Jump to content

MIS


Blossom

Recommended Posts

Vanoggend is my senuwees gedaan, ek sit hier by die tafel met my hande om 'n warm beker tee gevou. ek sit en wag dat lewe terug kom in my hande en voete en dat die bewe ophou.

Ek kom nou net van Adelaide af terug na ek LM en LS gaan aflaai het by die werk. Dit reen (fantasties) en dis koud maar dis alles oraait, ek gee nie om vir nat word of koue nie. Die ding wat my pla is die mis, of sal ek se, mistigheid? Is alles dan erger hier op die koppies, die weer hier is 3 grade kouer as in die dorp self, hier bo reen dit, daar onder nie. Hier is dit toegetrek, onder skyn die son en hierbo trek jy 'n derde trui aan en onder trek jy hom uit.

Maar vanoggend, ai! Af ondertoe ry die karre stert op stert en jy kan skaars sien deur die newels, tot in die tonnel is dit mistig. Onder in Glen Osmond is dit weer ok en mens kan asemhaal. Pasasiers afgelaai en dis terugkom tyd....dis nag, letterlik en figuurlik!

Ek ry in die middelbaan met my rooi karretjie want die lorries ry links en die vinniges regs. En glo my daar is wraggies van hulle wat jaag in die weer. Die hele snelweg is toe onder die newels en hoe hoer mens kom hoe minder is die sigbaarheid. Later kan ek skaars tien tree voor my sien, die kar wasem toe want ek hiperventileer van vrees. Gelukkig ken ek nou al die pad ek ek weet min of meer waar om af te draai.

Hoe doen die ander mense dit, hoe goed is die bus bestuurders net nie? Nie weer vir my nie.

Lyk nie of die tee help nie, waar het ek die cooking sherry gebere?

Gggroete,

Bbbetsy.

Link to comment
Share on other sites

Hi there Betsy, you are more brave than I am - I get v scared to drive when its like that - I don't even like to drive when it raining hard! Hope you feel calmer soon.

Cheer,

Moo

ps. is very clear down here in Sydney but pretty cold brrrr...

Link to comment
Share on other sites

Hi Moo,

Thlee tots cooking shelly and I am vely calm, shank you :P

Breetings

Getsy ;)

Link to comment
Share on other sites

Lol Betsy.... cooking sherry??? O ek mis sommer nou my lekker Saints wyne!!!

Het altyd verskoning gesoek om dit te he enige tyd!!

Sterkte met die bestuurdery... miskien volgende keer n sterk "irish coffee" drink voor jy gaan!!

Link to comment
Share on other sites

Join the conversation

You can post now and register later. If you have an account, sign in now to post with your account.

Guest
Reply to this topic...

×   Pasted as rich text.   Paste as plain text instead

  Only 75 emoji are allowed.

×   Your link has been automatically embedded.   Display as a link instead

×   Your previous content has been restored.   Clear editor

×   You cannot paste images directly. Upload or insert images from URL.

×
×
  • Create New...