Jump to content

Vanuit Kalgoorlie


Buck

Recommended Posts

Hi almal

Ek weet ek het baie lanklaas geskryf, maar ek het nie internet nie.(nognie) Ek gebruik maar familie se internet so ek het nou 'n kans.

Ons het mos 22 Mei hier aangekom. 6 Uur die aand neergestryk op Kalgoorlie se lughawe. Dit was al donker.

Drie tasse, Pram, Laptop, Kamera's handbagasie, vier volwassenes en 'n 16 maand oue kind, dit was knap sit in daai Hyundai Tucson oppad huistoe.

Ons is eers deur die dorp geneem vir 'n scenic route. Dit help niks in die donker, veral as jy nou net van SA af geland het nie. Alles is vreemd, en lyk snaaks.

Anyway, toe ons die volgende oggend wakker word, kon ons eers sien hoe die plek regtig lyk. Soos ek voorheen gesê het, Kimberley.

Ons het dadelik weer die pad gevat en begin verken. Al wat ons die dag gedoen het was verken.

Die volgende dag het ons by ANZ bank ingeloop en 'n bankrekening geopen. Sommer 2. Een vir alledaagse gebruik en een vir spaar.

Daarna het ek gaan karshop. Hier gekyk en daar. Crap en nog crap. Toe sien ek die Holden Apollo daar staan. In Suid Afrika ken ons dit as 'n Toyota Camry. Dit is 'n 220Si Auto. Gemerk $4000.

Toetsry en alles lyk ok. Ek maak hom 'n offer van $3500. Hy byt. Yay. Ons eerste Aussie kar.

Die stamp duty is betaal en nou is die kar op my naam.

Daai selfde middag skryf ek en Michelle ons learners vir die Western Australia Drivers License. Ek slaag , sy pluk met een punt. Sy skryf toe oor.

Nou ja, ek ry die 5 de Julie my praktiese toets en Michelle hare die 6de.

So vir eens en vir altyd: Mens kan nie jou SA lisensie laat omskakel na Western Australia toe nie.

Anyway, begin toe werk soek. Ek is 'n electrician. Moenie vir een oomblik dink jy gaan hier werk as elektrisien sonder 'n "A" Grade Western Australia License nie, NO WAY HOSEe.

Ek het in SA my kwalifikasie laat "Recognise" deur TRADE RECOGNITION AUSTRALIA. IN CANBERRA

Hulle het aan my toe 'n dokument gepos en gesê dat ek as "General Electrician" Kwalifiseer.

Laat ek nou julle voornemende "electrician" immigrante vooraf waasrku: Daai dokument beteken niks vir niemand hier nie, maar jy moet dit wel doen vir die visa sowel as vir die volgende stappe.

Ek moet nou weer by Trade Recognition aansoek doen vir 'n "Australian Recognised Trade Certificate" (ARTC). Weereens moet jy jou hele pedigree vir hulle stuur nes die keer in SA, maar hulle soek die vorige aansoek se reference nommer ook. Al hierdie aansoeke gaan nou MELBOURNE toe.

Dan gaan daar eksamens afgelê word. Alles teen 'n koste natuurlik.

As jy dan nou die ARTC verower het, doen jy aansoek in Perth vir 'n tydelike permit om onder iemand anders se lisensie te werk en ook dan aansoek vir die WA Grade A license. Terwyl jy dus dan nou wag vir jou WA Grade "A" license, werk jy op hierdie tydelike permit.

Ek het CV's ingestuur na plekke, personeel agentskappe geregistreer, maar niemand kan my indiens neem sonder die WA lisensie nie.

Ek was gelukkig in die sin dat 'n ander SA'ner hier, my CV by KCGM (Kalgoorlie Consolidated Gold Mines) ingegee het. Ek was genooi vir 'n onderhoud en alles het positief geklink. Al wat weereens in die pad was is die WA lisensie. Hulle het egter gesê dat hulle my weer sal kontak om te kyk of hulle nie op 'n ander manier kon werk om my in te kry nie.

So dan wag ons maar, maar die ou bietjie randjies wat ons uit SA saamgebring het raak nou bietjie minder.

Ek het toe 'n geleentheid gekry om in Bunbury te gaan werk vir 'n baie laer salaris maar ek kon tenminste dadelik begin.

Ek was keen daarop en het besluit om te gaan. Ek kontak toe vir KCGM en sê dat ek Bunbury toe gaan.

Hulle begin toe dadelik planne maak en kry 'n manier om my hier te hou. Hulle kom toe met die voorstel dat hulle my as Trade Assistant kan aanstel en ek moet dan my WA lisensie kry binne 'n sekere tyd.

Die salaris is sommer $10 per uur beter as in Bunbury.

So, ek bly en begin DV Maandag 11 Junie by KCGM te werk.

Verder gaan dit oraait. Het al meer SA'ners hier in Kalgoorlie ontmoet as Aussies. Die weer is op die oomblik ok en die vlieë nie so erg nie.

Wel, ek gaan vir eers. Sal weer update oor die situasie hier in Kal.

Sterkte vir julle wat nog kom.

Groete

Buck

Link to comment
Share on other sites

Hi Buck, dankie vir die update. Lyk my 'n mens moet maar vinnig leer wat om te doen om te survive. Sterkte en ons sien uit na jou volgende update!

Link to comment
Share on other sites

Join the conversation

You can post now and register later. If you have an account, sign in now to post with your account.

Guest
Reply to this topic...

×   Pasted as rich text.   Paste as plain text instead

  Only 75 emoji are allowed.

×   Your link has been automatically embedded.   Display as a link instead

×   Your previous content has been restored.   Clear editor

×   You cannot paste images directly. Upload or insert images from URL.

×
×
  • Create New...