Jump to content

Wil iemand 'n skêr leen?


die Mulders

Recommended Posts

Ons het geweet ons MOET dit een of ander tyd begin doen.... dinge uitsort vir die GROOT TREK.

Verlede jaar toe ons getrek het, het ek gedink ons het als uitgesort wat ekstra is - oh man, I was wrong.

Ek het daai tyd goed uitgesort wat nog my oorlede Ouma en Oupa sin was, my ma se goed wat sy agter gelos het toe sy getrek het, my pa wat in Australie is het ook 'n 2 bokse laat bly by my en my tannie wat in Perth is se stuff - ja, EN ons goed. So ek het gedink, nou travel ek lig.

Vandag het ek en mannetjie die studeerkamer/kantoor uit gesort. Ek sweer ons het 'n stationery fetish!

Ons kan vir PNA en CNA van stock supply. Daar is penne, potlode, uitveers te kies en te keur. For crying out loud - ons het 'n hele toolbox vol skêrre? Wil iemand 'n skêr leen?

En ek weet hoekom dit so is. Elke keer as mens iets soek, en jy kan dit nie dadelik kry nie gaan koop jy nog. Dis nou ons daai!

Een hele dag - net papiere, rekeninge, EN frekkin baie stationery uitgesort!

Partykeer is ek net moeg vir al die uitpak en regpak - vat niks saam nie! Dryf net Australie toe op my asblik se deksel!

Maar NEEEEEEEEE ou Muldertjie en Muldertjie sal opgaar en stoor!

Eks nou moeg van al die uitsort en gaan nou die katel bestuig. Dis vrek koud in die Kaap vanaand en die wind wil wil die dak afruk.

Goeie nag julle :ilikeit:

Link to comment
Share on other sites

Dit is koud in die Kaap - bly in Stbosch net om die draai en die wind waai selfs hier ook! As jy regtig nie al die goed wil hê nie skenk dit aan die ACVV in Somerset Wes of enige ander welsynsorganisasie. Ek weet dat daar altyd 'n plan gemaak kan word met sulke oortollige goed.

Lekker werk en uitsorteer. :ilikeit:

Link to comment
Share on other sites

Hi Mulders

My innige simpaite. :lol: Ek weet presies hoe dit voel. Ons het van die Kaap af Pretoria toe getrek. Van 'n groterige huis na 'n meenthuis vyf jaar gelede, met die idee ons bly net 3 mde in die meenthuis.

Die 3 mde het 5 jaar geword. Ek moes vyf jaar terug se studie aantekeninge, lers, kinderkuns en alles wat TOE vir ons belangrik was deur gaan. Van weggee en weggooi ens kan jy my niks vertel nie. Al ons bure het later so stilweg geglimlag :) as ons NOG 'n naweek in die garage spandeer en jy sien net papiere waai.

Liefde groete

Aniena

Link to comment
Share on other sites

Hi julle,

Thanks vir die simpatie aniena....sjoe, soos mens kan opgaar.

Bienkie - sal so maak, ek dink daar gaan baie goed wees om te gaan aflaai.

Groete

p.s. die wind waai nogsteeds!

Link to comment
Share on other sites

opgaar... dont even go there!!!! :lol:

Ons het Januarie in ons eie huis ingetrek na 12 maande in 'n piepklein meenthuis. Hierdie sou nou die FAMILIE huis wees waarvan ons so lank gedroom het. Plek vir 'n rugby span vol kinders.

Nodeloos om te se ek het toe bos gegaan en elke slaapkamer meubels gekoop, en linne, en gordyne...... As ek toe geweet het wat ek nou weet het ek in daardie hoenderhokkie gebly, want alles om my gaan erens in daardie container moet IN!!!

Na manlief se meestersgraad is die helfte van die reenwoude se hout in papiervorm in die studeerkamer geberg. Die skip sal sink as ek alles inpak. :)

Ons sal so twee maande verlof moet vat voor die container gepak word.....garage SALE!!!!

As ons kinders gehad het, was dit seker 100000x erger

K

Link to comment
Share on other sites

Lekker giggle ek nou hier.

Ek en my ander helfte het net die naweek gepraat oor ons opgaardery.

Ek het lykmy ook 'n stationary fetish. Myne is nie skere nie maar penne en staplers!

Het nou die dag die kas oop gemaak en na 2 minute se rond krap dit net weer so toe gemaak, het regtig nie kans daarvoor gesien nie. Dis om soos 'Jenga' te speel, jy trek iewers 'n pen uit en die hele storie kan dan in mekaar val!

Die plan is om stadig maar seker die heel tyd goed uit te gooi of weg te gee sodat wanneer die 'Groot Trek' aanbreuk, ons nie so baie werk gaan he nie. Haha! Maar soos ons weg gooi koop ek net nog, want nou het ek mos plek!

Sterkte aan almal wat besig is om te pak!

Groete,

Michele

Link to comment
Share on other sites

Vandag het ek en mannetjie die studeerkamer/kantoor uit gesort. Ek sweer ons het 'n stationery fetish!

Ons kan vir PNA en CNA van stock supply. Daar is penne, potlode, uitveers te kies en te keur. For crying out loud - ons het 'n hele toolbox vol skêrre? Wil iemand 'n skêr leen?

Jong, ek dink ons gaan groot vrinne wees as julle eers hier is. Dit lyk my ons is een van 'n soort.

Ek meen so elke skrikkeljaar gaan ons deur al ons opgegaarde goeters hier in Casa la Dax, en as ek klaar skoon gemaak het, staan ek en kyk vir die "trash" lorrie wat ons "wheelie bin" kom oplaai, en ek kyk beangs of die ding se meganiesie laai-arm dalk gaan breek, want daar is tonne dax gemors in daai wheelie bin.

Wragtig, eendag gaan dit gebeur, en dan gaan almal in die "Advertiser" lees van 'n ene Dax wat 'n hengse boete van die "City of Onkaparinga" in Adelaide gekry het vir 'n "Trash" lorrie wat gebreek het onder een hengse oorlaaide wheelie bin...

Groete,

Dax

Edited by Dax
Link to comment
Share on other sites

Jong, ek dink ons gaan groot vrinne wees as julle eers hier is. Dit lyk my ons is een van 'n soort.

Hi Dax,

Ek sien julle was ex-Roodepoorters..... ons is ook...

miskien is dit daai "Roodepoort" wat hulle NOOIT uit ons sal kry nie - ha ha ha!

Groete, chat weer

Annelize

Link to comment
Share on other sites

Join the conversation

You can post now and register later. If you have an account, sign in now to post with your account.

Guest
Reply to this topic...

×   Pasted as rich text.   Paste as plain text instead

  Only 75 emoji are allowed.

×   Your link has been automatically embedded.   Display as a link instead

×   Your previous content has been restored.   Clear editor

×   You cannot paste images directly. Upload or insert images from URL.

×
×
  • Create New...