Jump to content

Vakkeuses


Riekie

Recommended Posts

My dogter is in Gr 8 en ons is gisteraand ingelig oor haar opsies vir vakkeuses vir Jaar 9 & 10. Ons was verbaas oor die vakke wat beskikbaar is om van te kies! Behalwe vir die verpligte vakke soos Mathematics, Science ens. moet sy 1 vak uit die "One Year Course Outlines" kies en 2 vakke uit die "Two Year Elective Courses" soos hieronder:

Dit is net ongelooflik dat sy uit so 'n wye verskeidenheid van vakke kan kies :whome: en sy is sommer opgewonde oor volgende jaar! :ilikeit: (Ek roep Tik, Noord Sotho, Naaldwerk en Duits op in my skoolloopbaan geheue......) Hulle kies weer vakke vir Year 11 & 12 - ek sal oor 2 jaar daaroor rapporteer :)

Nog iets interessant is dat in Year 7 & 8, die seuns en meisies almal houtwerk, metaalwerk, naaldwerk & kookkuns doen! Sy het al 'n CD rak, "poop scoop", pothouer, penneblikkie, "toolbox" en elektroniese speletjie gemaak en ook "boxers" en 'n hele paar wenresepte aanmekaar geslaan - so ook al die seuns. Hier word nie onderskeid gemaak tussen tipiese seuns & meisies vakke nie, en as sy wil, kan sy iets soos houtwerk tot in Year 12 doen!

Link to comment
Share on other sites

HALLO DAAR DANKIE VIR AL DIE INLIGTING.EK HET OOK DRIE SEUNS EN EK DINK HULLE SAL DIE VAKKE BAIE GENIET.HIER IN SA IS NIE VEEL VAN N KEUSE NIE, EN KINDERS RAAK GOU VERVEELD. :unsure: BAIE GROETE K

Link to comment
Share on other sites

Ek raak sommer opgewonde vir my kinders se onthalwe (en om te dink my oudste is nog nie eers 3 jaar oud nie :D ). Ek sou nogal gesukkel het om 'n keuse te maak ;) . Daar is net te veel waarin mens belangstel.

Nog iets interessant is dat in Year 7 & 8, die seuns en meisies almal houtwerk, metaalwerk, naaldwerk & kookkuns doen! Sy het al 'n CD rak, "poop scoop", pothouer, penneblikkie, "toolbox" en elektroniese speletjie gemaak en ook "boxers" en 'n hele paar wenresepte aanmekaar geslaan - so ook al die seuns. Hier word nie onderskeid gemaak tussen tipiese seuns & meisies vakke nie, en as sy wil, kan sy iets soos houtwerk tot in Year 12 doen!

Dit is verblydend om te hoor. Vir my gaan dit hoeka daaroor om jouself te verryk op uiteenlopende gebiede ongeag van wat jou geslag is. Ek kon my altyd so vererg wanneer ek skeef aangekyk is omdat ek kwansuis goeters doen wat net "seuns" of "mans" veronderstel is om te doen :unsure: . Wonderlik dat daardie persepsie darem besig is om te verander :D .

Link to comment
Share on other sites

Hi almal

Ek wou net se dat nie alle skole in Aus dieselfde vakke aanbied nie, en dat julle eers moet kyk wat jou nuwe skool gaan aanbied. Bv. my ou skool het nie enige houtwerk klasse aangebied nie. Hulle het wel dans en drama vir year 8's aangebied. Ons het ook webpage design en photography vir year 8's gehad. So kyk eers op die skool se website wat hulle alles aanbied, voordat n mens te veel verwag.

Groete

Fred

Link to comment
Share on other sites

Wow!

Ek sou wat wou gee om eerder houtwerk te doen as naaldwerk (waarin ek hopeloos was! Het my ma of een van haar vriendinne gekry om gewoonlik uit te help!) :blush:

Ek weet van 'n paar skole in Somerset Wes en in die Kaap wat regtig ook nou probeer om interessante vak keuses aan te bied, maar ek dink nie enige iets op daardie vlak nie. Ek sou ook opgewonde gewees het as ek sulke vakke kon doen! :D

Darem bly om te sien 'Geography' is nog daar. In die skool waarin ek in Amerika was, het dit glad nie bestaan nie...dalk verduidelik dit 'n paar dinge! ;)

Groete,

Michele

Link to comment
Share on other sites

  • 3 months later...

Hi Riekie,

Ek lees nou eers jou briefie, baie interessant, as ek mag vra, waar gaan jou kinders skool? ek wik graag volgende jaan my dogter in Miller High in sit.

Ek sukkel geweldig om die mense in die hande te kry om te hoor watter vakke hulle aanbied, Sy is volgende jaar in Gr 10

Miskien kan jy help.

Dankie

Lynettej

Link to comment
Share on other sites

Join the conversation

You can post now and register later. If you have an account, sign in now to post with your account.

Guest
Reply to this topic...

×   Pasted as rich text.   Paste as plain text instead

  Only 75 emoji are allowed.

×   Your link has been automatically embedded.   Display as a link instead

×   Your previous content has been restored.   Clear editor

×   You cannot paste images directly. Upload or insert images from URL.

×
×
  • Create New...