Jump to content

Sommer net nonsense op 15 April 2007


Jan Stoof

Recommended Posts

Sommer net nonsense op 15 April 2007

Gelukkig het ek klaar die titel van “nonsense” geregistreer. Ek sien die mense begin “sense” met hoofletters te skryf. Een van die dae kruip hier nog ‘n Antjie Krog uit ons midde uit. Pragtig Betsy. Was nog altyd my idee om mense aan de skryf te kry. Ek glo elkeen het iets om te sê. Sê dit. Die forum bied die geleentheid. Die Ozzies se “no worries” is hier sterk toepaslik. Niemand gaan lag oor jou korrekte taalgebruik of spelling nie. Een van die dae praat ons tog almal net Engels en gaan verleer om suiwer Afrikaans te praat. Ek mix al klaar my tenses en taal lekker. Wie was dit nou weer? Arnoldus Pannevis wat geseg het. “Ek hebt geseg. Praat soos jy skryf”

As ons gaan kudus jag het op my neefs se plaas, het hy altyd geskrou. “skiet kêrels skiet, al is dit in die lug op, maar skiet” Later het ek agter gekom dit was maar net om terpentyn in die kudus se agterstewes te sit sodat hulle vinniger kon hol. Wou nie gehad het ons moet sy kudus raakskiet nie, sien.

“Moral of the story” Skryf, al is dit nonsense (skuus, sense) maar skryf.

Woelige week gehad. Op en af, herwaarts en derwaarts gejaag. “Join the navy and see the world. Join APD Couriers and see Adelaide and the country” Jaag toe mos Donderdag na Mount Barker, Strathalbyn, Goolwa, Victor Harbor, Mount Compass en terug na Adelaide. So ‘n 200km draai. Wat ‘n fees. As ek geld se baas was het ek in al daai dorpies ‘n huis gehad. Van die platteland tot in kusdorpe en weer terug na die stad. ‘n Mens kan in hulle oud word. Ek is seker jou lewens verwagting klim met 10 jaar. Ek weet myne het met 10 jaar geklim toe ek in Oz aangeland het. My vetjies het ook toegeneem, maar volgens my dame doktor, is dit van die goeie soort. Lekker sag en cholesterol vry. Shurrap julle wat wil argumenteer. Ek weet wat ek wil weet.

Gaat nou eers weer ‘n bietjie lê. Moeg sien, en Bachus het ook ‘n sê.

Saterdag aand. Askuus Annette. Ek vreet humble pie, oftewel modderkoekies. Die Crows was onstuitbaar. Port Power se skopskoene was by die huis gelos. Hoop dit gaan beter vorentoe met hulle. Ek kan nie nou van span verander nie. Die aangetroude skoonfamilie gaan my haat as ek dit doen. Het genoeg vyande in die verlede gehad. Soek nou net vriende.

Nou net gesien hoe val twee RSA paaltjies. Was van plan om deurnag te kyk. Nou het hulle my mind vir my opgemaak. Sal die velle maar netnou aanvat. Ek wil buitendien die verkorte weergawe van “sommer net nonsense” wegstuur want ek vlieg more Melbourne toe en sal eers Woensdag terug wees.

Groete van huis tot huis en alle voorspoed aan my seun in die hospitaal. Spoedige beterskap en huis toe gaan.

Link to comment
Share on other sites

Jan

Baie dankie vir die lekker lees lekker lag wat jy ons gee. Hier, nog in die moederland, het ons dit BAIE nodig! Hier is nie aldag 'n rede om jou maag bietjie vas te hou nie.

Laat die pen se ink maar vloei, of in die geval, die keybord se knoppies raas. Een briefie 'n week raak iedwat min as 'n mens aan hierdie giggel verslaaf raak.

SA Groetnis

Riaan van der Merwe

Link to comment
Share on other sites

Link to comment
Share on other sites

Join the conversation

You can post now and register later. If you have an account, sign in now to post with your account.

Guest
Reply to this topic...

×   Pasted as rich text.   Paste as plain text instead

  Only 75 emoji are allowed.

×   Your link has been automatically embedded.   Display as a link instead

×   Your previous content has been restored.   Clear editor

×   You cannot paste images directly. Upload or insert images from URL.

×
×
  • Create New...