Jump to content

Mag ek my cc in RSA hou terwyl ek in Aus bly?


Riekie

Recommended Posts

As ek 'n cc in RSA het en ek bly in Aus - mag ek my cc in RSA hou en steeds bedryf? Mag ek in dieselfde tyd ook 'n besigheid in Aus begin?

Link to comment
Share on other sites

Nogal 'n interresante vraag, hierdie is in my veld so ek gaan jou uitvind. Julle is al PR? Ek is seker jou CC gaan nog aan maak nie saak waar jy in die wêreld is nie, want jy is mos SA burger.

Link to comment
Share on other sites

Dedrei, nee ons is nog 457 (PR enige dag nou......). Hou jou duime en groottone vas asb!!

Thanks dat jy vir my sal uitvind!! Dit is eintlik vir iemand anders wat ek nog op RN "ontmoet" het en met wie ek steeds weg vd forum af mee in kontak gelby het. Hy het my gisteraand die vraag gevra toe dog ek laat ek dit sommer op die forum plaas. Hy is nog in RSA, maar wil, sodra hy hier in Oz is, dieselfde besigheid (web design) hier voortsit, sowel as die een in RSA mee voortgaan, en hy is nie seker oor al die "legallities" nie. (Ek het hom intussen oorreed om op die forum te registreer want hy het baie vrae!) Dit sal "great" wees as jy kan help - thanks!!

Link to comment
Share on other sites

Volgens CC wet kan enige natuurlike persoon 'n lid van 'n CC wees, hy moet net nie insolvent wees nie.

Al wat gaan gebeur is dat die persoon dan nog steeds vir Persoonlike Income Tax & provisional tax geregistreer gaan wees, omdat hy lid is van die CC is en sal bly maak nie saak waarna toe hy gaan nie.

Hoop dit help Riekie.

Link to comment
Share on other sites

Hi Riekie,

Dedrei is heeltemaal reg oor die opmerking van die lid, solank dit 'n natuurlike persoon is, maak dit nie saak waar in die wêreld hy/sy is nie, of wat sy/haar burgerskap is nie, maar daar mag moontlike belastingpligtige implikasies wees.

Ek is geensins 'n kundige op BKs nie, maar wel die volgende: Die geregistreerde posadres en kantoor moet 'n adres binne Suid-Afrika wees (of soos die wet dit stel: binne die republiek). Alle dokumentasie, verslae (bv. rekenkundige state), ens. moet ook beskikbaar wees om besigtig te word by die adres.

Ek glo dit is net 'n tegniese punt, dus kan enige adres op gegee word van 'n vriend of iemand anders in Suid-Afrika wat bereid sal wees om sy adres daarvoor beskikbaar te stel.

Die BK mag wel bedryf word uit die buiteland, en dus net 'n kwessie van 'n geregistreerde adres.

Die hele BK wet kan besigtig word by: http://www.acts.co.za/cc/index.htm.

Die spesifieke punt van hierbo is in afdeling III, paragraaf 25.

'n Lid van 'n BK het gewoonlik kontak met 'n rekenmeester of 'n ouditeur, en ek sal nogsteeds aanbeveel dat kundige advies ingeroep word.

Maar, ek dink die kort antwoord: Ja, dit kan gedoen word, maar, maak net seker van enige ander "legailities" daar omtrent met 'n kundige.

Link to comment
Share on other sites

Zak jy's reg. Gewoonlik is die geregistreerde adres altyd die rekenmeesters s'n so dis ook nie 'n probleem nie. Omdat die state en al die statutêre goed by die kantore van die rekenmeesters is. Dis baie weinig dat die lid se adres op is vir dit. Solank die persoon kontak hou met sy rekenmeester en die met hom behoort alles fine te wees.

Link to comment
Share on other sites

Sjoe, dankie julle almal! Ek voel nou sommer "slim"!! <_<

Link to comment
Share on other sites

Join the conversation

You can post now and register later. If you have an account, sign in now to post with your account.

Guest
Reply to this topic...

×   Pasted as rich text.   Paste as plain text instead

  Only 75 emoji are allowed.

×   Your link has been automatically embedded.   Display as a link instead

×   Your previous content has been restored.   Clear editor

×   You cannot paste images directly. Upload or insert images from URL.

×
×
  • Create New...