Jump to content

5 jaar observasies


DannyBoy

Recommended Posts

Magties wat kan 'n mens se na 5 jaar in onner land? Die kinners word groot en die lewe gaan aan. Al die dinge wat aan die begin anners was is nou allerdaags en die oulike wit voels wat jy nooit genoeg van kon kry nie will jy nou al amper met klippe gooi want hulle verniel alles. ja ek dink ons kan seker se on is nou waarlik geintegreer in die aussie lewe. ons het die skuif gemaak van huur huis na bank huis. ja ek sal betaal tot ek seker 100 is om die ding af te betaal maar nou ja dis mos lekker. het die plastiek gras verruil vir egte kukuyu en 'n gras snyer so daar is altyd iets om my besig te hou op 'n saterdag as mammie wil he ek moet saam gaan inkopies doen.


Met die aanskaf vd huis het die tesourie goedkeurin in tripplikaat verskaf vir die oprigting van wat 'n mens hier sal noem 'n "man Cave" 'n plek waar ek na hartelus my houtwerkies kan doen en kan werk aan belangrike huis projekte soos ....wel soos....wel ek is seker daar sal ene opduik...want dan sal ek reg wees vir hom.


In die tyd het ons nog 'n paar vriende ryker geword....weet nou nie of dit maar net ons is nie maar al my vriende is suid afrikaners. Lyk my ons is nog nie lank genoeg al on australie om as normale mense geklassifiseer te word deur die lokale populasie nie....maar on leef in hoop. erens sal ek seker nog 'n regte aussie raakloop wat sal vriend word.


Ons ken ook nou al die dorp. die GPS tannie kry nou deesdae net 'n afstof as jy na n snaakse plek toe moet gaan of ver weg gaan kamp. vir die res ry mens hom mos maar sommer so op rigting want jy is mos local en weet waar goete is.


Deesdae praat ek meer met my kinders in engels want lyk my dis al wat hulle meeste vd tyd praat en as ons afrikaans praat vat dit langer om hulle reg te help met sin konstruksie en teen die tyd wat jy klaar is het julle altwee al vergeet waaroor die gesprek nou eintlik gegaan het.


Kry nog steeds aussies wat ek nie kan verstaan nie. Jy vermoed hulle praat engels maar die aksent is so rof dat jy maar meer gaan op handgebare en hoop hy probeer jou nie ook flous soos die mannetjie wat daai bekende begrafnis se gebare taal gehanteer het nie...


Die dae van lokale buitelandse valuta beheerder is ook verby en ek probeer nie alles eers omskakel rand toe om te besluit of dit duur is nie....ek gaan vd staanspoor af dat alles duur is want hier gaan jy nooit 'n ou kry wat vir R50 'n dag iets sal doen nie......en almal moet 100% winsmaak en holdens ry....so jy weet waar jy staan....koop op ebay......


Daar is aussies wat hard werk....soek en jy sal vind (ek's solank al hier ek moet eers dink hoe mens vind skryf..ja ek weet belaglik maar sulke dinge gebeur as jy die heeldag net yes, no en o so moet praat en skryf en dink) ja jy moet engels dink want as jy nie vinnig genoeg kan vertaal terwyl jy nog moet oplet en antwoord nie...eindig jy so paar sinne agter op en dan weet niemand meer hoekom ons die belangrike vergadeing moes hou nie.tyd vir 'n $4 koffie...wie se beurt is dit nou weer


Koffie. ja waar ek maar groot gemaak was op nescafe is ek nou iemand wat daai ekstra blok sal loop vir daai koffie kafee wat die lekkerder koffie maak...seker die A2 van daai spesiale tasmaniese koeie melk wat beter met my akkedeer....dink die is 'n melbourne siekte....dokters gaan nog baie geld maak......


Politiek is belaglik...ja nogsteeds en die nuus...wel ek weet nie of mens dit kan nuus noem nie....maar dis nie nuus nie.....hier is klein goedjies belangrik...dalk omdat daar nie groot nuus goete is nie moet hulle iets doen en dis dalk ook een vd dinge waarvoor mens kan dankbaar wees...


Terug op politiek...ja die 2 party preferred method lyk nie vir my altyd heeltemap pluis nie...kan sien hoekom manne moeilik raak en dan skielik het jy 'n diktator op jou hande.....se maar net.



En daar is nogsteeds dinge wat jou kan verras.....jy loop by die bottel stoor in en daar staan staan 'n vrek duur ingevoerde bier met die ingevoerde bier prys....Castle....soos hulle se dis makliker om jammer te se as om permiesie te vra.....sorry mammie


En al mis ons die familie terug in Suid afrika (een van my vriende het gese ek moet ophou se by die huis want as ek nie opgelet het nie is ek nou al lank hierso) is dit nog steeds lekker om hier te bly.....


Groetnis

  • Like 11
Link to comment
Share on other sites

Dannyboy, it is wonderful to hear how well you have settled.. I chuckle about most of your friends being other South Africans.. at least it is easy to understand them and just think.. if you say "bakgat" or "voertsak" they know what you mean!

Link to comment
Share on other sites

Good one, DannyBoy. We live in a cul de sac with 11 kiddies under 7, who move from house to house to play in a little pack. When they come here, and I lay down the law to my two boys (3 and 5) about packing away and its consequences (in Afr), I get a choir of voices piping back "Yes!". A lot gets delivered in your tone and the odd evil eye. :angry2:

  • Like 3
Link to comment
Share on other sites

Join the conversation

You can post now and register later. If you have an account, sign in now to post with your account.

Guest
Reply to this topic...

×   Pasted as rich text.   Paste as plain text instead

  Only 75 emoji are allowed.

×   Your link has been automatically embedded.   Display as a link instead

×   Your previous content has been restored.   Clear editor

×   You cannot paste images directly. Upload or insert images from URL.

×
×
  • Create New...