Jump to content

Een maand hier


Otto

Recommended Posts

Is vandag presies een maand hier, en my vyfde werksweek. Al waaroor ek spyt is dat ek nie vroeer gekom het nie. Noem dit die honeymoon fase, maar ek geniet my letterlik gate uit hier. En ek kom beter hier met die mense oor die weg as in SA, ek voel oor die algemeen mense is minder snobisties en meer opreg hier as die Bolandse Afrikaners waarmee ek moes werk. Of miskien is dit maar net die dorp hier in die NSW Bush waar ek is?

Ek het my eie konsultasie diens in SA gehad, waar die regering op plaaslike, provinsiale en nasionale vlak hulle bes gedoen het om my keel af te sny. Om nie eers te praat van die korrupsie nie, veral onder die Afrikaners, mens se eie mense! Ek moes my gat af werk, in gevaarlike dele inneuk, het 'n versameling doodsdreigemente gahad. Ek het van so 07h00 tot so 22h00 gewerk, en ook naweke, terwyl Regstellende companies niks gedoen het nie, swak produkte gelewer het, en vir my gelag het.

Hier sal ek weer 'n huwelik kan he, hier hoef ek nie 'n vuurwapen te dra nie, hier kan ek vakansie hou, hier kan ek naweke saam met my vrou deurbring, hier het ek aangesluit by die munisipale gym teen 'n minimale fooi, en swem alke oggend sonder om snaakse veluitslagte te kry nie, hier het ek 'n huis sonder diefwering, hier stap ek saans na die plaaslike koppie en loop kyk vir die 'roos, hier kan ek met trots wees wat ek is, hier kan ek werk en betaal word vir dit wat ek insit, hier kan mens kinders hê, hier vat ek laataand die ferry van Sydney na Manley om net na die liggies te kyk, en loop veilig na die hotel toe, hier kan ek weer trein ry, en hier is fotografie in die bush 'n belewenis, dis net 'n poging om al die duisende vliee van my lense en uit my mond te hou terwyl ek di foto probeer neem. En dit alles maak die lewe die moeite werd.

Ja, en hier is ook negatiewe dinge, maar jy kan dit nie vergelyk met dit in SA nie, maak nie saak wie wat se nie.

En dit wat ek die meeste mis na hierdie maand - net om soggens wakkergemaak te word deur my hond se stink asem en sonder ten minste een kat op die bed.

Edited by otto
Link to comment
Share on other sites

Hi Otto, ek neem aan die hond op die foto is nog in RSA? (Of het jy nou vir jou 'n ozzie brak gekry)? Min dae, dan is vroulief hier!! :(

Link to comment
Share on other sites

Hond is toe na my ouers toe, hy woon nou by die see in Kaap L'Agulhas, en soos dit 'n SPCA brak van Matjiesfontein in die Karoo betaam, is hy mal oor swem en maak gebruik van die geleentheid om dit so veel as moontlik te doen.

Minder as 'n maand dan is vrou hier, ek dink die trek kom so twee weke later, kan nie wag tot al hierdie dinge uitgesorteer is nie.

Link to comment
Share on other sites

Hi Otto, baie welkom in Aussie. Ja daai uitpak is die lekkerste. Elke ding wat jy uithaal, voel sommer

nuut en mens is bly om dit te sien.

Ek sien jy is sommer op ons pad af Melbourne toe... Gaan so vier keer 'n jaar af Melbourne toe.

Tel maar die dae toe ma hier is, gaan way to lekker wees.

Groete uit QLD

L'mari

Link to comment
Share on other sites

Hi Otto

Welkom!!! Ons is nou al 3 maande hier en alhoewel ons SA se mense (familie en vriende) baie mis, stem ek saam met die res. Ek en my man het ook nou die aand gaan stap in die omgewing waar ons bly en dit 20h00 in die aand - iets wat ons nooit in SA die laaste tyd eers sou oorweeg het nie. Mens het nie meer daardie knaende vrees dat mens die volgende slagoffer van geweld gaan wees nie. Ons almal is regtig baie meer ontspanne en die kinders kan weer kinders wees!!!

Groete

Rialet

Link to comment
Share on other sites

Ja, ek stap gou die 500m saans na 08h00 Foodworks toe om melk te loop koop, en sommer oor die treinspoor oor 'n stuk veld as kortpad. Al wat my hier bedreig is hierdie bleddie klitsgras tipe ding wat jy hier het, hy steek in jou sandaal, en vat jy aan hom breek hy in dosyne klein dorinkies. Dis egter stukke beter as die gangsters van SA....

Link to comment
Share on other sites

Ek stem saam wat julle ouens sê oor die 'sonder vrees' te kan loop. Ek het 'n interesante gesprek met 'n Aussie gehad die nader dag oor die "vryheid" wat hulle hier het en nie eers besef nie. My kinders kan weer in die strate speel soos wat ek in die straat gespeel het... iets wat ondenkbaar is in SA, agter die hoë muur, elektriese draad en swaer veiligheids hek...

Anyway ek is ook maar nuuterig hier in Aussie land, nou 11 weke hier. Ek het ook voor my vroutjie gekom, ek en my oudste seun (9jaar) het oor gekom sodat hy kon skool toe gaan en ma en jongste het 5 weke later gevolg. Ons kontainer is huidelik in Brisbane en glo dat ons goed volgende week afgelewer sal word. Ons het Maandag in on huur huis in getrek en huidiglik "kamp" ons 'n biedjie. Hier in ons omgewing is baie Suid Afrikaners, en skat ten minste 20 plus gesinne, en ek het 'n paar goed tussen hulle geleen.

Interesant hoe die boere saam staan hier in die vreemde...

Danie

Link to comment
Share on other sites

Ja, die kamp in die huis, dit is nogal snaaks! 'n Vriend is hier onder in Bendigo (Vic), en hy doen maar dieselfde, behalwe sy vrou en paar maande oue seuntjie kom more en daar is nog 'n paar weke van kamp oor!

Ek pas gelukkig nou 'n man se huis op tot die week, dis nogal 'n bargain!

Link to comment
Share on other sites

Puik post Otto. Jy som ons gevoel ook goed op. Ons is nou al 6 maande hier :ilikeit: en ek kan eerlik se ek was lanklaas so onspanne met my omgewing en gehalte van lewe. Die vryheid is wat ek laas as jong knaap beleef het en ek is bly my kind kan dit ook ervaar, self hope beter.

Ja ek stem, hierdie is die soort lewe wat ek graag wil lei in alle opsigte. :ilikeit::ilikeit: Laat weet hoe jou dinge verder ontvou met jou vrou se aankoms.

Link to comment
Share on other sites

Ek stem saam wat julle ouens sê oor die 'sonder vrees' te kan loop. Ek het 'n interesante gesprek met 'n Aussie gehad die nader dag oor die "vryheid" wat hulle hier het en nie eers besef nie. My kinders kan weer in die strate speel soos wat ek in die straat gespeel het... iets wat ondenkbaar is in SA, agter die hoë muur, elektriese draad en swaer veiligheids hek...

Anyway ek is ook maar nuuterig hier in Aussie land, nou 11 weke hier. Ek het ook voor my vroutjie gekom, ek en my oudste seun (9jaar) het oor gekom sodat hy kon skool toe gaan en ma en jongste het 5 weke later gevolg. Ons kontainer is huidelik in Brisbane en glo dat ons goed volgende week afgelewer sal word. Ons het Maandag in on huur huis in getrek en huidiglik "kamp" ons 'n biedjie. Hier in ons omgewing is baie Suid Afrikaners, en skat ten minste 20 plus gesinne, en ek het 'n paar goed tussen hulle geleen.

Interesant hoe die boere saam staan hier in die vreemde...

Danie

Hi Danie

Ek moes net lag toe ek jou posting lees - dit is inderdaad interessant hoe ons saam staan en mekaar ondersteun en dit hier in 'n ander land!!!! Ons het verlede week 'n partytjie vir my dogtertjie gehou en party mense genooi wat ons nie eers ken nie en almal het onmiddellik geklik - almal natuurlik van SA. Dis asof daar net eenvoudig 'n onmiddellike kameradie tussen ons mede volkslede bestaan. My manager is van Brittanje en selfs hy het al die opmerking gemaak dat dit 'n ongelooflike verskynsel is en hoe gelukkig ons is om dit te kan beleef.

Sterkte met die wag vir julle container - ons het vreeslik feesgevier toe ons meubels en goedere so 3 weke terug afgelewer is, maar die trane het maar gevloei toe mens al die bekende dinge weer uitpak en dit die kinders laat terug dink aan Oupa en Ouma en aan ons huis in Pretoria. Het net daar die DVD speler gekoppel, Huisgenoot Skouspel 2005 uitgehaal en uit volle bors saam met Dozi, Jannie Moolman, Steve Hofmeyr, Theuns Jordaan, Jak de Priester, Koos Kombuis en al die ander gesing en 'n lekker bottel Sauvignon Blanc oopgemaak. Dit was soos salf vir ons wonde - het wonders vir ons gedoen!!!!

Groete

Rialet

Link to comment
Share on other sites

Rialet,

Wat was salf aan die wonde, die DVD of die Sauvignon Blanc? :ilikeit: En ek wat hier in die wynwereld sit het geen rede om te kla oor wynkeuse en pryse nie.

Ek dink ons is al so 5 gesinne en halwe gesinne hier....

Link to comment
Share on other sites

Rialet,

Wat was salf aan die wonde, die DVD of die Sauvignon Blanc? :ilikeit: En ek wat hier in die wynwereld sit het geen rede om te kla oor wynkeuse en pryse nie.

Ek dink ons is al so 5 gesinne en halwe gesinne hier....

'n Mengsel van die twee sou ek sê!!! Ons mis ons Suid-Afrikaanse wyne baie, maar het onlangs by 'n wynklub aangesluit met die doel om Australia se wyne te leer ken. 'n Baie goeie vriend van Durbanville kom vir 2 weke by ons kuier (hy land Sondag) en bring 'n hele boks Van Loveren Sauvignon Blanc saam - dis mos wat mens 'n goeie vriend noem!!!!!!!!!!!

Ons ontmoet ook baie Suid Afrikaners maar doen moeite om by klubs ens aan te sluit - dit help baie. Weet partykeer nie wanneer om al die socials in te pas nie, want my werksure is lank en ons het nie meer vir Magret wat huis skoon maak, kos kook, klere was en stryk nie!!!!!!

Lekker naweek

Rialet

Link to comment
Share on other sites

Van Loveren, dit was my werksarea in SA! Nie dat ek wil teruggaan nie. Ek dink die plaaslike wyne vergelyk baie goed hier met SA, so SA wyne is nie die moeite werd om te koop hier nie. Maar as ek terug in SA is, waar my broer 'n wynmaker is, is dit natuurlik 'n HEEL ander saak....

Link to comment
Share on other sites

Hi Julle,

Otto ek het jou post so geniet en dit het my nounet weer met dankbaarheid laat oorvloei! Wil net se ons is al meer as 2 jaar hier en ons voel nogsteeds dieselfde! Baie het natuurlik te doen met jou uitkyk op die lewe en wat vir jou belangrik is - vir ons is Aus net die plek en dit bevat alles wat vir my punte tel. Hier bly ek nou totlat die dood intree! hehe!

Ons het in JHB gebly, in die middel van die "snob-aggro-ratrace", wou nie eers kinders he daar nie!

Bietjie meer as 2 jaar later is ek baie minder gestres (het my vrou al baie opgemerk - al stres wat ek het is dit wat ek op myself sit, i.e. "Creative tension"), voel ons veilig (Ons het al 'n paar keer die garagedeur vir 'n hele dag oopvergeet, onveskillig wel maar niks het gebeur nie - Lees net jul plaaslike koerant vir die "crime columns" - goeters soos battery vanuit motors word gesteel, grassnyers en weedeters is gesteel, en "servo's" word met 'n mes of "baseball bat" beroof! Erg opsigself maar niks in vergelyking met SA nie. Ek lees dan en wan wanneer ek nou besonder masochisties voel, SA nuus en ek moet se dit wat daar gebeur is so "sad" maar so ver van ons realiteit hier af"

Vir my is die verkeer niks teen JHB nie, die mense cruise letterlik en meestal is mense bedagsaam, toeters word bitter min hier by ons gebruik! ens.) Selfs ek het gewoond geraak op teen 60 en 100 te cruise (iets wat ek nooit gedink het in my is om mee te "comply" nie; jinne ek het nog net in die hele tyd hier 1 "demerit" punt verloor, terwyl ek in SA sommer elke maand vir die boete "gebudget" het!)

Ons het 'n kleinding oppad en vir ons is Aus so familie en kinder-vriendelik! Ons geniet steeds al die buitelewe geleenthede, kampeer, stap, piekniek,swem, strandry en als voel so veilig. Ons gaan nounog aan oor hoe veilig ons voel in vergelyking met SA. Ons het vandag uitgery na die binneland hier in en om Brisbane en dit is regtig wonderlik en pragtig - ek kyk nou selfs met sulke lang oe na daardie "hobby - farm" droom (wat sou die Afr hiervoor wees?) waarvoor my lus al lankal uithang. Ons wou so iets in SA he maar dit was vir ons net 'n te groot veiligheids risiko, en dan is daar die plakkerprobleem. 'n Ou besef gou hier in Aus hoe veilig jou eiendomsreg is en dat niemand regtig jou stukkie "plaas" of grond wil he om op te plak nie! Almal het hulle eie!

Otto ek kan uit jou houding sommer sien dat julle baie gelukkig hier sal wees, en vroulief sal dit ook geniet om jou so positief en rustig te sien. Klink maar jy het 'n rowwe tyd daar in SA gehad!

Wat se tipe konsultasie diens het jy in SA gehad, en wat doen jy nou??

Groetnis

Chatterbug

Link to comment
Share on other sites

Chatterbug,

Ek was 'n stadsbeplanningskonsultant, en nou werk ek as beplanner vir die plaaslike owerheid.

Hier is nou die aand iemand met 'n bottel oor die kop getik op 'n buurdorp, en daar is taamlike berigte in die koerante daaroor. Die aanvalle wat ek oorleef het het geen koerant gemaak in SA nie!

Groete uit die Bush

Link to comment
Share on other sites

Nou ja toe lyk my jy gaan lekker werk hier!

Otto,

Ja jy sal nog gewoond raak aan wat ek "reverse culture shock" noem. Vanaf 'n SA perspektief is ons maar gewoond aan 'n klomp gemors en is so ietwat gedesensiteer ten opsigte van geweld ens. Ook sal jy vind die Aussies (oftewel die res van die wereld wat nie aan dieselfde vlak van geweld blootgestel word nie) maar "sag" en broos voorkom. Veral in die begin. Dink maar so daaraan - hulle is is seker nader aan normaal in vergelyking met waaraan ons gewoond was.

Die dag as jy vir jou plaaslike regering begin briewe stuur oor die slaggate in die pad of die haglike omstandighede wat julle moet deurmaak deurdat hulle nie die gras gereeld in publieke plekke sny nie of dat die publieke toilette vuil is, dan sal jy ge"arrive" het ten opsigte van terugkeer na normaal.

Verlede jaar het 'n motorongeluk in QLD met 6 tiener passasiers daarin dood, 'n kommissie van ondersoek deur die plaaslike regering van stapel gestuur, die Premier was daar "onsite" om die kontroversiele 6km pad te ondersoek en het seker vir 3 aande hoofnuus gemaak, en koerante ens. Bv die paasnaweek het die berig op ons hoof nuus met groot ontsteltenis aangekondig dat die padstreftesyfer ontsellend hoog gestyg het en 'n onaanvaarbare vlak bereik het, nl 'n totaal van 4 is dood waarvan ek dink 3 voetgangers, of so iets?

As die tipe goed jou erg begin ontstel dan kan jy jouself as "ingesettle" beskou.

Lekkerbly

Chatterbug

Link to comment
Share on other sites

Join the conversation

You can post now and register later. If you have an account, sign in now to post with your account.

Guest
Reply to this topic...

×   Pasted as rich text.   Paste as plain text instead

  Only 75 emoji are allowed.

×   Your link has been automatically embedded.   Display as a link instead

×   Your previous content has been restored.   Clear editor

×   You cannot paste images directly. Upload or insert images from URL.

×
×
  • Create New...