Jump to content

Pretorianers


Fanie Van SA

Kies 'n Daum vir die volgende bymekaarkoms  

34 members have voted

  1. 1. Brekvis / Brunch by Voortrekker Monument. Vanaf 10H00

    • 9 Junie 2007
      13
    • 30 Junie 2007
      17
    • 7 Julie 2007
      4


Recommended Posts

Dagsê Almal,

Jammer dat ek so bietjie stil was. Julle weet mos soms gaan dit net gek by die werk!

Ek het met 'n paar mense so bietjie gekonfereer oor die volgende datum en gou gou besef elkeen het sy eie idee waneer ons die volgende bymekaarkoms gaan reel. Ek het dus drie moontlike datums wat vir my moontlik is. Die 9e Junie is bietjie naby maar ek dink ons sal dit kan maak as julle dit kies

Ons bymekaarkoms gaan in die form van 'n Brekvis wees. Elkeen bring 'n gasbraaiertjie en sy eie bestandele. Bring ook julle eie kampstoele en eetgery. Daar gaan dus geen fooie van my kant af wees wat julle hoef te betaal nie maar julle sal moet normale toegans fooi by die Monument se hek betaal. Elkeen is dan verantwoordelik vir sy eie goedjies en ruim ook self op waar hulle gekuier het. Dan hou ons piekniek tussen die bome en almal kan dit geniet. Ek sal een spring kasteel sponser vir die dag en ek stel voor dat die ouers met kinders balle en krietet speelgoed saambring om die kinders mee besig te hou.

Daar sal ook ossewa ritte gereel word en julle is welkom om saam te ry. Ek dink die Monument het 'n adisionele fooi daarvoor. Ek sal met Eddie bevestig wat al die kostes is.

Die Hele idee van die Brekvis is dat ons vroeer bymekaar kom en meer tyd het om sam te kuier voor die son sak. Ek dink as ons sorg dat almal van 9H30 opdaag sodat ons 11H00 kan eet.

Maak asb seker dat julle stem voor einde Mei sodat ek die getalle kan reg kry.

Groete

Fanie

Edited by Fanie Van SA
Link to comment
Share on other sites

Hallo Fanie,

Ons is definitief daar.

Groete

Edited by Wannebee
Link to comment
Share on other sites

Hi Fanie,

Ons gaan weg gedurende die skoolvakansie, vanaf die 29ste Junie tot die 13de Julie. So vir ons kan dit dan net die 9de wees of enige tyd na die 13de Julie.

Groete

Lindie

Link to comment
Share on other sites

Hi Fanie, Welkom terug !! die 9de Junie of die 30ste Junie is reg met die Laubschers.

Link to comment
Share on other sites

Hi Fanie.

Ons sal ook daar wees. :whome: Enige datum pas ons.

Cheers vir eers

Sheila2Oz

Link to comment
Share on other sites

Hi Fanie,

Baie dankie vir al jou moeite :whome: Ek het gestem vir 9 Junie - want hopelik is ons nie meer te lank hier nie en ek wil dit nie weer mis nie.

Baie groete

Michelle (en hubby en 3 kiddies)

Link to comment
Share on other sites

Haai Fanie

Wim & familie kan 30 Junie maak (en so gestem)...................travel die 9 de vir werk

Groete

Wizard (of Oz) :D

Dagsê Almal,

Jammer dat ek so bietjie stil was. Julle weet mos soms gaan dit net gek by die werk!

Ek het met 'n paar mense so bietjie gekonfereer oor die volgende datum en gou gou besef elkeen het sy eie idee waneer ons die volgende bymekaarkoms gaan reel. Ek het dus drie moontlike datums wat vir my moontlik is. Die 9e Junie is bietjie naby maar ek dink ons sal dit kan maak as julle dit kies

Ons bymekaarkoms gaan in die form van 'n Brekvis wees. Elkeen bring 'n gasbraaiertjie en sy eie bestandele. Bring ook julle eie kampstoele en eetgery. Daar gaan dus geen fooie van my kant af wees wat julle hoef te betaal nie maar julle sal moet normale toegans fooi by die Monument se hek betaal. Elkeen is dan verantwoordelik vir sy eie goedjies en ruim ook self op waar hulle gekuier het. Dan hou ons piekniek tussen die bome en almal kan dit geniet. Ek sal een spring kasteel sponser vir die dag en ek stel voor dat die ouers met kinders balle en krietet speelgoed saambring om die kinders mee besig te hou.

Daar sal ook ossewa ritte gereel word en julle is welkom om saam te ry. Ek dink die Monument het 'n adisionele fooi daarvoor. Ek sal met Eddie bevestig wat al die kostes is.

Die Hele idee van die Brekvis is dat ons vroeer bymekaar kom en meer tyd het om sam te kuier voor die son sak. Ek dink as ons sorg dat almal van 9H30 opdaag sodat ons 11H00 kan eet.

Maak asb seker dat julle stem voor einde Mei sodat ek die getalle kan reg kry.

Groete

Fanie

Link to comment
Share on other sites

Hi Fanie

Jy kan ons ook op die lys sit vir die 9de - vlieg die 21ste oor Oz toe vir LSD

groete

Link to comment
Share on other sites

Hi Fanie

Jy kan ons opsit vd 30ste, 2 volwassenes en 'n babatjie :ilikeit:

Sien uit daarna.

F

Link to comment
Share on other sites

Ek en my vrou sal ook graag daar wil wees. Ek is ongelukkig in die USA van die 1st tot die 22st Junie. So kan ons dit dalk die 30st maak?

Link to comment
Share on other sites

Hi daar

Ek het reeds gestem vir die 30ste Junie.

Ek en my man sal daar wees. :ilikeit:

Dankie!

Anine

Link to comment
Share on other sites

Hi Fanie

Ek en Jaco en klein Phillip sal daar wees ! Het gestem vir 30 Junie.

Cristel

Link to comment
Share on other sites

Hey Fanie - ek het vir jou so 2 weke terug 2 koeverte met info gestuur (het jy dit gekry??) Ek het hierdie week nog 4 gestuur - hopelik is hulle daar voor die 9de!! :ilikeit: As daar iemand is wat na 'n sekere dorp in Aus oppad is waaroor daar min info beskikbaar is, moet hulle my laat weet. Ek kan vra dat die betrokke stadsraad vir my inligtng stuur en dit dan net RSA toe pos.... Laat weet ook as daar iets spesifiek is wat jou koffie-klubbers meer info oor wil hê (of goed waarvoor hulle nou al keelvol is en ek moet ophou stuur.... :ilikeit::ilikeit::huh: ) As ek dubbels van 'n ding pos, deel dit maar uit - my kop is nie altyd so lekker nie, en ek vergeet.... :huh:

Link to comment
Share on other sites

Dagsê Riekie,

Baie Dankie vir die info, ek sal sorg dat ek dit saam neem na ons volgende bymekaarkoms. Dit lyk my as ek so kyk na die stemme dan sal dit die 30e Junie wees.

Ek het so bietjie deur die info gekyk, baie interesant!

Van die Pretorianers se kant af wil ek vir Dankie sê vir al jou moeite. Jy is 'n STER!

Groete

Fanie

Hey Fanie - ek het vir jou so 2 weke terug 2 koeverte met info gestuur (het jy dit gekry??) Ek het hierdie week nog 4 gestuur - hopelik is hulle daar voor die 9de!! :ilikeit: As daar iemand is wat na 'n sekere dorp in Aus oppad is waaroor daar min info beskikbaar is, moet hulle my laat weet. Ek kan vra dat die betrokke stadsraad vir my inligtng stuur en dit dan net RSA toe pos.... Laat weet ook as daar iets spesifiek is wat jou koffie-klubbers meer info oor wil hê (of goed waarvoor hulle nou al keelvol is en ek moet ophou stuur.... :ilikeit::o:angry: ) As ek dubbels van 'n ding pos, deel dit maar uit - my kop is nie altyd so lekker nie, en ek vergeet.... ;)
Link to comment
Share on other sites

Dagsê Al die Pretorianers,

Soos julle seker agter gekom het is ek regtig baie stil die afgelope tyd, moenie bekommer nie ek is steeds lewend en gesond en besig met die beplanning van die Brekvis. Ek is tans net besig met 'n baie belangrikke projek by my werk wat al my aandag steel teen minimale vergoeding :ilikeit: Dinge behoort by die 7e Junie na normaal toe terug te keer.

Ek sien die meerderheid stemme is vir 30 Junie 2007, ek is nogal dankbaar want dan sal ek meer tyd tot my beskikking hê om dinge te kan doen.

Ek is net bekommerd dat net 25 stemme so ver ingekom het. Onthou asb!! Dit is die Gauteng coffe club en het net 'n bynaam gekry as Pretorianers. d.w.s. Almal in en om Pretoria is baie welkom. Onthou ons gaan nog familie word daar ander kant as die kinders onder mekaar begin introu! :angry::o:ilikeit:

Ek is heeltemal optimisties dat dit ook nie so koud sal wees by 30Junie nie. En as dit is dan bring ek baie hout vir 'n groot kamp vuur!!! ;)

Link to comment
Share on other sites

Hallo Fanie en al die Pretorianers :ilikeit:

Ons sal ook daar wees op 30 Junie. Sal 'n konbers saam bring, wil nie graag dit mis nie.

Ruh, Adél, Eon en Andrew van Ermelo

Fanie, ek hoop jou projek gaan goed afloop. :blink:

Groete

Buhrmann

Link to comment
Share on other sites

Hi Fanie,

Ek CJ, Lourens & Minette sal 30 Junie graag daar wees!!

Groete

Link to comment
Share on other sites

Hi Fanie,

What is happening to the Pretorianers Breakfast (aka Coffee Club) :lol: ? Please confirm that date and time, so that we can make the necessary arrangements ;) .

Bye, Pippa! X

Link to comment
Share on other sites

Hi Fanie

30ste klink goed vir ons! Ek en Hannes Het die 20ste Mei teruggekom van ons LSD-trip, en wil graag alles kom deel!

Ons is 5: Hannes, Karen, Hein 8jr, Bianca 7jr, en Ivan 3jr.

Groete Karen

Link to comment
Share on other sites

Hi Fanie,

Jy kan my en my gesin intel- ons is 5 mense in totaal.

Jaco

Link to comment
Share on other sites

Hi Fanie

Askies man dis vandag die eerste en ek is so bietjie laat. As dit die 30ste gehou word sal ek en my vrou ook daar kan wees

Groete

Chris

Link to comment
Share on other sites

Dagsê Almal,

Baie Dakie vir al die stemme. As ek so kyk sien almal uit na die brekvis.

Ek dink dit gaan 'n fees wees!

Die Stemme het aangedui dat die meerderheid die 30ste Junie kan maak. Ek is regtig jammer dat almal dit nie kan maak nie. Ongelukkog is die lewe nie so volmaak soos die skepping nie.

Soos ek in my eerste post gesê het moet ons so van 9H30 af bymekaar kom sodat ons by 10H00 kan begin kosmaak. Elkeen bring sy eie bestandele vir sy ete. Die wat gasbraaiers het moet dit asb saambring. Ek het ook nog baie houtskool oor van die vorige braai wat ek sal saambring. Ek het 'n lekker groot steak plaat wat ek ook sal saambring, so die wat nie gasbraaiers het nie is welkom om dit te gebruik.

Omdat dit nogal koud die laaste tyd is sal ek sorg dat daar genoeg hout is vir 'n lekker kampvuur sodat ons nie koud kry nie :D

Na ete behoort daar dus genoeg tyd te wees sodat almal lekker saam kan kuier en gedagtes & feite kan uitruil vir die groot trek. Hopelik sal Pippa en haar gade ook da wees en sal ons meer oor hulle LSD trip hoor. Ek sien Hannes & Karin wat onlangs ook 'n LSD trip gehad het gaan ook daar wees en het beloof om ook hul wedervaringe met ons te deel. Ek het ook 'n groot aantal pos stukke van Riekie ontvang wat baie interesante leesstof bevat wat ons 'n idee kan gee wat dinge in OZ kos ens. Ek bring dit ook saam. (Thanx Riekie, jy doen regtig baie moeite vir ons hier) ;)

Wat die ossewa ritte betref, as ons genoeg is wat so 'n rit wil mee maak sal ek reel dat ons 'n rit net vir ons groep kry. Daar sal adisionele kostes wees vir die ritte, Ek is besig om te onderhandel vir 'n tarief vir die ritte. (Hulle dink ek is voor op die wa om beter pryse te wil beding :P ) Laat weet net wie wil saamry en die tannies moenie hul kappies tuis vergeet nie

Die wat stoelle en tafels wil huur moet asb vroegtydig met my in aanraking kom. Die koste per Tafel is R20.00 en R5/stoel. Ek het egter nog nie bevestiging gekry of ons weer die saal sal kan gebruik nie omdat ek die vorige keer die saal gehuur het en dan het die gaste nie nodig gehad om toegang by die hek te betaal nie. Hierdie keer gaan ons almal by die hek toegang betaal en dan is ons geregtig om die braai en piekniek geriewe te gebruik en ons kan ook die Monument besoek. Die Monument sal die komende week vir my 'n antwoord kan gee sodra ek die verwagte getalle deurgegee het of ons een van die saaltjies kan gebruik.

Ek sal 'n sprinkasteel saambring vir die kinders, bring ook vir hulle bal speletjies saam. Daar is in elkgeval so baie dinge wat hulle aandag sal trek dat ek nie kan dink dat hule 'n vervelige oomblik sal hê nie

Ek gaan weer pap en sous maak, maar die keer nie weer vir 'n Army nie. En vir die wat laas nie pap wou eet met bacon in nie, ek het belowe die keer sal ek spesiaal vir julle 'n potjie maak.

Indien daar enige ander navrae is moenie huiwer om my te kontak nie.

Groete van huis tot huis!

Fanie

Link to comment
Share on other sites

Hi Fanie,

Baie dankie vir al die inligting en reelings. Ons 3 nuwelinge sien baie daarna uit!

O ja, en boek ons maar vir daai ossewa-rit, dit mag dalk ons eerste en laaste keer wees.!

Groete,

Stefan, Suzette & Johandre

Link to comment
Share on other sites

Join the conversation

You can post now and register later. If you have an account, sign in now to post with your account.

Guest
Reply to this topic...

×   Pasted as rich text.   Paste as plain text instead

  Only 75 emoji are allowed.

×   Your link has been automatically embedded.   Display as a link instead

×   Your previous content has been restored.   Clear editor

×   You cannot paste images directly. Upload or insert images from URL.

×
×
  • Create New...