Jump to content

Hannes en Karen: Hier is die Rothmans


Karen R

Recommended Posts

Hallo almal!

Ons is 'n gesin van 5: Hannes, Karen, Hein(8jr), Bianca(7jr), en Ivan(3jr). Ons "hap" al vir ongeveer 7jr aan-en-af aan die gedagte van emmigreer. Het maar soos baie ander gehoop dat dinge sal beter gaan....

Uiteindelik is die besluit geneem!!!

Ons is besig om ons LSD-trip te beplan. Ons sien baie uit na ons eerste kennismaking met OZ aan die een kant, maar aan die ander kant is ek absoluut "PETRIFIED" om die kinders hier te los wanneer ons gaan. Ons beplan om die Queenslanders te "join"!

Groete

Karen

PS: Hi Riekie! Baie dankie vir jou verwelkoming!

Link to comment
Share on other sites

Hallo Karen...vra vir Hannes om my te kontak...ons het saamgewerk lank terug... :unsure:

Link to comment
Share on other sites

Hi Karen.

Welkom en sterkte vir die proses.

'n Paar jaar gelede is ek en my man Europa toe - hoofsaaklik Ierland - sonder die kinders. Aanvankilik wou ons hulle saam neem, maar die trip was in die winter - en 'n besonderse koue een daardie jaar - die seuns was nog baie klein en ek glo nie hulle sou die koue kon trotseer nie. 'n Ander rede waarom ons hulle by ouma gelos het, na ons troue het ons nooit 'n honeymoon gehad nie en hierdie tyd in Eureopa het gedien as 'n belated honeymoon.

In elk geval, wat ek wil se, moenie skuldig voel omdat julle die kinders los nie, hulle is mos in bekwame, liefdevolle hande. Ek en my man het hierdie alleen-tyd so geniet. Ons het kort-kort gedink aan die kinders, maar dit was nie alles oorheersend nie, eers die laaste twee dae het ek so na hulle verlang dat dit my tot trane gedryf het en nie meer kon wag om hulle te houvas nie. Hulle was natuurlik in ekstase oor al die goodies wat ons vir hulle saamgebring het.

Emigrasie is in baie opsigte 'n baie traumatiese proses en dit sal wonderlik wees as jy en jou man hierdie alleen-tyd kan gebruik om nog sterker te word in julle huwelik, want julle gaan mekaar baie nodig he in die tyd wat voorle.

Geniet dit en hou ons op hoogte.

Blessings,

Lourisa :ilikeit:

Link to comment
Share on other sites

Hi Karen,

Dit is great as jy en jou man kan saamgaan op die LSD. My man gaan die eerste week in Mei en ek bly agter. Ek het nou net 'n seuntjie gehad en hy is nou eers 'n maand, die ander enetjie is nou 18 maande en ek en my man sien nie kans vir die kinders saamvat of om hulle te los nie so, ma bly en pa gaan.

Laat weet hoe het dit gegaan!

Groete,

Tanja

Link to comment
Share on other sites

Hi Karen

Welkom by ons! Ons beplan ook 'n LSD na Queensland in Junie/July. Wanneer beplan julle om te gaan?

Groete

Ryxi

Link to comment
Share on other sites

Hi daar!

Dankie baie vir julle almal se goeie wense! Die trip is gefinaliseer. Ons vertrek die 10de Mei, en land op Brisbane, vanwaar ons 'n motor gaan huur en noord met die kus op gaan travel. Hoop ons sien genoeg in 10 dae se tyd. Sou graag ook by Perth ook 'n draai wou gaan maak, maar ons tyd sal dit nie toelaat nie. Is daar enige iemand op die forum wat op ons pad met die kuslangs in QLD woon (Koffie date en chat?)?

Ek het ook nooit 'n honeymoon gehad nie Lourisa, Goeie idee! Ek moet ook maar net minder kleingelowig wees: Bid en glo dat my 3 krokodille ok sal wees by hulle ouma&oupa.

Groete Karen

Link to comment
Share on other sites

Hi Ryxi

Ons kaartjies is gekoop & ready to go! Ons vertrek die 10de Mei, en kom die 20ste terug. 'n Kort (hopelik voldoende) tyd. Sal alles kom vertel.

Karen

Link to comment
Share on other sites

Hi daar!

Dankie baie vir julle almal se goeie wense! Die trip is gefinaliseer. Ons vertrek die 10de Mei, en land op Brisbane, vanwaar ons 'n motor gaan huur en noord met die kus op gaan travel. Hoop ons sien genoeg in 10 dae se tyd. Sou graag ook by Perth ook 'n draai wou gaan maak, maar ons tyd sal dit nie toelaat nie. Is daar enige iemand op die forum wat op ons pad met die kuslangs in QLD woon (Koffie date en chat?)?

Ek het ook nooit 'n honeymoon gehad nie Lourisa, Goeie idee! Ek moet ook maar net minder kleingelowig wees: Bid en glo dat my 3 krokodille ok sal wees by hulle ouma&oupa.

Groete Karen

Hi Karen,

Queensland girl bly daar, ek weet sy het al heel party mense ontmoet en hulle rondgewys. Sy is die "local" wat alles ken daar!

Link to comment
Share on other sites

Join the conversation

You can post now and register later. If you have an account, sign in now to post with your account.

Guest
Reply to this topic...

×   Pasted as rich text.   Paste as plain text instead

  Only 75 emoji are allowed.

×   Your link has been automatically embedded.   Display as a link instead

×   Your previous content has been restored.   Clear editor

×   You cannot paste images directly. Upload or insert images from URL.

×
×
  • Create New...