Jump to content

Onthou


Blossom

Recommended Posts

Vroeg opstaan terwyl dit nog donker is, dis koud en mistig. Angs le soos 'n swaar kombers oor my skouers want.....ek moet die R59 aandurf. Ons het 'n funksie vir BBP's vandag en die laaste dingetjies moet nog gedoen word by die werk.

Ek is 'n spysenier van beroep, doen dit al jare lank. Ek skrik nie vir 'n funksie vir 400 mense nie, alles is al weke terug beplan, kos is bestel, blomme word vandag afgelewer en die tent word nou nou opgeslaan. ek weet hierdie funksie gaan sommer 'n sukses wees. Maar....

Eers moet ek die 25 kilometer werk toe aandurf en ek is vrek bang. Gister gelees hulle rol nou sommer groot rotse tot in die middel van die pad en as jy dit nie sien in die donker nie is jy in jou maai in. Of hulle staan langs die pad en gooi jou kar met klippe. Maar ek wil nie spoke opjaag en myself nog banger dink nie. Ek is 'n gelowige en ek glo dat alles OK gaan wees.

Dis nog donker toe ek op die snelweg klim en ek stuur 'n skiet gebed op boontoe. Skaars op my spoed net om die draai sien ek die ligte en in die skynsel sien ek dis 'n vroue figuur wat daar staan met 'n dogtertjie langs haar.

Impulsief stop ek 'n entjie verder aan en reverse terug. Die kind kom aan geloop en hang by die venster in. Sy is blou van die koue en sy vra of ek nie dalk iets warms in die kar het nie...sy is kaal arms. Verward soek ek in my kar rond vir 'n trui of kombers vir haar. Die ma, ek neem aan dis die ma, kom aan geloop en le ook by die venster in. Ek wil nog vir haar se hoe gevaarlik dit hier op die snelweg is maar sy gee my nie kans nie. Sy se hulle is op pad Vereeniging toe om die kind huis toe te vat en hulle petrol het op geraak en kan ek asseblief dalk 'n R50 of ' R100 spaar vir petrol vir hulle. Die skole begin more en sy moet die kind terug vat huis toe.

Iets voel verkeerd, ek glo nie die storie nie maar die kind, seker so 11 jaar oud, lyk so verwese. Ek wil help maar iets se vir my dinge is verdag. Ek soek in my handsak rond en kry R20.00 en gee dit vir die vrou. Sy gryp dit en se half vies dankie vir die bietjie geld, gryp die kind en gaan terug na hulle kar toe.

Dit begin nou lig word en ek sien dis 'n rooi, gehawende Uno wat met sy neus Johannesburg se kant toe staan.

'n Paar kilometer verder tref dit my, Vereeniging is ander kant toe, terug in die ander rigting! Heeldag wonder ek oor die insident, ek dink ek is gevang met 'n slenter. Maar dis nie so erg nie, ek het net R20 verloor, eintlik wonder ek meer oor die meisietjie so in die koue. Is sy dan deel van die skelm streke?

Die funksie loop wonderlik af en die mense kan my nie genoeg bedank vir die snoep goed en mooi tafels nie.

Dis 5 uur en tyd om huis toe te gaan, tyd vir my gesin en 'n klein gesprekkie met oom Jack Daniels. Dalk drie geprekkies met hom, ek is moeg.

Om die draai, na ek 3 taxis gedodge het en 'n lorrie sonder brieke op my stert gesit het, is ek weer op die R59, op pad terug. Wag 'n bietjie, wat sien ek daar?

Dieselfde kaal arm dogtertjie, dieselfde sonder tande vrou en dieselfde rooi Uno! Die keer in Vereeniging se rigting en daar staan 'n voornemende weldoener by hulle. Die kind hang weer by die venster in met haar sad gesiggie,

Kan jy nou meer...ek is wraggies gevang en daai ander mense ook! Nou hoeveel mense is nie vandag deur hulle ge-con nie? Ek wonder hoeveel geld hulle al vandag gemaak het...tax free.

Dis waar ek my voorneem om nooit, ooit weer iemand te help nie.

Daarna het ek die rooi kar weer 'n paar keer gesien langs die pad. Noudat ek hier is dink ek baie aan die kind. Ek wonder wat het van haar geword...is sy warm, dors, honger, wat leer die ouers haar so vroeg in die lewe? Ek bid vir haar.

Betsy.

Link to comment
Share on other sites

Haai Betsy,

Wat kan mens se?

Ek ken daardie pad, het jare gelede (vroee 80's) self in Alberton gewoon in Raceview. Dis net, in daardie dae het mens dikwels die pad in die nag gery soms in die vroee oggend ure.

Of soms net laat in die nag gou-gou Casbah toe vir 'n laatnag "Dagwood." (Bestaan Casbah Roadhouse nog?)

Die ma en die kind...

Ek sal altyd wonder, was dit skelmte, of was dit desperaatheid?

Hoe het dinge nie verander nie!

Ai, wat kan mens se? Soos jy sal ek altyd wonder oor daardie kind. Op ongeveer 11 jaar is kinders dikwels op hulle weerlooste.

Groete,

Dax

Edited by Dax
Link to comment
Share on other sites

Hallo Dax,

Ja, Casbah bestaan nog, die lekkerste mushroom burger daar geeet nou in verlede Desember. Dis net Alberton wat een van die skoonste stede was, is nou 'n vuil, morsige plek. Dis onveilig om daar te loop en om geld te trek by die Absa bank in die hoofstraat is 'n nagmerrie. Mens hoor en lees gereeld van mense wat daar beroof is.

Die pad kafee in Randfontein, Uncle Harries, het nog steeds die lekkerste pizzas en burgers, weet nie of jy al daar was nie. Die plek bestaan al van my skooldae af, ons was gereeld daar.

Wat die arme kind aan betref, ek sal nie weet nie, dis net vir my so sad dat die mense so moet bedel daar. Mens kan nie die aankomende verkeer sien nie, so staan hulle die hoeke vol. Was by die Panorama vlooimark en met die uitkom slag het hulle die kar so bestorm dat ek skoon benoud geword het. Net voet in die hoek gesit en gery.

Daar is soveel horror stories, mens kan 'n boek skryf..is net vreeslik dankbaar as mens nog 'n dag oorleef het.

Betsy.

Link to comment
Share on other sites

Nee, ek was nooit bewus van Unclwe Harries' nie. Ek het eintlik in Witpoortjie grootgeword en ons local Roadhouse daar was "Mac's Snack's".

Iets wat ek sedert die begin van TV al mis, en die Aussies hier noem dit ook, is hoe inry teaters basies tot niet gegaan het.

Soos in RSA, was Inry Teaters hier ook blykbaar 'n deel van die kultuur.

Ja, die bedel ding. Toe ons gedurende Desembe/Januarie in RSA gekuier het was dit 'n ding wat ons opgeval het. Noem my 'n softie, maar ek het seker sowat R300.00 aan fooitjies bestee.

'n Mens se "ander" common sense wil dit eitlik nie aanmoedig nie, maar dan beskou ek myself ook as 'n Christen - beslis nie die beste een op aarde nie, maar darem.

Nee wat, maklike antwoorde kry mens seker net in comic books en politieke toesprake! :P

Groete,

Dax

Link to comment
Share on other sites

Wou sê ek sien 'n aspirant skryfster. Ons was ook al in Pretoria met daai truuk gevang. Maak 'n mens moerig. Wat sê, 'n mens is nog 'n Christen wat vir ander omgee. Hulle byt jou emosies uit en jy val daarvoor. Soos jy sê, wat van die kind? Daar in Pretoria was daar 'n ou kêrel wat op 'n kruk gehang het by HF Verwoerd. Ek het elke dag 2 of 3 keer by hom verby gery. Aan die begin gee jy en voel skuldig. Later gee jy nie meer nie. Jy kyk hom ook nie in die oê nie. Later kyk jy hom in die oë sonder om sleg te voel. Nou begin jou gewete jou weer pla. Dit was een van die redes waarom ek daar weg is. My gewete is nou baie rustiger. Jy het my ongelukkig weer laat onthou. Wat my nog meer bly maak dat ek daar weg is want EK WEET NOU dit gaan net nog slegter gaan. MAAR, hier is dit nie net mmanskyn en rose nie. Hier werk jy, as jy 'n werk kan kry. O, hier is baie werk, maar net nie noodwendig in jou rigting nie. Gelukkig het die "klasse" hier soort van verval. 'n "Cleaner" maak toilette skoon en verdien redelike geld vir die joppie. Ekself het "papiere" en dryf kar as courier, hopelik tydelik. Moeilik is dit, maar defnitief die moeite werd om met 'n rustiger gewete saam te leef.

Link to comment
Share on other sites

Join the conversation

You can post now and register later. If you have an account, sign in now to post with your account.

Guest
Reply to this topic...

×   Pasted as rich text.   Paste as plain text instead

  Only 75 emoji are allowed.

×   Your link has been automatically embedded.   Display as a link instead

×   Your previous content has been restored.   Clear editor

×   You cannot paste images directly. Upload or insert images from URL.

×
×
  • Create New...