Jump to content

Why Australia.


Blossom

Recommended Posts

Journals se plaas jou storie of ondervindinge hier. Nou ja, die is nie 'n storie nie, dis 'n ondervinding.

Een van die topics is "Why NOT Autralia" en ek wil antwoord, "Hoekom WEL Australie"

Dis nou al dae dat ek rondloop met die ding in my, hoekom ek wel weg is uit Suid Afrika. Daar is een groot rede maar om diskreet te wees sal ek niks oor dit se nie. Maar ek weet dis die hoof rede dat die meeste van ons weg is daar. Dit daar gelaat.

Die ander rede is dat ons Suid Afrikaners glad nie bymekaar staan nie. Moenie my stenig nie, dis die waarheid. As ons bymekaar gestaan het, was dinge dalk anders. Ons sou vir een party gestem het en een groot mag gevorm het. Maar nee, toe moet almal skeef trek en elke klein ou partytjie sy eie pad gaan.

Ons mor en brom onderlangs oor die heersende regering, oor die swak diens, oor die polisiemanne wat uit hulle nate uitbars. Oor die staatsdienste wat kwansuis nou so swak is. Ons bou ons huise soos tronke en sluit ons daarin toe, plaas ons 'n standpunt inneem oor al die dinge en iets doen daar omtrent. Hoekom het ons nie ook ons eie huis, tuin, bou en vuil werk gedoen nie? Hoekom ander betaal vir diens wat so swak is dat jy dit op die ou end maar nog self moet doen? Hier in OZ doen ons nou al ons eie werk, nes die Austalianers, en ons is happy daarmee. Hoekom nie daar nie?

Hoekom WERK dinge in die land en nie daar nie? Almal weet wat is die rede en almal is te bang om die ding by die naam te noem, ek inkluis. En ons, wat boer is, staan nie bymekaar nie. Dis hoekom.

Is dit ons kultuur en natuur om dinge net te aanvaar, skouers op te trek en weg te loop? Kon ons nie iets gedoen het aan al die moorde en geweld nie, of was ons te bang vir die massas? Ek, persoonlik sou die doodstraf wil terug he en ja, ek glo aan God en in die Bybel.

Ek sien tot selfs hier in OZ,in ons nuwe land, snobisme en klieks vorm. Is dit nie dinge wat ons wou agterlaat nie? Hopelik bring die ozzies ons almal terug aarde toe met hulle fantastiese houding en aanvaarding van ALMAL.

Ek weet ek het nou gestir, maar wat moet uit, moet uit. Ek wil behoort, ek haat klieks, ek glo in humanitarisme.

Betsy.

Link to comment
Share on other sites

Dag Betsy,

Ek stem saam met jou, hier doen ons ons eie werk, wees die huis skoon maak tot grassny. Ek vrek voor ek iemand in kry vir iets wat ons self kan skoonmaak, regmaak of bou. Baie mense weet glad nie hoe on hulself to help nie en betaal duur daarvoor. Wat nie vandag gedoen kon word nie of more moet maar wag tot ek die tyd het daarvoor.

Ons het goed gelewe in SA maar sal nooit wil terug gaan nie, dankie. Jy is ook reg oor die klieks, ek sien dit self hier op die forums, Sorry julle maar dit is waar. Hoekom kan ons daardie dinge nie by die huis los en mekaar hier help nie, baie kom hier sonder familie en sit eerder kersfees alleen as om ander oor te nooi. Moet se dit pla my min as iemand nie van my hou nie, ek het genoeg vriende wat my aanvaar soos ek is. My ma stuur hope korant uitknipsels en wat my pla is die armoede onder ons blanks, as hulle by mekaar staan en nie hulpeloos hulle huise verloor en op straat sit nie. Miskien behoort hulle soos die chinese saambly, almal dra bly,selfs die wat nie werk nie (skoonmaak, kinders oppas etc) Maar net 'n gedagte...

Link to comment
Share on other sites

Yip Betsy, I think you've got a point. I'm generalising now, so please don't shoot me down!

I've always said that we as SAfricans couldn't even stand together and help each other in our own country, so we shouldn't expect our fellow SAfricans to help us in our new (adopted) countries.

Then it's made even worse because some of us speak Afrikaans and others speak English (and other languages)!

Say no more!!!

SAS

Link to comment
Share on other sites

Hi Betsy, ek sien almal stem saam met jou, maar jy sê nie hoekom julle weg is nie. Sê bietjie en dalk sal meer mense begin saamstaan. Ek sien almal kla weer dat in OZ hulle self die werk moet doen soos petrol ingooi of in die tuin werk. Ander kla dat jy moet betaal by die karwas en dan self jou kar moet was. Dan kla party mense dat daar nie rugby op tv is nie. Net footy? Kom terug en al wat in SA te sien is, is sokker. Nie eerns goeie sokker nie! As jy hier nie MNET of DSTV het nie, kan jy ook nie rugby of krieket kyk nie! So kry FOXTEL en hou op kla! Ek kan nie glo mense noem dit as negetiewe dinge in Australie nie. Een ding is verseker, ons kan nie wag om te gaan nie. Na 'n land waar die reels nagekom word en as jy nie jou hond se bollie optel nie, beboet hulle jou. Hier kla almal oor die vuil parke, en die gebrek daaraan. Kannie wag om in Melbourne se skoon parke rond te loop nie. Sterkte met die stryd.

Link to comment
Share on other sites

Ja, en so van Bollie gepraat, wie't gese hulle kan hom nou Bobo noem?

Dis sommer nog 'n rede hoekom ons immigreer het!!

Link to comment
Share on other sites

Betsy ek stem ook grootliks saam met jou opsomming.

Jy kan egter beslis baie uiteenlopende opinies kry oor hierdie onderwerp. Ek vind tog dat daar in Australie meer 'n houding van samewerking tussen Suid Afrikaners is as wat algemeen gedink word. Immigrasie is iewat van 'n gelykmaker en veral in die beginfases. Later wanneer elkeen sy pad vind en minder op mekaar staat maak, kan Suid Afrikaanse individualiteit weer sy kop uitsteek. Dit is ook nie noodwendig verkeerd nie. Ons is maar so.

Mense se behoeftes verskil en so ook hulle mikpunte in die lewe. Ek kies graag my eie vriende (Suid Afrikaners en/of Australianers) en sal nie verplig wil voel om nou skielik doelbewus anders op te tree of met mense 'n verhouding op te bou waar ek voorheen dit in elk geval nie sou gedoen het nie. Ek kan wel noem dat Australie 'n manier het om jou tog te verander sonder dat jy dit agterkom. Ons kinders sal dalk eendag heeltemal ander sieninge as ons he.

Link to comment
Share on other sites

Join the conversation

You can post now and register later. If you have an account, sign in now to post with your account.

Guest
Reply to this topic...

×   Pasted as rich text.   Paste as plain text instead

  Only 75 emoji are allowed.

×   Your link has been automatically embedded.   Display as a link instead

×   Your previous content has been restored.   Clear editor

×   You cannot paste images directly. Upload or insert images from URL.

×
×
  • Create New...