Jump to content

Hello al die mense!


Herman du Plessis

Recommended Posts

Hello almal!

Herman, hier van Kempton park.

Ek is nog in die ondersoek stadium. Ek het gewonder of julle my miskien kan help met van my vraggies.

O ja, eers bietjie agtergrond.

Ek en my vrou het al so in die lug oor so iets gepraat (Om iewers anders te gaan bly), maar was nog altyd te lekker hier. Na 'n jaar se lekker en swoeg in Taiwan, was SA 'n lekker plek om na terug te keer.

In Gauteng gesettle. So bietjie ongelukkig gehad om werk vir my te kry, al het ek 'n B.Com (Ekonomie en Informatika) [Cum Laude] en Hons. Bank Risiko bestuur. Ek was bietjie te lig van kleur om eers 'n onderhoud in enige bank te kry. Nog geen probleem. Darem ander werkies gekry, maar wik en weeg, maar besluit om weer te swot.

B.Compt begin met die oog op CA, aangesien daar nog redelik werk vir CA's is ongeag van kleur.

So jaar gelede my eie Finansiele maatskappy begin en gaan nou heel goed.

Was heel gelukkig. Eie comp (Wat ek nog altyd wou he). Vrou werk by haar Pa, kry baie goeie salaris en is geseend om 11weke terug 'n seuntjie ryker te word.

Om lang storie korter te maak. Laas vrydag. 09:30 tel hulle my Elektrisie hek op, buig hom van sy spoor af. Loop na my huuder se woonstel. (Selfde perseel as my huis). skop sy deur oop en bind hom vas. Steel sy motor, selfoon en TV. Net bly ons was nie daar nie!!! Maar nou loer mens die heeltyd vir almal!

Gelukkig het niemand seergekry nie, maar nou. Gaan my omtrent +- R15 000 kos om nog sekuriteit by te sit. My vrou gaan oor 'n maand terug werk toe. Seun gaan by huis bly. :blink:

En ons is nou lekker paranoid na al die stories wat ons gehoor het. So daarom oorweeg ons dit nou.

Vragies -

Hoe lank neem die hele proses omtrent en wat kos dit?

Waar sal julle aanbeveel om te bly?

Sal ek en my vrou kan werk kry of eie besigheid begin? Ek - B.Com (Ekon&Infor), Hons (Bank risiko), B.Compt (2 vakke nodig om te voltooi)

Vrou - B.Cur (Verpleegster), maar uit haar beroep en verkoops bestuurder ondervinding.

Hoeveel sal ons kan maak en hoeveel het mens nodig?

Hoe gemaak met oumas en oupas wat agterbly van ons seun? :lol:

Mis mens SA?

Sou julle aanbeveel om eers te gaan kyk of mens daarvan hou?

Is daar 'n mark vir Finansiele maatskappy. (Boekhou, Belastings, Rekeningkundige dienste, Besigheid konsultasies ens)

Is die werk kultuur baie anders?

Enige ander informasie wat sal help met die besluit?

Sjoe 'n bekvol.

Hoop om gou van julle te hoor!

Herman- Kempton

Link to comment
Share on other sites

Dag,

Jong ek is baie jammer om die nuus te hoor. Ja, om SA te verlaat is baie hartseer, maar jou veiligheid is die belangrikste. Ek was onlangs in Perth gewees. Dit is waar die meeste SA bly. Dit is pragtig daar en al die SA help mekaar daar. Ek self wil nou Aus toe gaan. Genoeg gehad van die land. Ek weet ongelukkig nie so baie nie, maar gelukkig het jy en jou vrou baie goeie werk. So jy kan aansoek doen vir 'n skilled visa. Dit neem ongeveer so 6 - 12 maande.

Dit is 'n klomp papier werk, maar almal se dit is die moeite werd. Ek het gehoor van mense dat dit so tussen R10 000 en R 8000. kos. Dit hang van baie goed af. Die bedrae sluit agent by. Jy kan ook dit op jou eie doen.

oor ouma en oupa wat agter bly. Dis hoekom die meeste mense in Peth bly omdat dit die naaste is aan aus. Ja, jy mis sa baie. Die aus is nie soos die sa mense nie. Die klimaat is, maar wat baie mense doen is om by 'n afrkaanse kerk aan te sluit. Ek moet se was al orals in aus gewees, Melbourne by vir my die mooiste gedeelte van Aus, maar die weer is nie so lekker nie. Ek het kennis daar gehad en hulle is ook perth toe.Finansiele maatskappy. (Boekhou, Belastings, Rekeningkundige dienste, Besigheid konsultasies en) Jou werk is onder een van die skilled visa. Daar is 'n baie groot mark vir jou asook jou vrou se beroep. Daarom se ek julle het goeie werk.

Aus is nie so mooi soos SA nie, maar jou lewe is baie gemaklik. Daar is ook inbrake, maar nie naasten by soos in SA nie.

Aus is baie gemaklike mense, mal oor hulle sport, maar baie privaat mense. Ek kan nie dink wat om nog vir jou te vertel nie.

Ankie :blink:

Link to comment
Share on other sites

Hello almal!

Herman, hier van Kempton park.

Ek is nog in die ondersoek stadium. Ek het gewonder of julle my miskien kan help met van my vraggies.

O ja, eers bietjie agtergrond.

Ek en my vrou het al so in die lug oor so iets gepraat (Om iewers anders te gaan bly), maar was nog altyd te lekker hier. Na 'n jaar se lekker en swoeg in Taiwan, was SA 'n lekker plek om na terug te keer.

In Gauteng gesettle. So bietjie ongelukkig gehad om werk vir my te kry, al het ek 'n B.Com (Ekonomie en Informatika) [Cum Laude] en Hons. Bank Risiko bestuur. Ek was bietjie te lig van kleur om eers 'n onderhoud in enige bank te kry. Nog geen probleem. Darem ander werkies gekry, maar wik en weeg, maar besluit om weer te swot.

B.Compt begin met die oog op CA, aangesien daar nog redelik werk vir CA's is ongeag van kleur.

So jaar gelede my eie Finansiele maatskappy begin en gaan nou heel goed.

Was heel gelukkig. Eie comp (Wat ek nog altyd wou he). Vrou werk by haar Pa, kry baie goeie salaris en is geseend om 11weke terug 'n seuntjie ryker te word.

Om lang storie korter te maak. Laas vrydag. 09:30 tel hulle my Elektrisie hek op, buig hom van sy spoor af. Loop na my huuder se woonstel. (Selfde perseel as my huis). skop sy deur oop en bind hom vas. Steel sy motor, selfoon en TV. Net bly ons was nie daar nie!!! Maar nou loer mens die heeltyd vir almal!

Gelukkig het niemand seergekry nie, maar nou. Gaan my omtrent +- R15 000 kos om nog sekuriteit by te sit. My vrou gaan oor 'n maand terug werk toe. Seun gaan by huis bly. ;)

En ons is nou lekker paranoid na al die stories wat ons gehoor het. So daarom oorweeg ons dit nou.

Vragies -

Hoe lank neem die hele proses omtrent en wat kos dit?

Waar sal julle aanbeveel om te bly?

Sal ek en my vrou kan werk kry of eie besigheid begin? Ek - B.Com (Ekon&Infor), Hons (Bank risiko), B.Compt (2 vakke nodig om te voltooi)

Vrou - B.Cur (Verpleegster), maar uit haar beroep en verkoops bestuurder ondervinding.

Hoeveel sal ons kan maak en hoeveel het mens nodig?

Hoe gemaak met oumas en oupas wat agterbly van ons seun? :(

Mis mens SA?

Sou julle aanbeveel om eers te gaan kyk of mens daarvan hou?

Is daar 'n mark vir Finansiele maatskappy. (Boekhou, Belastings, Rekeningkundige dienste, Besigheid konsultasies ens)

Is die werk kultuur baie anders?

Enige ander informasie wat sal help met die besluit?

Sjoe 'n bekvol.

Hoop om gou van julle te hoor!

Herman- Kempton

hallo herman

dit is altyd hartseer om te hoor dat mense se "darm het daar niemand seer gekry nie" hulle was nie eers veronderstel om in n mens se huis te gewees het nie. dit wys n mens net hoe gewoond n mens al aan al die misdaad geword het.

ek en my man is nou al n jaar en half in au adelaide en ons dogtertjie is hier gebore sy is nou een. ons is baie gelukkig hier ons waarde van lewe het baie verander en ons geniet gesins lewe vreeslik . ons het vir ons nou fietse met n baba stoel gekoop en ry nou al langs die strand met ons ou baba heel veilig.

ek gaan nie vir jou jok nie om van jou mense af te wees is nie maklik nie maar as ek na die toekoms kyk wat my dogter het dan weet ek ons het die regte besluit geneem...

ek en my man is op n 457 visa hier en het laas maand ons papiere in gestuur.

wel groete vir julle en welkom

as daar ooit iets is waarmee ek kan help laat weet net

die van dyk's au

Link to comment
Share on other sites

hallo herman

Ons het reeds PR visas en gaan nou vir 'n LSD trip in Augustus.

Jy is welkom om my te PM vir meer vrae

Link to comment
Share on other sites

Vragies -

Hoe lank neem die hele proses omtrent en wat kos dit?

Waar sal julle aanbeveel om te bly?

Sal ek en my vrou kan werk kry of eie besigheid begin? Ek - B.Com (Ekon&Infor), Hons (Bank risiko), B.Compt (2 vakke nodig om te voltooi)

Vrou - B.Cur (Verpleegster), maar uit haar beroep en verkoops bestuurder ondervinding.

Hoeveel sal ons kan maak en hoeveel het mens nodig?

Hoe gemaak met oumas en oupas wat agterbly van ons seun? B)

Mis mens SA?

Sou julle aanbeveel om eers te gaan kyk of mens daarvan hou?

Is daar 'n mark vir Finansiele maatskappy. (Boekhou, Belastings, Rekeningkundige dienste, Besigheid konsultasies ens)

Is die werk kultuur baie anders?

Enige ander informasie wat sal help met die besluit?

Sjoe 'n bekvol.

Hoop om gou van julle te hoor!

Herman- Kempton

Hi Herman,

Welkom by die forum!

Eerstens is ek jammer om te hoor dat julle so 'n smakie van die crime gehad het. Ek wil jou egter net waarsku dat dit nie julle enigste oorweging moet wees om landuit te gaan nie. Dink baie mooi daaroor en maak 'n deurdagte besluit - ek sê net oor ek omgee. Dit is werlklik een van die grootste en belangrikste besluite wat julle ooit sal moet neem. Wees ook verseker dat dit hare op jou tande kos en baie daarvan!

Ok, nou dat die introductions klaar is kan ek van jou vra help antwoord:

Hoe lank neem die hele proses omtrent en wat kos dit?

Dit hang af vir watter visum jy aansoek doen. As jy met 'n sponsorship oorgaan kan dit vinniger gaan maar jy moet dan inelkgeval later aansoek doen vir Permanent residency wat ongeveer 'n jaar neem.

In essence, dit hang van jou tipe visum - kyk na visum opsies www.immig.gov.au

Waar sal julle aanbeveel om te bly?

Dit is personal preference. As julle kan, gaan kyk eers watter stede julle van hou. 'n LSD trip is altyd goed as mens dit kan bekostig.

Sal ek en my vrou kan werk kry of eie besigheid begin?

Julle sal nie 'n probleem met werk hê nie! Julle is altwee baie goed gekwalifiseer. Mens kan altyd begin met 'n werk, jouself settle en later na besigheids opsies kyk. As jy aansoek doen vir PR dan is dit om te gaan werk in jou betrokke veld. 'n Besigheids visa is 'n heel ander can of worms maar nie onmoontlik nie.

My man het 'n IT besigheid hier en gaan vir eers daar werk (ons het Permanent residency gekry) en gaan later weer sy besigheid begin.

Hoeveel sal ons kan maak en hoeveel het mens nodig?

Sal nie hierdie een kan antwoord nie maar daar is reeds baie info op die forum hieroor.

Hoe gemaak met oumas en oupas wat agterbly van ons seun?

Dit hang af waar die meerderheid van die oumas en oupas se kinders bly. As jy bv. 2 susters het wat in SA bly sal jy nie vir jou ouers kan aansoek doen om te gaan nie TENSY jou ouers volledig afhanklik van jou is (hulle het egter bewyse daarvan nodig). Ek is bv. die enigste kind en kan aansoek doen vir my ma om by ons aan te sluit wanneer ons 2 jaar daar is (kan eers na 2 jaar aansoek doen). My man het nog 2 susters in SA en sy ouers sal nie kan oorkom nie. Daar is ook visa opsies vir die ouers wat jy na kan kyk maar as hulle nie afhanklikes is nie kan jy nie vir hulle aansoek doen saam met jou gesin se aansoek nie - maak dit sin wat ek sê?

Mis mens SA?

Mens sal altyd jou geboorteland mis!

Sou julle aanbeveel om eers te gaan kyk of mens daarvan hou?

JA, as jy dit kan bekostig moet jy dit doen. Dit is TE groot besluit om dit ligtelik op te neem nie.

Is daar 'n mark vir Finansiele maatskappy

?? ek weet nie... maar hier sal iemand op die forum wees wat kan help

Is die werk kultuur baie anders?

Ja, ek dink so. Daar is baie dinge wat ooreenstem en ander wat heel anders is. Die Ozzies is ook baie gestel op "the right thing to do", ek vind dit anders as die Suid Afrikaners. Ons breek reëls net waar en hoe ons kan. Ek dink oor hierdie onderwerp alleen kan mens 'n hele boek skryf, dis nou die kultuur deel.

Stel dit so, ek kan verstaan hoekom Suid Afrikaners makliker daar aan pas as in ander plekke in die wêreld.

Laastens, maar nie die minste nie... dink maar net mooi en moenie 'n besluit neem uit vrees or woede teenoor jou land nie. Party mense doen 'n ding oor haastig, land aan daai kant en kan dan nie verstaan hoekom dinge nie soos hier lyk en is nie. Dit beinvloed 'n mens se hele lewe en jou kinders sin.

Ons het 'n paar jaar daaroor gepraat, baie gebid daaroor en het geweet toe die tyd reg is. Alles het sover baie goed uitgewerk. Hierdie land sal altyd deel van 'n mens wees, dis maar net in ons bloed. Maar jy en jou vrou moet gaan sit en dink wat julle vir julle eie en kind se toekoms wil hê.

Baie mense sê vir ons: as dit nie werk nie, kom terug. Maar dit sal ons finansieel en emosioneel breek. Ons het die besluit gemaak en moet dit maak werk.

Sterkte, dit is 'n baie groot besluit. Maar maak daardie besluit tussen jou en jou vrou. Moenie jou ore uitleen aan mense wat allerhande nonsens kwyt raak oor Australie oor hulle suur is mense gaan hier weg nie. Check eers die feite voordat jy glo as mense vir jou sê die Aussies se crime is erger, of al die Suid Afrikaners bly in karavaanparke want hulle sukkel om die mas op te kom (al sulke nonsens!).

Gaan kyk eerder self hoe dit daar lyk, en julle sal gou weet of dit vir julle sal werk.

Groete en weereens sterkte met die besluit

Link to comment
Share on other sites

Om by die Mulders aan te sluit.

Die Universe maak plek vir groei. Om van plek/ land te verander maak deel uit van die groei!

Oorweeg die opsies en dan -soos Nike se slogan se

Just Do It! :thumbdown:

Sterkte

Link to comment
Share on other sites

Hallo Herman

Al wat ek vir jou kan vertel is dat my Seun, Skoondogter en drie tienerseuns 22 Junie Sydney toe vertrek het. Ses weke later en behalwe vir die verlange is hulle baie baie positief oor alles. Die kinders het verlede week skool begin en hulle klink positief en dit lyk goed. Is nou 'n week in hulle huurhuis, kamp solank uit in die huis want hulle wag nog vir hulle huishoudelike goed om te arriveer. Hulle het reeds by mense gaan braai en kuier. Het gister na die Weslyan Kerk toe gegaan waar almal hulle met ope arms ontvang het en van die preekstoel voorgestel en verwelkom is. Begin nou die paaie beter ken, busse ens. Geniet Castle Towers (groot mall in Castle Hills). Die mense is baie vriendelik en kan nie genoeg vra om te help nie. Ek weet nie of almal dit so ervaar nie maar dit maak ons almal hier in Pretoria se harte baie bly en stel ons gerus. Alles word online bestel en dit werk. Twee dinge wat my seun onmiddellik ervaar het is die rustige en ordentlike manier wat almal werk toe ry. Niemand wat op die grond verbyjaar, indruk ens. Na jare sy ry Johannesburg toe en terug glo ek dit is hemels vir hom. Die ander is dat hy rustig kan slaap en nie wag dat iemand deur jou venster wil klim nie (hulle het dit 3 keer ervaar in SA). Sterkte met jou besluit maar as jy eers besluit het gaan voluit! Oupa en Ouma aan hierdie kant hanteer al hulle sake en is nog besig om hulle huis te probeer verkoop en ons sien uit na ons kuier by hulle in Desember!

Link to comment
Share on other sites

Hi julle almal!!

Baie, baie, baie dankie vir al die informasie sover! Het my alklaar baie laat dink :blush:

Is op hierdie stadium nog bietjie deurmekaar. Voel baie beter na die "crime" van 2 weke terug, maar is altyd so bang dat mens eers gaan wag totdat iets ernstig met jou gesin gebeur en dan is dit onodig laat.

Ek sal baie graag wou kyk hoe dit daar lyk, voor mens so groot besluit neem. Hoeveel moet mens ongeveer vir so trip begroot? Weet iemand.

Dankie vir julle almal wat my ook weer laat besef het dit is nie sommer 'n besluit wat mens oornag moet neem nie.

Kan enige iemand my miskien help met wat is nie so lekker van Australia nie?

Dankie julle!! :blink:

Link to comment
Share on other sites

Ek sal baie graag wou kyk hoe dit daar lyk, voor mens so groot besluit neem. Hoeveel moet mens ongeveer vir so trip begroot? Weet iemand.
Kan enige iemand my miskien help met wat is nie so lekker van Australia nie?

My somme vir twee:

Vliegkaartjies R20,000 - R25,000

Verblyf konserwatief vanaf R500 sonder etes

Begroot verder:

vir tussen stede vlieg

Motor transport per dag or publieke vervoer

Etes en ander

Ek skat niks onder R40,000.

Kan enige iemand my miskien help met wat is nie so lekker van Australia nie?

Ek kan nie antwoord nie want ons is nog hier in SA. Seker aan die begin is die verlange!

Link to comment
Share on other sites

Hi Herman

Ons gaan Desember met Etihad Airways Sydney toe. Dit is nie direk nie maar ons spaar ongeveer R4000 op 'n kaartjie. Elke kaartjie is ongeveer R9000 deur Flight Centre bespreek. Ons vlieg tot in Abu Dhabi, slaap oor (ingesluit by die kaartjie) en vlieg die volgende oggend verder. Met die terugkeer is daar ongeveer 2 ure se wag by Abu Dhabi. Die ander direkte kaartjies was met Quantas & SAA en dit was tussen R13000 en R14000.

Vlug is nogal lank van Abu Dhabi tot in Sydney maar ons ou twee afgetredenes het nie juis 'n keuse nie. Gelukkig bly ek by my kinders. Jou visa onkoste is R475 elk en dan nog adminkoste van ek dink R160.

Groete en sterkte!

Sue

Link to comment
Share on other sites

Herman jy moet asb skree as jul hulp soek met enige iets ok. Ons bly in Perth [Duncraig] As jy al op forum gesien of gelees het, het ons al mense gehelp bv. n ou het hier 3 weke gebly en n werk gekry in daai tyd in Sudney n [baie nice ou]'Halo Pieter' op n LSD tripes. Daar was ook n ou wat al amper n maand hier gebly het en al sy geld gebere en weg te sit om sy familie oor te bring anders dink ek nie hy sou dit kon doen nie. As jy moet begin geld uithaal vir kos en blyplek en vervoer ek bondels wasgoed was ag al's gaan dit n baie hektik bedrag wees. So skree as jul voel jul gaan daai besluit neem om te kom kyk. Kan jou ook dan dalk help.Ons was ook daar en het geen hulp nerens gekry nie so glo my dit help BAIE as jy iewers gehelp kan word deur iemand veral as jul alleen is en niks en niemand ken nie.

Groete Albert.

Edited by Allie&Urs
Link to comment
Share on other sites

Slingshot,

So rukkie terug het ons so discussion oor die nie so lekker nie gehad en die ene waaroor almal gekla het was die dem trollies by die supermarkte. Die flippen goed gaan waar hulle wil en jy moet so krap krap ager die ding aan!!!

Maar daar is anner klein goedjies wat ook 'n pessie is maar niks wat mens nie kan handle nie!

Lovies

Nilo

Link to comment
Share on other sites

ha ha nilo ja ek het al vergeet van die trollies ek is seker hulle al gewoond maar my man vloek gereeld oor hulle nog... ;)

Link to comment
Share on other sites

Join the conversation

You can post now and register later. If you have an account, sign in now to post with your account.

Guest
Reply to this topic...

×   Pasted as rich text.   Paste as plain text instead

  Only 75 emoji are allowed.

×   Your link has been automatically embedded.   Display as a link instead

×   Your previous content has been restored.   Clear editor

×   You cannot paste images directly. Upload or insert images from URL.

×
×
  • Create New...