die Mulders Posted June 23, 2007 Report Share Posted June 23, 2007 Ons het geweet ons MOET dit een of ander tyd begin doen.... dinge uitsort vir die GROOT TREK.Verlede jaar toe ons getrek het, het ek gedink ons het als uitgesort wat ekstra is - oh man, I was wrong.Ek het daai tyd goed uitgesort wat nog my oorlede Ouma en Oupa sin was, my ma se goed wat sy agter gelos het toe sy getrek het, my pa wat in Australie is het ook 'n 2 bokse laat bly by my en my tannie wat in Perth is se stuff - ja, EN ons goed. So ek het gedink, nou travel ek lig.Vandag het ek en mannetjie die studeerkamer/kantoor uit gesort. Ek sweer ons het 'n stationery fetish! Ons kan vir PNA en CNA van stock supply. Daar is penne, potlode, uitveers te kies en te keur. For crying out loud - ons het 'n hele toolbox vol skêrre? Wil iemand 'n skêr leen?En ek weet hoekom dit so is. Elke keer as mens iets soek, en jy kan dit nie dadelik kry nie gaan koop jy nog. Dis nou ons daai!Een hele dag - net papiere, rekeninge, EN frekkin baie stationery uitgesort!Partykeer is ek net moeg vir al die uitpak en regpak - vat niks saam nie! Dryf net Australie toe op my asblik se deksel!Maar NEEEEEEEEE ou Muldertjie en Muldertjie sal opgaar en stoor!Eks nou moeg van al die uitsort en gaan nou die katel bestuig. Dis vrek koud in die Kaap vanaand en die wind wil wil die dak afruk.Goeie nag julle Quote Link to comment Share on other sites More sharing options...
bienkie Posted June 23, 2007 Report Share Posted June 23, 2007 Dit is koud in die Kaap - bly in Stbosch net om die draai en die wind waai selfs hier ook! As jy regtig nie al die goed wil hê nie skenk dit aan die ACVV in Somerset Wes of enige ander welsynsorganisasie. Ek weet dat daar altyd 'n plan gemaak kan word met sulke oortollige goed.Lekker werk en uitsorteer. Quote Link to comment Share on other sites More sharing options...
aniena Posted June 24, 2007 Report Share Posted June 24, 2007 Hi MuldersMy innige simpaite. Ek weet presies hoe dit voel. Ons het van die Kaap af Pretoria toe getrek. Van 'n groterige huis na 'n meenthuis vyf jaar gelede, met die idee ons bly net 3 mde in die meenthuis. Die 3 mde het 5 jaar geword. Ek moes vyf jaar terug se studie aantekeninge, lers, kinderkuns en alles wat TOE vir ons belangrik was deur gaan. Van weggee en weggooi ens kan jy my niks vertel nie. Al ons bure het later so stilweg geglimlag as ons NOG 'n naweek in die garage spandeer en jy sien net papiere waai. Liefde groeteAniena Quote Link to comment Share on other sites More sharing options...
die Mulders Posted June 24, 2007 Author Report Share Posted June 24, 2007 Hi julle,Thanks vir die simpatie aniena....sjoe, soos mens kan opgaar.Bienkie - sal so maak, ek dink daar gaan baie goed wees om te gaan aflaai.Groetep.s. die wind waai nogsteeds! Quote Link to comment Share on other sites More sharing options...
Katryn Posted June 24, 2007 Report Share Posted June 24, 2007 opgaar... dont even go there!!!! Ons het Januarie in ons eie huis ingetrek na 12 maande in 'n piepklein meenthuis. Hierdie sou nou die FAMILIE huis wees waarvan ons so lank gedroom het. Plek vir 'n rugby span vol kinders.Nodeloos om te se ek het toe bos gegaan en elke slaapkamer meubels gekoop, en linne, en gordyne...... As ek toe geweet het wat ek nou weet het ek in daardie hoenderhokkie gebly, want alles om my gaan erens in daardie container moet IN!!!Na manlief se meestersgraad is die helfte van die reenwoude se hout in papiervorm in die studeerkamer geberg. Die skip sal sink as ek alles inpak. Ons sal so twee maande verlof moet vat voor die container gepak word.....garage SALE!!!!As ons kinders gehad het, was dit seker 100000x ergerK Quote Link to comment Share on other sites More sharing options...
Michele R Posted June 26, 2007 Report Share Posted June 26, 2007 Lekker giggle ek nou hier.Ek en my ander helfte het net die naweek gepraat oor ons opgaardery.Ek het lykmy ook 'n stationary fetish. Myne is nie skere nie maar penne en staplers!Het nou die dag die kas oop gemaak en na 2 minute se rond krap dit net weer so toe gemaak, het regtig nie kans daarvoor gesien nie. Dis om soos 'Jenga' te speel, jy trek iewers 'n pen uit en die hele storie kan dan in mekaar val!Die plan is om stadig maar seker die heel tyd goed uit te gooi of weg te gee sodat wanneer die 'Groot Trek' aanbreuk, ons nie so baie werk gaan he nie. Haha! Maar soos ons weg gooi koop ek net nog, want nou het ek mos plek! Sterkte aan almal wat besig is om te pak!Groete,Michele Quote Link to comment Share on other sites More sharing options...
Dax Posted June 26, 2007 Report Share Posted June 26, 2007 (edited) Vandag het ek en mannetjie die studeerkamer/kantoor uit gesort. Ek sweer ons het 'n stationery fetish! Ons kan vir PNA en CNA van stock supply. Daar is penne, potlode, uitveers te kies en te keur. For crying out loud - ons het 'n hele toolbox vol skêrre? Wil iemand 'n skêr leen?Jong, ek dink ons gaan groot vrinne wees as julle eers hier is. Dit lyk my ons is een van 'n soort.Ek meen so elke skrikkeljaar gaan ons deur al ons opgegaarde goeters hier in Casa la Dax, en as ek klaar skoon gemaak het, staan ek en kyk vir die "trash" lorrie wat ons "wheelie bin" kom oplaai, en ek kyk beangs of die ding se meganiesie laai-arm dalk gaan breek, want daar is tonne dax gemors in daai wheelie bin.Wragtig, eendag gaan dit gebeur, en dan gaan almal in die "Advertiser" lees van 'n ene Dax wat 'n hengse boete van die "City of Onkaparinga" in Adelaide gekry het vir 'n "Trash" lorrie wat gebreek het onder een hengse oorlaaide wheelie bin...Groete,Dax Edited June 26, 2007 by Dax Quote Link to comment Share on other sites More sharing options...
die Mulders Posted June 26, 2007 Author Report Share Posted June 26, 2007 Jong, ek dink ons gaan groot vrinne wees as julle eers hier is. Dit lyk my ons is een van 'n soort.Hi Dax,Ek sien julle was ex-Roodepoorters..... ons is ook...miskien is dit daai "Roodepoort" wat hulle NOOIT uit ons sal kry nie - ha ha ha!Groete, chat weerAnnelize Quote Link to comment Share on other sites More sharing options...
Recommended Posts
Join the conversation
You can post now and register later. If you have an account, sign in now to post with your account.