Jump to content

CJG: Should I stay or should I go


DieSkim

Recommended Posts

Hallo

Wie is ons & waarom die groot vraag

--------------------------------------------

Ons bly tans in Pretoria (aka tshwane) en het 2 kinders (3 & 5). Laas jaar het ek sterk oorweeg om oorsee te gaan na aanleiding van 'n baie onaangename insident wat vriende gehad het. Na vele besprekings en oorwegings het ons besluit om vir eers te bly. Wou nie juis sonder my vrou te gaan nie.

Twee weke gelede het ek 'n aanbod uit die bloute gekry van 'n x-kollega om in perth (op 'n fly in fly out...4 aan 3 af) basis te kom werk. En vir die eerste keer het my vrou bietjie die deur oop gemaak vir die moontlikheid. Maar die besluit bly vir ons 'n baie moeilike een om te maak.

Die dilemma is as volg:

--------------------------

- Ek het 'n aanbod om in perth te gaan werk (sponsor en goeie salaris) gekry...iets wat nie sommer aldag gebeur nie

- Suid Afrika is 'n land vol geleenthede en die ekonomie blom...maar veral univ opleiding en veiligheid is twee brandended kwessies.

- As jong wit afr man is daar ook sekere uitdagings....

- Ons oudste seun moet vlg jaar skool toe gaan. Ja, kinders pas aan, hul moet maar. MAAR, meeste studies toon dat veral wiskunde en fisika is vakke wat nou maar een maal beter in moedertaal geleer word. Verder is sy engels nie voldoende om daar skool te gaan nie...want ons het nie beplan om te gaan nie...en hoe gaan dit hom affekteer om 1e jaar van skool in 'n taal te doen wat hy nog nie goed magtig is nie. Die hoofrede hoekom ons sal gaan is vir die kinders (!) maar wil hom ook nie in die proses benadeel nie.

- Maar my vrou is nie baie ten guste van 'n skuif nie. Die verlange vrees sy... 'n Paar mense daar het ook vir my gewaarsku teen 'n skuif as beide nie daar wil wees nie.

- As ons nie die skuif maak nie, gaan ons kinders heel moontlik (want teen die huidige tempo gaan daar nie veel van die univ standaarde oor wees nie & blankes nie welkom nie) oorsee moet gaan swot en ons gaan "stuck" wees in sa.

So die groot vraag waarmee ons worstel (en slaap oor verloor) is of ons die skuif moet maak of nie...

Ek het nou al die meeste van die forums gelees en dis verblydend om die positiewe terugvoer oor aus te lees. Maar wat ek nie sien nie is die verlange en die proses om aan te pas en in te skakel.

As daar dalk iemand is wat in 'n soortgelyke situasie is / was sal ek advies waardeer.

Paar algemene vrae ?

- Hoe maklik pas mens aan ? Dis een ding om daar te toer / werk vir kort rukke, anders lang termyn.

- Is daar enige skole waar afr kinders redelik prominent is

- Is daar enige afr / eng speelgroepe

- Hoe gee jy 'n 5 jarige 'n crash course in engels

So intussen is ek die beswaard !! :P

Groete

CJG

Link to comment
Share on other sites

Hi CJG

Excuse me if I reply in English, but it is easier for me, I do not have to think so long!

Your 5 year old is the least of your problems. In SA my eldest son only spoke Afrikaans until a year before he started school, in that year we taught him English and today he is a qualified lawyer with three degrees behind him, all in English. Children adapt, far easier than parents. There are a number of Afrikaans speaking SA's that I know in Melbourne with young children who have had to make the change to English schooling. The schools here give them all the assistance that they need.

I think, and please, I do not really want to give advice or upset you, but your wife is going to have to have her head in the right place, about the move, if you are going to take a fly in fly out position in Perth.

Imagine what life is going to be like for her if a week or two after landing you take off for three weeks? I am not for a moment saying that it is not a good idea, I am just pointing out that your wife will have to be very strong in her wish to be in Australia, for her to be left on her own, to battle the homesickness, the strangeness of a new country, the total change in language, and the loss of the support group that she probably has now.

What I will indicate to you though, if you can both decide that you will do whatever it takes to have this opportunity to settle yourselves in Australia, that a bright future awaits you both, and your child. He can be whatever he wishes to be and grow up to have choices.

Also, of course, you do not have to do a fly in fly out job forever, but if that is what gets you here, then you must both feel strongly about your move, or else it may not work for you!

Hope this has made some sense to you! I hope that some of those families that are in a fly in fly out position answers this question of yours!

I have just read another post on this site, use the following link to read it and do show it to your wife!

http://www.saaustralia.org/index.php?showt...376entry29376

Link to comment
Share on other sites

Hi ek stem saam met Mara oor die fly in .fly out

as julle agter geld wil aankom en dink dis genoeg motiveering dan gaan julle dit nie hier maak nie .

Sonder om jou te beledig ,Hoe kan jy se dit gaan beter in suid africa lees jy nie die koerante nie ?

Suid afrika se ekonomie is m :ilikeit: r toe , in minder as n jaar se tyd het die rand so verswak teenoor die ander geld eenhede dis skokend .

Dink julle dis normaal om soos n gevange in jou eie huis te lewe ? met soveel diefwering en alarmstelsel.

As ek julle raad kan gee ,koop vliegtuig kaartjies en kom eers oor met n vakansie visum en kom kyk hoe dit hier lyk .Miskien sal julle altwee dan n beter besluit kan maak .

Ek hoop nie jy sien dit in n slegte lig nie , net n paar harde feite

sterkte met die besluit

groete ,christelle

Link to comment
Share on other sites

Ok, it has been a very long time since I uttered my opinion on this question but here goes.

As the others have said, don’t even consider this move for money, I can guarantee you it will not take long and you will be back on a plane to good old SA!! If earning good money comes with the deal that is just a barging and it will make your life a bit easier but you don’t make this type of move because of money.

As for South Africa having potential and a booming economy that is a debatable question, if you do decide to make this move you will maybe look at it from another perspective as I can promise you-you will be losing a lot of money!!

Making the move to Oz means you will have to make peace with it that your child will not receive any formal education in Afrikaans you have about a 5% chance of this happening. There are apparently two schools in Western Australia that teaches Afrikaans as a second langue but if you plan on living in Perth they are about 100 to 150 km out of Perth and I am not even 100% sure of this. Your kids are also the last thing you need to worry about. If you as parents portray a positive attitude towards the move to Australia your kids will have no problem. If on the other hand you become negative it will have an affect on your kids as well.

The people that warned you about the move if both adults are not positive was spot on, even with a positive attitude this will not be an easy move!! You also asked about how easy it is to adapt, it will be a challenge but with a positive attitude it will not be that bad. You are spot on by saying that touring or holidaying here is different to living here but it is a very good idea to come over and take a look for yourself, our LSD trip was only 8 days long but even in this limited time you will know it this place is for you or not.

You talk about a crash course in English for your kids. Once we knew we were going to make the move we enrolled our child into an English school in SA, she picked up English in about 4 months, at that stage I also started to speak to her in English only. By the time we arrived in Perth she had no problems at all!! The big thing is that you will have to realize that Afrikaans will become a home and social language only as it has no official role in Australia!!

Link to comment
Share on other sites

CJG,

Ek weet presies hoe jy voel - ons is in dieselfde dilemma. Partydae is ek vuur en vlam om te trek (ek hoef net die dag se Beeld te lees!) maar ander dae twyfel ek weer vreeslik. Moenie 'n fout maak nie, Suid-Afrika is 'n land van ongelooflike geleenthede (geld en besigheid) en ons leef baie lekker (twee of meer voertuie, ruimte, iemand wat huis skoonmaak en stryk en die tuin versorg).

Maar ons vryheid is so beperk die laaste paar jaar. Ek kan dit nie meer waag om my kinders na die kafee om die hoek te stuur nie - hulle moet oral rondgery word. Ons word nie verniet "helikopter mammas" genoem nie. :ilikeit: Seker areas en meeste interseksies in Gauteng is uiters gevaarlik in die donker. So ek dink dis maar 'n kwessie van weeg die voordele teen die nadele op.

Ons grootste vrees is net, hoe lank kan ons nog ons gesin beskerm? Sover was ons baie gelukkig (die Here se genade!). Ek "weet" my kinders gaan eendag in die buiteland swot - bloot omdat die standaard van ons tersiere instansies en onderwys so agteruitgaan en regstellende aksie wat nie 'n afsnydatum het nie. En hulle sal tien teen een daar vestig ook. En dan wil ek rerig nie alleen agterbly in 'n kamertjie met slotte en diefwering nie.

Ons vrouens wil maar ons familie en vriende rondom ons he... Hoekom oorweeg julle dit nie om eers vir 'n jaar of twee daar te gaan werk nie - dit los altyd die opsie oop om terug te kom SA toe (jou vrou sal beter voel as sy weet sy kan terugkom as sy te veel verlang!) Daarna kan julle mos besluit om dit permanent te maak of nie.

Sterkte met julle besluit!! Dis rerig nie 'n maklike een nie. Maar hoe jonger 'n kind is, hoe makliker leer hulle 'n nuwe taal aan.

Groete

Ryxi

Link to comment
Share on other sites

Hi Ryxi

Jy praat die waarheid ,ek stem volkome saammet jou .Dis altyd die beste om te weet jy kan teruggaan ,dit maak die besluit soveel makliker.

As jy die fly in jobs doen gaan jou vrou baie eensaam wees veral as sy nie werk nie ,probeer om dan net vir haar ook n ou werkie te kry sodat sy mense kan ontmoet en ook geselskap het .

groete ,christelle

Link to comment
Share on other sites

:ilikeit: mmm baie opinies...

Dankie vir almal se bydraes.

Help om te kan gesels oor die saak en ander se idees te lees.

:lol: Nota: Moenie lees as jul nie lus is vir my lang denke nie...maar 'n manier om te dink oor die saak.

1. Die besluit om te gaan is darem nie vir die geld nie. Van 'n persoonlike perspektief sal dit baie goeie ondervinding wees en baie uitdagend. Die fly in fly out is op 'n 4 dag aan 3 dae by die huis basis ... nie idiaal nie en iets waarvoor ons maar bedug is. Reis egter nou ook redelik so het 'n idee wat dit behels.

2. Ja die koerante is vol van moord en doodslag in die land en ons leef soos "upmarket" gevangenes in ons huis (een van die groot redes om te skuif). Die familie se veiligheid is 'n henge bekommernis hier en soos iemand gese het -- dis nie 'n kwessie van of nie maar wanneer....

3. Ek en my vrou gesels huidiglik darem baie oor die saak en probeer nie dit af maak as 'n nietige besluit nie. Ek dink dit sal naief wees om te doen. Mense verskil, maar as familie, sentiment, vriende ens belangrik is weet ons die aanpassing daar gaan nie maklik wees nie.

4. Ons hoop om Perth binne die vlg maand te besoek vir finalisering van die werk en om die LSD ding te doen. Was self maar nog net 3 dae in perth (het darem al baie in aus gewerk en gereis vir my werk) en is baie positief oor die lewe daar. Is veral gek oor melbourne !

5. Argumenteer op die stadium dat die keuse om te gaan omkeerbaar is (kan altyd terug kom as sou wou ... maar sal bly tot ons die ou paspoort het) maar as iets hier met die fam moet gebeur is dit nie omkeerbaar nie. En ons sal nooit weet tot ons probeer het nie....

Miskien nog 'n paar vrae vir die so gaaf om te reageer...(gee nie om vir engelse antw nie)

- Hoe lank neem dit nou om die paspoort ding te doen. Die nuwe wetgewing is redelik vaag oor wie deur die 4 jaar ding geaffekteer word. Is my aaname dat as jy nie aansoek gedoen het voor 1 Jul nie (wat jy eers kan doen as jy perm residence het nie) gaan dit 4 jaar neem om die paspoort te kry.

- Hoe funksioneer (al dan nie) die afr / suid afr gemeenskap in perth

- Is daar net die een afr kerk

- Hoor se is dat die aus'ers redelik ateisties is (maw glo nie rerig in iets nie). Hoe ervaar julle dit ?

- Watter skole in perth is regtig baie goed (sal op die regte plek op die forum die vraag ook maar gaan stel)

Groete uit 'n sonnige SA

PS . Verkoon asb enige spel foute

Link to comment
Share on other sites

Hi CJG

Betreffende jou nuutste vrae, kan ek die volgende se:

1) Die PR visa neem slegs 9-12 maande om te kry vandat jy jou PR (permanent residence) aansoek inhandig. Dit vat 'n rukkie om al die dokumentasie bymekaar te kry (te danke aan dear South African Home Affairs :whome: ), so as ek julle goeie raad kan gee, doen sommer nou al aansoek vir unabridged birth certificates vir julle hele gesin, asook julle unabridged marriage certificate.

Die 4-jaar periode is van toepassing op die tyd wat mens in Oz moet bly as PR voor jy Oz BURGERSKAP (citizenship) kry. (Tydelike visas se tyd in Oz tel ook vir die 4 jaar vereiste.) Dus, once julle 9-12 maande wag vir julle PR (136) visa, en dan Oz toe gaan, moet julle 4 jaar in Oz bly om eventueel Oz burgers te word.

2) Oor die geloof-issue, gaan kyk gerus na Christenskap in Oz

Lees AL die posts op die thread (2 bladsye op forum) om 'h geheelbeeld te kry.

3) Ek was al in ander stede in Oz, maar nie Perth nie - al wat ek weet is dat daar DUISENDE SAfrikaners is in Perth en ek's seker daar's meer as een Afr kerk. In AL die stede van Oz is daar fantastiese kerke en in meeste gevalle is daar iewers 'n kerk wat at least een keer 'n week/een keer in 2 weke 'n diens het in Afrikaans. Die Engelse kerke is net so great!

Soos wat ek dit verstaan is daar kort-kort SAfrikaner get-togethers, so ja, die mense reik uit na mekaar. Beste is om natuurlik vriende te maak met die Aussies ook, want so skakel mens vinniger in in jou nuwe land.

4) Wat die skole betref in Perth, sal iemand anders jou eerder moet adviseer :unsure: - jmr ek kan nie help wat dit aanbetref nie.

:ilikeit:

Link to comment
Share on other sites

Hi CJG

Wat die skole betref in Perth, sal iemand anders jou eerder moet adviseer :unsure: - jmr ek kan nie help wat dit aanbetref nie.

:ilikeit:

Dagse CJG,

Dis Dax hier, 'n onnie in Adelaide, South Australia. Ek is in Adelaide, nie Perth nie, so my advies en inligting is redelik algemeen - "accross the board."

South Oz en Western Oz het verskillende kurrikulum stelsels, maar altwee het een ding in gemeen en dit is dat die onderrig en eveluering van leerlinge is "outcome based" Ons gebruik spesifieke kriteria waarvolgens ons ons werk met die kinders beplan, onderrig en evalueer. Ons gebruik nie toetse of eksamens op primere skool vlak nie, elke kind word individueel ge-evalueer met betrekking tot elke vak. Boeta! Ek sal jou se, dit hou ons onnies nogal besig, om dit sagkens te stel!

Western Oz se Hoof Kurrikulum Stelsel is die sg. "First Steps" sisteem en dis nogal effektief, jy sal vind dat heelwat ander deelstate, alhoeel hulle hulle eie kurr. stelsels het, gebruik ook elemente van First Steps omdat dit so logies en effektief toepasbaar is. Jy kan First Steps Google om meer uit te vind, maar maakjou gereed vir redelike omvattende dokumente met hoogs pedagogiese taal.

Wat klassonderrig betref kan ek jou verseker dat jou kinders in goeie hande sal wees. Die deursnee Aussie onnie is hoogs bekwaam en toegwyd. Aussie staat-skole het almal beleide en programme t.o.v. die inskakeling van kindersd van oorsee, en spesifiek kinders met huistale anders as Engels. Ek raai jou sterk aan om ten tyde van jou kind se inskrywing al 'n afspraak met die skoolhoof te maak ten einde jou kind se posisie te verduidelik. Jysal vind dat hulle baie positief en tegemoetkomend is. (Die Suid Oz stelsel in hierdie opsig is spesifiek daarop ingestel om kinders soos joune onmiddelik te indentifiseer en te ondersteun. Die kenmerke van sulke ondersteuning is gesetel in die "English as a second Language" beleide en programme van onderwysdepartemente in elke deelstaat.

Ek kan nie vir jou inligting gee oor aansienlike getalle Afrikaanse kinders in skole in Perth nie, iemand in Perth self sal dalk daarmee kan help. Onthou net dat baie ander Afrikaanse kinders in so 'n skool sal aan die een kant baie help met inskakeling, maar dit kan miskien ook 'n kind se effektiewe inskakeling belemmer.

Dis al waaran en so vinnig kan dink laat maar weet as jy nof iets will weet.

Groete, :whome:

Dax

Edited by Dax
Link to comment
Share on other sites

Hi

Al jou vrae is geldig aangesien alles nie altyd vlot verloop nie.

Ons het ons kind in 'n Engelse skool gesit toe ons nog in Suid Afrika was(van graad 1 af). Sy kon nie Engels praat nie maar het die einde van daardie jaar eerste in haar graad gestaan.

As jou kind van graad een af in 'n Engelse skool is sal Wiskunde en Skeikunde nie 'n probleem wees nie. Dit gaan nie oor moedertaal nie maar in watter taal jy die terminologiee aanleer. Dit sal wel 'n probleem wees as jou kind in Afrikaanse skool begin en dan na paar jaar na Engels oorgaan. Dan kan daar probleem wees met Wiskunde ens.

Ons kind is na 8 maande in Australie tot Hoof Meisie in haar Laerskool verkies en sy staan weers 1 ste in haar klas. Suid Afrikaners doen goed hier omdat ons bereid is om die ekstra myl te loop.

Jul sal nie 'n fout maak nie en onthou dat jul as ouers meer gaan sukkel om aan te pas as jul kinders.

Vir 'n groot verandering soos emmigrasie moet jy jouself ten minste 2 jaar gee in die nuwe land voordat jy 'n besluit kan neem dat nie is wat jy wil doen nie. Onthou in die begin verlang jy baie terug, die maklike uitweg is dan om alles net so te los en terug te gaan. Na 'n jaar het ek eers Australie begin huis noem en nou wil ek nie eers in Suid Afrika gaan kuier nie.

Jy moet ook onthou dat na 'n jaar of so in Australie het jy nie meer vriende in Suid Afrika nie al dink jy so. Jy het net kennisse en familie oor. So, hoe gouer jy dan nuwe vriende in Australie maak hoe beter vir jouself.

Groet en Sterkte.

Link to comment
Share on other sites

Hi almal,

Ek moet sê dat hier baie goeie raad al gegee is, maar ongelukkig ken ons julle nie en net julle self sal kan sê hoe julle in die 'vreemde' gaan optree.

Ek wil amper sê dat jy jouself moet voorstel jy trek Kaap toe, wel eerstens is dit STORMERS wereld en alhoewel die Blou Bulle goed voel na die naweek is dit anders. Jy gaan sukkel met die taal, kapies praat hulle eie engels... die Aussies ook. Die weer is anders...ensovoorts.

Dus, julle moet julle self voor berei, veral 'mentally'. En soos Mara gesê het pas die kinders vinniger as ons aan. 'n Voorstel - gaan sit jou kinders NOU in 'n engelse skool, sodat hulle teen die einde van die jaar tenvolle engels magtig is! Dan hoef hulle in Aus engels te kom leer nie!

Die fly-in-fly-out is baie gewild in Aus, en dit het sy voordele en ook nadele. So indien jy gewoont is aan 'travel' kan jy dit erg oorweeg. Dit is anders om vir 'n paar dae 'n maand iewers te wees maar die meerdenheid is jy by die huis. Nou gaan jy elke week vir 4 dae weg wees van die huis, ek dink dis erger as skofte werk (imho).

MAAR, aldoen jy dit net vir 'n jaar, dis jou eerste stap om hier te kom. Die meeste van die afrikaners wat hier aan kom skuif werk binne die eerste twee jaar. Ek reken die grootste rede is maar onkunde en soos jy die 'plek' leer ken kan jy meer 'educated' besluite maak.

'n Baie groot struikel blok is die 'nuwe huis vrou'. Stel jou voor jy het vir 'n klompie jare gewerk en was redelik onafhanklik met jou eie geldtjie vir klere, make-up en sulke goed en nou sit jy in die verte, ken min mense en is 100% afhanklik van iemand anders. En boonop is jy nou die 'glorified' ousie, want al wat jy doen is om die kinders regte kry vir skool, kos maak, skoon maak en stryk... Jou vrou moet weet wat vir haar voor lê en seker maak dat sy haar self voor berei anders gaan dit BAIE moeilik wees en die eerste ding wart skipbreuk ly is die huwelik.

Al het ek dit nou gesê, dink ek persoonlik nie die vrou moet in die eerste 6 maande werk nie (sorry dames my opinie). Wel dit gee hulle kans om die ander dames te ontmoet, en hopenlik so 'n goeie vriendin te kan maak met wie sy kan gesels. Ja want hulle moet met hulle eie spesie gesels en hulle dinge uit werk...

Ek stem volkome met Roelf saam, na 'n klompie maande het jy net familie en kennise in RSA oor!

Die kerk storie is nogal skokkend, ek woon in 'n 'kleinerige' dorp aan die ooskus en hier is kerk glad nie groot nie. Die sport neem voorrang op Sondae en indien daar nie sport is nie gaan van hulle vis. Maar ons hoop en bid vir hulle! Hier by ons is 'n klompie nuwe Christen skole, en ek dink dis pragtig, want nou word van die kinders darem aan Christenskap bloot gestel.

Sjoe ek het so baie gesê maar wil net nog sê geluk met jou aanbod.

Tenlaaste kan ek nie veel van Perth sê nie, ek woon nie daar nie maar ek was al daar en dis 'n pragtige plek en die natuur lyk nogal baie soos RSA, en daar is wragtig baie Suid Afrikaners daar so julle sal nie alleen wees nie, daar sal iemand wees om te kan help of so iets!

Sterkte met julle besluit.

D

:ilikeit:

Link to comment
Share on other sites

CJG - Ek weet nie mooi nie maar nou is ek verward oor die geleenthede waarvan jy praat in Suid Afrika. Miskien verwys jy na regstellende opsies vir die "previous disadvantaged".

Vir my is daar net een rede hoekom ek hier is in Australie en dit is om my en gesin se oorlewing te verseker. Miskien is ek pesimisties, maar ek kon geen verdere toekoms vir my en gesin sien in Suid Afrika nie.

Solank as wat jy glo daar is 'n toekoms vir jou en jou gesin in RSA sal ek jou aanraai om nie te kom nie, want jou motivering sal volgens my nie genoegsaam wees om hier aan te pas nie. Jou sterk twyfeling laat my dink jy is nie reg om te immigreer nie.

Groete Riaan

Link to comment
Share on other sites

Hi CJG

GAAN MOENIE 2 KEER DINK NIE, MOENIE BY BEGIN VERBY SKUIF NIE GAAN REGUIT PERTH TOE!!! :ilikeit:

Watse werk is dit?

As dit in my rigting is, sal ek enige tyd in jou plek gaan "Trust me"

Met 2 klein kindertjies soos joune sal ek wragties nie nog wonder nie, Hier is net eenfoudig te veel :ph34r::ph34r::ph34r::ph34r: hier wat misdaad pleeg. Kyk en luister nuus en sien wat om jou aangaan. Vanoggend in die nuus was daar weer kinders wat oor die naweek geskiet is vir hul selfone. Die :ph34r: het net een ding voor oë en dis om breek, steel en te verwoes. Wat wil ons nog hier doen!

Link to comment
Share on other sites

Hallo CJG

Shoe weet jy hoe gelukkig julle is?!!! Meeste van ons moet n lang harde pad loop om in te kom in AUS en die geleentheid val in julle skote. Hoekom twyfel julle nog?

Ons het n 2 jarige seuntjie en ek verwag op die oomblik. Elke keer as ek die koerante lees, bid ek dat my kinders sal veilig wees tot ons uit hierdie nes kan kom.

Wil julle rerig eendag hier agterbly terwyl julle kinders oorsee vestig en studeer?

Ek is ook baie na aan my familie, maar het besluit emosies een kant toe te skuif en logies te wees.

Baie voorspoed met julle besluit

S

Link to comment
Share on other sites

Versigtig vir die Fly in/Fly out. Vir 'n vrou om alleen by die huis te sit, met twee kinders in 'n vreemde land is nie maklik nie. Die aanpassing is groot! Wil nie negatief wees nie, net realisties. Ek het vir 4 jaar in Australie gewerk voordat ek 'n kind gehad het en dit was selfs vir my moeilik al is ek al so lank hier. Dan besef 'n mens hoe moeilik dit is sonder oumas/oupas, tannies en ooms. 'n Mens moet hard werk om weer 'n netwerk op te bou en jy sal haar baie moet ondersteun.

Maar soos ander gese het as julle besluit om oor te kom en dit werk nie uit nie, kan julle altyd teruggaan.

Sterkte met die besluit.

Link to comment
Share on other sites

Join the conversation

You can post now and register later. If you have an account, sign in now to post with your account.

Guest
Reply to this topic...

×   Pasted as rich text.   Paste as plain text instead

  Only 75 emoji are allowed.

×   Your link has been automatically embedded.   Display as a link instead

×   Your previous content has been restored.   Clear editor

×   You cannot paste images directly. Upload or insert images from URL.

×
×
  • Create New...