Jump to content

"A" for "Away" is om die draai!


Tania

Recommended Posts

Dagsê almal!

Biddulphs kom ons meubels pak volgende week, 15 Mei. Die 23 ste Mei is dit "A" for "AWAY"!! Kan jul dit glo? Skielik voel dit of my keel wil toetrek, te min tyd en nog te veel om te doen, maar ek is seker julle almal verstaan daardie gevoel!

Ons foto's is geneem, 'n klomp koebaai's is al gese, ons tydelike verblyf in Sydney is gereël en Riekie se lys is byna deurgewerk. Al die admin is in plek, maar op 'n meer persoonlike noot, wat het julle gevoel MOES jul gedoen het voor jul oorgekom het? Jy weet daardie "plaas laat ek....." gevoel??

Sien uit om van jul te hoor...

Groete van huis tot huis

Tania

Link to comment
Share on other sites

hallo Tania

Drink genoeg van SA se wyn - die wyn hier is anders en jy kry nie Pinotage nie.

Eet genoeg van SA se steak - die steak hier is anders - Jy kry wel lekker Biltong, droë wors en boerewors.

Praat genoeg Afrikaans met vreemde mense en kyk genoeg Afrikaans op TV (as daar nog so iets is) - hier is maar min Afrikaans hier.

Klim vir oulaas in 'n doringboom - hier is nie doringbome nie

Swem vir oulaas in die koue see - die see hier is heerlik warm.

Eet vir oulaas snoek - hier is nie snoek nie

Eet vir oulaas lemoen pampoentjies (skorsies) - hulle het nie sulke goed hier nie - en ook geel perskes (regte taai-pit geel perskes)

Koop genoeg Afrikaanse musiek om saam te bring.

Maak seker jou sin vir humor is baie fiks - jy gaan nogal baie vir jouself lag as jy hier kom (en soos die Engelse sê - 'Humble Pie' eet) - dus lag baie

Dis anders hier, maar dit is great !! Sekere goed gaan jy na verlang, maar baie ander nuwe goed maak op daarvoor.

Cheers

Berndt

Link to comment
Share on other sites

Gaan eet uit in goeie restaurante waar jy normaalweg nie sou nie met vriende en familie en maak dit 'n memorable occation wat jy vir altyd sal onthou en neem foto's. Ons het lieflike herinneringe van sulke okkasies en praat vandag nog met heimwee daarvan.

Link to comment
Share on other sites

Ek dink die belangrikste is "Don't forget to remember" onthou al die dinge en gesigte en fotos ek is so spyt ek het nie meer fotos geneem nie sommer net stupid fotos sou baie belangrik gewees het hier. En as jy ouers het neem sommer baie. O ja afrikaanse boeke al hou jy nie van lees nie jy gaan skielik die begeerte ontwikkel om daarvan te hou en 'n afrikaanse enetjie sal help. baie sterkte als van die beste vir julle.

Link to comment
Share on other sites

If your into scrapbooking ask Grandma and other family & friends for their favorite recipes in their own handrighting and take a photo of them, Wish I had more heritage photos even copies to scrapbook with. Where are you going to move to? Good luck and we see ya soon Mattie.

Link to comment
Share on other sites

O ja afrikaanse boeke
Ek stem saam! :ilikeit: Koop ook vir jou kinders Afrikaanse storieboekies wat saam met hulle sal groei as jy wil hê dat hulle Afrikaans moet aanhou lees. Bv, as hulle nou 2 is, koop so twee of drie boekies vir 2 jariges, en weer vir sê nou maar 5 jariges, 8 jariges, 10 jariges, tieners ens..... Dit is verbasend hoe vinnig hulle verleer om Afrikaans te lees, selfs al kan hulle dit al lees, as hulle dit nie aanhou inoefen nie! As hulle nog moet leer lees, is dit 'n lekker manier om hulle te leer! Dit maak oulike geskenkies hier in Aus wanneer hulle verjaar - 'n storieboek in hulle eie taal! :whome: (En moenie 'n HAT & Afr/Eng woordeboek vergeet nie! ;) )

Ek wens soms ek het meer tyd saam met my familie en vriende deurgebring in daai laaste rukkie. Ons het 'n groot totsiens-braai gehou so paar weke voor ons vertrek het, en daarna regtig net gekonsentreer op inpak en die laaste rëelings. Daar was oomblikke wat ons tog maar nog 'n koffie kuier of glasie wyn sou kon inwerk......

Koop 'n koerant op die dag wat julle vlieg en hou dit vir eendag. Nie net is dit 'n herinnering van die dag en datum waarop julle Suid Afrika vaarwel geroep het nie, maar dit vang ook die oomblik (en omstandighede) in geskiedenis vas vir julle kinders.

Koop hope Woollies bras!! (Sorrie ouens! :( )

Gaan eet 'n vet stuk kaaskoek by Koffie LaFayette (hierdie een is vir my!! :lol: ) Ek moes sommer die hele kaaskoek opgeëet het - "nevermind" 'n stukkie!!

Link to comment
Share on other sites

  • 4 weeks later...

Ek wens ek het meer van my eie land ook gaan sien. Snaaks as jy in 'n ander land is voel mens jy moet alles gaan sien, en toeris speel, maar ek was nog nooit op tafel berg nie (bygese die 3 keer wat ek al probeer het, het ek 'n 'Eish, there is da cloud, da problem she's one" antwoord gekry, so ek kan darem se ek het probeer.

Glo is koffie baai, die strand, en 'n paar ander plekke in Suid Afrika 'n belewenis, ek was noit by die voortrekker monument nie, en nog minder in enige museums, ek het nooit die Kimberly Gat gaan sien en beleef nie, ek was nooit eers in Bloemfontein in nie - ag die lys groei. Maar ek weet in my hart my ou 4 weke verlof per jaar sal nooit toelaat om daai "Things I should have done" lysie te voltooi nie. Maar ek gaan probeer!

Groete,

Wilanda

Link to comment
Share on other sites

Pleks ek liewer my mense almal by die huis gegroet het en nie op die lughawe nie. Dit was bitter moeilik om te laat gaan en in te loop en hulle so verwese daar te sien staan. Ek kon nie my seuns los nie en my suster het so gehuil dat ek nou nog trane in my oe kry as ek aan haar dink.

Moenie op die lughawe by die Newscafe 'n hamburger en 'n bottel water koop nie, dit kos jou net mooi R100 vir twee mense.

Onthou om die pocket scrabble wat spesiaal vir die trip gekoop is in jou handbagasie te sit en nie in die ander bagasie wat ruim toe gaan nie.

Pleks ek almal vir wie ek lief is meer kere vertel het hoe spesiaal hulle is.

Pleks ek Gripons vir die griep saam gebring het.

En laastens, pleks ek Minora lemmetjies saam gebring het want hier kos dit amper $10 'n pakkie.

Groete,

Betsy.

Link to comment
Share on other sites

Dankie almal!

Ons is nog in die begin stadium van aansoek doen en ek maak oraals lysies van dinge wat gedoel moet word en papier werk wat moet af gehandel word, maar nou dat ek hierdie 'thread' gelees het, dink ek dat ek 'n nuwe lys gaan begin en 'm poging aanwend om meer tyd met my familie en vriende te spandeer terwyl ons nog tyd het.

Ek dink sommer ek gaan die Afrikaanse storie boeke wat ek in my kinder dae mal oor was koop en saam bring.

Ek stem saam Betsy, toe ons Amerika toe was (lang gelede) het ons ook afskeid geneem by die lughawe en ek het gese nooit weer nie.

Hmm, lyk my ek sal nou moet begin 'n paar goed 'stockpile' om in die 'container' saam te bring! :blush:

Groete,

Michele

Link to comment
Share on other sites

  • 1 month later...

Hi. Een ding wat iemand my vertel het om in te pak was `n multy plug. Een met baie punte. Jy ruil net die plug om met een van Australia, dan werk al jou selfoon proppe, rekenaar goeters ens!

Eet baie tastic rys, (het nou na 4 maande eers kon kry by die SA shop)

Pak baie cosmetics in jou container. Simpel goed soos vitamine pille, basiese medisyne, deoderant, ens ens. Als is baie duurder hier, en eintlik vat dit nie baie plek nie.

Maak seker jou matras is nuut, hulle sealy matrasse is baie duur. Pak gordyne in. Baie duur hierso, maar al die huise het blinds.

Maak seker almal het skype en skype fone. Jy sal nog ure met hulle wil gesels. En dit is net baie lekkerder as dit verniet is!

En huil maar, jy mag. Jy is besig om jou hele lewe te groet!

En moenie goed reel vir die laaste week nie. Groet die mense en groet klaar, moennie belowe jy sal met hulle praat die laaste dag nie. Die laaste dag is heeltemal te emosioneel!

Geniet dit

Link to comment
Share on other sites

Eet baie tastic rys, (het nou na 4 maande eers kon kry by die SA shop)

Coles & Woolies hou Tastic rys aan - die pakkie lyk net anders (Ek het iewers op die forum 'n foto vd pakkie geplaas - soek net onder "tastic", jy hoort dit te kry). :unsure:

Link to comment
Share on other sites

Hi almal

Ek het sondag vir oulaas my kinders Pretoria dieretuin toe gevat of dalk het ek dit vir myself gedoen. Dit was lekker ons het dit vreeslik geniet en so in die stilte het ek afskeid geneem van al die mooi " wild animals of Africa". Dit is een van die dinge wat ek die meeste sal mis van ons land. Ja ons land, dit sal deel van jou bly. Ek hoop hulle sal kan onthou. Ek het vir hulle baie fotos geneem. Seker heeltemal oorboord gegaan maar ek sal nie weer die kans so kry nie.

Dit is een van die dinge wat ek die graagste wou doen voor ek weg gaan.

Wendy

Link to comment
Share on other sites

Join the conversation

You can post now and register later. If you have an account, sign in now to post with your account.

Guest
Reply to this topic...

×   Pasted as rich text.   Paste as plain text instead

  Only 75 emoji are allowed.

×   Your link has been automatically embedded.   Display as a link instead

×   Your previous content has been restored.   Clear editor

×   You cannot paste images directly. Upload or insert images from URL.

×
×
  • Create New...