Jump to content

Sommer net nonsense op 26 April 2007


Jan Stoof

Recommended Posts

ANZAC Day het gekom en het gegaan. My tweede in die land van Oz. Die vorige keer was 3 jaar gelede met my dogter se troue hier in Adelaide. Murray is ‘n Vietnam veteran en ‘n groot kop in hulle streeks vereniging. So, dit was van ons as nuwe inwoners verwag om daar langs die pad te staan en cheer. Ek moes myle weg parker en was net betyds om hom darem te sien marsjeer. Toe is ons na die “PARADE” waar die oudstryders stories uitruil terwyl hulle ‘n biertjie geniet. Ekself kon march maar my medaljes is nog êrens in die container weggesteek. Daar was nie ‘n manier wat ek sonder my paar ou misrabele medaljes sou marsjeer nie. Dit was brass net waar jy kyk. Daar is van daai ou perde wat aan sy makker moes hang omdat hy te swaar moes dra aan al sy medaljes. Ek het een ou maer tannietjie gesien wat omtrent 10 medaljes aan haar ou maer lyfie gedra het, met trots natuurlik. So het hulle in hulle honderde by ons verby gekom. Baie het van hulle gestorwe makkers se medaljes aan hulle regter bors gedra. Daar was selfs jonges wat hulle oupas of pa’s sin namens hulle gedra het. Elke jaar word die jonges meer en die oues minder. Ek het een ou omie hoor sê, aan sy tjommie. “Next year I’ll probably be pushing daisys” menende hy sal onder die kluite wees.

Toe is ons in die drillsaal in om “two up” te speel. Daar word twee muntstukke op ‘n plankie gesit wat die ou dan in die lug opskiet met die plankie. Jy wed dan op “heads of tails” Die munstukke moet op ‘n stuk seil val anders tel dit nie. Daar spin toe ‘n perd en hy roep “heads” almal kan nou “sidebets” teen mekaar vat. Die ou spin toe 7 keer na mekaar “heads” Julle statistiese perde sal weet dit is ongehoord. Ek klim toe in na sy 3de spin. Ek verloor. Ek double, Ek verloor, Ek double. Uiteindelik kom tails op en ek kry my geld terug. Ons is honger en ek eet ‘n wors broodjie en ‘n hamburger. GELUKKIG.

Toe ons ry om my ouditeer te gaan sien vir die besigheid, spring daar ‘n perd met ‘n wit handskoenjie voor my in. Hy keer my uit die linkerkantse van 4 bane aan. Hy stop die ander 3 bane en wys vir my vingertjie in sy nes in. Hy toets my 0,039. Ek pass. Hy vra toe my lisensie, wat ek gelukkig by my gehad het. Raai wat sê die blikskottel toe vir my.

“You South African” wil hy weet? Op my bevestigende antwoord seg hy. “you are lucky today, but your cricket team won’t be so lucky tonight” WAAR EN WYSE WOORDE WAS DIT. Hier is nog ‘n storie uit RSA van ‘n suur ex kollega.

A South African was sitting with an Aussie and a Kiwi in Saudi Arabia, sharing a smuggled barrel of beer, when all of a sudden the Police entered and arrested them.

They were initially given the death sentence but contested this and were finally imprisoned for life. But as it was a national holiday, the Sheikh decided they should be released after each receiving 20 lashes of the whip.

As they were preparing for their punishment, the Sheikh suddenly said:

"It's my first wife's birthday today and she asked me to allow each of you one wish before your whipping, but you can not wish to not be whipped!"

The Kiwi thought for a second then said: "Please tie a pillow to my back before whipping." This was done but the pillow only lasted 10 lashes before the whip went through. The Kiwi cried in pain.

The Aussie saw this and said: "Please tie 2 pillows to my back before whipping." This was done and lasted for the whole 20 lashes. The Aussie stood up smiling.

The South African saw this but before he could make his wish, the Sheikh said: "As you are from South Africa with all that crime, a cricket team who is always losing in a final and a rugby team who can't win anything, you are permitted to have two wishes!"

The South African thought for a second, then said: "Thank you most Royal and Merciful Highness. My first wish is to receive a hundred lashes with the strongest, toughest whip available."

"If you so desire," the Sheikh replies with a questioning look on his face, "and your second wish?"

"Tie the Aussie to my back"

Link to comment
Share on other sites

Hello Jan, Jissie ek hou die forum dop om van jou te lees en uiteindelik hier is jy weer. Dankie soos altyd 'n lekker smile op my bakkies !

Link to comment
Share on other sites

Selfde hierso ... geniet altyd Jan se stories. Dit bring altyd 'n glimlag!

Hou aan Jan, partykeer het 'n mens dit soooo nodig net om 'n slag te lag dat die trane rol en die maag seer is :ilikeit:

Groete

Pofstert

Link to comment
Share on other sites

Jan, waar is jy ? is jy rustig in die Mei maand. Ons wag vir 'n storie !

Link to comment
Share on other sites

Hallo julle. Ja ek leef nog. Was vrek besig met die onderhandelings om my besigheid op die been te bring. Vlieg die wêreld vol. Vlieg alweer Vrydag 18 Mei na Brisbane. Twee weke later dan is dit weer Melbourne. Gevolg is, ek het nie tyd vir skryf nie. Met dit alles saam volunteer my vrou toe dat ons 'n predikant se huis vir twee weke sal oppas. Kom nooit by my e-pos / huis uit nie. Maar vandag is Moedersdag en beste van als, ons vier ons een jaar in Oz. Kan julle dit glo dat die beneukte ou man een jaar in die land van sport uitgehou het. Ek is bly dat die Bulle en Haaie die eindstryd gaan uitspook. Sal dit hopelik in Brisbane kan sien. Ek maak 'n potjie. Nie skaap nie, maar hoender. Al manier hoe ek die Oz lot kan oorreed om saam te eet. Moet nou gaan, die pot prut en my wyn wag.

Link to comment
Share on other sites

Hi Jan.

Nou skryf vir ons bietjie ietsie oor Brisbane. Ons gaan seker daar nes skop aan die einde van die jaar, so sal graag jou "point of view" wil hoor.

Lekker rond vlieg en ek hoop daai potjie was lekker. :)

Cheers vir eers

Sheila2Oz

Link to comment
Share on other sites

Join the conversation

You can post now and register later. If you have an account, sign in now to post with your account.

Guest
Reply to this topic...

×   Pasted as rich text.   Paste as plain text instead

  Only 75 emoji are allowed.

×   Your link has been automatically embedded.   Display as a link instead

×   Your previous content has been restored.   Clear editor

×   You cannot paste images directly. Upload or insert images from URL.

×
×
  • Create New...