Jump to content

HOE GROOT IS KLASSE


BEETGE

Recommended Posts

HOE GROOT IS DIE KLASSE IN DIE SKOLE. EN KRY DIE KINDERS BAIE HUISWERK.IS DAAR MEER DISSEPLINE AS HIER IN SA. :ilikeit:

Link to comment
Share on other sites

Ek weet nie van orals nie maar hier in Brisbane, in die State skole, is daar omtrent 25 kinders per klas. Nee, die kinders kry nie veel huiswerk nie. Ek het 'n kind in jaar 7 en een in jaar 10, en nie een van hukke kry die hoeveelheid huiswerk wat hulle in SA gekry het. ( maar hulle was in 'n private skool in SA so ek weet nie hoeveel huiswerk die government skole daar gee nie!).

Oor die dissipliene - Nee wat! maar weereens ek vergelyk 'n State skool (hier) met 'n private een (RSA). Dis 'n bietjie van 'n verandering so ver as wat skole gaan.

Pam

Link to comment
Share on other sites

Guest colton

As with everything else here each school is different. My child is in a private school on the Gold Coast and the discipline is tops, there is also a VERY strict code as far as uniform goes. As they advance in school they need to choose subjects and some of my daughter's classes have 30 children and others as little as 15, depending on subject choice. On an average though I would say, from my experience, the classes here are bigger than what she had back in RSA.

Homework is a sore point with us at the moment because my child gets HEAPS! She spends at least 3 or 4 hours a night doing homework, including weekends, BUT she is in year 12 and in an academic driven school. Her friends in christian private schools also get heaps of homework.

I am sure if you asked 10 people you would get 10 different answers as there doesn't seem to be a "norm" as far as schooling goes.

Link to comment
Share on other sites

In the South Australian State System the situation is;

Junior Primary: - ranges from 23 - 26 depending on index of disadvantage

Senior Primary: - An upper limit of 30. If it goes higher, teachers receive extra support, as in the case of the school where I teach.

High Schools - It varies from school to school depending on subject courses, but th ehighest number of students in a class is about 25, though I stand to be corrected - I teach Primary at the moment.

Homework is optional at the school where I teach in the sense that it depends on the teaching style of individual teachers.

Example: a colleague at my school abhorrs homework, while I have a set homework policy for my kids (Year 5's) that boils down to about 10 - 15 minutes per night, Monday to Thursday and no homework over weekends.

Cheers,

Dax

Link to comment
Share on other sites

Die kinders kry nie naastenby soveel huiswerk as in RSA nie (my persoonlike ondervinding - ek het hoeveel nagte in RSA tot 12 uur gesit met huilende kinders wat nog werk aan take en vir toetste moet leer.... :) ) Die huiswerk wat hulle wel kry is meestal goed wat hulle in die klas nie afgehandel het nie en by die huis moet klaarmaak en as hulle "assignments" kry is dit nie net 'n sinnelose plakaat nie en daar is baie tyd om dit in te doen. Jy kan bv self kies hoe jy jou "assignment" wil "present" : plakaat, 3D formaat, DVD, "slideshow presentation", ens. Daar is baie ruimte vir kreatiwiteit en die kinders geniet dit daarom vreeslik! Die tegnologie is ook ongelooflik : elke kind het sy eie webblad en email adres by die skool. As hulle aan goed werk by die huis, kan hulle dit vir hulle self skool toe Email en by die skool verder daaraan werk (en andersom). Hulle kan ook hulle onderwysers Email as hulle vrae het of oor iets wil gesels waaroor hulle ongelukkig is ens. Die rekenaars is toeganklik vir almal - so ook ander tegnologie wat hulle kan gebruik.

Wat die dissipline betref, is dit baie goed, alhoewel hulle nie so vreeslik "rigied" is nie - ook wat die skooldrag betref. Hulle het rëels oor die skooldrag self, maar die hare is eintlik 'n geval van "everything goes" - en dit word so toegelaat. Meisies met lang hare dra dit los, party kleur dit en sny dit in die nuutste style ens. Die seuns dra gel, die hare kan maar op die rug of oor die ore hang ens. Hier is nie so iets van jy word uit 'n ry gepluk oor hare wat aan jou ore raak of nie vas is nie ens. Die naels mag maar lank en kleurlose "cutex" word toegelaat, alhoewel party meisies gekleurde "cutex" dra. Party dra maskarra of onderlaag en goed soos lipgloss - hulle het geen probleem daarmee nie, solank dit nie oordoen word nie. Hulle dra ook gekleurde knippies en goed in die hare en groot oorbelle, hangerties ens. al word dit nie eintlik toegelaat nie. Party seuns dra sneakers skool toe en sulke goed, al bepaal die rëels dit moet swart wees. Hulle stuur kort-kort in die omsendbriewe versoeke dat die ouers tog moet toesien dat die kleredrag rëels nagekom word, maar lyk my dit is 'n "loosing battle"..... Vir my was dit nogal iets om aan gewoond te raak, maar op die einde van die dag affekteer dit nie jou akademiese prestasie nie en gee ruimte vir uniekheid & individualiteit.

Een ding wat vir my ongelooflik opvallend was, is dat die onnies nie op die kinders skree dat jy dit tot by die skoolhek kan hoor nie - hier word gladnie op die kinders gegil nie! ;) My kind is deur hel in RSA as gevolg van 'n onderwyseres wat so op haar gegil het dat sy elke dag in trane huis toe gekom het! Die vrou het ook die kinders se goed by die vensters uitgegooi, hulle op die hand geslaan as hulle minder as 100% vir 'n toets het en kinders uitgesonder en verneder wat 'n spelword of 'n tafel verkeerd gehad het. Ek het dit met die skool opgeneem maar daar het niks van gekom nie! ;) Hier kan jy met die skool oor enige iets praat en daar word dadelik aan aandag gegee. Ek het al 'n Email gestuur oor iets en dan bel die hoof my dieselfde oggend!! :blush:

My kind is MAL oor skool!!! Sy geniet elke oomblik daarvan en leef haarself ten volle uit! Daar is soveel ruimte om al jou talente te gebruik en erkenning te kry. Hulle word beslis op 'n baie meer volwasse vlak hanteer. Daar is sekere verwagtinge en rëels wat "not negotiable" is en almal hou daarby. Die res is basies 'n persoonlike keuse. Hulle is ongelooflik verdraagbaar & akkomoderend teenoor die individu se behoeftes.

O ja, amper vergeet ek : sy is in 'n publieke skool.

Link to comment
Share on other sites

:ph34r::ilikeit:

Die kinders kry nie naastenby soveel huiswerk as in RSA nie (my persoonlike ondervinding - ek het hoeveel nagte in RSA tot 12 uur gesit met huilende kinders wat nog werk aan take en vir toetste moet leer.... :ilikeit: ) Die huiswerk wat hulle wel kry is meestal goed wat hulle in die klas nie afgehandel het nie en by die huis moet klaarmaak en as hulle "assignments" kry is dit nie net 'n sinnelose plakaat nie en daar is baie tyd om dit in te doen. Jy kan bv self kies hoe jy jou "assignment" wil "present" : plakaat, 3D formaat, DVD, "slideshow presentation", ens. Daar is baie ruimte vir kreatiwiteit en die kinders geniet dit daarom vreeslik! Die tegnologie is ook ongelooflik : elke kind het sy eie webblad en email adres by die skool. As hulle aan goed werk by die huis, kan hulle dit vir hulle self skool toe Email en by die skool verder daaraan werk (en andersom). Hulle kan ook hulle onderwysers Email as hulle vrae het of oor iets wil gesels waaroor hulle ongelukkig is ens. Die rekenaars is toeganklik vir almal - so ook ander tegnologie wat hulle kan gebruik.

Wat die dissipline betref, is dit baie goed, alhoewel hulle nie so vreeslik "rigied" is nie - ook wat die skooldrag betref. Hulle het rëels oor die skooldrag self, maar die hare is eintlik 'n geval van "everything goes" - en dit word so toegelaat. Meisies met lang hare dra dit los, party kleur dit en sny dit in die nuutste style ens. Die seuns dra gel, die hare kan maar op die rug of oor die ore hang ens. Hier is nie so iets van jy word uit 'n ry gepluk oor hare wat aan jou ore raak of nie vas is nie ens. Die naels mag maar lank en kleurlose "cutex" word toegelaat, alhoewel party meisies gekleurde "cutex" dra. Party dra maskarra of onderlaag en goed soos lipgloss - hulle het geen probleem daarmee nie, solank dit nie oordoen word nie. Hulle dra ook gekleurde knippies en goed in die hare en groot oorbelle, hangerties ens. al word dit nie eintlik toegelaat nie. Party seuns dra sneakers skool toe en sulke goed, al bepaal die rëels dit moet swart wees. Hulle stuur kort-kort in die omsendbriewe versoeke dat die ouers tog moet toesien dat die kleredrag rëels nagekom word, maar lyk my dit is 'n "loosing battle"..... Vir my was dit nogal iets om aan gewoond te raak, maar op die einde van die dag affekteer dit nie jou akademiese prestasie nie en gee ruimte vir uniekheid & individualiteit.

Een ding wat vir my ongelooflik opvallend was, is dat die onnies nie op die kinders skree dat jy dit tot by die skoolhek kan hoor nie - hier word gladnie op die kinders gegil nie! :ilikeit: My kind is deur hel in RSA as gevolg van 'n onderwyseres wat so op haar gegil het dat sy elke dag in trane huis toe gekom het! Die vrou het ook die kinders se goed by die vensters uitgegooi, hulle op die hand geslaan as hulle minder as 100% vir 'n toets het en kinders uitgesonder en verneder wat 'n spelword of 'n tafel verkeerd gehad het. Ek het dit met die skool opgeneem maar daar het niks van gekom nie! :ilikeit: Hier kan jy met die skool oor enige iets praat en daar word dadelik aan aandag gegee. Ek het al 'n Email gestuur oor iets en dan bel die hoof my dieselfde oggend!! :D

My kind is MAL oor skool!!! Sy geniet elke oomblik daarvan en leef haarself ten volle uit! Daar is soveel ruimte om al jou talente te gebruik en erkenning te kry. Hulle word beslis op 'n baie meer volwasse vlak hanteer. Daar is sekere verwagtinge en rëels wat "not negotiable" is en almal hou daarby. Die res is basies 'n persoonlike keuse. Hulle is ongelooflik verdraagbaar & akkomoderend teenoor die individu se behoeftes.

O ja, amper vergeet ek : sy is in 'n publieke skool.

:ilikeit: HALLO RIEKIE DANKIE VIR JOU ANTWOORD DIT HELP BAIE EN EK DINK MY 3 SEUNS SAL MAL WEES OOR SO N SKOOL. HULLE PUNTE IS GOED EN HULLE IS MAL OOR SPORT NEEM AAN ALLES DEEL WAT DIE SKOOL HIER AANBIED.MAAR DAAR IS MAAR BAIE PROBLEME BY SKOOL SOOS BAIE GROOT KLASSE VAN SO 38 KINDERS. :ph34r:

Link to comment
Share on other sites

Join the conversation

You can post now and register later. If you have an account, sign in now to post with your account.

Guest
Reply to this topic...

×   Pasted as rich text.   Paste as plain text instead

  Only 75 emoji are allowed.

×   Your link has been automatically embedded.   Display as a link instead

×   Your previous content has been restored.   Clear editor

×   You cannot paste images directly. Upload or insert images from URL.

×
×
  • Create New...