Jump to content

WAAR IS OUMA??


domino
 Share

Recommended Posts

hello!

Weet iemand van beskuit/rusks in australia of soek ons vir die verkeerde ding? is daar iets soortgelyk??

Link to comment
Share on other sites

Hi Googlybear

Jy kan dit by die South African shops kry, my skoonma het vir ons gekry by African Delights in Dural

Link to comment
Share on other sites

  • 2 weeks later...

Franklins in Caringbah - NSW (The Shire) has a South African section in Isle 10. everything from bbq spice, pro nutro, ouma rusks, tamatie en uie smoor, simba chippies, zoo koekies, fish spread, die werk het hulle daar - selfs die biltong, dis bietjie droog, en geen stukkie vet aan nie :D maar dis ok!

Link to comment
Share on other sites

Nou weet ek wat ek met die ekstra spasie in die container gaan maak....

Is dit wettig om kos indie container te vat?

Link to comment
Share on other sites

Bak self dit is baie maklik as mens dit die nuwerwetse manier doen!

Laat weet as jy 'n resep soek!

Lovies

Nilo

Link to comment
Share on other sites

Hi Nilo,

Hoe gaan dit inni nuwe huis? Bly jy lekker en is alles al uitgepak? jy was so stil die afgelope rukkie.

'seblief soek ek die resep vir beskuit!

Luv, Betsy

Link to comment
Share on other sites

Okie dokie Girls,

LM is werk toe, sjoe, dankie Vader gewone tyd die week. Nou is ek weer in "full swing" op die forum en met die huiswerk. Werk nie lekker as hy by die huis is nie, hy "cramp my style" ek kry nie my werk gedoen nie en hy soek aandag!

Hier's die beloofde resep.

1kg Self raising flour

500ml buttermilk

250 g butter

1 cup sugar

2 eggs

1 tea spoon salt

Vryf die botter in die droe bestandele,dis beter as die botter so bietjie sag is maar nie gesmelt nie.

Maak 'n gaatjie in die middel en gooi die eiers en karring melk daar in en werk die lotte so by mekaar in.

Knie so bietjie.

Dit is nie 'n baie stywe deeg nie (sit aan mens se vingers vas)

Sit deeg in 'n vierkantige of reghoekige oond pan wat gesmeer is.

Laat staan vir so 10 min.

Bak in 'n maatige oond (180) vir so uur of wat.

Haal uit en laat so bietjie afkoel.

Haal uit die pan en sny in gewensde grote.

Pak op oond rak, nie te styf teen mekaar nie.

Droog uit in oond van so 75 tot 100 grade maar sit 'n lepel in die oond deur, dit moet nie heeltemal toe gaan nie, daar moet 'n gap wees.

Lekker dunk!!!

Mens kan variasies van die resep maak.

Sit Anys by of 'n koppie klapper of 'n koppie nutty weat meel. As die mengsel te droog is sit so bietjie ekstra melk by.

Link to comment
Share on other sites

  • 9 months later...

Small world!!!!!!

Subject: SA shop/SA winkel/South Africa Shop/Suid Afrika winkel -- in Sydney

Below the correct details as on 22 April 2008. (Confirmed with my sister that’s managing the 2 shops in Sydney)

If you cant find in the shop what your looking for, speak to who ever is behind the counter at that stage and see if it can be organised. Not saying it could but asking wont hurt.

SPRINGBOK DELIGHTS

656 Mowbray Rd

Lane Cove, NSW, 2066

Tel: (02) 9427 5168

Fax: (02) 9427 5168

AFRICAN DELIGHTS

Shop 1, 5 Ward Place

Round Corner, Dural, NSW, 2158

Tel: (02) 9651 7422

Fax: (02) 9651 7433

Hope this helps

Burger

Link to comment
Share on other sites

hello!

Weet iemand van beskuit/rusks in australia of soek ons vir die verkeerde ding? is daar iets soortgelyk??

Hallo daar

Ek bak beskuit as ekstra inkomste.Ek bak All bran en Karringmelk beskuit. As jy dalk belang stel om te koop kontak my

Louisa

Link to comment
Share on other sites

  • 4 months later...
hello!

Weet iemand van beskuit/rusks in australia of soek ons vir die verkeerde ding? is daar iets soortgelyk??

www.satooz.com.au have tons of RSA stuff

Link to comment
Share on other sites

hello!

Weet iemand van beskuit/rusks in australia of soek ons vir die verkeerde ding? is daar iets soortgelyk??

Hier is 'n paar maklike Beskuitresepte.

VOLGRAAN-KARRINGMELK-BESKUIT

1¼k Margarien

1k olie

2k suiker

2 groot eiers

2k karringmelk

1k volgraanmeel

3k semels

7k bruismeel

1tl sout

Verhit oond tot 180ºC. Meng beslag sommer in kastrol

Smelt botter, olie en suiker in 'n groot kastrol.

Haal van stoof af. Klop goed met 'n elektriese klitser of houtlepel.

Voeg eiers een-een by en klits goed na elke byvoeging.

Klop die Karringmelk by.

Voeg al die droë bestandele by en meng goed. Gooi beslag uit in 2 gesmeerde broodpanne. Bak 1 uur. Droog uit.

ALL BRAN-EN-SONNEBLOMSAAD-BESKUIT

2k botter

2k karringmelk

1groot el. vanillageursel

6k koekmeel

3groot el + 1tl bakpoeier

7ml sout

1½k suiker

3k All Bran, effens fyngedruk

1k sonneblomsaad

Verhit oond tot 180ºC. Smeer 2-3 broodpanne, afhangend van grootte van jou panne.

Smelt botter, laat effens afkoel. Roer Karringmelk en vanillageursel by.

Sif meel, bakpoeier en sout saam. Voeg suiker, All Bran en sonneblomsaad by. Meng goed.

Voeg bottermengsel by droë bestandele en meng deur. (Dit vorm 'n redelike stywe deeg.)

Vorm bolletjies en plaas teen mekaar in gesmeerde broodpanne.

Bak 45 tot 60min of tot toetspen skoon uitkom. Laat afkoel, breek bolletjies van mekaar los, pak op bakplate en droog uit by 100ºC.

GROWWE HAWERMOUT-BESKUIT

10k volkoringmeel

3k hawermout

3k koekmeel

12tl bakpoeier

1tl sout

3k suiker

500g botter

½k olie

1liter karringmelk

5 eiers (geklits)

Verhit oond tot 180ºC.

Meng droë bestandele saam.

Smelt botter en laat afkoel. Voeg karringmelk en eiers by en meng goed.

Meng karringmelk- en meelmengsel saam.

Skep in gesmeerde broodpanne en maak gelyk bo-op.

Bak vir sowat 1uur of tot toetspen skoon uitkom.

Keer uit en laat afkoel. Sny en droog oornag uit.

KARRINGMELKBESKUIT

1½k botter

1½k suiker

2 eiers

7k+1groot el+1tl Bruismeel

1tl sout

1tl bakpoeier

2k karringmelk

Verhit oond tot 180ºC.

Room botter en suiker tot lig en donsig.

Voeg geklitste eiers een-een by en klits deeglik na elke byvoeging.

Sif droë bestandele saam en voeg by.

Voeg karringmelk by en meng tot 'n redelike stywe deeg.

Vorm bolletjies van deeg en plaas in gesmeerde broodpanne.

Bak vir sowat 45min. of tot toetspen skoon uitkom.

Laat afkoel en breek in stukke. Pak op bakplate, droog uit teen 100ºC.

WEET-BIX BESKUIT

7k bruismeel

2k suiker

4 Weet-Bix beskuitjies

2tl bakpoeier

1tl anyssaad

2 eiers (geklits)

½k botter

1k pitlose rosyne

2k karringmelk

1tl koeksoda

Voorverhit oond tot 180ºC. Smeer broodpanne

Sif bruismeel, suiker, bakpoeier en anys saam. Krummel Weet-Bix by. Roer rosyne by.

Klits eiers en roer gesmelte botter en 450ml karringmelk by. Los koeksoda in oorblywende karringmelk op en roer by.

Meng goed, rol in bolletjies en druk in broodpanne.

Bak ±1uur en laat afkoel. Breek los en droog uit.

Geniet Dit!!! :)

Annalize

Edited by Annalize
Link to comment
Share on other sites

Guys thank you for all the recipes. I will be sure to try them. Can you tell me if you get Marie biscuits in Oz. They are the cheapest and the best biscuits to me! I always have them in my nappy bag to feed hungry kids!

Al

Link to comment
Share on other sites

Guys thank you for all the recipes. I will be sure to try them. Can you tell me if you get Marie biscuits in Oz. They are the cheapest and the best biscuits to me! I always have them in my nappy bag to feed hungry kids!

Al

You sure do!!

You also get Arrow Root biscs which is so similar to Marie biscuits... just more an oval shape!!

Link to comment
Share on other sites

  • 2 weeks later...

I buy Marie biscuits at Coles. They look and taste exactly the same as the ones back in SA.

Link to comment
Share on other sites

Ons het vandag by n Deli in Fountaine Gate shopping centre het ouma Beskuit gekoop. Dis in die Berwick omgewing in Melbourne. Daar is ook bruin uie sop, tastic rys, Balls chatney, all Gold tamatiesous, Bisto ens. Dis n winkel wat baie verskillende kulture se goed aanhou. Hul verkoop ook die lekkerste boerewors.

Link to comment
Share on other sites

hello!

Weet iemand van beskuit/rusks in australia of soek ons vir die verkeerde ding? is daar iets soortgelyk??

Hi

Ek sien julle is in Gladstone. die meeste SA Shops pos pakkie. www.springbokfoods.com is op die Gold Coast en hulle het al vir my gepos.

groete

Susan

Link to comment
Share on other sites

Join the conversation

You can post now and register later. If you have an account, sign in now to post with your account.

Guest
Reply to this topic...

×   Pasted as rich text.   Paste as plain text instead

  Only 75 emoji are allowed.

×   Your link has been automatically embedded.   Display as a link instead

×   Your previous content has been restored.   Clear editor

×   You cannot paste images directly. Upload or insert images from URL.

 Share

×
×
  • Create New...