Jump to content

Sommer net nonsense op 29 Mei 2007


Jan Stoof

Recommended Posts

Sommer net nonsense op 29 Mei 2007

Skryf nou hier vanaf Moroolbark. Is somewhere in die buite wyke van Melbourne. Waar weet nugter, ek weet nie. Die plek se naam is Pinetop en is die vesting van Jim Pennman se Jim’s Group. Ek bly hier in ‘n Cottage saam met twee ander aspirant Franchisees. Ons het twee dae van intensiewe lesings agter die blad. Skryf toe vanaand eksamen. Sal seker pluk, maar daar is darem ‘n “her” Saterdagaand. As ek dit dan nie maak nie, moet ek weer oor’n maand kom klas loop. Hoop nie so nie. Die kurses duur twee weke, en jy skryf so elke twee dae eksamen. As jy pluk raak jy net al verder agter en dan moet jy dalk die hele twee weke weer kom oor doen. Teen ‘n koste van $5000 per kurses, pluk jy nie graag nie.

Die standaard is hoog en daar is nie shortcuts nie. Jy doen dit in elk geval vir jouself en jou aspirant kliente.

Gaan netnou die velle vat. Nog ‘n bietjie vroeg om nou al te gaan slaap. Klas begin eers 8:30 en dit laat ‘n lang nag voor. Gisteraand 12 uur gaan slaap. Bietjie geswot, sien. Wie sou nou kon dink ek weer op my oudag sal begin swot? Hoe doen ‘n mens dit nou weer?

Heelwat later, 4 dae later om presies te wees.en dit is Saterdagaand. Het vandag eers 7 uur opgehou met klas. Uitgemergel sê ek vir julle. Het darem Dinsdag se eksamen en vanaand sin gepass. More is genadiglik Sondag en ‘n rusdag.

Volgende week gaan ons leer hoe om vir die geld te vra en darem iets in ruil daarvoor aan te bied. Bemarking en kruip noem ek dit. Sal maar sien. “The gift of the gab” was nog nooit een van my sterk punte nie. Maar, hulle belowe as ons klaar is, verkoop ek ys aan ‘n Eskimo. Sal maar sien.

Verder vrek ons van die honger. Dit gaan lank vat voor ek weer buns en slaai in die oë kan kyk. Vanaand ‘n lekker stuk Rump gaan koop. My eerste stukkie rooi vleis in 7 dae.

Ek moet sê, dat die enigste tye wat ek nog na RSA verlang, is wanneer ek na my neefs se skaapvleis verlang. More oggend is dit Bacon and Eggs. Salig. My maag wonder al hoeka wat se brood tref hom elke oggend saam met die Post Toasties.

Vandag gehoor dat as jy ‘n Mitsubishi Triton koop, dan gee hulle vir jou ‘n jetski saam as speelding. Lekker. Gaan maar swaar slaap die volgende paar dae met die gewigtige besluit om te neem. Koop ek ‘n jetski en ‘n voertuig wat later van die mark af gaan, of koop ek ‘n paneelwa wat die job kan doen?

Is nou Donderdag aand. My mede “housemates” doen ‘n “rollplay” Hulle oefen om te verkoop vir more se eksamen. Ek kan my oê nie oophou nie en het kom slaap. Tik net gou die paragraaf..

Is nou Vrydag aand so 11 uur. By die huis in Adelaide. Dank Vader. Kan weereens nie my oê oophou nie, raak nou ‘n gewoonte. Sal more verder skryf.

More is dit. Laat, heelwat later. Darem uitgerus en lus om weer na ‘n lang afwesigheid iets oor my ervaringe die afgelope twee weke te skryf.

Kan nou maar die aap uit die mou laat. Ek het ‘n Franchise by die “Jim’s Group” gekoop.

Die van julle wat hier lees en in Oz bly sal weet van “Jim’s mowing” Jy kan ook nie anders nie want daar is sowat 2000 “mowers” ooral in Oz versprei. Maar, ek gaan nie “mow” nie. Nee ek gaan “Test and Tag” Dit behels die toets van elektriese apparate om aan die OHS vereistes te voldoen. Tot ‘n paar jaar gelede was dit die verantwoordelikheid van elektrisiens. Is nog, maar ons lewer ‘n bykomende aanvullende diens. Ons het naamlik ‘n elektroniese gerekenaardiseerde apparaat wat die werk doen. Die masjien toets die kabel na die apparaat, die driepunt prop, en die apparaat self om aan vooraf opgestelde criteria te voldoen. Dan druk ‘n drukker outomaties ‘n “tag” uit wat aantoon of die apparaat veilig of onveilig is. Jy plaas die tag aan die koord of kabel. Op die tag verskyn jou naam, datum, veilig of onveilig en wanneer die toets weer gedoen moet word. Die apparaat voldoen daan aan die OHS se veiligheids standaarde wat vereis dat alle apparate veilig sal wees vir normale gebruik. Maklik.

Nie so maklik nie. Om tot op daai stadium te kom waar jy “competant” verklaar word, is nie maklik nie. Behalwe die klomp geld wat die paartie kos, moes ek leer soos nog nooit tevore. Ek is skoon soos ‘n stuk biltong. Nog steeds met vet aan die buitekante, maar uitgedroog binne in.

Nou kom die groot toets. Om die show aan voornemende kliente te verkoop. Dit is waar die “asking” inkom. Jy ask vir werk, verkoop jou storie en doen die job. “The proof of the pudding is in the eating”

Het toe vandag, 20 Junie, vir my ‘n Ford Transit paneelwa gekoop. Kry hom Vrydag. Gaan maar swaar van sy boetie, die stasiewa, afskeid neem. Sal weer eendag een koop. Darem lekker om die sweep te klap en daai ses perde te laat hol. Kon hom net nooit hier in Oz vinniger as 130 kry nie. Is al net so bang soos die Ozzies vir die “officers”

Eendag is eendag. Die paneelwa is ook ‘n diesel en sy vier perdjies is maar heel rustig. Raak nou regtig oud as ek dit sommer net kan aanvaar. Maar, die lewe gaan voort en ons moet ‘n lewe maak want die LOTTO wil nie sy kant bring nie.

Saterdag speel die Springhase, ekskuus Springbokke weer teen die Ozzies. My verdeelde lojaliteite raak nou moeilik om te hanteer. Is darem partykeer ook tot my voordeel. As die bokke aftjop, moet ek die spot van al die aangetroude familie verduur. Dalk kry die voornemende kliente my jammer en gee vir my werk. Hoop so.

Groetnis.

NS. Moet die een vertel voor ek aflui. Vrydagaand op Melbourne lughawe kom ons laterig daar aan. Ek hol tot by hek 6. Net om te hoor dat ek die vlug verpas het. Gaan toe terug na die ontvangs om ‘n vlug vir die volgende dag te bespreek. Daar gekom, sê die dammetjie vir my dat die vlug “delayed” is. Terug by hek 6 sê daai dame dat sy vir my gesê het dat die vlug delayed is. Ek in my onnoselheid en hardhorendheid het gehoor dat ek “late” is. Man, was ek nie bly om op daai vlug te wees nie. Melbourne sien my nie gou weer nie.

Link to comment
Share on other sites

Hello Jan ! goed om van jou te hoor, ek lag lekker vir jou beskrywing van die biltong!! Jy moet onthou jy is 'n Afrika Baba en ons is almal slim ! Geniet die rugby. gaan my ozzie - t shirt aantrek dit hang af wie wen of verloor of ek hom die hele tyd gaan aanhou. Ons kan dit tot ons voordeel gebruik die wortel ding in 2 lande.

Link to comment
Share on other sites

Hallo Mandyl. Ja, dit gaan maar moeilik met die verdeelde lojaliteite. Dit raak so 'n bietjie makliker want my ou dik lyf pas maar swaar in my bok trui. Sal hom maar net so eenkant oor 'n stoel hang. Verder gaan dit maar moelik hier in Footy land. Niemand hier stel belang in rugby nie. So, as ek skrou, vir watter span ookal, is hier niemand wat saam skrou nie. My vrou was nog nooit eintlik 'n rugby mens nie en word dit nou al minder. Ons sien die wedstryd so ongeveer 23:30. So daai tyd van die aand is 'n brandewyn en coke ok nie meer lekker nie. Dit help natuurlik ok nie dat een van ons lokale Footy spanne, wat ek noodwendig moet ondersteun, vroeër die aand teen hulle aarstvyande van Melbourne speel nie. My franchise se hoofkantoor is in Melbourne en die lot is almal Kangeroo ondersteuners. Ek MOET kyk om saam te kan gesels by 'n volgende vergadering, besigheid jy weet. Terug by rugby. Eddy Jones, die Wallebies se vroeëre afrigter, voorspel natuurlik dat die Bokke gaan wen. Die een kry ek op die Afrikaanse website in NS.

Knock knock.

Whose There?

Aspersie.

Aspersie who?

As Percy oorgeskop het, het die Sharks gewen.

Link to comment
Share on other sites

Join the conversation

You can post now and register later. If you have an account, sign in now to post with your account.

Guest
Reply to this topic...

×   Pasted as rich text.   Paste as plain text instead

  Only 75 emoji are allowed.

×   Your link has been automatically embedded.   Display as a link instead

×   Your previous content has been restored.   Clear editor

×   You cannot paste images directly. Upload or insert images from URL.

×
×
  • Create New...