Jump to content

Skole in Brisbane - Julle idees asb.

Anton welgemoed

Recommended Posts

Hi almal!

Ons is in die proses en wag vir ons visums.Ek wil graag opinies hoor van mense in Brisbane oor skole asb:

1. Staat of privaat

2. Wat is die skoolfonds in OZ

3. Pas ons Afrikaanse kinders maklik aan.

4. Wat kan hulle doen om vinnig aan te pas?

My seuns is in Graad 7 en 9 in Pretoria skole.Bied hulle sport aan by die skole soos rugby of moet kinders by privaat klubs aansluit? Wanneer begin die skooljaar in Oz?

Alhoewel die seuns uitsien na die skuif is daar maar n mate van onsekerheid oor die nuwe wereld wat hulle sal moet hanteer. Ek hoor graag van julle.

Anton & Hester

Link to comment
Share on other sites

I am in Melbourne not Brisbane, so I can only answer some of your questions.

Sport is rarely offered at school, mostly played at club level. The school year starts around the beginning of February.

Link to comment
Share on other sites

Hi Anton

Ons is woonagtig op die Gold Coast. Ek het nog twee kinders op skool. n seun in Graad 9 en n dogter in Graad 11.

Hulle is in n Anglikaanse privaat skool met 1200 kinders van Childcare(1jaar)- Matriek.

Vir die twee kinders kos dit my om en by $11 000 per jaar.

Sport is baie belangrik. Daar is die swem en swem gala(Swimming Carnival) in somer en atletiek en cross country in die winter. Daarby ook neem hulle elke Woensdag middag deel van 3:10-5pm aan hulle somer en winter sport. My seun speel basketbal in die winter en sokker in die somer. My dogter speel sokker in die somer en "touch" in diue winter. Die skool speel Rugby Union en het n Eeste,tweede ens span.

Vrydaemiddae van 12nm-3:30 neem hulle deel teen die ander 9 kerkskole. Tydens klastyd het hulle ook n Physical Education program, en hulle probeer regtig die ouens aktief hou.

Omdat die skool so klein is is die sport eerder sosiaal as kompetatief. Die meeste kinders wat talent het be-oefen hulle sport dan op klub vlak.

In ons skool leer hulle ook die ouer kinders om te dans en kan my twee oudstes goed "jive".

Ek het gehoor dat sport in Staats Hoerskole nie baie aandag kry nie maar ek weet nie regtig nie.

As jou seuns REGTIG Rugby talent het, dan het ons in Brisbane Nudgee College. Dit is n seuns skool vergelykbaar met Hilton College, of selfs Boys High.-maar privaat.Enigste probleem-dis vrek duur. een kind as n day boy gaan jou omtrent $11 000-$12 000 per jaar uit die sak jaag.

My kinders het vinnig aangepas maar hulle was al drie in Engelse Skole in SA. Ons het egter menige Afrikaanse kinders hier en hulle pas baie vinniger aan as jy! Kinders is baie aanpasbaar. Die skole het ook "buddy" programme om nuwelinge te settle. Ozzie kinders is ook hoogs be-indruk met kinders wat5 n ander taal magtig is . Jy worry verniet!

Link to comment
Share on other sites

  • 2 weeks later...

Hallo Queensland Girl

Ek waardeer jou reaksie op my brief.Dit is presies wat ek wou geweet het en ek voel nou rustiger oor die saak.My seuns sien uit na die groot stap maar daar is maar n mate van onsekerheid by hulle wat seker normaal is. Gelukkig is my suster daar vir n backup.Hulle het in Januarie na Brisbane toe getrek van Sydney af. Dit is seker n voordeel om familie daar te he wat n mens kan help met die aanpassing.

Dankie

Anton

Link to comment
Share on other sites

Join the conversation

You can post now and register later. If you have an account, sign in now to post with your account.

Guest
Reply to this topic...

×   Pasted as rich text.   Paste as plain text instead

  Only 75 emoji are allowed.

×   Your link has been automatically embedded.   Display as a link instead

×   Your previous content has been restored.   Clear editor

×   You cannot paste images directly. Upload or insert images from URL.

×
×
  • Create New...