Jump to content

Meer oor Settling in


Fanie Van SA

Recommended Posts

Dagsê almal,

Die vraag is meer vir die gelukkiges wat reeds geland het.

Dit wil lyk asof ek en my gesin op 'n 457 visa daar gaan op eindig en ek verstaan ek kan eers na ses maande aansoek doen vir PR, maar wat ek graag wil weet is hoe lank neem dit oor die algemeen voor 'n ou se lewe terug keer na normaal toe. Ek glo niemand het heeltemal "hassel free" geskuif nie en dit is verseker nie gou gou trek na 'n nuwe voorstad toe nie. DIS 'N GROOT TREK!! As jy daar kom moet jy kyk vir bly plek, miskien 'n kar. Daar moet gesoek word vir skole vir die kinders ens. Van skole gepraat, hoe gemaak as jy jou kind hier aan die einde van die skool jaar uithaal, waneer begin die nuwe jaar by die skole daar en hoe gemaak?

Sal bly wees as iemand van hulle ervaarings kan vertel asb.

Fanie

Link to comment
Share on other sites

Hi Fanie

Dit wil lyk asof ek en my gesin op 'n 457 visa daar gaan op eindig en ek verstaan ek kan eers na ses maande aansoek doen

As jy 5 bonus punte wil claim dan wag eers 6 maande voor jy aansoek doen. Jy kan aansoek onmiddelik doen, solank jy kwalifiseer met punte is die saak reg.

wat ek graag wil weet is hoe lank neem dit oor die algemeen voor 'n ou se lewe terug keer na normaal toe

Hierdie is nie 'n maklike vraag nie, omdat elke ou verskil. Hulle sê die eerste 2 jaar is die moeilikste en daarna raak dit net beter. Hulle sê ook dat vrouens immigrasie bietjie moeilik vind as mans. B)

Groete

D

Link to comment
Share on other sites

Guest Bronwyn

Hi Fanie -

We have been here nearly 5 months. Have the rented house, 2 cars (1 financed, 1 cheapie), the home phone, the broadband, one job and the kids school sorted out. We have our bank account and our Tax File Numbers and our medical aid (Pvt - don't qualify for Medicare). We know where to buy clothes (but often get ripped off only to find something much cheaper down the road), can find the post office, and are starting to get favourite brands of food, etc. We have a Blockbusters contract. :o We know petrol is cheaper on a Tuesday, and if you can get a litre of milk for 99c you are getting a bargain. :angry: We know we don't like the shaved chicken but the ham is nice. We figured out that yuo can phone South Africa for a lot cheaper if you buy a phone card. We know how to catch the bus, and if you buy a 10-trip ticket it costs $2,50 per trip instead of $3,80. We know parking in the city costs an absolute fortune, and washing your car at the carwash costs a fortune too.

However, I must say we are not there yet. The first 3 or 4 months you feel literally like a fish out of water. I felt like every time I opened my mouth I was going to make a fool of myself or call attention to myself. But I am starting to care less what people think of me and my accent. I am me. Can't change that. Lots of people love the accent and I just try & speak a little slower and not gobble my words. :lol:B)

As far as the kids school goes, yours will finish around 7 December ( I guess), and then get almost 2 months off and go to their new schools at the end of Jan/beginning of Feb 2008. My kids had 8 weeks holiday over Christmas. :whome:

Lekkerbly!

Bronwyn

Edited by Bronwyn
Link to comment
Share on other sites

Fanie, dit hang seker alles af van wat jy as individu normaal definieer. Ek sou se die gevoel dat alles gereguleerd, bekend, voorspelbaar is en jy selfversekered en gemaklik voel is normaal. Dit is wanneer jy rondry in jou omgewing en nie meer gefrustreerd is met verkeerd ry nie. Wanneer jy met gemak in die stad rondbeweeg tussen trein, tram en bus en akurate tydsberekening kan doen. Dit is wanneer jy dadelik weet waar die naaste spesialiteits winkels is en wanneer jy met gemak jou kar laat diens by die selfde ou of herhaaldelik teruggaan na dieselfde droogskoonmaker omdat jy hulle vertrou. Ek sou ook se normaal is 'n gevoel van gemak, gerief en selfversekerdheid dat alles om jou bekend is en jy is in beheer van jou lewe. Vir 2 jaar het ek die teenoorgestelde van die bogenoemde gevoel en dit was maar aaklig en ongerieflik maar nou gaan dit baie beter, dankie. <_<:P

Link to comment
Share on other sites

Dagsê Mense,

Baie dankie vir die antwoorde wat julle so ver gegee het.

Ek dink dis maar die onbekende wat maak dat 'n mens onseker is wat vir jou wag.

Ek sou meer wil weet hoe lank dit neem voor jy finansieel weer aktief en aan die gang is soos wat dit was voor julle geskuif het. Waneer is dit nie meer nodig om op die spaargeldjies staat te maak vir oorlewing nie.

Ek verstaan ook baie goed dit sal verskil van gesin tot gesin want smaak en voorkeure kan nogal 'n verskil maak op jou uitgawes <_<

Laat ons hoor asb, hoe meer insette ek kan kry hoe beter prntjie kan ons vir onself skep.

Groete

Link to comment
Share on other sites

Dag sê Fanie van SA

Lindy van Perth hier. <_<

Weet jy ons het bietjie meer as 2 jaar terug geland (kan nie glo dis al oor die 2 jaar nie ) my man net 6 dae oor my en my 2 girls hier aangekom. hy het dag voor ons geland het 'n huur huisie gekry en so vinnig vinnig bietjie probeer meubileer. Ek en die girls het die Vrydag middag 3pm geland en die oudste het die maandag oggend skool begin.

Van die oomblik wat ons van die vliegtuig af geklim het het ons welkom en tuis gevoel. Ons het in minder as 'n maand Aussie vriende gehad wat nie kom glo dat ons so gesettle was na so 'n kort tyd nie...en dit vir mense wat elkeen net met 'n tassie klere oor gekom het. Ons het ook nie al die inligting bronne gehad soos SAAus nie, nie 'n siel die kant geken nie...etc etc. Ek dink met al die great inligting wat julle hier kry maak dit tog 'n verskil hoe vinnig jy kan insettle.

Ek dink vir baie mense is die gevoel van in 'n ander land wees oorweldigend...ons het net so daar aan gedink dat ons dieselfde sou deurgaan as ons bv JHB vanaf Kaapstad getrek het.

Die klein nitty gritty kom met tyd, maar as ek een ding kan voorstel...as jy winkel toe gaan al is dit net die corner cafe, groet almal. Laat mense jou leer ken. Dis die vinnigste wat jy voel jy hoort iewers en wat jy jou plekkie in jou nuwe tuiste vind.

Good luck met julle hele trek...en jy het niks om oor te worry nie, jy en die familie gaan sommer vinnig settle en tuis voel.

sterkte

Lindy-Lee

:P

Link to comment
Share on other sites

Hi Fanie.

Ons gaan nie met 'n 457 visa oor nie, maar het vriende wat oor is met 'n 457 visa.

Een ding wat hulle vir my gesê het en ek dink nie altyd almal weet dit nie, is dat skoolgelde en medies vir jou eie sak is.

Dit is blykbaar 'n aardige bedrag elke maand, en hulle het nie daarvan geweet nie. <_<

So onthou om dit ook in aanmerking te bring. So ek stel voor doen so gou moontlik aansoek vir Permanente verblyf, dan is skoolgelde behalwe natuurlik privaat skole gratis en medies.

Sterkte met jou aansoek.

Cheers vir eers

Sheila2Oz

Link to comment
Share on other sites

Hi Fanie

Ons is nou so jaar en 'n half in Australie se platteland. Ek praat vanuit 'n Afrikaner se oogpunt. Die eerste ses maande was besonders moeilik ten opsigte van die werksitusasie. My vrou het dadelik begin werk as Onderwyser en ek so drie maande later as Opleidings Projek Beampte. Nie dat die tipe werk 'n probleem is nie, maar die aanpassing binne werksverband is wel. Ek verstaan presies wat Bronwyn meld in haar opsomming. Mens voel werklik onnosel en praat in die begin met rubber lippe en voel al die aandag is op jou in vergaderings tov aksent ens. Die werksetiek / kultuur is anders en jou hand word nie vasgehou in die begin nie. So dit is aanvanklik taf en die bloedruk het maar hoog geraak by tye. Die omgewing en interaksie met gewone Australianers was andersins heel aanvaarbaar en ons was en word steeds met vriendelikheid ontvang.

Om die regte huurhuis te kry is 'n pyn en dikwels nie waaraan jy dalk gewoond was nie. Ons het maar in 'n Motel gebly vir drie weke voordat ons die huishuis kon kry waarvoor ons gewag het. Ons moes ook 'n motor huur vir 10 dae tot ons 'n motor op Adelaide se Staatsveiling kon koop. Die wag spulletjie het ons geld gekos, maar ons was bereid om te wag vir dit wat ons wou he.

Kinders is almal in 'n Christelike Privaat Skool en dit is sover goed genoeg. Skoolklere is nie goedkoop nie en het saam met jaarlikse skoolfonds vir drie kinders sowat $5,000.00 gekos. Die kinders het mooi aangepas vanaf Afrikaans na Engels (Ouderdomme 9, 12 en 15). Oudste dogter presteer in top drie van die skool. Die kinders moes Wiskunde en Wetenskap Terme in Engels leer en dit het aanvanklik gepla. Nou is dit nie meer 'n probleem nie.

Finansieele druk was nie groot nie want ons kon op Onderwys Salaris regkom van die begin af. My salaris was later grootliks net 'n bonus en ons kon spaar of aankope doen soos nodig.

Na meer as 'n jaar voel ons baie beter as in die begin en tree met selfvertroue op. So ek glo dit kan net beter vorentoe.

Sterkte Riaan

Link to comment
Share on other sites

Hi Fanie

There are many factors which determine how quickly life returns to normal when settling in Aus. For every person these factors are different and have differing priority. Expectations is another issue that can make settling in very difficult - People need to recognise that Aus is not all milk and honey - it does have a few warts here and there.

For me personally we were very lucky because we came out on a 457 visa - the company pretty much paid for everything, including help to find rental accomodation. So from day 1 I had a job and we had a place to stay - made life that much easier. Challenges for us were that we had a 2yr old and my wife was 6mnths pregnant - we had no support network around us - so that first year was pretty tough going. I have to say the part of living here and adapting to new life was not hard. By end of 2nd year it got alot easier because we had decided we were not going back to S.A. and had decided to get our PR which was again organised by the company. We had also decided to purchase some land in Mel on a golf estate - this has been my dream of retirement - problem is we were still in Syd - Fate shined on us and I managed to get a transfer with the company down to Mel - we had to rent for a while till the Dev was opened, but by our 4yr we had moved into our new house we had built - Since then we have not looked back. There are some minor irritations, but nothing major that makes me ever think about going back to S.A. except on a holiday - Aus is now home for us.

Personally I think the key to settling in is to set realistic expectations - dont expect to arrive and be buying a house immediately - rent first get a feel for the land and then when you understand the property market here and are absolutely sure of the State you want to settle in - then buy. We started out in Syd and ended up in Mel. Dont try to create a mini S.A. around yourself over here - adapt and integrate into your community. Definitely dont forget and lose your heritage, but at the same time dont become a "When we ....." We have made friends with folks from S.A., Aussies, Kiwis, Brits, Sri Lankans, Malaysia, Singaporeans. - Mel is a melting pot of cultures. You dont need to hide the fact that you are South African - well sometimes you have to when the Aussies pound us in cricket - guys at the golf club aint going to let me live it down on Sat.

Couple of postings which I thought were pretty relevant are the following:

Almost 7 Years later in Oz, What you can expect down the line

Great Expectations

Rgds

matman

Link to comment
Share on other sites

Hi Everyone,

Many thanks for all you realistic and honest opinions :D . Matman, thanks for sharing your story :ilikeit: and all the advice ;) !

Bye, Pippa! X

Link to comment
Share on other sites

Join the conversation

You can post now and register later. If you have an account, sign in now to post with your account.

Guest
Reply to this topic...

×   Pasted as rich text.   Paste as plain text instead

  Only 75 emoji are allowed.

×   Your link has been automatically embedded.   Display as a link instead

×   Your previous content has been restored.   Clear editor

×   You cannot paste images directly. Upload or insert images from URL.

×
×
  • Create New...