Jump to content

Help asb!!!!


Recommended Posts

Hi daar

Hoop daar is iemand wat my kan help. My man het sy Tegniese Diploma Meganies in 1990 voltooi, en sy "trade test" te Olifantsfontein in 1987. Hy het gekwalifiseer in Diesel, Petrol en Sweis (Aanlegmasjinerie). Vandag is daar nie meer so iets nie. :wub: Het iemand dit dalk saamgestuur vir die skills assessment? Indien wel, wie kan ek kontak en watter inligting sal ek benodig.

Het gekyk na die Skills visa 136? en sy beroep is op die SOL en M???something, kan nou nie onthou nie. Volgens die puntestelsel behoort hy te kwalifiseer met 125 punte. Ek begin nou soek na alle inligting waar sy skills assessment gedoen moet word, sal gaan kyk op die net, maar dit sal help as iemand wat dit alreeds deurloop het vir my bietjie advies kan deurgee.

Ek's blond, so ek sukkel nog met die verskillende visas. Watter sal julle aanbeveel? Ons wil dit graag self doen sonder agente - eintlik moet ek sê ek, manlief bekyk nog die hele situasie en proses, maar het vanoggend gesê ek kan maar die goed aanvra terwyl ek nog naarstigtelik besig is met navorsing. :P Ek moet nou soveel inligting kry van die plekke as moontlik wat dit vir hom aantreklik maak. Hy sal makliker besluit as hy weet ons kan min of meer dieselfde omgewing kry as wat ons tans het. Op die "jobs" web lyk dit vir my of daar groot aanvraag is vir sy skills en behoort ons nie te sukkel vir werk nie. Hy is nog net bekommerd oor die engels.

Sal bly wees oor enige advies om die proses aan die gang te kry. Waar kan ons aansoek doen vir die unabridged sertifikate, ens. Ons is in Pretoria maar ek weet nie of dit die beste plek is om te begin soek nie. Dit kan baie help as iemand vir my kontakpersoon/telefoonnommers het.

Dankie vir almal se hulp en insette op die verskillende forums. Ek vind dit van onskatbare waarde. :):yawn:

Groetnis

Rocky

Link to comment
Share on other sites

Hallo daar

Nog 'n vrou met baie huiswerk? :o Toe maar jy is nie alleen nie.

My man is 'n elektrisiën, maar is baie van die huis af en daarom moet

ek help om die Skills Ass oefening aan die gang te kry.

Huidiglik weet ek nog nie mooi waar om te begin nie, maar ek glo

hier op die forum sal iemand kan help.

Vasbyt jong, hou net in oog hoekom ons dit moet doen dan sal ons nie moed verloor nie

:ilikeit:

Hoop dinge werk uit vir julle

Adél

Link to comment
Share on other sites

Hi Rocky en buhrmann

hier is die tra se website http://www.workplace.gov.au/workplace/tra

net seker maak Rocky is jou man n meganise fitter ?

vir enige ambags jobs word die skills recognision gedoen deur die tra .

as julle baie haastig is hoekom vat julle nie die 457 werks visa roete nie ? of verkies julle om eerder die permanente visa dadelik te kry ?

voorspoed ,christelle

Link to comment
Share on other sites

Hi daar Rocky :ilikeit:

Ek moet self nog my IELTS doen maar verneem dat as jy basies kan volg wat op tv is en jy die tegniese terme van jou trade in engels ken behoort n persoon ok te wees.

Daar is n goeie post op die forum oor wat die IELTS behels, basies n begrips toets en n luister toets, hier is n link wat sal help http://www.saaustralia.org/index.php?showtopic=703

Edited by Mauritzvw
Link to comment
Share on other sites

Join the conversation

You can post now and register later. If you have an account, sign in now to post with your account.

Guest
Reply to this topic...

×   Pasted as rich text.   Paste as plain text instead

  Only 75 emoji are allowed.

×   Your link has been automatically embedded.   Display as a link instead

×   Your previous content has been restored.   Clear editor

×   You cannot paste images directly. Upload or insert images from URL.

×
×
  • Create New...