Jump to content

Nuwe vriende


Tanya

Recommended Posts

Hi almal

Ek is al 'n wyle 'n "passiewe" leser van die forum. Lees elke aand almal se stories. Het al lekker gelag en gehuil saammet baie van julle wat ek nie eers ken nie. Toe gisteraand staan die woord APPROVED op die immigrasie website en die werklikheid tref my soos 'n bom - ons gaan regtig AUS (Perth) toe. Ons 136 Visa is in die proses maar ons gaan nou oor op 'n 457!

Alhoewel ek al baie dinge uitgesorteer het ( my liewe huishulp dink dis kersfees) en ons huis het gelukkig vinnig verkoop, het ek seker maar in 'n droomwêreld gelewe en nie die finaliteit en realiteit van ons besluit besef nie!! Ek weet verseker ons het die regte besluit gemaak, maar weet regtig nie hoe ek ooit van my vriende en familie gaan kan afskeid neem nie. Ons het twee pragtige seuntjies (3 en 2 jaar oud) en ek weet op die lange duur is dit die beste vir hulle, maar weet nie hoe die feit dat hulle nie meer hulle oupa, ouma en maatjies gaan sien hulle gaan affekteer nie!!

Ek wil graag weet hoe maak mens vriende in 'n land waar jy niks of niemand ken nie. Waar begin mens??? 'n Ander vriendin het 'n grappie gemaak en gesê jy gaan staan in 'n park met 'n bord om jou nek wat sê "HELP ASB. SOEK VRIENDE, ONS IS VARS UIT SA!". Hoop nie ek raak ooit so desperaat nie!! En ook vir my seuntjies.... hulle is mal oor maatjies!

Wat maak die meeste ma's met jong kids in Perth??? Werk hulle en dan is kids in speelgroepie of is hul tuisbly ma's. My oudste seuntjie begin vg jaar met kindy en die jongste die jaar daarna.... Die pryse vir speelgroepies is vir my net vreeslik baie,. Ons gaan vir kindy A$40 'n jaar betaal, maar dan kos speelgroepies A$50 'n dag, is dit nie bietjie buite verband nie?

Wel al die pakkery en vaarwelle lê vir ons voor!!!

Sien julle oor so twee maande in Perth!! (Kyk uit vir my in die parke met die bord om my nek.....Ha-Ha)

Tanya

Link to comment
Share on other sites

Hi Tanya

Sterkte.... julle is al soveel verder as ons. Ons gaan ook Perth toe.

Waar gaan julle bly?

My dogter is 17 en my jongste seun 10 en ek is nog maar lekker senuagtig oor die

oorgaanery.

Maar dit is die beste as ek na die staakings kyk ...... atleast gaan die kinders skool toe kan gaan in Oz.

Watter vervoer maatskapy het julle gebruik?

Watter beroep beoeffen julle tans?

Groete

Evelyn

Link to comment
Share on other sites

Hi Evelyn

Ons het weet nog nie waar ons gaan bly nie. Gaan maar oorgaan en rondkyk. Meeste mense sê jy moet maar in die areas rondry en kyk waarvan jy hou, en wat jy kan bekostig. Of jy kyk eers na die skole waarvan jy hou en soek dan huis daar naby. My man gaan suid van die rivier bly, sal seker maar daar soek, alhoewel meeste mense sê noord is beter.

Ons gaan met Biddulphs trek. Hulle het by verre ons die beste diens en kwotasie gegee!! Sien nogal op na al die gepakkery.

My man is 'n SAP konsultant. Ek is 'n onderwyseres (het nie gestaaaaak nie) want ek is al 3 jaar by die huis, vandat my eerste seuntjie gebore is!! Ek is hou baie van skool gee en sal graag wil skool gee in AUS as my kids eers hulle voete gevind het.

Wanneer beplan julle om te gaan?? Met watse visa gaan julle oor??

Ek dink almal wat hierdie besluit neem doen dit nie ligtelik nie en is maar senuagtig. Om alles wat jy ken en waarvoor jy jare gewerk het op te gee en na 'n nuwe land te gaan is defnitief nie maklik nie!! Maar ek glo dat dinge gebeur soos dit moet, so as julle moet gaan, sal die 'deure" vir julle oopgaan!! Glo my ons s'n het sommer "oopgeswaai"!!!!

Sterkte met al julle dinge

Tanya

Link to comment
Share on other sites

Toevallig is dit dieselfde maatskapy wat ons more kom sien vir 'n kwotasie.

Ons wag nou vir ons visa's.

Ons konsultant Nick Van Wyk van Somerset -wes het voorgestel my man begin 'n besigheid daar, Subclass 160 (Verstaan jy die kodes, vir my is dit grieks)

Ons moet nog ons besigheid en ons huis en karre verkoop. Ek lees op die forum dat dit soms baie lank vat

om kopers te kry.... ek stres nogals daaroor en berispe myself dan agterna omdat ek behoort te weet die Here sal sorg.

Frans, my man het vir 10 dae in Mei maand in Perth by kennisse van ons gaan kuir.

So hy sê dit is mooi skoon en goed georganiseerd. Meubels is baie duur dit kos presies dieselfde daar as hier die R word net met 'n $ vervang.

Uiteet is ook duur, sigarette en drank net so duur.

Frans kon nie uitgepraat raak oor hoe smaakvol die kos is en hoe skoon die plekke is nie.

Dit gaan 'n groot aanpassing vir ons wees maar ons het al Januarie besluit om aansoek te doen en

die dokumentasie en die wag vir paspoorte en polisie clearances en geboorte sertifikate het for ever gevat.

Ek en ons oudste seun en sy meisie gaan uitwerk (moet nog werk soek nader aan ons tyd van vertrek)

en Frans gaan 'n besigheid begin en shares moet koop sodat ons kan hou by ons spesifikasies.

Ag mens hoor ook so baie verskillende meenings van oral af ek sê net ons gee alles op hier en moet dit net

maak werk daar....there is no coming back.

Nadine 17 en Juan 10 is nie so opgewonde om te gaan nie maar my oudst Francois 21 kan nie wag nie.

Die areas wat vir on aanbeveel is om te bly (van skole weet ek nog nie) is Duncraig Joondalup Joondanna Craigie en Leederville... ek kyk maar net na die website en kyk hoe lyk die huise daar.

Ons wil baie graag omenby einde November gaan....maar die tyd sal leer en ons go with the flow.

Hoor graag weer van jou

Groete en Sterkte

Evelyn

Link to comment
Share on other sites

Hallo Tanya

No Worries Mate - moenie bekommer nie - ons is nou al lank genoeg in Brisbane om nie meer die maande te tel nie (van Aug-06 af - so 10 maande).

Die Suid Afrikaners hier is almal in dieselfde bootjie - 'n mens maak so vinnig so baie vriende dit is net nie waar nie. Ons het deur die skool al die beste Australiese vriende ook gemaak.

Daar is 'n gees van respek en omgee vir jou medemens hier in Australië wat ongelukkig al lankal weg-gesteek of uitgesterf het in SA. Mense help, ondersteun en gee vir mekaar - soos daai ou Suid Afrika se boere gasvryheid. Dit sluit beide oud-Sa mense en Ossies in.

Ons het mense raakgeloop in 'n park - die vrou is van SA af en die man is 'n Ossie. Hulle nooi ons toe sommer vir 'n braai en nou is ons goeie vriende. Die vrou het toevallig gehoor hoe ek Afrikaans met my dogters praat.

Ek het twee dogters - 4 en 7 jaar oud - hulle het so vinnig aangepas en praat nou nes ossies Engels - ons praat Afrikaans by die huis - hulle kry genoeg Engels in op ander plekke.

Almal hier sit so op 'n manier aan mekaar vas - die ken daai een wat die volgende een weer ken etc.etc.

'n Mens pas verbasend vinnig aan.

Baie sterkte met die pakkery - en die eerste paar maande se onseker - dit is rof, maar dit maak sterk en leer jou weer alles van voor af waardeer. One step at a time

Ons het nou net 'n huis gekoop - baie lekker om weer in jou eie plek te bly ( moet net van voor af leer handyman wees met die papier en karton mure hier - jy sal nog sien)

Cheers

Berndt

Link to comment
Share on other sites

hi,

Ek bly al amper 6 maande lank in Adelaide en ek het nog nie een vriend gemaak nie. Vir my is hierdie hele vriende maak storie moeilik.

Ek werk vir n I.T maatskapy en ek geniet my werk baie, maar al my mede werkers is almal baie ouer as ek. Ek het probeer om saam met hulle te social maar die "generation gap" is net te groot.

Ek weet nie waar kan ek ander mense my ouderdom ontmoed nie! Ek wens ek het hieraan gedink voor dat ons getrek het.

Groete

Fred

Link to comment
Share on other sites

Dag se Tanya en Everlyn,

Ons is now al 13 jaar in Oz en dit is verbasend hoe baie Saafers ons al ontmoet het, maak wel nou nie huise vrienne met almal nie, maar nes by die huis. Jy loop mekaar raak in supermarkte, enigge plek luister maar net vir daai akkent, en moet nie skaam wees om jouself voortestel nie. As jy van hulle hou vra tellefone nr en nooi hulle uit vir 'n koffee. Kerk en klueter skool is 'n goeie plek vir maats maak. Voorspoed met die groot trek :ilikeit:

Fred my maat, jammer om te hoor jy sukkle so 'n bietjie, maak 'n draai by die kerk, join a tennis club learn if you don't know how, take private lesson if you have to. talk to strangers with accents ask where they come from, they might be needing a friend too. When you stop trying to fit in so hard with the oldies you will make friends. Good luck mate.

Regards Rina

Edited by chester
Link to comment
Share on other sites

Hi Tanya

Don't worry mate, you will be welcomed with open arms....give us a time and we will throw a chook on the barbie and you can meet a few lovely people :thumbdown:

Cheers

Gaille

Link to comment
Share on other sites

Hi almal

Dankie vir die replies. Gee mens moed vir die groot stap as jy van ander mense hoor wat deur dieselfde gegaan het en sulke positiewe ervarings het! Ons sal ook graag 'n huis wil koop so gou moontlik maar hoor dit is maar moeilik op 'n 457 visa. Bly om te hoor afrikaanse kids leer vinnig. Ek probeer die 3jarige Engels leer soveel moontlik en ek moet sê hy beindruk my nogal!!

Fred jammer om te hoor dat jy nog 'alleen' is. Jy moet bietjie 'n braai of iets reël vir al die Suid-Afrikaners van die forum wat in Adelaide bly, ek is seker jy sal 'n vriend daar kan ontmoet. Dink aan jou en hoop dinge raak sommer gou beter.

Thanx Gaille, will let you know about the date and then we can throw that chook (think you said it's a chicken) on the barbie. Maybe I must be more concerned about the language than the friends.....

Lekker dag (ek en my man gaan nou vergader oor die datum van die GROOT TREK)!!!

Tanya

Link to comment
Share on other sites

Hi Tanya

Sterkte.... julle is al soveel verder as ons. Ons gaan ook Perth toe.

Waar gaan julle bly?

My dogter is 17 en my jongste seun 10 en ek is nog maar lekker senuagtig oor die

oorgaanery.

Maar dit is die beste as ek na die staakings kyk ...... atleast gaan die kinders skool toe kan gaan in Oz.

Watter vervoer maatskapy het julle gebruik?

Watter beroep beoeffen julle tans?

Groete

Evelyn

Link to comment
Share on other sites

  • 3 weeks later...

hi

Ek is nou amper 4 maande hier. dit groettery was verskriklik! Ek het die sondag voor die groot trek (donderdag) braaivleis gehou. Soos almal huis toe gegaan het, het ek saam met hulle kar toe gestap, gehuil, terug gestap, verder gekuier. Na `n ruk kon ek nie meer nie. Ek onthou ek het na `n ruk vertel dit voel soos begrafnis. En op `n manier is dit, jy groet jou hele lewe. Als wat jy ken, als wat jy weet!

Die dag wat ons gevlieg het, het ek my ma en ousie by die huis gegroet, my selfoon simkaart vir haar gegee, en weg gery. My hond het agter my aangehardloop. Dit was verskriklik. Ek het niemand verder gegroet nie, kon net nie meer nie. Nie my pa nie, nie my beste vriendinne nie.

Ek huil soos ek dit tik, soos ek altyd doen as ek daaraan dink.

So - nou verkies ek om nie daaraan te dink nie. ek het nou net werk gekry. Dit is so lekker om weer iets te doen! Dit is moeilik om weer onder te begin, maar ek wou mos!!!

Dit is ongelooflik hier. ek is in Melbourne. Die beste is die veiligheid. My een kolega het vandag sy duvet in die laundromat ingesit, en weer kom werk. En hy glo dat dit daar gaan wag vir hom na werk!

Wat is die kans in SA?

Dit is skoon, mense is vriendelik. Niemand was nog snaaks met my nie. As hulle sukkel met my engels of aksent se hulle net sorry.

Ek is nog nie spyt vir `n oomblik nie. Gaan soek `n kerk op die internet, naby jou. Dit is waar ek vriende gemaak het. Dit help om iemand te he wat jy in hierdie tydsone kan bel as jy goeie nuus het.

Bring jou goed, jy sal bly wees om dit te sien. Goed kos gemiddeld 2 keer duurder as in SA. Maar jy kom baie ver met min geld. Het nog nie agter gekom hoe dit werk nie!

Jy sal nie spyt wees nie. Perth is ook stunning

Link to comment
Share on other sites

Hi Loksie

Dankie vir jou post. Bly om te hoor dit gaan nou al beter!! Ek sien geweldig op na daardie groetery!! Ek wil ook nie te veel huil voor my kids nie, maar hulle is darem nou al gewoond daaraan dat mamma af en toe huil oor Australie.

Watse werk doen jy???

Sterkte vir jou!!

Tanya

Link to comment
Share on other sites

Hi

Ek doen op die oomlik ontvangs. Dit is eintlik ongelooflik om te dink dat hulle my `n kans gegee het, as jy dink hoe mens kan sukkel met die 2de taal en die aksent. Maar dit is een ding van Melbourne, dit is so `n gemengde gemeenskap, dat enige iemand aanvaar word.

Vandag 4 maande terug het ons in Perth geland. (ja ek tel nog die maande!) en ek was nog nie `n oomblik spyt nie! As ek nou net almal in SA vir wie ek omgee hier kan kry, sal ek voel of ek in die hemel is.

Jy sal sien. Party keer sit ek om my bank, luister radio, of kyk TV, dan voel dit vir jou of jy Kaap toe getrek het, nie oorsee nie. Gaan installeer vir almal met wie jy gereeld wil praat, skype. Dan kan deur die internet met almal kuier, verniet! Jy kan bel ook want dit is baie goedkoper van hierdie kant af.

Ek het nou die dag uitgewerk dat dit vir jou duurder kos om jou man op sy sel te bel by die werk, as wat dit my kos om my broer op sy sel te bel in Suid Afrika!

Jy sal nie spyt wees nie, Baie geluk en sterkte.

Link to comment
Share on other sites

  • 3 weeks later...

Hi Tanya

Ons is ook oppad Perth toe, my man gaan volgende week oor vir 'n onderhoud, en dan sal ons ook met 'n 457 oorgaan. Ons 136 is ook in die pyplyn. Het vandag sy TRA teruggekry, en dit is nog iets wat van die lysie af is. :blush:

Ek is 'n sekretaresse vir 'n prokureur in Somerset-Wes, en my man is 'n installasie elektrisien. Hy sien natuurlik baie uit om vir 'n paar dae Perth toe te gaan, maar ek moet bly. Die maatskappy betaal vir sy vliegkaartjies en sy verblyf.

Ek is bly dat julle dinge na 'n punt toe gaan. Sterkte met die pakkery en die groetery, dit le nog vir ons en wag :ilikeit:

Sien julle in Perth

Telanie

Link to comment
Share on other sites

Hi Telanie

Ons vlieg nou 11 Augustus. Gaan redelik dol hier by ons. Tussen al die gepakkery is dit al die farewells (waarmee ek nie baie goed is nie).

Die 457 vat 'n rukkie om deur te kom, maar as dit eers deur is, vlieg die tyd behoorlik. Laat weet asb wat jou man dink van Perth. Ons was nog nooit in AUS nie.

Sterkte met al julle dinge

Sal laat weet hoe dit daar is as ons eers ons voete gevind het.

Dankie vir die reply

Tanya

Link to comment
Share on other sites

Hi Tanya

Ek het 'n Engelse vriendin wat in Perth bly wat van Durban afkom, ek kan haar jou cell nommer gee as jy haar wil bel, sy is baie behulpsaam en sal jou enige tyd kontak om jou te help as jy hulp nodig het.

Groete

KZNAussie

Hi almal

Ek is al 'n wyle 'n "passiewe" leser van die forum. Lees elke aand almal se stories. Het al lekker gelag en gehuil saammet baie van julle wat ek nie eers ken nie. Toe gisteraand staan die woord APPROVED op die immigrasie website en die werklikheid tref my soos 'n bom - ons gaan regtig AUS (Perth) toe. Ons 136 Visa is in die proses maar ons gaan nou oor op 'n 457!

Alhoewel ek al baie dinge uitgesorteer het ( my liewe huishulp dink dis kersfees) en ons huis het gelukkig vinnig verkoop, het ek seker maar in 'n droomwêreld gelewe en nie die finaliteit en realiteit van ons besluit besef nie!! Ek weet verseker ons het die regte besluit gemaak, maar weet regtig nie hoe ek ooit van my vriende en familie gaan kan afskeid neem nie. Ons het twee pragtige seuntjies (3 en 2 jaar oud) en ek weet op die lange duur is dit die beste vir hulle, maar weet nie hoe die feit dat hulle nie meer hulle oupa, ouma en maatjies gaan sien hulle gaan affekteer nie!!

Ek wil graag weet hoe maak mens vriende in 'n land waar jy niks of niemand ken nie. Waar begin mens??? 'n Ander vriendin het 'n grappie gemaak en gesê jy gaan staan in 'n park met 'n bord om jou nek wat sê "HELP ASB. SOEK VRIENDE, ONS IS VARS UIT SA!". Hoop nie ek raak ooit so desperaat nie!! En ook vir my seuntjies.... hulle is mal oor maatjies!

Wat maak die meeste ma's met jong kids in Perth??? Werk hulle en dan is kids in speelgroepie of is hul tuisbly ma's. My oudste seuntjie begin vg jaar met kindy en die jongste die jaar daarna.... Die pryse vir speelgroepies is vir my net vreeslik baie,. Ons gaan vir kindy A$40 'n jaar betaal, maar dan kos speelgroepies A$50 'n dag, is dit nie bietjie buite verband nie?

Wel al die pakkery en vaarwelle lê vir ons voor!!!

Sien julle oor so twee maande in Perth!! (Kyk uit vir my in die parke met die bord om my nek.....Ha-Ha)

Tanya

Link to comment
Share on other sites

Hi Tanya

Sal versekerlik laat weet hoe dit lyk in Perth. Ek is natuurlik jaloers omdat ek nie kan saamgaan nie, maar hubby moet maar genoeg foto's neem. Ons het sy shortstay business visa teruggekry, en wag nou net om te hoor vir wanneer sy vliegkaartjie bespreek is :ilikeit:

Sterkte weereens, en ons laat weet sodra hubby terug is.

Telanie

Link to comment
Share on other sites

Hi Telanie ek het vir jou n personal mail gestuur.Se asb vir jou man as hy enige hulp nodig het in Perth kan ek my telnr. vir jou deur stuur.Sal hom met graagte help.

Groete Albert.

Edited by Allie&Urs
Link to comment
Share on other sites

Hi almal

Ek is al 'n wyle 'n "passiewe" leser van die forum. Lees elke aand almal se stories. Het al lekker gelag en gehuil saammet baie van julle wat ek nie eers ken nie. Toe gisteraand staan die woord APPROVED op die immigrasie website en die werklikheid tref my soos 'n bom - ons gaan regtig AUS (Perth) toe. Ons 136 Visa is in die proses maar ons gaan nou oor op 'n 457!

Alhoewel ek al baie dinge uitgesorteer het ( my liewe huishulp dink dis kersfees) en ons huis het gelukkig vinnig verkoop, het ek seker maar in 'n droomwêreld gelewe en nie die finaliteit en realiteit van ons besluit besef nie!! Ek weet verseker ons het die regte besluit gemaak, maar weet regtig nie hoe ek ooit van my vriende en familie gaan kan afskeid neem nie. Ons het twee pragtige seuntjies (3 en 2 jaar oud) en ek weet op die lange duur is dit die beste vir hulle, maar weet nie hoe die feit dat hulle nie meer hulle oupa, ouma en maatjies gaan sien hulle gaan affekteer nie!!

Ek wil graag weet hoe maak mens vriende in 'n land waar jy niks of niemand ken nie. Waar begin mens??? 'n Ander vriendin het 'n grappie gemaak en gesê jy gaan staan in 'n park met 'n bord om jou nek wat sê "HELP ASB. SOEK VRIENDE, ONS IS VARS UIT SA!". Hoop nie ek raak ooit so desperaat nie!! En ook vir my seuntjies.... hulle is mal oor maatjies!

Wat maak die meeste ma's met jong kids in Perth??? Werk hulle en dan is kids in speelgroepie of is hul tuisbly ma's. My oudste seuntjie begin vg jaar met kindy en die jongste die jaar daarna.... Die pryse vir speelgroepies is vir my net vreeslik baie,. Ons gaan vir kindy A$40 'n jaar betaal, maar dan kos speelgroepies A$50 'n dag, is dit nie bietjie buite verband nie?

Wel al die pakkery en vaarwelle lê vir ons voor!!!

Sien julle oor so twee maande in Perth!! (Kyk uit vir my in die parke met die bord om my nek.....Ha-Ha)

Tanya

Hi Tanya.

Ons meubels is Maandag gepak en ons bly nou in tydelike accomodation tot Vrydag die 10de, Julle vlieg ook mos Vrydag . ?

Ek sal jou se dit was nag gewees vanaf Maandag , en ek se vir my vrou Ilse dat die week het so vinning gevlieg , voor ons ons oe uitvee gaan dit volgende week wees.

Ons gaan tydelik in Maylands bly in Rivercourt Apartments.

EK moet eers werk probeer kry voordat ons sal besluit waar ons gaan settle. Ons kyk ook na Duncraig,Mindarie ,Kinross etc..

EK is ook in die IT bedryf, networks en Project Management . Het vir Lafarge Cement in SA gewerk. Het ook Dinsdag klaar gemaak.

Wel, Tanya , soos ons vroeer gese het ons sal mekaar by die lughawe sien en ja, ons families moet maar mekaar ondersteun.

Aan die Basson familie , hang in there , niemand het gese dit gaan maklik wes nie ne :D

Hou net vas aan die Here en ek se jou Let go let God.

Groete

Jan Botha

Link to comment
Share on other sites

Join the conversation

You can post now and register later. If you have an account, sign in now to post with your account.

Guest
Reply to this topic...

×   Pasted as rich text.   Paste as plain text instead

  Only 75 emoji are allowed.

×   Your link has been automatically embedded.   Display as a link instead

×   Your previous content has been restored.   Clear editor

×   You cannot paste images directly. Upload or insert images from URL.

×
×
  • Create New...