Jump to content

Our first day at school!


Tania

Recommended Posts

Hi everyone!

As you can see on the photo ("Moms and Tots in Sydney" post) my kids were very excited to go to school. Naomi was enrolled in Kindy (she turned 6 in April) and Markus in Year 3 (he turned 8 in January). It was also my first day to drive them to school with the help of "Sylvia" (our GPS). We arrived safely and on time! :ilikeit: When we arrived at school, all the kids gathered for a ceremony where the anthem was sung and the flags raised.

The principal and I walked them to their classes. They were welcomed friendly by their teachers and the farewell went by without any tears!

Naomi was all smiles but really tired. She has a lot of catching up to do as the children starts to read and write in Kindygarten, where as in S.A. they only start in grade 1. Her teacher told me that there is a big gap, the Kindy's are already starting to write sentences and she does not really have the time to sit 1:1 with Naomi. This concerns me a bit. :huh: I told her that we are really prepared to work hard and that she has to tell me what I can do from my side to help, as I specifically planned not to go back to work, so that I can help my kids. Anyway, we are going to have a meeting next week and will talk this through and see what we can do to help my little girl. Markus (who is the shy one), had a good time and told me that he made a few friends. He coped well in the class situation and is keen to go back to school. Both my children will attend the "English as a second language" program, at no extra cost.

So... all in all, it went well and in time I am sure they will adapt well.

Tania

Link to comment
Share on other sites

Hi Tania,

Ek is bly die eerste dag het goed gegaan want ek wil nie eers weet hoe dit moet voel om 'n huilende kind by 'n vreemde skool in 'n vreemde land te moet los nie. Ek dink ek sal die hele dag buite op die sypaadjie sit en snot en trane huil myself :ilikeit:

Ek is nou baie bekommerd.... My seuntjie het 6 geword in January. Hy begin nou al 3 letter woordjies lees en skryf maar is nog ver van sinne skryf of lees af. As ek reg verstaan het gaan die kinders in Aus gr. 1 toe as hulle 5 is. Beteken dit dat ek hom weer in "gr.0" gaan moet sit en hy dan 2 jaar agter gaan wees?

Ons gaan Melbourne toe en ek is nie seker of dit verskil van stad tot stad nie maar ek wil rerig nie het hy moet sukkel op skool nie maar ek wil ook nie he hy moet met ou baard in matriek sit nie :huh:

Wat stel jy voor kan/moet mens doen?

Baie groete

Michelle

Link to comment
Share on other sites

Hi Tania,

Ek is bly die eerste dag het goed gegaan want ek wil nie eers weet hoe dit moet voel om 'n huilende kind by 'n vreemde skool in 'n vreemde land te moet los nie. Ek dink ek sal die hele dag buite op die sypaadjie sit en snot en trane huil myself :ilikeit:

Ek is nou baie bekommerd.... My seuntjie het 6 geword in January. Hy begin nou al 3 letter woordjies lees en skryf maar is nog ver van sinne skryf of lees af. As ek reg verstaan het gaan die kinders in Aus gr. 1 toe as hulle 5 is. Beteken dit dat ek hom weer in "gr.0" gaan moet sit en hy dan 2 jaar agter gaan wees?

Ons gaan Melbourne toe en ek is nie seker of dit verskil van stad tot stad nie maar ek wil rerig nie het hy moet sukkel op skool nie maar ek wil ook nie he hy moet met ou baard in matriek sit nie :(

Wat stel jy voor kan/moet mens doen?

Baie groete

Michelle

Hi Michelle,

Ek is nie seker van Victoria nie hoor. Jy sal bietjie moet oplees of van die forumiete in Melbourne moet vra.

Soos wat ek verstaan, verkies hulle om jou kind by dieselfde ouderdoms groep te sit. Byvoorbeeld, Markus het 8jr geword in Januarie 2007, hy was in Gr 2 in S.A., maar hulle sit hom nou in Year 3 by sy ouderdoms groep. Party ouers sit hulle kinders die jaar wat hulle 5 word (voor Julie) in Kindy OF jy kan wag tot hulle 6 word. So.... jy sal kry dat daar wel 2 ouderdoms groepe in 'n jaar is. Ek het Naomi in Kindy gesit omdat sy nie in graad 0 (S.A) formeel leer lees en skryf het nie, so ek het gevra dat sy in Kindy geplaas word en nie by die meeste van haar ouderdomsgroep in Year 1 nie. Hoop dit maak sin :huh:

Miskien kan jul by Kindy begin en hom net opskuif as hy goed vaar?? Dis maar moeilik om vooraf te besluit, al wat ek weet is dat hulle in NSW met formele skoolwerk begin in Kindy.

Sterkte

Tania

Link to comment
Share on other sites

Baie dankie vir jou raad, Tania.

Ek dink ek sal maar net intensief nou met hom sit en probeer opvang sodat hy volgende jaar gr. 1 toe kan gaan.

Ai - al die emosionele goeters darem. Ek dink partykeer mens (of maybe net ek :ilikeit: )maak dit baie erger as wat dit rerig is.

Groete

Michelle

Link to comment
Share on other sites

Hi Tanie

Bly die eerste dag het goed verloop. Jou kiddies het regtig spickeries gelyk.

Ek's seker jou twee sal vinnig aan pas met skool en als. Kan nie glo die kids begin al in kindy leer skryf en lees nie. Dis net amazing. Wys jou net hoe verskil die opvoeding in SA teenoor Aus.

Groete daarso vir almal

Dedrei

x

Link to comment
Share on other sites

Naomi was all smiles but really tired. She has a lot of catching up to do as the children starts to read and write in Kindygarten, where as in S.A. they only start in grade 1. Her teacher told me that there is a big gap, the Kindy's are already starting to write sentences and she does not really have the time to sit 1:1 with Naomi. This concerns me a bit. :ilikeit: I told her that we are really prepared to work hard and that she has to tell me what I can do from my side to help, as I specifically planned not to go back to work, so that I can help my kids. Anyway, we are going to have a meeting next week and will talk this through and see what we can do to help my little girl.

Hallo Tania

So 'n eerste dag op skool kan nogals 'n vreesaanjaende ervaring wees. Wat jou dogtertjie (Naomi) aanbetref, ek sal bietjie vir my Tanya vra (sy was 'n laerskool onderwyseres) of daar enigeiets spesifieks is wat sy kan voorstel wat julle saam by die huis kan doen, ten einde Naomi te help om die ge-skrywery so stres-loos moontlik te maak. Ek moet se^, ek is 37 jaar oud en sukkel nogsteeds om leesbaar te skryf. Ek is seker ek kon 'n dokter geword het met daai ou ge-griffel van my.

So glo my, ons gedagtes is gedurig met julle en die' dinge le^ nog vir ons, en ons kinders, voor.

Soos meeste van die ander mense op die forum volg ons julle 'wel en wee' in Aus met entoesiasme (ook so op Heinrich se blog)

Groete en sterkte vir julle

Tjaart en Tanya

Link to comment
Share on other sites

Hi Tania,

Bly om te sien julle eerste dag op skool het goed verloop!!

My dogtertjie word 7 in November en is hier in SA reeds in Gr 1. Lees en skryf al so sukkel sukkel - gaan sy ook eers Kindy toe gaan? Ons sal in Sept in Sydney wees.

My seun Lourens is leergestrem en is 2 jaar teruggehou - hy word 12 in Desember en is tans in Gr 4 in n spesiale skool - ons moet nog uitvind van spesiale skole in Sydney as ons daar kom en weet ook dus nog nie hoe gaan dinge vir hom daar uitwerk nie?

Geniet dit en hoop om julle almal sommer vinnig te kan ontmoet

Groete

Estelle

Link to comment
Share on other sites

Hi there Tania

Glad to hear things went relatively well. My eldest son moved in Grade 1/Year 1 and he is very happy but is battling with his maths basics a bit he is now in year 3. I don't know if it is in his Genes as I hated maths or if he just dosent' understand the concepts but we are spending alot of extra time with him and it seems to be helping. I think it is worth the initial hardwork to try and get them up to speak earlier rather than later. My nephew who also moved in Year 1 (started year 1 in Aus) is battling with his reading and I know that my sister in law spends time working with him also. Its tough at first but hang in there, kids are strong and they will catch up quickly, you will be surprised.

Good Luck

S

Link to comment
Share on other sites

Hi Tania,

Dit is nou so lekker om te lees van jou kinders se eerste dag by die skool :ilikeit: . Ek is nog glad nie daar met kinders in my lewe nie :blush: , maar dit klink so exciting!

Ek het so ‘n ruk terug ‘n boek (Secret Mother’s Business) gelees van Joanne Fedler , ‘n ex-Sa’er in Sydney en hoe sy ingepas en vriende gemaak het met haar kinders se vriende se ma’s. Mens weet nie eintlik wat realiteit is en wat fiksie is nie :blink: , maar dit gee mens darem hoop :) om te sien hoe ‘n ander “Mamma” kon inpas en vriende gemaak het!

As jy kan, stuur ‘n bietjie foto’s van die skool. Met daardie tradisionele uniform is die skoolgeboue ook seker baie tradisioneel :D .

Bly om te hoor dat die skoolhoof so involved is en my hart kry sommer ‘n warm gevoel :holy: !

Geniet elke oomblik en groete vir Heinrich en die kids ;) .

Lovies, Pippa! X

Link to comment
Share on other sites

Hi Tania,

Bly om te sien julle eerste dag op skool het goed verloop!!

My dogtertjie word 7 in November en is hier in SA reeds in Gr 1. Lees en skryf al so sukkel sukkel - gaan sy ook eers Kindy toe gaan? Ons sal in Sept in Sydney wees.

My seun Lourens is leergestrem en is 2 jaar teruggehou - hy word 12 in Desember en is tans in Gr 4 in n spesiale skool - ons moet nog uitvind van spesiale skole in Sydney as ons daar kom en weet ook dus nog nie hoe gaan dinge vir hom daar uitwerk nie?

Geniet dit en hoop om julle almal sommer vinnig te kan ontmoet

Groete

Estelle

Hi Estelle,

As jou dogtertjie nou in graad I behoort sy teen die einde van die jaar haarself goed te kan help. So... ek dink nie jy gaan probleme he nie! :ilikeit: Onthou, in Naomi se geval het sy nog glad nie leer lees of skryf nie, dis mos maar nog baie informeel in Gr 0 in S.A.

Gewoonlik is die meeste van die kinders wat 7 word in year 2, so ek sou voorstel dat jy vra dat hulle haar in Year 2 inskryf volgende jaar en nie year 3 nie, dan is die sprong nie so groot nie, maar dit hang seker ok maar af van kind tot kind! Kyk maar hoe gaan dit teen die einde van die jaar.

Ek sou sê ter voorbereiding, oefen daai wiskunde goed en lees solank baie in Engels. Ek weet dat die slim mense se dat 'n taal baie belangrik is, as 'n kind se taal goed vasgelê is, help dit dat hulle nie later met Wiskunde sukkel nie.

Ek sal julle op hoogte hou.

Groete

Tania

Hallo Almal!

Baie dankie aan al jul forumiete vir die komplimente en bemoedigende woorde. Dit help hierdie moederhart sommer dik stukke! :ilikeit:

Pippa, ek sal beslis bietjie foto's neem van die skool en sommer van die "dorp" ook. Wees dus op die uitkyk! :ilikeit:

Groete

Tania

Link to comment
Share on other sites

Hiya Tania.

This has been a GREAT thread that has taken us all along with you and your children on their 'first day of school' adventure. With my children starting school in Sydney soon it has been great to get real feedback.

I hope day 2 was better than day 1.

Cheers

Reid

Link to comment
Share on other sites

Hey Tania - ek is bly die kiddies het dag een traanloos oorleef. Moenie te veel stres nie - ek het my dood bekommer oor my dogter en sy het baie vinnig opgevang! Mens waardeer dit dat die skool so eerlik is met jou - ek hoop regtig daar is 'n manier hoe julle vir Naomi met die skrywery kan help. Ek weet jy sal alles doen wat jy kan van jou kant af - gelukkig is die pas hier nie so vinnig nie, en hoort sy gou by haar maats te wees. Sterkte vir jou!! (Hoor by die skool of hulle sal toelaat dat jy 'n paar dae saam met haar skool toe gaan sodat jy kan sien hoe die skryfwerk in die klas hanteer word en haar kan help daarmee - hulle is gewoonlik nie snaaks daaroor nie...)

Link to comment
Share on other sites

Hi Tania

Hoop die kiddies geniet nog hul nuwe skool!

My suster het haar dogtertjie (word 7 hierdie jaar en is in graad 1) met Kumon onderrig laat begin omdat hulle ook Aus toe sou immigreer en haar dogtertjie maar min blootstelling aan engels gehad het. Hulle bied Engels (lees, skryf ens.) asook Wiskunde aan en volgens my suster baat haar dogtertjie baie daarby. Ek glo ook jou dogtertjie gaan sommer vinnig self opvang met die skrywery, maar gaan loer gerus by http://www.kumon.com.au/ as jy meer daaroor wil weet.

Groete

Mila

Link to comment
Share on other sites

Guest wilna

Hi Julle

Ek het vir vier jaar by 'n Kumon sentrum gewerk, dit is baie goed as die ouers toegewyd is.

My dogtertjie het van 5j tot 9j Eng en Wisk Kumon gedoen, sy het tot nou toe geen probleme in die vakke nie. Inteendeel, sy help my met my Eng en sy is maar 12j.

My seun het net die Wisk gedoen en ek is baie spyt, sy Eng se spelling as nie goed nie. Ek oorweeg ook om hulle weer te laat begin.

Groete

Wilna

Edited by wilna
Link to comment
Share on other sites

Hi Tania

Wonder sommer hoe gaan dit nou met Naomi in die skool?? Wat behels die ekstra engelse klasse vir kids wat Engelse nie eerste taal is nie. My vriendin se niggie het vir 3 maande lank elke dag saam met haar kind skool toe gegaan. Nou (2jr later) is hy die toppresteerder in sy klas!

Klink of julle dit geniet in Sydney!!

Sterkte!

Tanya

Link to comment
Share on other sites

Dit is nou wraggies 'n oulike "site"! Dankie Skim!! :ilikeit:

Link to comment
Share on other sites

  • 2 weeks later...

Hi Tania.Sjoe ek kan my net voorstel wat jy moes deurgaan.My dogtertjie is 3en n half en dit le vir my ook voor.Ek wil nie eers daaraan dink nie dan raak ek sommer mal.Maar dan dink ek die 9 maande wat ons in Perth bly het sy van dag een ingepas en ons so verbaas.Wys jou hoe sterk is n mens se ou bloeikies.Ek is bly jou kiddies het so goed gevaar op hul eerste dag dit is wonderlik en wys jou hoe sterk is die klein mensies ne.Sterkte vir jou en veral vir jou kiddies.

Groete Urs.

Link to comment
Share on other sites

Join the conversation

You can post now and register later. If you have an account, sign in now to post with your account.

Guest
Reply to this topic...

×   Pasted as rich text.   Paste as plain text instead

  Only 75 emoji are allowed.

×   Your link has been automatically embedded.   Display as a link instead

×   Your previous content has been restored.   Clear editor

×   You cannot paste images directly. Upload or insert images from URL.

×
×
  • Create New...