Jump to content

Tastic Rys is beskikbaar in Aus


Riekie

Recommended Posts

Soveel mense het al teenoor my gekla oor die rys in Aus, dat ek dit my plig voel as mede-ex-RSAner om die nuus te versprei aan almal wat nog nie weet nie : Tastic rys is wel in Aus beskikbaar - die verpakking lyk net heeltemal anders en as mens nie weet waarvoor om te kyk nie, sal jy dit maklik miskyk! Dit proe ook PRESIES dieselfde as die Tastic wat ons almal ken! Coles & Woolworths hou dit aan - nie almal nie, en ook nie altyd nie, so as jy kry, koop sommer 8 (bêre dit in die vrieskas dan hou dit langer). :ilikeit:

Link to comment
Share on other sites

Guest Jules

Thanks Riekie :ilikeit:

I wasn't aware that it's available. I haven't seen it at our local Woolies :ilikeit: but I'll start looking at other branches from now on. At the moment I am using Uncle Ben's which is the best brand I have tasted here so far.

Julie :)

Link to comment
Share on other sites

Dankie, dankie, dankie

Ek mis die Tastic ontsaglik!! Het dit nog nie in ons Woollies gesien nie, maar gaan onmiddelik begin om by elk een te kyk totdat ek kry. :ilikeit:

Link to comment
Share on other sites

Tx for that Riekie

All the Saffies I know in Aus complain about the rice and how difficult it is to cook (apart from my S-I-L who couldn't cook good old tastic and who loves the Aus rice) I'll pass on the good news....

CL

Link to comment
Share on other sites

Dankie Riekie, sal my navy blue eye oop hou vir dit... Dan sal my man weer rys eet. :ilikeit:

Link to comment
Share on other sites

If your local Wollies or Coles don't stock it, you can ask that they do.

It is actually imported from Thailand by Riviana Foods (5 Corporate Ave, Rowville, VIC 3178). And I thought Tastic was South African! :ilikeit: (Then again, where are the rice fields?.......)

Link to comment
Share on other sites

Jippiiieeee!!! Dank die Liewe Vader want ons kan net eenvoudig nie meer rys eet wat soos pap lyk nie. Jules, where in Brisbane did you find the Tastic rice?

Link to comment
Share on other sites

Guest Jules

Hi Rialet B)

I actually found it in Beaudesert Coles. There's no Coles here in Jimboomba, just Woolworths, and they don't stock it. I had to go through to Beaudesert today to do a few things so I did a bit of shopping there too. Found some Mrs Balls Chutney too would you believe? Things are looking up :P:)

I'm sure if they have it there, then they will have it at other Coles around Brisbane.

Julie :o

Link to comment
Share on other sites

Dames, gun my die geleentheid om 'n ietsie oor rys kwyt te raak. Ek wou teen die mure uitklouter omdat ek nie Tastic in my hoekie van die VSA kon kry nie! :angry:

Rialet het gemeld dat dit soos pap lyk - inderdaad! Ek het my lot op SAUSA bekla en mettertyd wyser geraak.

Dit is daardie kleinerige, amperse vet ryskorrel wat die moeilikheid veroorsaak. Hoe langer die korrel, hoe minder lymerig is die kooksel. Ek verwys nou na wit rys. En dan, was die korrels af voordat jy dit kook.

Giet koue (of effe louwarm) water bo-oor die rys en roer dit lekker met jou vingers. Die water sal melkerig raak. Gooi af. Tap nuwe water op. Roer weer. Melkerig. Gooi af, ens. Herhaal totdat die water op die rys skoon bly - gewoonlik ná so vier keer se spoel. Gooi af.

Verplaas nou die rys na die pot waarin dit gekook gaan word en gooi die korrekte hoeveelheid water op. Voeg 'n lekseltjie magarien by en sout na smaak - 'n blokkie vleisekstrak doen ook wondere vir die kooksel.

Laat dit nou vir ten minste 10 tot 15 minute in daardie water week voordat die kookproses begin word.

'n Tweede geheimpie: Soek vir enige "par-boiled" (voorafgekookte) rys - nie die kits soort in boksies nie. Gewone, droë, wit en langkorrel rys in 'n sakkie. Dit werk soos 'n bom, want dit is presies die beginsel waarop Tastic werk - soos gesien op die foto van vroeër.

Hoop dit help.

Edited by Janneman
Link to comment
Share on other sites

Janneman, jy klink vir my na 'n vrou se droom - 'n man wat handig is in die kombuis! Ek glo nie eers my man WEET mens kry verskillende tipes rys nie! Die een poging wat hy jare terug aangewend het om rys gaar te maak (in die mikrogolfoond nogal - het nie kans gesien om dit op die stoof te waag nie) het hy my tupperware bak SO afgeskryf - die ryskorrels sit nou nog daarin vasgesmelt!! En eintlik wou hy my net so 'n bietjie bederf....... Van toe af, as ek skimp ek is nie lus vir kosmaak nie, kry ek Mc Donalds!! :angry:

Link to comment
Share on other sites

Dankie, Janneman!! Klink wel soos 'n major ritueel en as ek hierdie ding moet doen na elke dag se 10 ure op kantoor dan loop soek ek maar Tastic but if all else fails, weet ek nou wat om te doen.

Groete

Rialet

Link to comment
Share on other sites

Tien ure op kantoor, Rialet? <_< Genade maar jy werk hard! Jy sal beslis vir manlief moet leer hoe om die kookjoppies te doen. :angry:

Riekie, ek het ook nie veel geweet nie, maar omdat my VSA-visum my verbied om te werk, hou ek my besig met huishouding en leer soos ek aangaan. My gesin eet elke aand gekookte kos en het nog nie in die hospitaal beland nie... :whome:

Net ter verduideliking oor visums: Slegs een lid van die huishouding kry 'n werkpermit, 'n H1B-visum - my vrou in ons geval. Die ander gesinslede kry H4-visums wat hulle toelaat om te woon en studeer, maar nie 'n inkomste te genereer nie. Sou ek dus probeer om 'n inkomste te genereer kan ek gedeporteer word. Permanente verblyfreg (Groenkaarte) kan/sal dié situasie egter verander.

En soos ek in 'n ander "thread" gesê het: Ek is nou Mr Mom en weet daarom meer van kosmaak af as baie ander mans. :whome:

Link to comment
Share on other sites

Tien ure op kantoor, Rialet? :holy: Genade maar jy werk hard! Jy sal beslis vir manlief moet leer hoe om die kookjoppies te doen. :holy:

Riekie, ek het ook nie veel geweet nie, maar omdat my VSA-visum my verbied om te werk, hou ek my besig met huishouding en leer soos ek aangaan. My gesin eet elke aand gekookte kos en het nog nie in die hospitaal beland nie... :lol:

Net ter verduideliking oor visums: Slegs een lid van die huishouding kry 'n werkpermit, 'n H1B-visum - my vrou in ons geval. Die ander gesinslede kry H4-visums wat hulle toelaat om te woon en studeer, maar nie 'n inkomste te genereer nie. Sou ek dus probeer om 'n inkomste te genereer kan ek gedeporteer word. Permanente verblyfreg (Groenkaarte) kan/sal dié situasie egter verander.

En soos ek in 'n ander "thread" gesê het: Ek is nou Mr Mom en weet daarom meer van kosmaak af as baie ander mans. :)

Wonder of Janneman van sy resepte met ons gaan deel :angry::blink:<_<:blink::whome::ph34r::whome:

Link to comment
Share on other sites

Ek sal graag van die resepte wil deel. Ek bak 'n lekker Amish-witbrood en my vrou is al bekend hier onder ons vriende vir haar mieliebrood. Dan rooster ek ook 'n lipleklekker varkribbetjie in die oond... eersdaags plaas ek die resepte in Home & Hearth.

Link to comment
Share on other sites

Ek is sommer nou honger!

As jy 'n mieliebrood resep het wat WERK, sal ek ook belangstel - ek het

nog nie een resep gebak wat nie totaal en al uitmekaar voeter as dit uit

die pan kom nie!

Ek sien uit na al daai resepte in Home & Hearth - veral aangesien dit

uit die Janneman toetskombuis kom! :D

Link to comment
Share on other sites

Jip - ek sal jou kontak details vir my man moet deurgee, want ons eet gewoonlik eers teen 20h30 in die aande as dit goed gaan en daar is geen major dramas vooraf nie. Gisteraand het ons albei uit idees gehardloop en toe maar gesettle vir brood, kaas en 'n glas wyn. Voel net sleg as die kinders nie ordentlike kookkos kry nie - hulle sê al hoeka hulle mis Magret (ons getroue bediende in SA) en ek hoef nie te vra hoekom nie!!!

Rialet

Link to comment
Share on other sites

Hi Riekie,

Lekker warm miellie brood... mnnmm... sorry... ek het juis so 'n lus vir miellie brood gehad maar het net 'n blik pit miellies gehad, en toe laas naweek het ek gewone brood deeg gemaak dit laat rys, en toe die pitte deur gemeng... brood gebak en toe het ek wit brood met miellie pitte, nogal lekker al moet ek self sê! :D

Ek het so 'n ruk terug hierdie resep op http://www.funkymunky.co.za/bread.html raak gelees, ek het dit nog nie probeer nie, maar dit klink soos die een mat my ma altyd gebak het!

Mealie Bread (Sweetcorn Bread)

Ingredients

3 cups white flour

5 teaspoons white sugar

1 teaspoon salt

5g instant dried yeast (or half a packet)

½ cup fresh yellow sweetcorn (cut off the cob)

1 cup of lukewarm water

Method 1. Mix all ingredients together in a large mixing bowl, until it forms a dough, taking care to add the water slowly at the end so it doesn't become too wet. Knead for only one minute.

2. Put into a greased 20cm (8") loaf tin and leave in a warm place covered with a damp tea towel for about 1 hour, or until double in size.

3. Then place in a preheated oven (180ºC) for about 1 hour, or until golden brown.

Lekker naweek!

Danie

Link to comment
Share on other sites

Thanks, ek sal hom probeer.! :D

Link to comment
Share on other sites

Ek het finally 'n Coles hier by ons gekry wat dit verkoop. Kos ma $2.10 hierso teenoor die genuine Tastic wat ek by die SA shop koop vir 'n kg so $3.50. Het ook Appletiser/Grapetiser daar gekry!! :ilikeit:

Link to comment
Share on other sites

Join the conversation

You can post now and register later. If you have an account, sign in now to post with your account.

Guest
Reply to this topic...

×   Pasted as rich text.   Paste as plain text instead

  Only 75 emoji are allowed.

×   Your link has been automatically embedded.   Display as a link instead

×   Your previous content has been restored.   Clear editor

×   You cannot paste images directly. Upload or insert images from URL.

×
×
  • Create New...