Jump to content

Aangename kennis


Du Toit's

Recommended Posts

Hello almal

Ons het toe die groot besluit geneem en is tans besig om alle persoonlike dokumente in orde te kry asook enige inligting oor Aus en al die verskillende Visas.

Ons gaan einde November vir 2 weke Sydney, Adelaide en Perth toe; die plan is om ‘n gevoel te kry oor Australia, sy mense, werksgeleenthede, lewens standard ens. Daarna sal dit ‘n kwessie wees van of ‘n paar weke of miskien 3 jaar se wag.

So 3 maande gelede was ons by ‘n seminaar waar die immigrasie agent my laat verstaan het dat ek 2 opsies het: 1. State sponsored visa vir South Australia of 2. ek moet verder gaan studeer aangesien my National Diploma: Cost and Management Accounting nie op graad vlak is nie en ek geen punte vir dit sal ontvang nie alhoewel my werksondervinding baie het om te offer.

Die State Sponsored Visa is ‘n moeilike keuse vir ons aangesien werksgeleenthede op die internet in my rigting sover slegs in Sydney of Melbourne beskikbaar was.

Om op te som; ‘n State sponsored visa is dus nie een van ons opsies op die oomblik nie;

Skilled visa vereis verdere studies; al wat dus oorbly is die 457 visa.

Intussen sal ek sal dus verder moet studeer terwyl ek aansoek doen vir poste in my veld met die hoop om ‘n sponsor te kry, maar gaan gaan ons gaan.

Enige advies

Dankie

Die Du Toit's

Link to comment
Share on other sites

Hi daar en baie welkom aan die Du Toits!

Ons is op pad South Australia toe - meer spesifiek Adelaide en dit lyk vir ons na wonderlike plek om te bly.

Op hierdie forum sal julle baie inligting en ondersteuning kry van mense in dieselfde posisie.

Weereens baie welkom!

:ilikeit:

Link to comment
Share on other sites

Baie baie welkom op die forum.

Julle sal regtig hulp hier kry. Daar is baie inligting en vrae enige iets, daar is altyd iemand wat sal kan help.

Ons is oppad Perth toe, besig met 136 en wag nog om van 'n werkgewer te hoor vir 'n 457. My hubby is 'n elektrisien.

Lekker lees.

Telanie

Link to comment
Share on other sites

Baie welkom hier op die forum. Ek dink jul maak die beste besluit om te kom. Ons bly in Perth en is n wonderlike plek om in te bly sonder berge en al. Sterkte met jul besluit :whome: Geniet die LSD trip as jul kom.

Groete Ursula.

Link to comment
Share on other sites

Baie dankie vir die goeie wense. Is besig om die forum van voor tot agter te bestudeer.

Groete

Richard & Helei

Baie welkom op die forum. Hier sal jy baie leer en jy asb vrae vrae. Hier op die forum is die mense baie behulpsaam en slim.

Ek weet hoe voel jy. Ek het ook nie genoeg punte gehad nie. Ek het toe so baie aansoeke weggestuur. Die meeste het weer terug gekom en omdat ek nie binne 'n week kon begin nie, belangstelling verloor het.

Jy moet nie moet opgee nie. Stuur soveel cv soos jy kan. Iemand sal wel julle sien. Kyk, vir Wilma. Sy het dit reg gekry.

As julle nou oz toe gaan reel gaan sien maatskappy, maar onthou om nie jou cv saam te neem nie. E- mail al die besonderhede en print dit by 'n internet kafee, omdat dit teen die wet is om jou cv saam met jou te neem op 'n vakansie visa.

Ek gaan volgende jaar in Sydney studeer.

Moet asb nie moet verloor nie. Julle dinge sal ook uitwerk.

Bly cv stuur met 'n goeie cover letter wat alles verduidelik hoe graag jy oz toe wil kom en dat julle self die koste sal dra ens.

STERKTE!!!

Link to comment
Share on other sites

Dankie Sonskyn.

Ons will definitief reel om maatskappye te sien einde November.

Is daar 'n groot prys verskil t.o.v. klas/studie gelde tussen SA en Oz?

Groete

Link to comment
Share on other sites

Join the conversation

You can post now and register later. If you have an account, sign in now to post with your account.

Guest
Reply to this topic...

×   Pasted as rich text.   Paste as plain text instead

  Only 75 emoji are allowed.

×   Your link has been automatically embedded.   Display as a link instead

×   Your previous content has been restored.   Clear editor

×   You cannot paste images directly. Upload or insert images from URL.

×
×
  • Create New...