Jump to content

Skole, aanpasbaarheid, ens.


Marinda N

Recommended Posts

Ons is in die proses van imigrasie na Oz. Dit lyk of ons in Ballarat, Victoria gaan op eindig. Soos almal maar is die kinders se toekoms die grootste oorweging.

Ek lees dat almal maar besorg is oor die aanpasbaarheid van die kinders, die huiswerk ens. Wat ek graag wil weet is of daar ouers is met ouer kinders. Want my kinders is 12 en 14 jaar oud en wil op hierdie stadium niks weet van oorgaan nie. Ek lees dat, almal wat sê hulle kinders het maklik aangepas redelik jonk is, bedoelende onder 10 jaar.

Ons was in die gelukkige posisie om in April '07 vakansie na Australia toe kon gaan vir vakansie en dit was 'n belewenis. As jy dus die kinders uitvra oor hulle vakansie in Oz, dan vertel hulle met groot entoesiasme van hulle vakansie. Maar as jy die woord imigreeg gebruik, skop hulle viervoet vas. Al wat ek kan dink is dat hulle onseker is om nou skool te gaan in Engels, maats, ens. Alhoewel hulle in 'n Afrikaanse skool is, bly ons in Durban en al hulle buitemuurse sport waar hulle aan klubs behoort is Engels. Hulle Engels volgens my is baie goed. Ek het ook by 'n vorige geleentheid gelees dat SA kinders besonder goed doen op skool daar in Oz. Is dit die algemene gevoel?

Ek sal bly wees as iemand my bietjie raad kan gee in die verband.

:ilikeit:

Link to comment
Share on other sites

Hi Marinda,

My kinders was ongeveer 9, 11 en 13 toe ons oorgekom het. Gelukkig vir ons was hulle redelik positief oor die immigrasie, behalwe die jongste een. My kinders is nie vreeslik ekstrovert nie, en is nie groot sportliefhebbers nie. Tog het hulle gou aangepas in Aus. Veral die oudste een. Ek vind dit was (en is nog steeds) makliker vir die kinders as vir myself.

Wees simpatiek met hulle gevoelens, maar moenie dat dit jou besuite beinvloed nie. Jy weet immers wat die beste vir hulle sal wees op die lange duur. Dit gaan moeilik wees die eerste rukkie, maar onthou dat die internet die wereld vreeslik klein maak. Kinders pas gouer aan as wat mens dink. Hulle tel ook die Engels en die aksent gou op, seker maar omdat hulle probeer inpas. Ek sukkel om my oudste te verstaan as hy Engels praat!

Uiteindelik is ons doel om hulle veilig en standvastig groot te maak. Almal van ons moet opofferings maak, kind en ouer. Hou moed, en doen wat jy glo is reg.

Groetnis,

Dreamy

Link to comment
Share on other sites

ons het laas jaar oorgekom , my kinders toe (dogter) 13 en Seun 14 jaar oud, my dogter het die heel eerste dag 100 % aangepas, sy is meer aussie as die aussie kinders self.

My seun het meer gesukkel, hy was glad nie ongelukkig nie, maar hy het langer gevat om deel te wees van die groep, maar van die begin van die jaar af, is hy net so deel van almal en alles

Link to comment
Share on other sites

ons het laas jaar oorgekom , my kinders toe (dogter) 13 en Seun 14 jaar oud, my dogter het die heel eerste dag 100 % aangepas, sy is meer aussie as die aussie kinders self.

My seun het meer gesukkel, hy was glad nie ongelukkig nie, maar hy het langer gevat om deel te wees van die groep, maar van die begin van die jaar af, is hy net so deel van almal en alles

Hi Dreamcatcher & Sadface,

Ek is so bly om 'n response van iemand te kry. (Ek het amper gedink dat ek die onmoontlike gevra het.) Ek waardeer dit regtig baie. ons het twee dogters van onderskeidelik 12 en 14jaar oud.

Ek vat dit maar dag vir dag en probeer nie te veel oor die onderwerp te praat nie. Maar met tye het ons nie 'n keuse nie. Ek het ook al uit verskeie oorde gehoor dat die kinders gewoonlik diè is wat die maklikste aanpas. So ek berus dan vereers daar by. Hulle doen op die oomblik swem op 'n kompeterende vlak, so ek wil hulle maar so gou moontlik by 'n klub inskryf. Ek voel dis iets waarin hulle gemaklik voel en wat hulle ken. Ek glo so sal hulle ook gou met kinders van hulle eie ouderdom in aanraking kom en dis iets wat hulle weet hoe om te doen (dus nie vreemd vir hulle in die vreemde nie).

Hoe ervaar julle die skole daar? Sukkel die kinders om aan te pas met die skoolwerk of is ons hier in donker Afrika darem min of meer op standaard?

Hulle het gemiddelde is nie te sleg nie. Die een (12 jaar) s'n is 78% en die ander een (14 jaar) is 93%. Maar dan moet ek bysê dat dit in Afrikaanse skole is. Hulle Engels op skool is baie goed, maar weereens moet ons in ag neem dat dit 'n tweede taal is.

Ek sien uit na julle terugvoer!

Groete,

Marinda

Link to comment
Share on other sites

Join the conversation

You can post now and register later. If you have an account, sign in now to post with your account.

Guest
Reply to this topic...

×   Pasted as rich text.   Paste as plain text instead

  Only 75 emoji are allowed.

×   Your link has been automatically embedded.   Display as a link instead

×   Your previous content has been restored.   Clear editor

×   You cannot paste images directly. Upload or insert images from URL.

×
×
  • Create New...