Jump to content

Weggegooi


Blossom

Recommended Posts

Sy loop stadig en met gesakte hoof op die stasie rond, haar bruin hare wapperend in die koue hoeveldse wind. Sy is honger, kan nie onthou wanneer laas sy geeet het nie. Die laaste happie brood het sy tussen haar kinders uitgedeel. Dis asof sy 'n voorgevoel gehad het. Sy het hulle versorg asof dit die laaste keer is, met hulle gespeel en rond gerol op die vloer tot hulle uitgeput sommer net daar aan die slaap geraak het.

Vanoggend toe sy wakker word is hulle weg. Sy het oral geloop en soek, in die huis en buite op die werf. hulle was nerens te sien nie en sy het met die pad afgeloop tot by die hek aan die einde van die oprit. Sy kan nie uit nie, die hek is gesluit met 'n groot ou geroeste slot, die heining te hoog om oor te spring. Met trane in haar oe draai sy om en stap terug huis toe. Miskien kruip hulle net vir haar weg in die groot ou huis.

Sy begin draf, hoopvol dat sy hulle tog gaan kry, dat haar twee woelwaters enige oomblik op haar gaan afstorm en dat hulle dan saam kan gaan ontbyt eet. Sy is rasend honger.

Toe sy by die deur van die huis kom staan die man daar. Die helder sonlig het haar vir 'n oomblik verblind en sy sien nie die groot gestalte dadelik raak nie. Sy ruk soos sy skrik toe hy met haar praat. Gedwee laat sy haar lei na die wagtende motor toe, die kos sal maar eers moet wag, dink sy.

Die man klim in die motor en ry by die hek uit, Sy sit op die agter sitplek en kyk by die venster uit, hopend om haar kinders te sien, dalk het hulle uit gekom en gaan rondloop, sy weet hoe kinders mos is.

Die man ry vinnig en die pad is lank, hy ry draaie en draaie, sy het lankal opgehou by die venster uit kyk. Die bome gaan te vinnig verby, sy raak moeg en is so dors. Sy wonder hoe lank gaan hulle nog ry.

Dis heelwat later toe die motor tot stilstand kom en die man kom om geloop na die agterdeur toe. Hy maak die deur oop en trek haar sommer so aan die hare uit. Sy struikel en val amper neer, maar sy is rats en kom vinnig tot verhaal. Met verbaasde oe kyk sy hom aan en sy wonder wat sy verkeerd gedoen het. Nog voor sy iets kan doen, klim hy terug in die motor en trek met skreeuende bande weg. En hy los haar net daar in die veld oorkant die trein stasie.

Dis snerpend koud, die hare waai die trane uit haar oe uit, sy sukkel om te sien maar begin te stap. Die honger vreet nou aan haar. Sy probeer vergeet van die honger en dors en begin weer te soek na haar kinders. Nou weet sy nie meer waar sy is nie, sy stap oor die spoor na die ander kant toe van die stasie, miskien is daar mense met water of kos.

Die man op die stasie hou haar van netnou af al dop, hoe sy sukkel om oor die spoor te kom en hoe mistroostig sy lyk...wag....hy buk af en roep.." kom nou oubaas se honne. Wat is dit hmm? Is jy honger?"

Met dankbare oe kyk die mooi bruin hond hom aan.

Groete,

Betsy.

Link to comment
Share on other sites

Hi Betsy,

This brought tears to my eyes! I can't imagine why people would mistreat, abuse or abandon an animal!!!!

I always maintain, if you don't like animals or don't want your own, do something responsible and give the animal to the RSPCA or someone who cares.

SAS

Link to comment
Share on other sites

:( Onse Griet!!!!

Ek sit by die werk en lees gou jul forum so vir 'n bietjie van 'n breek, maar na jou "storie" is my hart sommer seer!!! Betsy jy het talent jong. Hou aan skryf :)

Link to comment
Share on other sites

Hallo SAS,

How is Sydney today, cold? We are freezzzzing!

Hallo Bienkie,

Ek sal skryf tot die perde horings kry...vir mense soos jy wat dit waardeer!

Wanneer is jy hier?

Groete,

Love,

Betsy.

Link to comment
Share on other sites

Hi Betsy

Dankie vir die mooi storie. EK lees al lankal wat jy skryf hier, maar sorry nog nie ge reply nie. :blush:

Hou aan skryf ek lees te lekker aan al die stories hier. :ilikeit:

Miskien eendag sal ek ook 'n ietsie hier try skryf. :ilikeit:

Ek sien julle kry ook koud daar, hier in SA is dit lekke koud hoor. Hoopelik is ek volgende winter ook in Australia.

Cheers vir eers

Sheila2Oz

Link to comment
Share on other sites

Betsy

Ons is nou maar eers aan die heel begin van die proses. Moet sê dis vir my 'n baie emosionele besigheid. Ek sit gisteraand so met ons Jack Russel - sy is toegdraai in my dogtertjie se ou trui - en net die gedagte dat ons haar miskien moet agterlaat is genoeg om my tjankerig te maak!!! Ek het al gelees hier op die forums hoeveel dit kos om mens se honde oor te bring en dit klink 'n bietjie duur vir ons. As ek die geld gehad het sou ek nie twee keer gedink het nie, maar ongelukkig sal ons maar moet hou by die "budget". My dogtertjie van tien was ook gisteraand in trane toe ek begin praat van Australië, vir haar is dit ondenkbaar dat ons vir "altyd" soontoe moet gaan. Ek veronderstel mens moet in hierdie situasie maar probeer om met mens se kop te dink en nie te veel op die emosies te fokus nie!

Ek gaan probeer om met 'n Skilled Independant Visum te kom, so dit is maar 'n lang proses. Waar woon julle in Australië ?

Ek geniet jou skrywery - doe so voort!

Bienkie :ilikeit:

Link to comment
Share on other sites

Daar rol my trane alweer :ilikeit: ... en die blerrie tissoes is op by die werk :ilikeit:

Maar moenie ophou nie Betsy.

Groete

Pofstert

Link to comment
Share on other sites

:D Nou sit ek huil ek sommer.

Jy het baie talent! So bly ek het hier by die forum kom in loer. :lol:

Kan nie wag om jou volgende storie te lees nie!

Groete,

Michele

Link to comment
Share on other sites

Join the conversation

You can post now and register later. If you have an account, sign in now to post with your account.

Guest
Reply to this topic...

×   Pasted as rich text.   Paste as plain text instead

  Only 75 emoji are allowed.

×   Your link has been automatically embedded.   Display as a link instead

×   Your previous content has been restored.   Clear editor

×   You cannot paste images directly. Upload or insert images from URL.

×
×
  • Create New...