Jump to content

Frustrerende lang wag


Frenchy

Recommended Posts

Dagsê

Ons dogtertjie is laas jaar September gebore. Op Goeie vrydag, 13 April, los ons baie benoud, vir die eerste keer vir poplap by ouma en oupa, en ons gaan uit. Weer bietjie man en vrou wees ipv mamma en pappa. Ons gaan eet heerlik uit, vir die eerste keer in sewe maande en gesels soos nog nooit tevore. Dis toe dat manlief die behoefte uitspreek om te immigreer. Hy sê hy wou nog altyd gaan, maar het gedink ek sou nie wou nie. Wel, as hy my 'n jaar voor dit gevra het sou ek nee gesê het, maar noudat poplap daar is en ek elke aand benoud lê en wonder hoe lank ons nog veilig gaan wees, nou stem ek saam.

Die volgende aand is ek op die internet en is gelukkig om hierdie webblad raak te loop. Ek het 'n hele paar aandele in Telkom gekoop soos wat ek tekere gegaan het op die web, ek weet nou meer van Ozzieland as baie Ozzies en het al 'n paar huise op REIWA besigtig waarin ek graag sou wou woon. Het ook al die foto's van Perth se strande bekyk en sien my en die dogtertjie daar speel en swem.

Op die oomblik wag ons nog om al die dokumente bymekaar te kry en dan kan ons aansoek doen vir die 136 Skilled independant visa. Ek het nou al meeste van die dokumente, wag net vir manlief se skills assessment, maar sal nou enige dag arriveer en poplap se paspoort. Het al twee keer ons geboortesertifikate laat oordruk, want dit was die eerste keer nie volledig nie, kos my toe om die geboorteregister te gaan verander om sodoende almal se name en ID nommers op die stukkie geel papier te sit. Die ander moeilike dokument om te kry is die "reference letter" van my man se huidige werk. As hulle uitvind wat ons planne is gaan hulle dalk nie meer so "nice" met hom wees nie en dan skiet hy homself dan in die voet. Maar daaroor sal ek my bekommer as ons al die ander dokumente het.

Intussen weet amper elke "recruitment agency' in Oz van my man en doen ons aansoek vir elke geskikte pos wat ons op SEEK sien. Hoop om so gou moontlik op 'n 457 oor te gaan. Ek is ook besig om die huis in tip top kondisie te kry sodat dit reg is as ons dalk wil verkoop. Ek is reg, soos 'n gelaaide geweer, wag net vir die fluitjie om te blaas (of visa om goedgekeur te word) en dan gaan ons................................of dis hoe ek gister gevoel het........vandag voel ek weer anders, ek gaan almal mis.....wat doen ek met die honde????............ons het nie genoeg geld om hulle saam te vat nie.......gaan ons spyt wees en dit daar haat..o die twyfel in my hart bots en baklei met die sekerheid in my kop. Ek weet ons moet gaan. Gelukkig help hierdie forum my om myself emosioneel voor te berei op die groot skuif.

Wel dan, voor ek nog aandele in telkom koop.....laat ek genoeg rus kry vir volgende week se papierwerk en visa admin.....................is julle seker hulle wil nie mens se geboortegewig en kop-omtrek ook weet nie?

Sterkte aan alle mede hoopvolles......iemand het gesê....eet die olifant happie vir happie......dis wragtig al hoe ons deur hierdie proses gaan kom.

Groete

Frenchy

Link to comment
Share on other sites

Hi Frenchy, my sympathy with the process, just always keep in mind, the reward will be worth it!

Link to comment
Share on other sites

Guest Bronwyn

Isn't ADSL cheaper than Dial-up? I was on Dial-up in SA and due to my forum habits, my phone-bill with Telkom was totally out of hand. I would have saved a lot of money if I just got the ADSL. But it's such a headache getting it I couldn't face it.... :ilikeit:

Link to comment
Share on other sites

Bronwyn

Too much hassle to change now, considered getting MTN's wireless option, but problem is that our current e-mail address will then change and this will cause delays and miscommunication with prospective employers etc.

Will just have to blog a bit less...

Link to comment
Share on other sites

Hi Frenchy

We sent our papers to our agents last week and they only asked for a "confirmation of service" from my current employer.

Just something on a lellerhead confirming:

1. when you started

2. that you are currently still employed by them

3. your position

4. more or less your responsibilities / job description

I work for a fairly big company (+- 200) and also don't want to inform my boss at this stage of the game. I just got all info from the HR manager. (Hopefully he will keep it confidential)

So the option is open for you guys not to inform the boss at this stage of the game :ilikeit:

Good luck with all the paperwork :ilikeit:

Pofstert

Link to comment
Share on other sites

Hi Pofstert

Dankie vir die info. Ons doen aansoek vd PR136 en volgens die DIMA website is die volgende nodig. Ek doen maar eerder presies wat hulle sé, netnou vertraag dit ons aansoek. Dit het eintlik ook baie te doen met die puntetoekenning van die 136 visa. Mens moet spesefieke werksondervinding bewys van lewer. My man werk in 'n baie klein maatskappy (+-25) en moeilik om enige dokument van die aard te kry sonder om deur die top ouens te gaan.

"Evidence to attach to your application

You or your spouse must obtain evidence of your specific work experience. This could include employment references and duty statements covering the required period. Please note that employment references must:

· be written on the official letterhead of the company or government department providing the reference

· indicate clearly on the letterhead, the full address of the company, any telephone and fax numbers, and email and website addresses

· have the name and position of the person authorised to sign the employment reference typed or stamped below that person's signature. A reference with an illegible signature will not be accepted

· include the direct contact number of the person writing the reference

· indicate the exact period of employment, including whether permanent or temporary, full or part-time, position/s held, the main five duties undertaken, and the salary earned; positions should not be described by generic titles (eg research officer, public servant) but according to the nature of the duties undertaken (eg research chemist, accounts clerk)

· include a payslip from your current employment; this is especially important for applicants working in government departments.

For you to be awarded these points, documentary evidence as described above must be provided. This same documentary evidence may also be required in order to satisfy the recent work experience basic requirement."

Link to comment
Share on other sites

Hallo F

Baie sterkte vir julle!

Ook in begin proses met dokumente aanvra.

Ons dogtertjie is nou 18 maande - 1 ste kleinkind vir my ouers.

Afgesien van die honde, is daar dus nog oupa en ouma ook.................

Groete

Vennie

Link to comment
Share on other sites

Frenchy, ek kan behoorlik tot op die laaste woord met julle identifiseer, ons wag ook nog vir manlief se skills assessment asook my paspoort (nogal lekker spyt ek het die outjie nie hernieu toe hy verlede jaar verval het nie want nou gaan dit dalk die hele proses ophou!). Die kinders se paspoorte het ons binne 4 weke ontvang, maar nou ja, myne skitter nog in sy afwesigheid.

Manlief het twee maande gelede by 'n nuwe maatskappy begin werk, sal nog sien hoe hy daardie "reference letter" gaan lospraat. Miskien het die bank dit nodig vir iets soos ........'n eiendom wat ons wil koop as belegging, ons is mos immers besig om in ons toekoms te bele :huh:

Groete

Michla

Link to comment
Share on other sites

Hi Daar

Dog ek "update" gou ons storie. Ons het intussen man se skills assessment ontvang :angry::o:ilikeit: , asook poplappie se paspoort :ilikeit::ilikeit: , maar wag nog in spanning vir die nuwe hersiende, gekorrigeerde geboortesertifikate :unsure: . Ek het ook toe ek vorm 80 invul, wat een van die vorms is vir die 136 aansoek, uitgevind dat ek 'n ''police clearance" nodig het vir Engeland waar ek 2 jaar gewoon het ;) . Ek het nou aansoek gedoen daarvoor, maar toe vergeet ek (ek dink) om die datum op die tjek te sit wat ek gepos het en nou het ek maar die kontakpersoon ge-e-mail om te hoor wat nou. Het haar gevra of sy nie maar die datum kan insit nie :blush::blush: . Sal maar sien wat gebeur. ek moet sê, hulle is baie behulpsaam en ek is gelukkig om 'n direkte kontakpersoon te hê.

Wel dan, nou wag ons maar wéér.

Hoop die res van julle se "papiere" daag spoedig op.

Lekker naweek!!

Frenchy

Link to comment
Share on other sites

Join the conversation

You can post now and register later. If you have an account, sign in now to post with your account.

Guest
Reply to this topic...

×   Pasted as rich text.   Paste as plain text instead

  Only 75 emoji are allowed.

×   Your link has been automatically embedded.   Display as a link instead

×   Your previous content has been restored.   Clear editor

×   You cannot paste images directly. Upload or insert images from URL.

×
×
  • Create New...