Jump to content

Ons is hier! - Update!


Tania

Recommended Posts

Hi almal!

Ek en Swerwer is mos sedert 24 Mei 2007 hier! Ek het al so bietjie terugvoer gegee en gedag ek sal nou deel 2 van "Ons is hier!" aanpak.

In terugblik.....dit voel soos eeue gelede wat ons gevlieg het! Die tyd het ongelooflik gevlieg. Ons is nou presies 2 maande hier! Jariewe, handelei... B)

Container: Ons container het na 7 weke veilig aangekom. Dit was Krismis in die Ferreira's se huis. Die kinders het met blink oë die bokse bespring en uitgepak. Dis wonderlik, wonderlik, wonderlik om jou eie goodies weer om jou te hê en dis beslis elke sent die moeite werd!! Ons het geen skade gehad nie. Als was goed verpak. Customs en Quarantine het 3 "spot-checks" gedoen, was tevrede daarmee en het niks verder uitgepak nie. Die Removals Company sê dat hulle alles oorgepak het in 'n ander container en die bokse en inhoud wat hulle weet Quarantine sal wil sien voor probeer pak, sodat Customs nie alles deurmekaar maak nie!

Skool: Dit gaan baie goed met Markus (Year 3) en Naomi (Kindy) in die skool. Hulle het ongelooflik goed aangepas. Ek was voor ons gekom het baie bekommerd oor hulle. Maar ,.... soos van die ander forumiete ook gesê het.... die kinders pas ongelooflik maklik aan! Dis die reine waarheid. Dit is asof hulle net na 'n ander dorp getrek het. Hulle het goeie maatjies gemaak en was nog elke dag baie opgewonde om skool toe te gaan. Ek en Naomi leer natuurlik kliphard aan "ons" sounds en Markus doen smiddae ekstra Maths oefeninge.

Persoonlik dink ek dat SA-kiddies meer "gepamperlang" word as in Oz. Eenvoudige voorbeeld: die kinders in Oz moet byvoorbeeld self onthou om hul huiswerk wat hul vir die week op Maandae kry weer op Vrydae in te gee, die juffrou vra nie daarvoor nie, dis jou eie verantwoordelikheid om dit in te gee. My ervaring van die Oz kinders is dat hul 'n baie "volwasse" gesprek met jou kan voer. Maar...dit is bloot my ondervinding en nie die reël nie!

Heini geniet die publieke vervoer werk toe, maar tot sy "ontsteltenis" (sê hy) ;) moes hy sy bus met 56 skoolgaande tiener giggelende meisies begin deel. Kom ek verduidelik.... hy was gewoonlik die enigste outjie op die bus oppad stasie toe en op 'n dag ry 'n klomp jillende kwetterende tiener meisies saam met hom. Hy het aanvanklik gedink hulle gaan net op 'n uistappie vir die dag. Maar.....hulle ry nou al die afgelope week saam met hom en dit vat hulle omtrent 5 - 7minute net om af te klim, soveel so....dat hy sy trein verpas en vir die volgende een moet wag. (Hulle het darem vir "oom" Heini 'n sitplek aangebied vanoggend) :P So nou is hy op operasie bus soek sonder jillende skoolmeisies..... dink tog maar aan hom. :D

Die Weer: Dit was die afgelope 2 maande VREK koud vir my. Ek het net-net omgedraai by polse afbyt sake, oordat ek so koud kry.... toe breek die week aan....waar ons weer aansienlik beter is! Dit was vandag 'n heerlike sonnige dag waar ek vir die eerste keer in 'n baie lang tyd net 1 warmding hoef aangetrek het!

Die Shops: Hmmm.... hier is 'n heerlike verskeidenheid vir elke "mood". Ek loop al in Castle Towers rond soos 'n wafferse "pro", sonder om 'n halfuur lank na my uitgang te soek. Die trollies bly egter maar 'n probleem. Ek begin al permanent soos 'n krap loop.... jy moet....om die trollie van punt A na punt B te kry!!

Ek geniet die geselsies wat ek met die mense by die betaalpunte ('till) aanknoop natuurlik baie! Hulle maak actually oogkontak met jou en kan 'n ordentlike gesprek met jou voer. Ons ruil natuurlik gereeld notas uit oor die verskillende produkte, wat werk en wat nie.... ;)

Die Roundabouts en paaie: Ek en Sylvia (die GPS) het al dik pelle geword, ek kan haar al 'n ding of twee vertel van 'n beter pad en soms ignoreer ek haar terwyl sy uitroep: "Perform a U-turn when possible...Perform a U-turn....) - dan druk ek haar keel toe met 'n enkele knoppie. Lekkerrrr Ek skuur die hele wêreld vol en ry om die round-a-bouts met selfvertroue en bravade!!

Die parke: Man... dis heerlik!! My kinders geniet hul gate uit in die parke. Die parke is skoon en word goed onderhou. Ons bly stap afstand van Cumberland State Forest en wat 'n fees!! Sondae stap ons eers gou Forest toe....haal diep asem.... drink 'n koffie en luister na goeie quitar musiek. Daar is 'n omie wat die mooiste quitar musiek speel. Hy pick ongelooflik goed. Die eetplek daar maak die lekkerste flat white coffee! Yum-yum :ilikeit:

Die hart: Ek praat amper elke dag met my ma en sus via Skype! Dit maak die verlange sommer baie meer draaglik. Soms kry ek 'n dag waar die trane net wil rol, maar..... soos hulle sê..... die son sal more wel weer skyn. Tip: maak seker jou familie in SA met wie jy wil kommunikeer se rekenaar is mobiel vir skype, als is opgestel en reg. ......sodat julle net kan wegspring en chat.

In oorsig......

Hierdie is die beste skuif wat ons gemaak het. As jy eers hierdie tipe vryheid "geproe" het, ruil jy dit vir niks in die wêreld nie! Ek voel soos 'n :D

Groete van huis tot huis

Tania

Link to comment
Share on other sites

Tania

Geniet elke oomblik! Is sommer jaloers as ek hoor hoe jul die parke geniet. Is bly saam met jou dat jou kinders so goed aangepas het.

Laat weer van jou hoor en skryf sommer oor alledaagse goed - jy weet mos as mens nog in SA is dan wonder mens oor die alledaagse klein goedjies daar in Australië.

Link to comment
Share on other sites

Hi Tania

Dankie vir jou post. Ek is bly dit gaan goed met julle en dat julle dit geniet. :ilikeit:

Ek lees gereeld Swerwer se blog en ek vind dit baie leersaam en interesant. Sê vir hom thanks hy moet asb aanhou skryf van al julle ervarings daar.

Wens ek was ook al in Australia, maar hoopelik een van die dae.

"ENJOY"

Cheers vir eers

Sheila2Oz

Link to comment
Share on other sites

Hi Tania,

Dis so lekker om te hoor hoe goed dit met julle gaan. Ek is veral bly om te hoor die kinders pas goed aan, ek worry my vrek oor my twee, so hou ons asb. veral op hoogte oor hulle vordering.

Dit klink of jy 'n royal tyd het met exploring, ek raak sommer groen. Sien uit na jou volgende post.

Groete

Lindie

Link to comment
Share on other sites

Die Roundabouts en paaie: Ek en Sylvia (die GPS) het al dik pelle geword, ek kan haar al 'n ding of twee vertel van 'n beter pad en soms ignoreer ek haar terwyl sy uitroep: "Perform a U-turn when possible...Perform a U-turn....) - dan druk ek haar keel toe met 'n enkele knoppie. Lekkerrrr Ek skuur die hele wêreld vol en ry om die round-a-bouts met selfvertroue en bravade!!

Hi Tania

Kan jy vir my asseblief verduidelik wat 'n GPS is - klink baie interessant...? Help dit met (directions) terwyl jy bestuur? (verskoon my afrikaans, ek is eintlik engels-sprekend en ek het so lank laas afrikaans geskryf - ek weet nie of my "spelling" correct is!!!)

Mary

Link to comment
Share on other sites

Hi Swerwer familie :D

Ek is so bly om te hoor dat dit goed gaan en dat julle dit geniet. Ons aansoek is amper oppad (kan jy glo....dis moeiliker om dokumente uit my man uit te kry as uit binnelandse sake!!! - wag nogsteeds vir hom om work references te kry!!! - ek is sommer :whome: vir hom!!

Baie dankie weereens vir die IELTS pack wat ons by jul kon kry, het baie gehelp, ons is altwee baie goed deur!! 2 ander couples het ook nou al daarby gebaat.

Wel dan, geniet dit daar....ons is jaloers...hoop maar 'n werksoffer kom deur...kan nie sien hoe ons nog 15 - 20 maande gaan wag vir ons visa nie!! :ilikeit:

Groete

Frenchy ;)

Link to comment
Share on other sites

Kan jy vir my asseblief verduidelik wat 'n GPS is - klink baie interessant...? Help dit met (directions) terwyl jy bestuur? (verskoon my afrikaans, ek is eintlik engels-sprekend en ek het so lank laas afrikaans geskryf - ek weet nie of my "spelling" correct is!!!)

Mary

Hi Mary

The GPS (Global Positioning System) is a tool you use to navigate you to a certain position. Yup, is does actually talk to you by giving you directions, but it does not answer you back when you ask a question :ilikeit: We've got the so-called Navman, you can view the map as you go and then "she" will give you directions. It works in conjunction with satelites. (I am not an IT person, so I really hope I've explained it correctly, maybe one of the IT-Guru's can give you a view pointers)

Regards

Tania

****

Dankie aan almal vir jul reply's. Ek hou jul op hoogte. Sterkte met jul aansoeke en ek hou styf duim vas dat dinge sommer vlot verloop.

Ffenchy - ek is bly om te hoor dit het goed gegaan met die IELTS toets!

Groete van huis tot huis

Tania

Edited by Tania
Link to comment
Share on other sites

Hi Tania

Ek is bly om te hoor dit gaan goed met julle almal :D Ja nee, Castle Towers is amazing :)

Ek stem saam met jou oor die koue, en dis 'n anderster tipe koue, wat ek nie kan verduidelik nie.

Sien uit om julle nog te ontmoet eendag :)

Link to comment
Share on other sites

So gepraat van Checkouts by die supermark. My dogter werk in Coles na skool en sy se sy lag altyd so lekker as die mense in die tou Afrikaans gesels en as hulle by haar kom dan groet sy hulle in Afrikaans.

Die een vrou het haar sommer gesoen!

Link to comment
Share on other sites

Join the conversation

You can post now and register later. If you have an account, sign in now to post with your account.

Guest
Reply to this topic...

×   Pasted as rich text.   Paste as plain text instead

  Only 75 emoji are allowed.

×   Your link has been automatically embedded.   Display as a link instead

×   Your previous content has been restored.   Clear editor

×   You cannot paste images directly. Upload or insert images from URL.

×
×
  • Create New...