Jump to content

Self voorstelling


JayJay
 Share

Recommended Posts

Ek is ook al 'n paar weke op die forum, en voel nou so skuldig dat ek my nie op die foyer bekend gestel het nie, want glo dit as julle wil - ek het dit misgeky!! Maar nou-ja - hier is ek!

Ek/ons is nog in SA, en het so terloops die werk gekry. My sponsor is van Newcastle. Hulle wou my permanent gehad het, maar my ouderdom tel teen my. Dis vir 'n baie spesifieke werk en verlede Donderdag het hulle my gekontak met die nuus dat ek wel vir 'n 457 visa kwalifiseer, maar dat hulle probleme het met die PR.

Vrae het ek verseker gehad - sommer 'n hele kaboeldel van hulle, waarmee hulle met die antwoorde sal terugkom. Onder andere het hulle uitgewys dat vroulief kan werk waar sy wil, maar dat my dogter (23) haar eie sponsor moet kry.

Kan julle my moontlik met 'n paar antwoorde help?

Ek het toe gevra dat ek nie kan se hulle moet voorgaan as ek nie 'n offer het nie - was ek stupid? - want ek moet tog immers weet waarvoor ek gaan werk, of werk dit andersom in OZ?

Wat is die tydsbestek vandat hulle aansoek vir die visa totdat ek dit kry (min-of-meer)?

Wat reel jou sponsor gewoonlik vir jou? Ek verwys nou na vliegkaartjies (jaarliks of nie), meubels ens.

Kan julle my dalk help met 'n site waar my dogter moontlik kan aansoek doen vir 'n werk?

Ek verlees myself elke aand en tog het elke ou maar op die uiteinde sy eie spesifieke vrae.

Bly daar is mense soos julle!! Dit maak die onbekende bietjie minder rattle-ly!:thumbdown:

Sien julle some-time.

Link to comment
Share on other sites

Hallo Jayjay

Welkom.

Is jou dogter nog van julle afhanklik en kan julle dit bewys? Hulle(werkgewer) is so bietjie sticky op die 457 want hulle is verantwoordelik vir almal wat op die visa inkom, maar met so bietjie jy weet wat lek ens het die company ons seun ook op die visa gesit. Hy is nou 20 maar was 19 met tyd van aansoek.

Ek kan net dink dat die ding oor julle dogter julle so bietjie gooi mens wil mens se kinders saam met jou he. Andersins watse werk doen sy en het sy formele qualifikasies daarvoor.

Groete

Nilo

Link to comment
Share on other sites

Hi Nilo,

Baie dankie vir jou welkom! Regte naguil jy, ne?

Nee jong, sy het 'n klomp eerstejaar vakke by die Technicon in Language Dynamics, met basiese Frans ens, Sy is computer literate, het baie ondervinding in data capturing en ander ondervinding oa. karre verhuur by Hertz tot HR Administrator by 'n groot IT maatskappy in Midrand.

Ek weet nie of ondervinding regtig tel as sy aansoek doen vir 'n werk in Oz nie, maar sy is baie hardwerkend, diep gelowig, ens, alhoewel sy 'n jongmens is.

Groete

Link to comment
Share on other sites

Nee man Jay Jay ek is 'n regte oggend uil, is daar so iets??? lol

Dit is nou vroeg maandag oggend hier by ons, tyd 6:49.

Julle moet nog Sondag aand se slapie slaap.

My voorstel vir jou dogter is om op die internet by Australie se jobsites te kyk en te apply tot haar vingertjies stomp is. Iewers is daar dalk iemand wat haar kan help met 'n sponsorship. Of sy kan aansoek doen vir 'n student visa en hier in Australie kom swot.

Lekker doedoe.

Nilo

Link to comment
Share on other sites

Hi Jay Jay,

We have been here about 9 weeks now and had a similar problem to you. Hubby was too old but managed to get past the age because his work is very specific. I have a son of 25 who decided to stay behind. He will be finishing his studies in SA. Hopefully when he is qualified he can find a sponsor and come over. It was the hardest descision I have had to take but it's what he wanted. Much snot en trane maar the internet is wonderful. We e mail and Skype regularly.

Good luck!

Jacqui

Link to comment
Share on other sites

Join the conversation

You can post now and register later. If you have an account, sign in now to post with your account.

Guest
Reply to this topic...

×   Pasted as rich text.   Paste as plain text instead

  Only 75 emoji are allowed.

×   Your link has been automatically embedded.   Display as a link instead

×   Your previous content has been restored.   Clear editor

×   You cannot paste images directly. Upload or insert images from URL.

 Share

×
×
  • Create New...