Jump to content

Maak Nuwe Vriende


Ozzie Girl Now

Recommended Posts

Ek is nou al 2 jaar en 4 maande hier in Australia en bly in die grootste inland dorpie (Wagga) en wil net graag my hulp en vriendskap aanbied. Ek weet hoe dit voel om in 'n vreemde land te kom bly en niemand te ken nie.

Ek en my man is baie stil mense wie hou van braai, maar die enigste ding is ons drink nie baie nie en glo my dit is baie moeilik en ek wil net almal laat weet wat hier in Australia kom bly, byt vas en hou moed dit is 'n baie eensame pad, maar die lewe hier is baie beter as in RSA. Wel dit is my ondervinding wat ek hier gehad het en glo my die maak die lewe nog moeiliker want my man se altyd hy wonder of dit 'n goeie idee was om oor te kom want in RSA was ons nie eensaam nie.

Ek het nou al darem 4 RSA families ontmoet hier (wat nie stuk up is nie) en ek hoor daar is omtrent 25 families hier, maar dit lyk my dat sodra mense oorkom na 'n ander land dan dink hulle anderste. B)

Groete tot later

KZNAussie

Link to comment
Share on other sites

Hi,

Dis jammer om te hoor dat dinge vir julle moeilik is. Ek hoop dat julle deur die forum meer vriende sal maak.

Ek was naief genoeg om te glo dat SAners hier in die vreemde maar net te bly sal wees om SA vriende te hê, maar dis nie my ondervinding nie. Almal is nou ook nie so nie, ons het 'n klomp goeie SA vriende gemaak. As jy aansluit by groepe en instansies wat jou waardes en norme ondersteun, sal jy vriende daar ontmoet wat by jou sal aanklank vind. Hier in Aus is so baie instansies waarby jy kan aansluit, ek dink byvoorbeeld aan die Kerk (natuurlik), die gym, Cancer Council, Red Cross, Volunteer Centre en nog vele meer. Gaan na jou plaaslike skool toe en vra of hulle hulp nodig het. Skole is tans so "understaffed" dis net nie waar nie. Ek verstaan dis moeilik as mens ietwat teruggetrokke is, maar soms moet mens maar net "bite the bullet".

Soos jy sê, dis nie maklik nie, maar dis darem lekker! Nes 'n toffie....

Groetnis,

Dreamy

Link to comment
Share on other sites

Hi,

Dankie vir wonderlike raad, ek het gelukkig werk gekry en so leer ek maar mense ken, ek werk vir 'n Doktor spreek kamers en ontmoet baie mense dit is net 'n jamerte dat die RSA mense nie wil vriende maak nie en natuurlik is ek betrokke by die kerk want sonder God is ons niks nie. :thumbdown:

Ek wil net hê dat ander RSA mense nie alleen moet voel nie en nie terug gaan nie BYT VAS!!!!!! alles sal reg kom dit vat net 'n rukkie. :hug:

KZNAussie

Hi,

Dis jammer om te hoor dat dinge vir julle moeilik is. Ek hoop dat julle deur die forum meer vriende sal maak.

Ek was naief genoeg om te glo dat SAners hier in die vreemde maar net te bly sal wees om SA vriende te hê, maar dis nie my ondervinding nie. Almal is nou ook nie so nie, ons het 'n klomp goeie SA vriende gemaak. As jy aansluit by groepe en instansies wat jou waardes en norme ondersteun, sal jy vriende daar ontmoet wat by jou sal aanklank vind. Hier in Aus is so baie instansies waarby jy kan aansluit, ek dink byvoorbeeld aan die Kerk (natuurlik), die gym, Cancer Council, Red Cross, Volunteer Centre en nog vele meer. Gaan na jou plaaslike skool toe en vra of hulle hulp nodig het. Skole is tans so "understaffed" dis net nie waar nie. Ek verstaan dis moeilik as mens ietwat teruggetrokke is, maar soms moet mens maar net "bite the bullet".

Soos jy sê, dis nie maklik nie, maar dis darem lekker! Nes 'n toffie....

Groetnis,

Dreamy

Link to comment
Share on other sites

KZNAussie

Eertens geluk met die 2jaar en paar maande. :ilikeit::ilikeit:

Ek is jammer dat die res van die SA so nors is. Hoopelik kom als reg. Ek weet 'n mens mis om net afrikaans te praat, iemand wat verstaan, iemand met dieselfde kultuur. Ek weet dit is baie moeilik. Jong, is daar nie 'n SA kerk daar naby jou nie.

Gelukkig het jy werk gekry. So, sal jy ook mense ontmoed. Anders moet jy maar vir ons skryf op die forum.

Ek dink aan jou en sal jou in my gebede hou.

Sterkte!!!!

:):):)

Link to comment
Share on other sites

Hi ek het vir jou n pm gestuur.

Groete Ursula x

Link to comment
Share on other sites

Geluk met die werk. Soos jy sê, dis jammer ons SAners is so bot. Dit maak my hart baie seer, maar ek is self soms so, en kan myself skop. Moeilik om jare se kondisionering af te lê, maar Aus is baie goeie medisyne. My Aussie vriende het my baie gehelp om my skilpad-dop af te skud :)

Die beste manier om vriende te maak, is om 'n vriend te wees. Jy's op die regte pad. Sterke!

Groetnis

Dreamy

Link to comment
Share on other sites

Eerstens nee daar is nie genoeg afrikaanse mense wat hier woon nie, almal trek of Brisbane of WA toe, ek wens partykeer dat daar was want ek mis die afrikaans baie. :ilikeit:

Ek stem saam met jou en ek is bly ek het van die forum gehoor van 'n ander Suid Afrikaner wat oorgekom het van NZ. Vriende is werd soos 'n pot vol goud. :(

Ek wil net BAIE DANKIE sê vir julle forum want sonder dit sou ek nie MANDY :( 'n afrikaanse Suid Afrikaner ontmoet het nie wat nou hier in Wagga kom bly het nie en sy is 'n baie, baie goeie vriendin :angry:

KZNAussie

Eertens geluk met die 2jaar en paar maande. :angry::o

Ek is jammer dat die res van die SA so nors is. Hoopelik kom als reg. Ek weet 'n mens mis om net afrikaans te praat, iemand wat verstaan, iemand met dieselfde kultuur. Ek weet dit is baie moeilik. Jong, is daar nie 'n SA kerk daar naby jou nie.

Gelukkig het jy werk gekry. So, sal jy ook mense ontmoed. Anders moet jy maar vir ons skryf op die forum.

Ek dink aan jou en sal jou in my gebede hou.

Sterkte!!!!

:):):)

Link to comment
Share on other sites

Join the conversation

You can post now and register later. If you have an account, sign in now to post with your account.

Guest
Reply to this topic...

×   Pasted as rich text.   Paste as plain text instead

  Only 75 emoji are allowed.

×   Your link has been automatically embedded.   Display as a link instead

×   Your previous content has been restored.   Clear editor

×   You cannot paste images directly. Upload or insert images from URL.

×
×
  • Create New...