jou siening saam en my droom-situasie is soos wat jy jou lewe beskryf!

Baie dankie vir die post!

Groete

Werner

Julle kan nie 'n fout maak nie. Moet nie bang wees om enige werk hier aan te vat nie, net vir die ondervinding. Hier in my omgewing pluk mense van regoor die wereld vrugte en groente - word tot $20 (Au)/uur betaal. Van die mense wat appels pluk, maak tot $200/dag. Almal in die land soek na mense wat wil werk.

Met die $20/uur kan jy 'n kg Rump steak koop vir $5 (op special) en 'n halwe kas bier. Die volgende 20 betaal jou petrol, nog 'n 20 jou verblyf en die res steek jy in jou sak. Oor die jare het ek gesien dat mense van oorsee te lank wag vir die 'regte' job - hulle raak dan baie negatief. Vat enige iets aan - gaan pak rakke in W'worths snags - word $ 22/uur betaal. Een van my vriende het 5 grade en hy het perdestalle skoongemaak sy eerste paar weke. 'n Ander hoogs gekwalifiseerde het pizza's afgelewer vir die eerste jaar, selfs nadat hy 'n goeie pos gekry het.

Alles is moontlik in die land as jy bereid is om te werk - enige iets te doen.

Die beste van alles - snags na 'n harde dag gooi jy 'n paar groot pronse oppie braai sonder om oor jou skouer te kyk. As jy 'n paar te veel agter die blad het en 'n bietjie rondval en vergeet om jou karre, huis en rape cage (gewoonlik 'n dun budgie hokkie hier) en tuin meubels te sluit dan is dit ook ok.

Groete

Mauritz,

Ek sien so baie mense het jou boodskap al gelees - en niks te se gehad nie, want hulle voel seker soos ek - WOORDELOOS!!!

Groetnis

JJ

:)

Dit is alles kru gestel in my beskrywing, maar waar:) Almal wil peace h^e, en as hulle dit kry wil hulle dan die biggest piece h^e. Dit het ons goed gedoen om van al die blink goed ontslae te raak en 'n nuwe lewe te begin. 'n Mens kan nie waarde op rus en vrede sit nie - ons almal van SA en Isreal weet dat jy dit nie eers met geld kan koop nie.

Link to comment
Share on other sites

Ek dink die voortrekkers het net soos jy gevoel toe hulle padgegee het uit die Kaap en nadat hulle uiteindelik gevestig het in die vreeemde en die wereld mak gemaak het was hul gelukkig. Dis hoekom so baie plase name gekry het soos Rus-ten-bos, Vredendal ens. :whome:

Link to comment
Share on other sites

Mauritz

Jy is n man na my hart. Dit was n uitstekende post.

Net n woordjie: Verduidelik tog aan ons vriende op die forum wat n "swag" is.

Link to comment
Share on other sites

:whome: Almal wil peace h^e, en as hulle dit kry wil hulle dan die biggest piece h^e.

Dis nou seker een van die grootste wyshede wat ek nog gehoor het. En dis daai biggest piece wat jou arm maak - hy steel jou lewe!

Link to comment
Share on other sites

Mauritz, dis een van die beste posts wat ek nog gesien het op enige forum. :blush:

Link to comment
Share on other sites

Wat RERIG saakmaak !

Link to comment
Share on other sites

Join the conversation

You can post now and register later. If you have an account, sign in now to post with your account.

Guest
Reply to this topic...

×   Pasted as rich text.   Paste as plain text instead

  Only 75 emoji are allowed.

×   Your link has been automatically embedded.   Display as a link instead

×   Your previous content has been restored.   Clear editor

×   You cannot paste images directly. Upload or insert images from URL.

×
×
  • Create New...