Jump to content

Help


Louis

Recommended Posts

Hi Dax

Dankie vir die inligting. Weet jy of ek ook 'n klaringsertifikaat by die RSA Departement van verdediging moet kry. Ek het na Goudstad Oudthoorn toe gegaan vir offisiersopleiding (sonder keuse) en was luitenant gewees - maar dit is darem nou al26 jaar terug gewees! Weet nie of jy die vorige post gekry het nie. Jurgens Esterhuizen se broer Andre is adjunk by 'n buurskool en vir Theo Gouws sien ek so een keer 'n jaar as ons teen Impala rugby speel waar hy ook adjunk is. Van die ander ouens van ons tyd hoor en sien ek min. Zack du Plessis (dagstudent op GOK) het so 'n rukkie hier by my skool gehou maar kon nie die pas volhou nie en sit nou kombuiskaste in.

Groete

Louis

Link to comment
Share on other sites

Hi Dax

Dankie vir die inligting. Weet jy of ek ook 'n klaringsertifikaat by die RSA Departement van verdediging moet kry. Ek het na Goudstad Oudthoorn toe gegaan vir offisiersopleiding (sonder keuse) en was luitenant gewees - maar dit is darem nou al26 jaar terug gewees! Weet nie of jy die vorige post gekry het nie. Jurgens Esterhuizen se broer Andre is adjunk by 'n buurskool en vir Theo Gouws sien ek so een keer 'n jaar as ons teen Impala rugby speel waar hy ook adjunk is. Van die ander ouens van ons tyd hoor en sien ek min. Zack du Plessis (dagstudent op GOK) het so 'n rukkie hier by my skool gehou maar kon nie die pas volhou nie en sit nou kombuiskaste in.

Groete

Louis

Ja, Jy sal ‘n klarings brief moet kry by Verdediging. Om een of ander rede will Oz Immigrasie dit he. WAAROM is vir myduister. Daar was onlangs ‘n thread iewers hier op die forums met kontak besonderhede by Verdediging spesiaal vir klarings briewe.

Ek was in dieselfde bootjie. Lyk my omtrent hefte van ons Majuba-Perde was een of ander tyd deur ‘n “Loet” kursus. Ek het myne op kampe gedoen – dit klink seker snaaks, maar virmy was dit: “it seemed like a good idea at the time.” :(

Ja-nee ek het die res van jou PM gekry. :ilikeit:

Het jy gehoor Ertjies Bezuidenhout is ook oorlede? Hy het glo verongeluk omtrent ‘n klipgooi van waar ek in Pietermaritzburg gewoon het.

Groete,

Dax

Link to comment
Share on other sites

Dax

Ek het gehoor van Ertjies.:thumbdown: Ons gaan nou deur daardie moedelose stadium. Wag vir al die klaringserifikate en dinge maar weet nie of dit "hond haar af" gaan maak nie. Ek het nou al vir 9 hoofposte aansoek gedoen en hoop maar vir die beste. Gelukkig is die AU onderwysdept. op die bol want in elke geval het ek darem binne 'n dag 'n e-pos gekry waarin hulle ontvangs erken. Hier in Suid Afrika is sulke vinnige terugvoer iets ongehoords.

My vrou is baie bekommerd. Ons dogter is nou maar 2 maande swanger en dit kompliseer baie dinge. Blykbaar mag sy nie gaan vir die x-straal gedeelte van die mediese toetse nie aangesien dit die fetus negatief kan beïnvloed. As ek so bietjie op die forum lees dan klink dit vir my dat indien die kind in Suid Afrika gebore word dat die hele proses vir ook die baba van vooraf begin sal moet word. Het jy of enigeen anders op die forum miskien raad of voorstelle.

Indien ons kan oorgaan Aus toe voor die baba se geboorte gaan die DECS haar 'n onderwyspos kan aanbied al is sy swanger?

Hoe word die baba se burgerskap beïnvloed indien die baba in Aus gebore word terwyl my dogter net daar is by iemand - kwansuis op vakansie is?

My seun studeer aan die einde van 2007 af - gaan hy vinnig 'n onderwyspos daar kan kry?

My dogter is al 3 jaar in die onderwys en getroud. Moet sy apart van ons aansoek doen of gaan sy toegelaat word om saam met ons oor te kom?

Vir eers sou ons as familie (ek, vrou, seun, dogter en skoonseun) maar naby aan mekaar wou woon - dink jy daar gaan soveel onderwysposte naby aan mekaar wees?

My skoonseun het net matriek en geen verdere akademiese kwalifikasies nie - hy is al vir 8 jaar lank 'n verteenwoordiger (rep) en lewer voorraad aan skole se snoepwinkels. Mag hy onmiddelik begin werk indien ons oorkom of is daar 'n wagperiode?

Ek dink jy sal opmerk dat ons maar baie onseker is en dat daar soveel vrae is dat ek soms wonder of ons dit gaan maak.

Dankie vir jou moeite - ek stem saam met Suidwes - die land het en is besig om die room van sy mense te verloor.

Link to comment
Share on other sites

Dagse Louis,

Jou dogter sal op haar eie moet aansoek doen vir ‘n visa on te emmigreer. In haar en haar man se geval sal sy die “principal applicant” moet wees, ek glo nie jou skoonsen sal met sy kwaklifikasies/ondervinding geholpe raak met ‘n visa nie. Ek stel voor dat jou dogter aansoek doen vir die Skilled Independent Class 136 visa. Met daardie visa sal sy kan werk sodar sy hier aanland, en haar man kan ook dadelik begin werk in enige werk wat hy kan vind. Veral aan die begin sal hy dalk basies enigiets moet gryp wat hy kan.

Ek vermoed die visa wat DECS jou mee sal sponsor indien jy suksesvol is, is die Skilled Independent Class 137.

Gebruik die link wat ek hieronder gepos het, dit lei na links vir daardie tipes visas.

Ek vermoed dat jou dogter se baba sal beskou word as ‘n RSA burger indien dit hier gebore word. So ‘n situasie is egter onwaarskynlik, aangesien die proses vir die 136 visa ongeveer 12 – 24 maande neem tussen “lodging” en die oomblik wanneer jy die groen lig kry.

Indien jou seun gekwaifiseerd is teen die tyd dat julle hier aankom sal hy kan registreer en begin aansoek doen vir poste, of inval as ‘n Temporary Relief Teacher (TRT). Ek vermoed hy kan nog onder jou aansoek val aangesien hy nog van jou afhanklik is, maar indien ny gewalifiseerd is teen die tyd wanneer jy ‘nn pos kry, sal hy ook vir ‘n 136 moet aansoek doen. (Miskien is dit die beste dat hy dalk sekf nou al vir een aansoek begin doen, en jou dogter ook – ‘n mens weet nie hoe dit met jou aansoek sal verloop nie, jy mag dalk gou geholpe raak of dit mag dalk langer neem.)

Om tebepaal op julle as gesinslede naby mekaar sal kan woon is moeilik. Dit hang af van faktore soos waar poste beskikbaar is assook waar julle sal probeer om poste te kry. Die maklikse om redelik gou met veral permanente poste gehople te raak is on vir eers in die platteland te gaan skool hou. Byvoorbeeld indien jy ‘n pos kry in ‘n plek soos Renmark, dan is daar ‘n hele aantal naburige dorpe soos Loxton, Berri, Barmera ens waar daar dalk ook poste kan wees vir jou kinders indien hulle nie ook poste in Renmark kan kry nie. Hulle soek dkiweks na mense om Permanente TRT’s te wees in die platteland. Sulke onnies is gewoonlik by ‘n spesifieke skool gestasioneer, maar hulle bedien ‘n area van sowat 50 – 80 km om hulle hoofwartier. (DECS betaal hulle reiskostes, sover ek weet.)

PM ook vir Fiona en Mara hier op die forums vir verdere inligting kry oor die aansoek proses, hulle het baie kennis oor hierdie soor sake en probleme.

Skilled Visa Classes

Groete,

Dax

Link to comment
Share on other sites

  • 4 weeks later...

Dax

Ek is redelik moedeloos. Lyk my nie of ek aanbiedinge vanaf die DECS se kant gaan kry nie. Ek het vir omtrent 16 poste aansoek gedoen en is al die gevalle nie eers op 'n kortlys geplaas nie- neem ook die "selection panels" nie kwalik nie aangesien hulle eerder eers hulle eie mense eers wil help. Ek gaan nou maar probeer om as sielkundige by privaat praktyke aansoek te doen.

Groete

Louis

Link to comment
Share on other sites

Dax

Ek is redelik moedeloos. Lyk my nie of ek aanbiedinge vanaf die DECS se kant gaan kry nie. Ek het vir omtrent 16 poste aansoek gedoen en is al die gevalle nie eers op 'n kortlys geplaas nie- neem ook die "selection panels" nie kwalik nie aangesien hulle eerder eers hulle eie mense eers wil help. Ek gaan nou maar probeer om as sielkundige by privaat praktyke aansoek te doen.

Groete

Louis

Ek vertaan hoe jy voel, dis maar 'n moeilike ding met aansoeke.

Nogtans, ek is nou nie meer so besig met my universiteits kursus nie, en ek het nou kans om daardie laaste aansoek wat jy gepos het so 'n bietjie vir jou te "tweak" om meer in lyn te wees met Suid Oz verwagtinge.

Ek sal ook 'n oog hou vir moontlike privaatskool poste, en as ek iets op die www of pers sien, dan sal ek jou laat weet.

Ons was saam op die GOK-Gronde maat, en ek sal aanhouhelp waar ek kan. :ilikeit:

Dax

Link to comment
Share on other sites

Join the conversation

You can post now and register later. If you have an account, sign in now to post with your account.

Guest
Reply to this topic...

×   Pasted as rich text.   Paste as plain text instead

  Only 75 emoji are allowed.

×   Your link has been automatically embedded.   Display as a link instead

×   Your previous content has been restored.   Clear editor

×   You cannot paste images directly. Upload or insert images from URL.

×
×
  • Create New...