Jump to content

Sommer net nonsense op 2 Julie 2007


Jan Stoof

Recommended Posts

Sommer net nonsense op 2 Julie 2007

Is nou winter hier in Oz. Dit is gemiddeld so 15 grade in die dag en omtrent so 8 grade in die nag hier in Adelaide. Ek voel ‘n gemis in my lewe en ek het gewonder wat dit is? Totdat dit my soos ‘n bom strike. Dit is jag seisoen in die RSA. Laas winter het ons net hier aangekom en daar was baie nuwe dinge om aan gewoont te raak en dit het my nie gepla nie. Die keer is ons nou al 13 maande hier en die lewe begin ‘n roetine en vorm aanneem. Die besigheid beginnery hou my besig maar daar is nog daai gemis gevoel. Toe dag ek ‘n jag storie sal seker nie sleg afgaan op die wintersdag nie. Ek het al soort van ‘n jag kontak hier opgebou om varke en hase te gaan jag maar nog niks het gerialiseer nie.

Ons was ‘n paar pêlle wat jaarliks saam gaan jag het en die stories en dinge wat daar uitgekom en gebeur het, sal ek maar nie nou vertel nie. Miskien sal ek dit net opskryf en later, heelwat later, publiseer. Die meeste van ons se vrouens is nog jonk genoeg om vir hulle ander mans te kry en nie een van ons wil hulle lewendig verloor nie. Die ideale geleentheid sou wees as hulle ook oud en onaansienlik, soos ons, is.

Hier is ‘n storie wat geeneen se huwelik in gevaar sal stel nie. Alhoewel die feit dat ek nie nou alles wil vertel al klaar ‘n paar siele onrustig maak en laat wonder. Wees gerus vrouens, hierdie is ‘n skoon rubriek en al kan ek nie alles skryf en sê nie, het ons min om voor skaam te wees. Maar darem. Ek weet ook by voorbaat dat daar ‘n paar ouens is wat my gaan verwens want nou gaan hulle vrouens weer wil weet “wat het daar in die jagveld aangegaan en moenie vir my lieg nie, ek weet alles” Sorry boys.

Een van die dinge wat altyd saam jagveld toe gegaan het, was peper. As jou bok se binnegoed klaar uit was, het jy die karkas met peper bestrooi om die brommers weg te hou. Dit was ook baie keer as ‘n noodhulpmiddel gebruik as iemand se bloed geloop het. Peper stop ‘n oop wond se bloeiery gou. Die ou wat gewond was, is gewoontlik ‘n dop brandewyn ingejaag en dan is die peper op die wond gegooi. Dit brand soos die hel maar werk. Daar is een ou maat wat gewoontlik die een of ander wond opgedoen het. Hy het dan ook blou moord geskrou as die peper naby kom. Maar die oormag was altyd te groot en hy het gewoontlik verloor. As die brandewyn begin trek het en die bloed opgehou loop het, was Piet se bek stil. Al wat dan oortyd gewerk het was sy keel van die geslukkery.

Einste Piet het een keer ‘n mamba van 2 en ‘n half meter geskiet. Hy het die gewoonte gehad om in ‘n ou dammetjie te sit en wag dat die bokke kom water drink. Hy het dan hulle gewoontes vir ure dop gehou en rustig sit en bier drink terwyl ons ander die plaas kruis en dwars agter die bokke aan, deurloop het. Na ‘n dag of wat se sittery het hy dan gewoontlik die grootste bok geklits. Op een so ‘n dag was ek in die veld. Ek ontwikkel toe ‘n dors wat jy met die hand kan groet. Ek weet toe Piet het bier by hom en loop na hom toe by die dammetjie. Daar aangekom wys hy na die boom wat langs die watergat staan, so vyftig meter weg. Op een van die takke is die grootste mamba wat ek in my lewe gesien het, gedrapeer. Piet het die bliksem in die boom sien inseil. Hy wou hom skiet. Ek soebat hom om dit nie te doen nie, want ek het gehoor dat as jy die bliksem wond, kom hy vir jou. Ek oorreed hom toe om te wag dat ek die haelgeweer gaan haal in die kamp. Ek loop toe terug kamp toe, kry die haelgeweer en kom met my bakkie terug gery. Die ander ouens volg my toe ok later. Toe ek weer by Piet aankom lê hy aan en skiet, net toe ek stop. Hy wond daai mamba. Daai slang seil in daai boom op en af asof dit swart weerlig is. Toe Piet aanlê, maak ek die vensters by voorbaat toe en net vir die wis en onwis, sluit ek sommer die deure ok.

Toe die slang so perform dink Piet hy kom nou in ons rigting, waar ons so 20 meter weg was. Hy probeer in die bakkie inspring maar die deure is gesluit. Ek probeer oopsluit maar hy hou die handvatsel uitgetrek, met die gevolg dat ek kan nie die deur oopgesluit kry nie. Piet vloek my want hy dink ek wil hom vermoor want hy het juis die mooiste vrou van ons almal. Uiteindelik is Piet in die bakkie. Ek ry toe tot langs die boom en hy skiet die slang se kop af vanuit die bakkie.

Ons laai daai monster agter op my bakkie en kom triomflik by die kamp aan. Een van die ouens is ‘n groene en hy is kwaad vir ons. Volgens hom kon ons baie geld vir daai trofee, lewendig, gekry het. Wonder hoe dink hy moes ons daai bliksem vang. In elk geval ons skrou toe op die spoorsnyer om die trofee af te laai en af te slag, terwyl ons natuurlik die bier nader trek. Hy wyer. Hy sê daai slang se maat kom hom soek en hy wil niks met hom te doene hê nie. Hy en die ander spoorsnyers is toe vort en ons moes hulle gatte blink lek met bier en sigarette, die volgende dag, om weer in die veld te gaan.

Toe begin die sports met die slang. Een van die ouens, ok genaamd Jan, gryp toe die slang en wil hom net gaarmaak. Ons keer net. Toe wil hy die slang in iemand se keelgat afdruk. Daai ou haal toe sy jagmes uit en dreig om Jan se toekoms uit te sny as hy nader kom. Ekself gaan haal my 3006 en sit met hom in die waai van my arm. Hulle het geweet ek kan ‘n ou klits, sommer so uit die vuis uit. Was mos nie verniet in die oorlog nie. My bynaam was ook “eenskootjan” Toe word die slang in Vos se slaapsak gesit. Toe Vos gaan slaap en hy die slang voel gee hy net een gil en storm vir Jan, ook met sy paraslagter. Uiteindelik kom ons tot ruste met die slang spelery. Die slang word sommer so in ‘n hoop langs die vuur laat lê. Ek was die vroeë boer en het altyd die koffie gemaak. Toe ek by die vuur kom waar die slang moes lê, is daar niks. Ek volg die sleepspoor van die bliksem totdat hy wegraak. Die ander kom ook help soek. Maar die perd was weg. Tot vandag toe wonder ons nog of daai perd se maat hom kom haal het of iemand die bliksem begrawe het. Ons het verkies om te glo dat ons groen maat die slang êrens begrawe het. Hy weet natuurlik van niks. Daai volgende nag slaap Jan niks en waak die heelnag by die vuur, haelgeweer in die hand. Ons weet ok van beter om hom nie te probeer skrik maak nie. Ons trek ons deure en vensters ook styf toe. Daai slang en sy maat se gif was genoeg om die hele Suid Australië die tydelike met die ewige te laat verwissel. Daar kon dalk net ‘n bietjie gif van daai afgeskiete kop op die slang se lyf agtergebly het en iemand was bokveld toe. Ek skrik nog baie nagte wakker, nat gesweet, oor daai merse mamba.

Maar, brandewyn het nie brieke nie en sorry as ek die storie al vertel het.

Link to comment
Share on other sites

Dankie Jan!!! :lol::ilikeit::whome:

Dax

Link to comment
Share on other sites

Jan! Jan! Jan!

Dis Afrikaans,

dis GREAT,

dis wat ek nooit ooit sal vergeet nie!

Lekker gelag! Dankie man.

Nilo

Link to comment
Share on other sites

Jan wanneer kom jou boek uit? Jy moet hom skryf jong. ek soek asb een!!!!

Link to comment
Share on other sites

Jan, gelukkig het julle nie voggies en hierdie Lou gemeng nie, want dan was daar perre...

http://www.wildgoose.com/lionhunt.wmv

Wonder wie se broek het die lekkerste geruik na die voorvalletjie...dat daar nie iemand ernstig seergekry het nie, is net 'n wonderwerk...ek wonder of die term "kruisvuur" uit 'n soorgelyke situasie ontstaan het...?

Edited by Ziggy
Link to comment
Share on other sites

Hi Ziggy. Laat ek vir jou vertel hulle almal se broeke was vuil en nat. Ek het 'n ou geken wat in so 'n voorval betrokke was. Hy het daai leeu geskiet dat hy met sy kop op sy voete te ruste gekom het. Die hele voorval was op film vasgelê, daai tyd. Hulle het dit in een of ander fliek gebruik en hom 'n klomp geld betaal. Dit is 'n wonder dat die lot mekaar nie raak geskiet het in die clip nie. Ek het 'n ou in die agtergrond sien val. Ek wonder. My skoonseun gaan die clip vir sy Ozzie tjommies wys en bragg oor sy Suid Afrikaanse vrou se bloed, of liewer sy skoonpa sin. Wat hy nie weet nie en gelukkig kan hy nie hier lees nie, is dat my broek ook vuil sou gewees het.

Link to comment
Share on other sites

Ja, Jan dit is net 'n wonderwerk dat almal heel anderkant uitgekom het. Net die Amerikaner het ligte skrape opgedoen in die voorval, maar nie van die leeu se klou nie, maar van die val...

Was dit nie dat Randy, die Profesionele Jagter net aan die regterkant van die Amerikaner, die leeu getref het toe dit in die lug was nie, het die makker sy kop verloor. As jy mooi kyk het die leeu rigting verander in die lug en dit het die Amerikaner gered van 'n gewisse dood, sowel die jaggeselskap gered van ondersoeke...

Die perd wat geval het, se voet het vasgehak, ook seker maar 'n bestuuring, want hy was direk in lyn van vuur gewees...

Link to comment
Share on other sites

Join the conversation

You can post now and register later. If you have an account, sign in now to post with your account.

Guest
Reply to this topic...

×   Pasted as rich text.   Paste as plain text instead

  Only 75 emoji are allowed.

×   Your link has been automatically embedded.   Display as a link instead

×   Your previous content has been restored.   Clear editor

×   You cannot paste images directly. Upload or insert images from URL.

×
×
  • Create New...