Jump to content

12 jaar in Aus


Guest Mauritz

Recommended Posts

Guest Mauritz

Hallo's Almal

Nuut op die site, maar 12 jaar lank in Aus. Ek lees vir die eerste keer in jare van mense se ondervindings in SA en ook hier in Aus. Mens vergeet gou hoe dinge in SA was en dit lyk of dit nou baie erger is.

Ons het in die begin gehuur vir 'n tyd in Toowoomba en van die huise het nie eers sleutels gehad nie - kon nie sluit nie. Ek het maar gesukkel om te slaap, maar 'n mens raak maar gewoond.

Ons bly nou 'n entjie uit Stanthorpe, Qld uit. Die bus tel my dogtertjies elke oggend hier op 'n plaaspad op. Ons kyk nie eers nie. As 'n mens vroeg oggend dorp toe ry, dan staan die klein pikkies orals stoksiel alleen in die middel van nerens vir die busse en wag. Waar in Afrika gebeur dit nog.

Almal se huise en sheds staan oop. Die perde se saals en rugs hang orals oor die heinings. Die waterpompe staan almal oop langs die damme. My workshop hier op ons grond is heeltemal oop - ek het 1000e dollars se gereedskap wat rondstaan en ons worry nooit oor enige iets nie.

Ons bly al vir 3 jaar hier en as ek een keer iemand in die pad sien loop het dan is dit baie. My vrou hardloop alleen elke dag hier langs die plaaspaaie en het nog nooit iemand anders te voet raakgeloop nie. Die Aussies hier in Qld is nie van die mees aktiefste nie en hulle s^e self die crime is so laag omdat die diewe so vrek lui is. Hulle moet te ver stap en te hard werk om iets te steel:)

Ek dink dit is 'n great ou land die en ek het nog nooit teruggekyk nie.

Groete

Mauritz

Link to comment
Share on other sites

Die Aussies hier in Qld is nie van die mees aktiefste nie en hulle s^e self die crime is so laag omdat die diewe so vrek lui is. Hulle moet te ver stap en te hard werk om iets te steel:)

Dis is baie snaaks :D , hier in Suid Afrika is sekere mense baie baie "sportief". :P gee nie om, om 'n paar km in die aand te hardloop nie. :ph34r::ilikeit:

Edited by wilna
Link to comment
Share on other sites

Hi Mauritz

Welom op die forum.Ek dink julle wat al so lank in Oz is kan ons baie help en gerusstel oor die groot besluit . Dit klink vir my jy is op n plaas daar , watter soort boerdery doen julle.

Groete

Sakkie

Link to comment
Share on other sites

Welkom Mauritz

Dis altyd so lekker om te hoor oor die lewe in Oz.

Boer so voort :ilikeit:

Pofstert

Link to comment
Share on other sites

Hi Mauritz

Lekker om van jou te hoor.

Ja-hier op die Gold Coast is die diewe net so lui. Hoe verder van Surfers Paradise hoe geleidelik minder raak die diefstal.

Dink Stanthorpe is pragtig- baie koud in die winter!!! My dogter besit n dressage perd en sy neem jaarliks in die kontrei deel. Ons was die eerste jaar nie heeltemal voorbereid nie. Ons is nou. Ses doonas en fles koffie.

Groete hier van die see.

Link to comment
Share on other sites

Guest Mauritz

Die kinders noem dit 'n plaas - is 10 akker tussen 'n groot klomp vrugte, groente en wynplase. Ek is 'n landscape Designer en het my eie Landscaping besigheid. Geniet my gate uit om alleen te werk en nie heeltyd na gesteelde gereedsap te soek nie.

Hier waar ons is kan jy enige tyd rondhardloop - die mense kyk jou net 'n bietje snaaks aan:) Na al die jare is ons nou gewoond daaraan. As jy iemand in Qld sien hardloop kan jy al jou geld bet dat dit 'n Suid Afrikaner is. Hier is 1 ander Suid Afrikaner hier - 'n wynmaker. Dit is net Nicolette, ek en hy wat hardloop. Hier is 'n Aussie dokter wat hardloop, maar dit is dit:)

Ek het eendag in Toowoomba gehardloop, toe kom 'n Aussie hardloper aangehardloop en gee my nogal 'n besigheidskaartjie - hy wil die Toowoomba runners club bevorder. Toe hy hoor ek is van SA, wil hy weet hoekom al ons Suid Afrikaners so hardloop. Toe verduidelik ek vir hom dat ons 'n aktiewe nasie is, selfs met al die geweld hardloop en oefen almal. Dit is nogal depressief om op 'n lekker dag te gaan hardloop en jy sien nie 'n siel nie. Almal kruip mos weg vir die son hier - selfs in die middel van winter, onder vriespunt lyk die Aussies soos roomkoeke - spierwit van die sunscreen. Hulle het nog nie uitgewerk hoekom hulle so vol vel kanker is nie.

Ons het nou 6 perde - my 'n fortuin gekos die winter hier in die koue plek. Die kinders gaan pony club toe - geniet dit baie. Ek waag my lewe elke dag met my nuwe sport wat ek op die been probeer kry - skiet boog van 'n perd af. Hou maar die pyle ver van my agterent af. Seker nie iets wat jy moet begin as jy naby 40 trek nie - maar nou ja.

Hier perde yuppie griep maak dinge nou ingewikkeld. Die farrier mag nie eers beweeg nie - hopelik sal hulle dit gou uitsorteer.

Weet nog nie lekker wat ek hier aanvang nie. Sien al my replies het onder een heading uitgekom. Dink ek sal maar gaan perdry vir 'n rukkie.

Link to comment
Share on other sites

Hi Mauritz

Welkom op die forum.

Ons is nog vroeg in die proses na Oz en drink alles moontlike inligting in, omdat ek nie 'n geleentheid gehad het op 'n LSD trippie nie. Dit motiveer ons op die dae wanneer die wag een te veel raak!

Ek sien Sakkie het jou klaar opgespoor. Kliek bietjie op sy naam, en op sy profile gaan jy na options toe - en lees bietjie sy posts - dan sal jy verstaan hoekom hy so belangstel.

Groetnis

JJ

Link to comment
Share on other sites

Guest Mauritz
Hi Mauritz

Welkom op die forum.

Ons is nog vroeg in die proses na Oz en drink alles moontlike inligting in, omdat ek nie 'n geleentheid gehad het op 'n LSD trippie nie. Dit motiveer ons op die dae wanneer die wag een te veel raak!

Ek sien Sakkie het jou klaar opgespoor. Kliek bietjie op sy naam, en op sy profile gaan jy na options toe - en lees bietjie sy posts - dan sal jy verstaan hoekom hy so belangstel.

Groetnis

JJ

Dankie baie:) Ons het alles verkoop en oorgekom sonder om te kom kyk - net met twee backpacks oorgekom en vir 10 maande deur Aus getoer. Gedink dit sal die maklikste wees as jy Aus en die Aussies regtig wil leer ken.

Yep ek het gekyk - bring ou herinneringe terug:)

Link to comment
Share on other sites

Join the conversation

You can post now and register later. If you have an account, sign in now to post with your account.

Guest
Reply to this topic...

×   Pasted as rich text.   Paste as plain text instead

  Only 75 emoji are allowed.

×   Your link has been automatically embedded.   Display as a link instead

×   Your previous content has been restored.   Clear editor

×   You cannot paste images directly. Upload or insert images from URL.

×
×
  • Create New...