Jump to content

R30 000 skenking


Pixi

Recommended Posts

Hi julle. Ek is nie direk betrokke by die aangeleentheid maar het dit op goeie gesag gekry. Kortliks wat gebeur het: Boetman is bekend as 'n baie suksesvolle sakeman en het ook 'n baie ruim hart vir charities en dinge. So pak boetman op na Aus, gebruik al die gewone beskikbare allowances, het nog hope finansiele middele in SA en daar sien hy toe die gap met die R30 000 skenkings. Hy nader die plaaslike outehuis (wat maar finansieel swaar gebuk gaan)en bied hulle R3000 per oumens aan wat vir outehuis hom 'n ''skenking` maak. Hy glo in sy tiendes. Hy finansier natuurlik die skenkings, hulle moet net vorms teken. So sien die outehuis dit as 'n wonderlike uitkoms en hulle ken mos darem nou ook vir boetman wat deur die jare altyd 'n ruim hart gehad het. Dis net 'n wen-wen situasie vir almal en die outehuis loop met meer as R100 000 vir die fondsinsameling! Volgende jaar gaan ons weer so maak.

Maar net daar strike die popo die fan - die Ontvanger en die Reserwebank het mos wette - en hier is toe nou 'n hele klompie van die goed oortree. Eers wil hulle al die oumense ook aankla (nou kan jy jou die paranioa en vrees indink) . Met heelwat onderhandelinge seevier menslikheid en nou gaan dit skynbaar net Boetman wees wat die prys gaan betaal.

So die moral van die storie, daar word skynbaar gekyk na die skenkings en as dit 'n onwaarskynlike persoon is, word die vergrootglas uit gehaal. Maw wie anders as jou eie pa en ma is lief genoeg en ryk genoeg om vir jou sommer R30 000 te gee. Enige iemand kan die geld gee, maar dit word ondersoek. So trap maar versigtig.

Link to comment
Share on other sites

  • 2 weeks later...

Haai daar

"n Pel van my het so twee jaar terug ook 'n paar rand oorgestuur na sy baas in NZ se bankrekening [hy het nog 'n SA paspoort].

"n Paar van ons het almal die donasie strokies geteken en die geld het met geen probleme oor gegaan.

Jy mag mos net R30000 per persoon per jaar internationaal doneer - ek kan nie enige onwettighede daar sien nie..... Ek het mos net my bietjie gedoneer??

Groete

Johan

Link to comment
Share on other sites

Haai daar

"

Jy mag mos net R30000 per persoon per jaar internationaal doneer - ek kan nie enige onwettighede daar sien nie..... Ek het mos net my bietjie gedoneer??

Johan jys honderd% reg - jy mag jou eie geld gee vir wie jy wil - die sg bona fide skenkings. Maar as die baas in NZ agter die skenkings is - maklik om te bepaal met 'n paar vragies en insae in 'n paar bankstate - dan die volgende: lyk dit na 'n doelbewuste skema tot belastingontduiking. As hy of een van sy pelle eers aan julle die R30 000 geskenk het en dan het julle dit weer geskenk: vraag is het hy sy 20% skenkingsbelasting betaal op sy skenkings aan julle almal (dis tog sekerlik meer as sy jaarlikse 50 000 belastingvry). Maar inkomstebelastingwet bepaal - indien die skenker nie die skenkingsbelasting betaal is die ontvanger daarvoor verantwoordelik. Dis R6000 waarvoor jy verantwoordelik is. Dan kom art 61 en 76 wat bepaal dat jy 200 % addisionele belasting betaal as jy belasting op skenkings ontduik - so daar is jy nog vir R12000 verantwoordelik. En dan art 89 wat jou renteverpligtinge bepaal. So op die heel minste kan jy nou al finansieel verantwoordelik wees vir so R22,000. Dan nou nog die belastingontduiking - sou hulle bewind dit was 'n skematjie - dan is dit 'n krimenele oortreding . Dan wys daar op die police clearance certificate: tax evasion. So ja, hoop jou pel het dit so vir julle verduidelik en dat die risikotjie minimaal is teenoor jou vriendskap. :angry:

Dit is alles net van die inkomstebelastingwet af - hy dis die mak ene. Dan kom daar nog die ReserweBank se storie. Ek weet daars hope sulke skemas om vriende te help - maar al wat ek se: trap versigtig, die windhonde het nou daai veld begin ruik , moet asb nie julleself onnodig blootstel en dit vir ander mense.

Link to comment
Share on other sites

Join the conversation

You can post now and register later. If you have an account, sign in now to post with your account.

Guest
Reply to this topic...

×   Pasted as rich text.   Paste as plain text instead

  Only 75 emoji are allowed.

×   Your link has been automatically embedded.   Display as a link instead

×   Your previous content has been restored.   Clear editor

×   You cannot paste images directly. Upload or insert images from URL.

×
×
  • Create New...