Jump to content

Spesiaal vir iemand op die forum


Blossom

Recommended Posts

Weet nie of dit nog so is nie maar ons het lankal begin afwyk van die groot bord gekookte kos elke aand stiptelik om 5 uur. Die gekookte vleis, rys en aartappels met die vaalgekookte groen bone daarby is lankal nie meer deel van die moderne huisvrou se spyskaart nie.

Die rys is nou gegeur met vars kruie en allerhande speserye, die groente al dente en die vleis is vervang deur vis of hoender. Of dalk nuwe moderne varkvleis.

Sien gister in Foodland 'n promosie vir varkvleis, die dame laat my 'n stukkie proe. So sag en sappig! Sy het dit net in haar elektriese braaipan gebraai en ek belowe julle, dit was heerlik. Dis te kry in die yskas rak met 'n ligblou label op die verpakking.

Sit dit nou voor saam met bietjie appelsous, jong aartappeltjies en gestoomde veggies. Gooi sommer 'n pakkie kaassous oor die gestoomde veggies.

Of wat van hoenderstukkies met 'n pakkie dik wit uie sop oor en ook 'n pakkie appelkoos liquifruit en in die oond gebak saam met mash en slaai.

Vrydag aande maak ek gewoonlik geroosterde toebroodjies. Kaas, uie en tamatie. Bacon, egg and cheese, tuna of chicken mayonnaise of oorbly mince met chutney. Lekker, ek maak sommer hope vir my mense.

Daai souttert wat die rondte doen hier op die forum is 'n wenner saam met slaai vir Saterdae.

Sondae het ons gewoonlik gebraai maar as ek moeg word daarvoor kook ek groot. Lamsboud wat amper heeldag bak in die oond, blomkool met kaassous, aartappels met suurroom en poeding.

Vriendin, as jy nog idees wil he, laat net weet.

Lekker kos maak, jou man gaan vir jou ekstra lief wees! :)

Groete.

Link to comment
Share on other sites

  • 1 month later...

Waar koop 'n mens dik wit uie sop hier, ek het so veel resepte wat dik wit uie sop nodig het (die pakkie soort), ek het dit baie gebruik in suid afrika

Link to comment
Share on other sites

Bubbly, ek sou 'n hele klomp pakkies koop in SA, die wat jy graag gebruik, en pak dit in by jou kombuis goed. Dit is geseel en in Tupperware houers, kan nie 'n problem wees nie. Maar jy kan dit ook hier kry. :holy:

Link to comment
Share on other sites

Join the conversation

You can post now and register later. If you have an account, sign in now to post with your account.

Guest
Reply to this topic...

×   Pasted as rich text.   Paste as plain text instead

  Only 75 emoji are allowed.

×   Your link has been automatically embedded.   Display as a link instead

×   Your previous content has been restored.   Clear editor

×   You cannot paste images directly. Upload or insert images from URL.

×
×
  • Create New...