Jump to content

Geloof - tekens


Maxie

Recommended Posts

Ek wil graag aansluit by Lourisa oor emigrasie en geloof, mens bid dat die Here se wil moet geskied, dat hy vir ons n teken sal stuur, sjoe dan stuur die Here vir ons teken, maar ons wil NOG en NOG he net om dubbeld en trippeld seker te maak(dalkies het ons die eerste-tweede-en-derde teken mis geintepreteer).

Soms wonder ek of kan dit dan die Here se wil wees as jy al jou geliefdes met sulke 'swaar' verlangende harte agterlaat. Dat ons kindertjies so knaend en met opwagting vra na Ouma en Oupa, terwyl die emosies maar erg hier agter Mamma se keel brand?

Soms is dinge honkie-dorie dan sien mens uit na elke oomblik in die nuwe bestemming en glo absoluut dat dit GOD se wil is, maar dan tree die twyfel in en vra ek vir net nog een ou enkele teken van HOM af?

Ai, met respek wonder hoe glimlag Hy vir al ons manewales...

Link to comment
Share on other sites

Ja dit is waar wat jy se Maxie. Ek kan ook self daarvan getuig. -‘n Mens wil altyd meer bevestiging he. En aan die anderkkant, wanneer jy dit wel gekry het en so gevul is met die Gees en entusiasties almal daarvan wil vertel, dan kom hulle en bars jou “bubble”! Soos Lourisa gese het, baie Christene sal dood eenvoudig nie glo dat Jesus jou en jou gesin iewers elders bestem nie. Dit is net soveel moeiliker wanneer daardie persone ook nog naby famielielede is.

Die groot ding is, luister na hulle redes en laat Jakobus 1:19 jou ly: “My liewe broeders, dit moet julle in gedagte hou: elke mens moet maar gewillig wees om te luister, nie te gou te praat nie en nie te gou kwaad te word nie”. Vind uit wat is die motiewe agter hulle redenasies. As dit vir eie selfsugtige redes is om julle daar te hou en nie vir God se redes is nie, dan weet julle waar julle staan. Hierdie is defenitief ‘n teer saak in ons famielie ook. Glo my! Veral met skoonma...

Sterkte

Edited by Sparrow
Link to comment
Share on other sites

Dankie Sparrow, dit beteken baie, ek wens net mense wil ophou met die 'covers', ek dink daar is baie mense wat brand om ook te wil gaan, wat ook wil uitvind, maar soms as jy in n geselskap daaroor praat oorheers die negatiewe die positiewe, die woord emigrasie klink soos een groot minus teken "ons gaan julle nou verloor", maar eintlik is dit n nuwe begin, nuwe kans. Ja dan bars jou 'bubble' soos jy se, dan vat dit maar weer n rukkie om hom mooi opteblaas.

Link to comment
Share on other sites

Maxie, Sparrow,

Ek wil net die ding uit 'n ander hoek belig - miskien ook nie SO anders nie :P

"n Belanrike ding vir julle is dat julle HET geloof, met 'n bietjie twyfel en al, weet julle baie goed waar ons krag en genade vandaan kom.

Die ding is, veral in 'n mens se eerste jaar of twee, is dit basies jougeloof wat jou laat deurdruk en aanhou, veral as jou aanvanklike landing 'n bietjie stamperig is, soos ons s'n aanvanklik was.

Ek onthou eenkeer wat ons vir uitkoms gebid het na aandete. Ons staan toe op van die tafel, die foon lui, en dis 'n werksaanbod.

Groete,

Dax

Link to comment
Share on other sites

Hello

Dink julle nie ons moet ophou soek na tekens en ons gesonde verstand gebruik nie?

Om in Aus te wees is seker een van my grootste gebede wat verhoor is maar dit het nie gekom van sit en wag vir tekens nie.

So, as jy die lotto wil wen, begin deur 'n kaartjie te koop.

Edited by Hendrik
Link to comment
Share on other sites

As ek die saak so bietjie van nog 'n ander kant af mag belug...

Ek besef uit my eie lewe, dat afhangende van hoe mens voel, mens dit wat in jou lewe gebeur of kan regverdig uit die Woord, of net soveel teenargumente kan kry daaruit. Ons mense hou so daarvan dat alles WIT of SWART is, REG of VERKEERD is. Dit is soos wat ons as kinders ook was. Ons wil vaste grense hê waarin ons kan leef, want dit laat ons veilig voel... Ons voel dat daar nooit slegte dinge moet gebeur met goeie of Christen mense nie, en ons is gou om soos Job se vriende na moontlike sondes te soek in iemand anders se lewe wat dalk "die deur vir die vyand kon opmaak" sodat hierdie of daardie slegte ding et hulle kon gebeur. As iets regtig sleg met iemand gebeur dink ons soos die dissipels "is dit hierdie man se ouers of hyself wat gesondig het sodat hy blind gebore is?" - Joh 9. Net so verwag mense dat dit met die' wat imigreer (en "teen God se wil" die land verlaat) nie so goed sal gaan nie, omdat hulle dan "uit God se wil en plan is nie".

Selfs al sou mens 'n paar myle in iemand anders se skoene kon loop om te weet wat hulle deurgaan en hoekom hulle so besluit, sou mens nogsteeds nie die reg hê om hulle te oordeel nie (oordeel = vir iemand anders besluit wat in hulle lewe reg of verkeerd is nie).

Daar is baie getuienisse van mense in die Bybel wat "vir hul eie beswil" na 'n ander land getrek het vir uitkoms, om te vlug vir hul lewe, of omdat God hulle eksplisiet gestuur het. Ek glo egter dat God veel dieper werk as om net gehoorsaamheid te vereis....Hy wil gehoorsaamheid en gewilligheid hê. Geen mens hou darvan om voor gepreek te word nie, geen ouer hou daarvan dat sy kinders teesinnig iets vir hul doen nie...dit mis die hele punt van 'n verhouding...mens kan 'n bediende huur as jy 'n slaaf soek....God kan 'n donkie gebruik as dit net die taak is wat belangrik is....dink maar aan hoe Saul (wat oppad was om Dawid te gaan doodmaak) telkemale geprofeteer het as God se Gees oor hom gekom het. Die verandering lê veel dieper as om net te bly of om net te gaan...ek glo as daar by jou die begeerte is om te emigreer, en jy dit doen omdat jy lief is vir jou familie, dan is dit juis God wat reeds "in jou gewerk het om te WIL sowel as om te werk na Sy welbehae". Ek dink Hy berei jou voor...in my eie lewe kon ek nie verstaan hoekom ons al hoe meer "los" begin voel het van die dinge in Suid Afrika nie, dis asof ek gevoel het dis nie meer my land nie, dat my tyd hier verby is en ek het amper opgewonde begin word oor die "vreesaanjaende" gedagte om alles te los en te trek...dit het actually soos 'n avontuur begin klink....en glo my ek is nie goed met verandering nie: Ek is nou reeds 6 jaar by dieselfde haarkapper en dit nadat hy al sowat 5 keer van haarkappersalon verander het!!

Hier is 'n paar voorbeelde:

Gen 12:1 " Die Here het vir Abram gesê: Trek uit jou land uit, weg van jou mense en jou familie af na die land toe wat Ek vir jou sal aanwys."

Heb 11:8 "Omdat Abraham geglo het, het hy gehoor gegee toe God hom geroep het om weg te trek na die plek toe wat hy as erfdeel sou ontvang. Hy het weggetrek sonder om te weet waar hy sou uitkom."

Heb 11:9 "....'n vreemdeling in 'n vreemde land. In tente het hy daar gewoon..."

Heb 11:13 "...en hulle het erken dat hulle hier op aarde slegs vreemdelinge en bywoners is."

Heb 11:15 "As hulle terug verlang het na daardie land waaruit hulle weggetrek het, sou hulle die geleentheid gehad het om daarheen terug te gaan."

M.a.w mens kan altyd weer terugkom as dit nie uitwerk nie....jy kan slegs geld verloor.

Gen 12:10 "Daar was hongersnood in die land, 'n baie swaar hongersnood, en Abram het na Egipte toe getrek om daar 'n heenkome te vind."

en kyk nou hier....dis wat ek bedoel as ek sê mens kan beide argumente met die Woord regverdig:

Gen 26 :1-3 "Na die eerste hongersnood vroeër in Abraham se tyd was daar weer 'n hongersnood in die land. Isak het toe na Gerar toe getrek, na koning Abimelek van die Filistyne toe.

Die Here het aan Isak verskyn en vir hom gesê: Moenie Egipte toe trek nie. Bly waar Ek jou sê: in hierdie land.

Bly 'n tyd lank hier, en Ek sal by jou wees en jou voorspoedig maak. Ek gee hierdie hele wêreld aan jou en jou nageslag. Ek sal die belofte nakom wat Ek met 'n eed teenoor jou vader Abraham afgelê het. "

Rut 1:1-2 "In die tyd van die leiers was daar op 'n keer hongersnood in die land, en 'n man met sy vrou en sy twee seuns het uit Betlehem in Juda weggetrek om 'n heenkome te soek in die gebied van Moab. ....Hulle het in Moab aangekom en hulle daar gevestig."

Rut 2:11 "Boas antwoord haar toe: Ek weet van alles wat jy vir jou skoonma gedoen het na die dood van haar man en dat jy jou ouers en jou geboorteland verlaat het en na 'n volk toe gekom het waarvan jy vantevore niks geweet het nie."

Die belangrikste VOLGENS MY (maar besluit jy self) is dat mens in jou eie hart heeltemal oortuig moet wees (Rom 14:5 Elkeen moet net in sy eie gemoed oortuig wees van sy opvatting.) sodat jy nie later God sal verwyt as jy na jou "hiper spiritual" besluit erens in 'n vreemde land swaarkry nie...dan moet jy die "punch" soos 'n volwassene vat en vir jou 'n nuwe lewe maak. Ek glo net soos wat God "die koning se hart kan swaai soos water in waterkanale), net so is my hart reeds geswaai, terwyl ek dalk in my gedagtes kan dink dis my eie besluit gewees.

Link to comment
Share on other sites

Dankie Swerwer en almal vir die gedagtes!

Link to comment
Share on other sites

Sjoe! Dit wil my voorkom ons het ons eie virtual sel-group hier op saaustralia. Dit is wonderlik. Mag die Heer daardeur geprys word! Wat dit wel nou moeilik maak is dat ‘n mens nie op ‘n persoonlike vlak met almal kan skakel nie. Ek will egter tog die volgende se (Jammer Bianca S):

Hendrik, niemand se dat ons as gelowige nie ons gesonde verstand moet gebruik nie, maar as gelowige is daar natuurlik ‘n ekstra dimensie tot ons redenasie en aksies. Dit is die dimensie van die Gees. ‘n Mens se besluite word dan nie net bepaal op rationele denke aleen nie, maar ook op leiding en vertroue op God – Dit is immers waarom dit geloof genoem word. Die erkening en vertroue op ‘n groter wese. Ek sal nou-nou weer oor die Gees praat.

As Christine is ons fokus op Jesus. Ons vind verlossing van ons sondes in Jesus se kruisiging en opstanding (sien Johannes 3:16). Verder steef ons om ‘n persoonlike verhouding met God te he. “To be Christ-like”. Jesus het vir ons gese dat ons hom moet volg (Matteus 16:24-25). Verder, in Lukas 9:23 staan die volgende geskryf: “Toe het Hy vir almal gese: As iemand agter My wil kom, moet hy homself verloen, elke dag sy kruis dra, en My volg,...”. Deur te vra vir tekens plaas ons ons hoop in God vir leiding in ons lewens.

Swerwer, jy is absoluut reg deur te se dat God meer as net gehoorsaamheid vereis. Hy soek beslis gewilligheid. ‘n Goeie voorbeeld hiervan is koning David. Sien 2 Sameul 7:1-29. David het aangebied om vir God ‘n tempel te bou maar God het het vir hom gese om dit nie te doen nie. Nietenstaande, omdat hy aangebied het om dit te doen, en gewillig was, het God hom geseen. Ek vind hierdie gedeelte nogal insig-gewend; Nie net oor die karakter van God nie, maar ook oor hoe ons verhouding met Hom moet wees.

Ja, Abraham het rondgetrek. Onthou hy was egter nomadies, ‘n trekboer. Hy moes dus rondgetrek vir weiding van sy fee. Droogte was dus ‘n groot “issue” vir hom en sy mense.

In elkgeval, indien die Gees met jou praat, is dit moontlik dat hy die einste verse van Abraham vir jou sal gee as bevestiging. Ek dispuut dit nie. Aan die anderkant mag hy dalk vir jou ‘n ander vers gee. Die groot ding is egter om nie versies te soek in die bybel wat jou pas nie en dit voortehou as jou teken nie, maar jouself oortegee aan die leiding van die Heilige Gees. Die Heilige Gees sal vir jou die regte dele in God se woord wys en in jou hart en denke werk. 1 Kor 2:14 “Die mens wat nie die Gees van God het nie, aanvaar nie die dinge van die Gees van God nie. Vir hom is dit onsin. Hy kan dit ook nie verstaan nie, omdat dit geestelik beoordeel moet word”.

‘n Ander fout is om gedeeltes uit konteks te gebruik en voortehou as “tekens”. Swerwer, jy het Heb 11:15 aangehaal. Kom ons lees verder. Vers 16: “Maar hulle het na ‘n beter vaderland, dit is die hemelse verlang. Daarom is God nie skaam om hulle God genoem te word nie; trouens, Hy het vir hulle ‘n stad gereed gemaak”. -Paulus praat dus hierso van ‘n hemelse konigkryk. Hy spreek die Jodse Christene aan en waarsku hulle in die brief teen verslapping en afvalligheid in hulle geloof.

Jy haal ook ‘n gedeelte in Rom 14:5 aan. “...Elkeen moet net in sy eie gemoed oortuig wees van sy opvatting”. Waaroor gaan die gedeelte? Dit handel oor mede gelowiges wat mekaar veroordeel oor verskille binne hul geloofsoordeel. Kom ons lees verder. Vers 6 praat oor die kwessie oor wat ons eet... In vers 7 raak dit nogal interesant. “Niemand van on leef tog vir onsself nie, en niemand sterf vir homself nie. 8 As ons lewe, leef ons tot eer van die Here; en as ons stewe, sterf ons tot eer van die Here. Of ons dan lewe en of ons sterwe, ons behoort aan die Here”. ...Mmm... Ons lewe en sterwe tot eer van die Here (gelowiges), ons behoort aan die Here...Mmm...Dit is nogal diep dinge hierdie. Verder in vers 11 en 12 se dit “...So seker as Ek lewe, se die Here, voor My sal elke knie buig, en elke tong sal belei dat ek God is”. 12 Elkeen van ons sal dus oor homself aan God rekenskap moet gee”.

Vir my lyk nie vir my asof die gedeelte in Rom 14 'n "blank cheque" is nie. Inteendeel, die vraag wat ons moet vra uit die gedeelte is of ons geloof van so ‘n aard dat ons God se rekenskap kan slaag? Wandel ons binne sy wee?

Edited by Sparrow
Link to comment
Share on other sites

Sjoe! Dit wil my voorkom ons het ons eie virtual sel-group hier op saaustralia. Dit is wonderlik. Mag die Heer daardeur geprys word! Wat dit wel nou moeilik maak is dat ‘n mens nie op ‘n persoonlike vlak met almal kan skakel nie. Ek will egter tog die volgende se (Jammer Bianca S):

Hendrik, niemand se dat ons as gelowige nie ons gesonde verstand moet gebruik nie, maar as gelowige is daar natuurlik ‘n ekstra dimensie tot ons redenasie en aksies. Dit is die dimensie van die Gees. ‘n Mens se besluite word dan nie net bepaal op rationele denke aleen nie, maar ook op leiding en vertroue op God – Dit is immers waarom dit geloof genoem word. Die erkening en vertroue op ‘n groter wese. Ek sal nou-nou weer oor die Gees praat.

hi Sparrow, dankie vir jou pos, ek glo en weet dit beteken ongelooglik baie vir ons almal. Stem 100% saam met jou post, en dankie vir hoe mooi julle dit skryf! Ek het nie altyd die woorde om my geloof en denke uit te druk nie, en sit nie alles so deeglik uiteen soos julle begaafde mense met die woorde nie :unsure:

Soos ek gesê het in vorige posting "God het ons op die AARDE geplaas met 'n doel, en die emigrasie proses is tussen jou en God, jy hoef nie aan mense verslag te doen nie. Ons moet dit net 'n gebedsaak maak."

Gebedsaak - bedoelende, ons keuses is allesoorheersend afhanklik van God se Wil, en ons moet alles aan Hom opdra - ons harte oopstel vir die Gees om vir ons God se plan met ons lewens uit te wys.... en gaan waar hy ons heenwys, dit sal natuurlik enige plek op aarde wees, waar hy ons wil hê... dit sal verskil van mens tot mens. God het mense in veiliger en onveiliger plekke nodig - en soveel te MEER ook in SA, maar ook in sg veiliger lande waar mense selfs meer afdwaal, waar mense al hoe minder geloof in God het (want dit gaan te goed....) en al hoe meer in hulself glo (of in idols). Ons moet net onsself oopstel en werklik luister na Sy WIL.

Ek wil God prys vir wat in Engeland besig is om te gebeur, ons 'home groups' loop oor van mense, en ons kan sien hoe die Gees in mense se harte werk om al hoe meer uit te reik na nie-gelowiges, of mense wat lou-warm is...

Sterkte vir almal met die 'worsteling' met die besluite en om God se Wil raak te sien.

Bianca

Link to comment
Share on other sites

Net ‘n laaste woordtjie en dan is ek kla’....

Ek kan nie help om somtyds te dink dat ons as Christene (veral in die westelike-kultuur) ons soos parmantige Paris Hilton’s gedra nie. Ons beskou God as ons “Sugar Dady” wat vir ons "blank cheques" uitdeel. Ons loop rond in ons “designer outfits” en hoe hakskoene en plaas ons klein chewhawa op hoer “pedestals” as die mense rondom ons wat in nood is. Ons maak musiek-albums en verkondig aan almal dat Pappie geen hand aan ons sukses gehad het nie. Ons het dit volkome deur ons eie kragte en instinkte gedoen. Ons wil sagte, LEKKERRRRRRRR lewens lei. Ons is mos immers God se kinners.

Bob Sjogren en Gerald Robinson sluit hiermee aan in hulle boek “Cat and Dog Theology”. Hulle vergelyk Christine met die geaardhede van katte en honde. ‘n Hond sal se: “Jy streel my, jy voer my, jy beskerm my, jy is lief vir my; -jy moet God wees!”. ‘n Kat aan die anderkant sal weer se: “jy streel my, jy voer my, jy beskerm my, jy is lief vir my; -ek moet God wees!”. Albei glo in Christus vir hulle saligmaking, maar kat Christine, hou nie daarvan om die hele bybel te lees nie. “Nee A!” se hulle, “God is dan ons Sugar Daddy, hoekom sal hy so met ons praat of dit van my verwag?”

Is ons verhouding met God “PuRRRRRRRfect”, of of is dit “Wet nose healthy”????

Fluit, fluit, my storie is uit... :unsure:

Edited by Sparrow
Link to comment
Share on other sites

  • 1 month later...
In elkgeval, indien die Gees met jou praat, is dit moontlik dat hy die einste verse van Abraham vir jou sal gee as bevestiging. Ek dispuut dit nie. Aan die anderkant mag hy dalk vir jou ‘n ander vers gee. Die groot ding is egter om nie versies te soek in die bybel wat jou pas nie en dit voortehou as jou teken nie, maar jouself oortegee aan die leiding van die Heilige Gees. Die Heilige Gees sal vir jou die regte dele in God se woord wys en in jou hart en denke werk. 1 Kor 2:14 “Die mens wat nie die Gees van God het nie, aanvaar nie die dinge van die Gees van God nie. Vir hom is dit onsin. Hy kan dit ook nie verstaan nie, omdat dit geestelik beoordeel moet word”.

Ek het hierdie gelees en vanmore toe wys die Here vir my die volgende:

(Exo 23:22) But if you truly give ear to his voice, and do whatever I say, then I will be against those who are against you, fighting those who are fighting you.

(Exo 23:23) And my angel will go before you, guiding you into the land of the Amorite and the Hittite and the Perizzite and the Canaanite and the Hivite and the Jebusite, and they will be cut off by my hand.

God is so getrou en Hy wil he dat Sy kinders gelukkig moet wees en veilig voel en ek glo met my hele hart en siel dat as jy kies om God se woord na te kom en om goed te doen en om mense reg te behandel Hy vir jou meer blessings sal gee as wat jy kan hanteer, so baie dat jy dit met ander mense sal moet deel. Nou is dit nie 'n wonderlike gedagte nie.

Ek lees dat daar net 'n klein % mense in Aus is wat kerk toe gaan (asseblief help my reg as ek verkeerd is :) ) Het so land dan nie JUIS christene nodig nie. Ek dink as ons net ons oe op die Here gerig hou en nie lewe vir ons eie gewin nie sal Australie vir ons almal 'n baie groot blessing wees.

Baie groete

Michelle

Link to comment
Share on other sites

  • 3 weeks later...
Guest Cassimir

Hi julle,

Ek evraar dit so op die oomblik. My vrou en ek bespiegel ook die laaste paar weke of ons moet imigreer of nie. Ons het dit 'n gebedsaak gemaak en die Here het gister daarop gereageer.

Gisteroggend se kerkdiens het gegaan oor "Het jy hoop of "worry" jy oor die teoekoms ?". Die kern was dat die toekoms sal wees wat jou persepsie nou is, maar die predikant het gesegureer dat dinge goed sal gaan met SA in die toekoms as ons dit aan die Here oorgee. In dieselfde diens het Marius Kruger ('n predikant wat nou in Aus woon) 'n babatjie gedoop en hy het laat val dat in die skool waar hy werk net 5 christen kinders en net 1 christen onderwyser is.

Ek dink die Here sê vir my hierdeur dit maak nie saak waar jy is nie, daar is ooral plek vir Sy werkers en dit lyk op die oomblik of daar maar dieselfde hoeveelheid werk in Australië is vir Christene as in Suid-Afrika. Ek dink 'n ou moet net voortgaan met jou goeie werke waarmee jy tans besig is. (Ek dink in Australië sal 'n ou meer tyd hê vir dit.)

Ek dink nie dit is vir almal bestem om te imigreer nie (dit is sekerlik nie vir almal moontlik nie agv. berpoep, geld, ens.) en as jy jou verwysingsraamwerk neerlê en alles aan God oorhanding sal Hy die pad vir jou oop of toemaak (goedkeuring vir visa) hang af waar Hy jou wil gebruik.

Groete

Link to comment
Share on other sites

Join the conversation

You can post now and register later. If you have an account, sign in now to post with your account.

Guest
Reply to this topic...

×   Pasted as rich text.   Paste as plain text instead

  Only 75 emoji are allowed.

×   Your link has been automatically embedded.   Display as a link instead

×   Your previous content has been restored.   Clear editor

×   You cannot paste images directly. Upload or insert images from URL.

×
×
  • Create New...