Jump to content

As ek net geweet net


Blossom

Recommended Posts

Ons het sopas getrek en ek se vir julle ek wens liewer ek was getrek! Ek het gedink dit sal sommer tjop tjop gaan gaan, maar nee dit was hel. "n Week later en ons is nou eers behoorlik in. En net toe ek begin dink ek het nou weer tyd vir my laptop en die mense op die forum, toe lees ek my seun se brief. Ek het besef hy is eensaam en ek het probeer om vir hom daar te wees. Saam gaan fliek, tyd gevat om behoorlik na hom te luister, saam kaart gespeel en saam gaan uit eet, Meer kan ek nie doen nie want intussen sit ek ook met my

eie eensaamheid en verlange.

Ek sit en huil so dat ek nie die letters kan sien nie, ek het nie besef my kind is so eensaam nie nie, nie besef hy voel so desperaat nie,. Ek weet hy is nog jonk en dat dinge oor 'n paar maande heel anders sal lyk. Maar dis nou wat tel, dis nou wat saak maak.

Dinge was nie maklik vir hom nie, hy het hierdie werk gekry deur 'n kennis van 'n kennis en is aan gevat vir die werksondervinding....sonder betaling! Vir 2 maande het hy gaan werk elke dag en alles gedoen van bokse weggooi tot in die dak inklim om kabels te le. Na 5 weke het hulle hom 'n geskenk aangebied om dankie te se vir al sy harde werk. Met 'n glimlag het Freddie dit aanvaar en aangegaan met sy werk.

Tot gister....gister is hy ingeroep en 'n permanente pos aan gebied. Nodeloos om te se ons was almal mal van blydskap...uiteindelik het hy sy voet in die die deur en kan hy begin bou aan sy toekoms. Dis immers waarvoor ek gebid het.

En nou lees ek die brief, die desperate uitreiking na sielsgenote, na ander jong mense. 'n Jongmens moenie vir my se "hy wonder of alles die moeite werd was nie" dit laat die rooi ligte by my begin flikker en ek worry my dood. Freddie sukkel.....en ek se dankie vir al julle raad. Ek sal hom self fisies na Bob se plek toe vat!!!!

Tot later

Groete,

Betsy

Link to comment
Share on other sites

Liewe Liewe vriendin

Ek was sooooo hartseer, ek was so bekommerd oor joue Fred! Maar nou is ek skoon verlig want weet ek want ek weet dat hy 'n FANTASTIESE mamma het! My aanbod geld nog. Myne is ook nog jonk en probeer sy beste maar dis asof alles net in sy gesig omdraai. En dan probeer hy maak asof dit okay is. Gaan dan na sy kamer en sit die oorgoedjies in sy ore en onttrek. Dan weet ek mos!

Ek gaan hom nou se om vir Fred te PM.

Vat hom na Bob toe okay.

Lovies

Nilo

Link to comment
Share on other sites

Ai Antjie, my hart bloei ook vir jou. Alweer. 6 Maande gelede was ek ook in sak en as. Ek het seker so 10 of wat onderhoude gehad. Tevergeefs. My vrou was seker by 50 plus. Tevergeefs. Ek wou terug. Anderkant was ek ten minste bekend en het 'n paar rand in die bank gehad. Mense het my geken en ek het baie vriende gehad. Hier, niks. Gelukkig kry my vrou toe 'n joppie. Ek begin as courier rond te ry om myself besig te hou. Leer Adelaide ken, ontmoet ander mense. Nou 13 maande later begin ek weer 'n besigheid. Nuwe uitdagings. Ek is vrek besig. Maar ek het darem tyd vir die briefie. Ek self is nie 'n groot kerkman nie. Ons is lid van 'n Hollandse/Afrikaanse gemeente in Campbell Town. Maar, nie vêr vandaar is die Paradise group. Ons het vriende wat in daai kerk is, juis oor hul jongelinge. Die kerk is modern en gaan uit om die jeug bymekaar te bring. Ons vriende se kinders en andere het daar blykbaar sielsgenote gevind. As daar een dinge van die Ozzies is wat ek laaik, dan is dit :-"Give it a go" Vasbyt en groete

Link to comment
Share on other sites

Nilo, Jan Stoof,

Ek huil, Die trane loop. Ek kan nie sien nie, die study kyk uit oor die see en daar is niks so mooi en ook so seer soos die see nie. Ek mag nie rook nie, maar hier le die pakkie langs my...moet ek of moet ek nie? My hart breek oor my kind en ook omdat daar sulke mense is soos julle. Ek gaan nou in die bed klim met die komberse oor my kop....ek praat liewer later weer. Dis nou tyd vir jammer kry...myself en al die ander mense wat ook so voel.

Bye,

Betsy.

Link to comment
Share on other sites

Dagse Betsy,

A problem shared ............... Hou gaan daai riempie nou weer. We do better when we know better, nou weet jy mos en kan jy hom help. Sterkte vrou en dink aan jou. :jester:

Link to comment
Share on other sites

Hi Betsy,

Hoe gaan dit nou? Ag my hart kry seer saam met jou....

En dan dink ek, ons moet ook nog deur al hierdie dinge gaan.

Ek weet nie eers wat om vir jou te sê nie? Ek wens ek het antwoorde gehad.

Sterkte, ek bid vir julle.

Baie groete

Annelize

Link to comment
Share on other sites

Join the conversation

You can post now and register later. If you have an account, sign in now to post with your account.

Guest
Reply to this topic...

×   Pasted as rich text.   Paste as plain text instead

  Only 75 emoji are allowed.

×   Your link has been automatically embedded.   Display as a link instead

×   Your previous content has been restored.   Clear editor

×   You cannot paste images directly. Upload or insert images from URL.

×
×
  • Create New...